0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (647)
  • R250 - R500 (780)
  • R500+ (109)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Die 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.

Ware Spookverhale Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Ware Spookverhale Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter 1
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Dit spook beslis al sedert die oertyd in Suid-Afrika, maar die skrywer begin sy hervertelling van dosyne ware spookverhale met ’n vreemde voorval in November 1653 op ’n seilskippie in Tafelbaai, die eerste opgetekende geval.

Die magdom ware stories is tematies ingedeel volgens die soort verskynsel, van verjaarspoke, saampraatspoke en tydspronge, tot spookmotors, spookdiere, voorbodes en sieners.

Die verteltrant is lig en gemaklik met skeute humor, soos net Daniël Lötter kan.

Mantrakolie (Afrikaans, Paperback): Pieter Wagener Mantrakolie (Afrikaans, Paperback)
Pieter Wagener
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days
Fotostaatmasjien (Afrikaans, Paperback): Bibi Slippers Fotostaatmasjien (Afrikaans, Paperback)
Bibi Slippers
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat. Die digter neem die rol van monnik in die middeleeuse skriptorium aan, maar die oorskrywer is gelyktydig ook ’n boorling van ’n digitale wereld waar perfekte kopiee met die druk van ’n knoppie geskep kan word, en emoji’s, youTUBE-videos en Instagram-foto’s werklikheid word. Fotostaatmasjien dokumenteer die skeppingsproses in afdrukke, en maak so oorspronklike fotostate.

Die Brandende Man (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Die Brandende Man (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R42 Discovery Miles 420 Ships in 6 - 10 working days
Woordweer (Afrikaans, Paperback): Phil du Plessis Woordweer (Afrikaans, Paperback)
Phil du Plessis
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days
In Die Tyd Van Die Gif - 'n Jaar En 'n Half In Stories (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman In Die Tyd Van Die Gif - 'n Jaar En 'n Half In Stories (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die geliefde skrywer Dana Snyman deel sy waarnemings en belewenisse van die vreemdste tye wat ons nog beleef het: Die boek begin triomfantelik met die Springbokke wat die Rugbywêreldbeker wen, en toegejuig word tydens optogte deur die hoofstede van ons land. Maar baie vinnig verander alles. Die koronavirus slaan toe, en die hele wêreld word onderstebo gekeer. “Dinge is anders nou, meneer, in die tyd van die gif,” soos ’n ou oom by die plaaslike kafee vir Dana vertel.

Dana beskryf die eerste veertig dae van die eerste inperking; dan ry hy trein om sy sterwende vriend in Gauteng te gaan groet. Hy skryf oor die treinrit, en ook oor die treine wat nie meer ry nie. Laastens praat hy met die mense wat die grootste gevaar loop ter wille van ander – die dokters en verpleegsters wat die siekes versorg. Dan kry hy self ook Covid19.

Dana se kenmerkende fyn waarneming maak In Die Tyd Van Die Gif ’n leesmoet. Daar is pyn en verlies, maar ook geloof en hoop. Dit alles met ’n goeie skeut humor.

Jonkvrou (Afrikaans, Paperback): Jean-Claude Van Rijckeghem, Pat Van Beirs Jonkvrou (Afrikaans, Paperback)
Jean-Claude Van Rijckeghem, Pat Van Beirs; Translated by Daniel Hugo
R82 Discovery Miles 820 Ships in 6 - 10 working days

In haar eie woorde vertel Marguerite van haar wilde rooi hare, van Willem wat 'n meester is in die soenkunde, van Roderik uit wie se mond sy ’n tand geslaan het, van die monnik Zannekin wat stink soos 'n varkhok, van die vrye stad Brugge met sy knarsende uithangborde, van haar moeder se boeke met hul smagtende liefdesverhale, van die rooi sweertjies op haar toekomstige eggenoot se gesig en van die haat vir haar bloedeie vader.

