Daar is ’n kluis in ’n winkeltrollie op die dak van Wille Willemien se 4×4.
Want sy en haar sus is op pad. Richtersveld toe. Om tussen Eksteenfontein
en Khuboes hul pa se kluis – en sy sneeujas – nou ná sy dood oor ’n afgrond
te boender.
Terwyl die twee vroue reis, ontvou die verhaal van Willemien en haar pa:
’n Storie oor ’n Afrikaanse Al Capone, ’n man wie se duister sakeondernemings nie net tot die grense van Suid-Afrika beperk was nie. In Palm Springs
dra sy lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle sy huis
dophou. Vroeër jare moet Willemien in haar pa se kattebak wegkruip terwyl
hy sake in verlate parkeerareas doen. Ná sulke uitstappies was haar beloning
altyd ’n lekkerny, en só word haar lewenslange stryd met kos aangevuur.
Van Kaapstad na San Francisco en selfs Sri Lanka, met ’n wavrag vol
seks, drugs & rock ’n’ roll, tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou
soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons denkende,
spirituele wesens maak.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!