Die Waarde Van Stil Bure (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Die Waarde Van Stil Bure (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing.

Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko’s te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ’n verskil aan ander se lewens maak. Wat begin as ’n onbaatsugtige projek, vang haar gou vas in geheime bedrywighede waarvan sy min verstaan. Wie is so angstig om Darius se navorsing te ontspoor? Of wil hulle dit dalk vir hulself toeëien?

Alles kom teen ’n prys. En soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood.

Kringe in 'n bos (Afrikaans, Paperback): Dalene Matthee Kringe in 'n bos (Afrikaans, Paperback)
Dalene Matthee 1
R305 R272 Discovery Miles 2 720 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Vrystaatstories (Afrikaans, Paperback): Henning van Aswegen Vrystaatstories (Afrikaans, Paperback)
Henning van Aswegen
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.

In Vrystaatstories ontmoet die leser vir Mossieman en Geronkie die Donkie wat die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp aan avonture en poetse, meesal met onvoorspelbare en humoristiese gevolge.

Elke storie en elke skets is oorspronklik, uniek en humoristies – en is geskik vir kinders van 8-80 jaar.

Kinders leer om nie ander kinders af te knou nie (bullying); om kinders en diere met respek te behandel, om teen niemand te diskrimineer nie, en nie lelik en afbrekend met ander te praat nie.

Selfs die kleinste diertjies in die stories soos Mys die Muis, Spinne Spinnekop en ‘n Dowe Paddatjie word met respek en empatie behandel.

In Vrystaatstories word lesers deel van die karakters se koeterwaals en manewales!

Bloedsomer (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Bloedsomer (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie.

Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan?

Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.

Baie Melk En Twie Sykers (Afrikaans, Paperback): Anastasia De Vries Baie Melk En Twie Sykers (Afrikaans, Paperback)
Anastasia De Vries
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days

Vir sommige is Ravensmead in die Kaap die gatkant van onse wêreld. Vir ander – soos Anastasia de Vries – hul komvandaanplek, speelplek en droomplek.

Hul hartsgronde. Want dis hier in die Lane waar oud en jonk om ’n ghellie kan staan en kan stukke sny; kan lag en kan ghai en kan leef. Jy moet hier gebore word om te verstaan hoe jou hart teen jou ribbes begin skop as jy op Vlaktegrond uitstap en hoe jou “jippe somma so in die loop saam die een-vir-jou-een-vir-my ritme van die Vlaktevrou se lyf optel…”

Hier word baie gehuil, maar nog meer gelag – want waar mooi en onmooi half onverskillig deurmekaargeklits is, daar gebeur die lewe.

T'sats, Grootste Van Die Groot Jagters (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze T'sats, Grootste Van Die Groot Jagters (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R71 Discovery Miles 710 Ships in 6 - 10 working days
Vlug Van Die Vlinder (Afrikaans, Hardcover): Thea Swan Vlug Van Die Vlinder (Afrikaans, Hardcover)
Thea Swan
R689 Discovery Miles 6 890 Ships in 10 - 15 working days

Christelle Contreau, wereldberoemde Franse konsertpianis, is baie meer as wat sy vir die wereld voorhou. Van kleins af glip sy skelm weg om haar oupa in sy werkswinkel te gaan help, tot groot frustrasie van haar ouers. Op twintig kwalifiseer sy as agent in 'n spioenasienetwerk waarby haar vader haar betrek het en word die berugte Vlinder: rats, kleurvol en onaantasbaar. Maar 'n kragtige bom verwoes die motor waarin haar vader en beste vriendin, Kristine, reis en moet die Vlinder uit haar geboorteland vlug. Onder verskeie skuilname en vermommings, ontduik sy die 'Insekdoders' tot haar omswerwinge haar uiteindelik na Suid-Afrika, Kristine se vaderland, bring. En dis in Kaapstad dat sy vir Jan Brand ontmoet. Eifel-toring van 'n man, wat haar voete in 'n oogwink skoon onder haar uitslaan. Vir 'n kort rukkie leef sy in 'n waas van ongekende geluk, maar dan dryf 'n tweede bom haar weer verder, weg van die man wat sy liefhet omdat sy vrees vir sy lewe ... as hy die bom oorleef het. Sal sy hom ooit weer sien? Sal sy ooit weer net Christelle Contreau wees? Sal die Vlinder se vlug ooit tot 'n einde kom?

T'sats Se Wraak (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze T'sats Se Wraak (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R71 Discovery Miles 710 Ships in 6 - 10 working days
Die Kleinste Ramp Denkbaar (Afrikaans, Paperback): Francois Smith Die Kleinste Ramp Denkbaar (Afrikaans, Paperback)
Francois Smith
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde?

Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man.  

Unwabu (Afrikaans, Paperback): Tinus Viviers Unwabu (Afrikaans, Paperback)
Tinus Viviers
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Na vele mislukte verhoudings, staan privaatspeurder Willem Vasbyt Loriet uiteindelik op trou.

Dankbaar dat hy die groot stao kan neem viirdat hy 40 is, pak hy die taak aan om van seker aandenkings ontslae te raak. Dan gebeur daar skielik 'n klompie dinge bykans tegelyk.

Hy sien 'n man raak wat hy nie kan plaas nie, maar glo dis ;n skelm wat hy tevore teëgekom het en wil hom graag identifiseer en weer ondersoek.

Op Die Groot Spore (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Op Die Groot Spore (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Die ekspedisie beweeg deur ’n deel van Zoeloeland wat nog ongerep en vol gevare is. Hy beleef hoe Siba die hoofindoena en sy Zoeloekrygers die magtige buffel, leeu en renoster baasraak met hul assegaaie en slim aanvalstaktiek. Sy paaie kruis met die sluwe toordokter Sontaba en sy handlanger Jalimane en hy maak ook kennis met die reusewaterdier, die onanabahule, wat in die diep, donker kuile skuilhou. Tydens hierdie onvergeetlike avontuur ontwikkel vriendskappe en wedersydse respek tussen die jagter en Siba en sy krygers. Hy kry ook ’n insiggewende blik op ’n Zoeloekultuur en -gewoontes wat reeds begin verdwyn. Later ontmoet die jagter Nobiyane, ’n ou Zoeloefilosoof, wat hom, deur sy wedervaringe met hom te deel, vaderlik tot by “die groot spore” lei – daar waar die lewe sin kry.

Die Wegraak Van Frans Joosten (Afrikaans, Paperback): B.J. Toerien Die Wegraak Van Frans Joosten (Afrikaans, Paperback)
B.J. Toerien
R131 Discovery Miles 1 310 Ships in 6 - 10 working days

Met die publikasie van Die wegraak van Frans Joosten (2004) begewe Barend hom op die gebied van die geskiedenis. Dit is die verhaal van die moord op Frans Joosten waarvoor sy vrou en twee slawe gevonnis word tot verwurging, blakering, empalering en geledebraking. Die verhaal is ook van belang vanwee die rasse- en maatskaplike implikasies daarvan deurdat Maria Joosten, 'n nooi Mouton van Hugenote-afkoms, 'n intieme verhouding met een van die slawe gehad het. Die verhaal van Joosten se verdwyning en die eindelike ontdekking van die waarheid word feitelik oorgedra en maak van die werk 'n boeiende historiese dokument.

Die Dag Toe Ons Krismis Gaan Soek Het (Afrikaans, Paperback): Wini Esterhuizen Die Dag Toe Ons Krismis Gaan Soek Het (Afrikaans, Paperback)
Wini Esterhuizen
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days
Die pad na jou hart (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, Ivan Botha, Donnalee Roberts Die pad na jou hart (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, Ivan Botha, Donnalee Roberts
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Iets anders! Francois Bloemhof slaan 'n nuwe rigting in met 'n roman gebaseer op 'n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en die pad van liefde het meer as net 'n paar kinkels en draaie. Basson is 'n verwaande jong man wie se pa aan hom 'n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson 'n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord en jou ware noord.

Jan Leendert (Afrikaans, Paperback): Lategan P. Bredenkamp Jan Leendert (Afrikaans, Paperback)
Lategan P. Bredenkamp
R59 Discovery Miles 590 Ships in 6 - 10 working days
Tikkop (Afrikaans, Paperback): Adriaan Van Dis Tikkop (Afrikaans, Paperback)
Adriaan Van Dis; Translated by Daniel Hugo
R81 Discovery Miles 810 Ships in 6 - 10 working days

Tikkop is 'n roman oor verraad, maar ook oor vriendskap en die liefde vir 'n taal en 'n land. Die Nederlander, Mulder, en die Suid-Afrikaner, Donald, hernu hulle weer hul vriendskap en verken weer hulle gevoelens van weleer: daar is 'n gedeelde liefde, vriende wat verraai is en ideale wat verloen is. Mulder, wat in Parys woon, besluit om in die Kaap te kom bly, terwyl Donald sy stryd voortsit in 'n verstikkende klein vissersdorpie. Die plaaslike bevolking voel verraai: hulle visregte is opgeskort deur korrupte leiers, daar is geen werk nie en hul kinders ontvlug deur TIK te gebruik. Die twee manne ontferm hulle dan oor 'n talentvolle verslaafde seun aan wie hulle 'n nuwe toekoms wil bied - mits die knaap die TIK kan oorwin.

Lafras Cuyper Kanonnier, Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper Kanonnier, Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die eerste boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Op sestienjarige leeftyd bevind Lafras Cuyper hom alleen in 'n vyandige wereld. Eers het sy ouers gesterf in die pokkiesepidemie wat die Kaap in 1796 getref het en daarna kom sy voog ook te sterwe. Op 'n dag versteek hy hom op 'n uitgaande skip en begin onwetend op die wyse 'n nuwe lewe - 'n lewe van ontbering en ysere dissipline, maar ook 'n lewe van avontuur! As Hollander staan hy eintlik buite die stryd tussen Engelse en Franse, maar hy het geen keuse nie. Hy het sy vryheid in Tafelbaai agtergelaat. Lafras Cuyper het egter 'n besonderse gawe: Buitengewone gesigsvermoe. En so 'n man kan besonder nuttig wees by die hantering van 'n skeepskanon. Lafras beleef in 'n kort tyd swaarkry, opwinding, gevaar en vrees – en word selfs die held van meer as een veldslag. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Chernobyl
Jared Harris, Stellan Skarsgard, … Blu-ray disc R507 Discovery Miles 5 070
Information Technology in Educational…
A.J. Visscher, P. Wild, … Hardcover R2,766 Discovery Miles 27 660
Where The Crawdads Sing
Daisy Edgar-Jones, Taylor John Smith, … DVD  (1)
R210 Discovery Miles 2 100
Macbeth - No Fear Shakespeare
Spark Notes Paperback R145 R130 Discovery Miles 1 300
Intimate Exchanges, v. 2
Alan Ayckbourn Paperback R463 Discovery Miles 4 630
The Iliad, Vol. 1: With an English…
Homer Homer Paperback R748 Discovery Miles 7 480
A Raisin in the Sun
Lorraine Hansberry Paperback R205 R190 Discovery Miles 1 900
Isle Of Dogs
Wes Anderson Blu-ray disc R309 Discovery Miles 3 090
Patient - Play
Agatha Christie Paperback R342 Discovery Miles 3 420
Audio Book Breakthrough - A Guide to…
Preston Hoffman, Carol Osteyee Hardcover R1,401 Discovery Miles 14 010

 

Partners