![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
In die opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Die 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.
Dit spook beslis al sedert die oertyd in Suid-Afrika, maar die skrywer begin sy hervertelling van dosyne ware spookverhale met ’n vreemde voorval in November 1653 op ’n seilskippie in Tafelbaai, die eerste opgetekende geval. Die magdom ware stories is tematies ingedeel volgens die soort verskynsel, van verjaarspoke, saampraatspoke en tydspronge, tot spookmotors, spookdiere, voorbodes en sieners. Die verteltrant is lig en gemaklik met skeute humor, soos net Daniël Lötter kan.
Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die eerste boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Op sestienjarige leeftyd bevind Lafras Cuyper hom alleen in 'n vyandige wereld. Eers het sy ouers gesterf in die pokkiesepidemie wat die Kaap in 1796 getref het en daarna kom sy voog ook te sterwe. Op 'n dag versteek hy hom op 'n uitgaande skip en begin onwetend op die wyse 'n nuwe lewe - 'n lewe van ontbering en ysere dissipline, maar ook 'n lewe van avontuur! As Hollander staan hy eintlik buite die stryd tussen Engelse en Franse, maar hy het geen keuse nie. Hy het sy vryheid in Tafelbaai agtergelaat. Lafras Cuyper het egter 'n besonderse gawe: Buitengewone gesigsvermoe. En so 'n man kan besonder nuttig wees by die hantering van 'n skeepskanon. Lafras beleef in 'n kort tyd swaarkry, opwinding, gevaar en vrees – en word selfs die held van meer as een veldslag. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.
Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat. Die digter neem die rol van monnik in die middeleeuse skriptorium aan, maar die oorskrywer is gelyktydig ook ’n boorling van ’n digitale wereld waar perfekte kopiee met die druk van ’n knoppie geskep kan word, en emoji’s, youTUBE-videos en Instagram-foto’s werklikheid word. Fotostaatmasjien dokumenteer die skeppingsproses in afdrukke, en maak so oorspronklike fotostate.
In haar eie woorde vertel Marguerite van haar wilde rooi hare, van Willem wat 'n meester is in die soenkunde, van Roderik uit wie se mond sy ’n tand geslaan het, van die monnik Zannekin wat stink soos 'n varkhok, van die vrye stad Brugge met sy knarsende uithangborde, van haar moeder se boeke met hul smagtende liefdesverhale, van die rooi sweertjies op haar toekomstige eggenoot se gesig en van die haat vir haar bloedeie vader.
Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing. Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko’s te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ’n verskil aan ander se lewens maak. Wat begin as ’n onbaatsugtige projek, vang haar gou vas in geheime bedrywighede waarvan sy min verstaan. Wie is so angstig om Darius se navorsing te ontspoor? Of wil hulle dit dalk vir hulself toeëien? Alles kom teen ’n prys. En soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood.
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie. Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan? Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.
Vir sommige is Ravensmead in die Kaap die gatkant van onse wêreld. Vir ander – soos Anastasia de Vries – hul komvandaanplek, speelplek en droomplek. Hul hartsgronde. Want dis hier in die Lane waar oud en jonk om ’n ghellie kan staan en kan stukke sny; kan lag en kan ghai en kan leef. Jy moet hier gebore word om te verstaan hoe jou hart teen jou ribbes begin skop as jy op Vlaktegrond uitstap en hoe jou “jippe somma so in die loop saam die een-vir-jou-een-vir-my ritme van die Vlaktevrou se lyf optel…” Hier word baie gehuil, maar nog meer gelag – want waar mooi en onmooi half onverskillig deurmekaargeklits is, daar gebeur die lewe.
Christelle Contreau, wereldberoemde Franse konsertpianis, is baie meer as wat sy vir die wereld voorhou. Van kleins af glip sy skelm weg om haar oupa in sy werkswinkel te gaan help, tot groot frustrasie van haar ouers. Op twintig kwalifiseer sy as agent in 'n spioenasienetwerk waarby haar vader haar betrek het en word die berugte Vlinder: rats, kleurvol en onaantasbaar. Maar 'n kragtige bom verwoes die motor waarin haar vader en beste vriendin, Kristine, reis en moet die Vlinder uit haar geboorteland vlug. Onder verskeie skuilname en vermommings, ontduik sy die 'Insekdoders' tot haar omswerwinge haar uiteindelik na Suid-Afrika, Kristine se vaderland, bring. En dis in Kaapstad dat sy vir Jan Brand ontmoet. Eifel-toring van 'n man, wat haar voete in 'n oogwink skoon onder haar uitslaan. Vir 'n kort rukkie leef sy in 'n waas van ongekende geluk, maar dan dryf 'n tweede bom haar weer verder, weg van die man wat sy liefhet omdat sy vrees vir sy lewe ... as hy die bom oorleef het. Sal sy hom ooit weer sien? Sal sy ooit weer net Christelle Contreau wees? Sal die Vlinder se vlug ooit tot 'n einde kom?
Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man.
Na vele mislukte verhoudings, staan privaatspeurder Willem Vasbyt Loriet uiteindelik op trou. Dankbaar dat hy die groot stao kan neem viirdat hy 40 is, pak hy die taak aan om van seker aandenkings ontslae te raak. Dan gebeur daar skielik 'n klompie dinge bykans tegelyk. Hy sien 'n man raak wat hy nie kan plaas nie, maar glo dis ;n skelm wat hy tevore teëgekom het en wil hom graag identifiseer en weer ondersoek.
Die ekspedisie beweeg deur ’n deel van Zoeloeland wat nog ongerep en vol gevare is. Hy beleef hoe Siba die hoofindoena en sy Zoeloekrygers die magtige buffel, leeu en renoster baasraak met hul assegaaie en slim aanvalstaktiek. Sy paaie kruis met die sluwe toordokter Sontaba en sy handlanger Jalimane en hy maak ook kennis met die reusewaterdier, die onanabahule, wat in die diep, donker kuile skuilhou. Tydens hierdie onvergeetlike avontuur ontwikkel vriendskappe en wedersydse respek tussen die jagter en Siba en sy krygers. Hy kry ook ’n insiggewende blik op ’n Zoeloekultuur en -gewoontes wat reeds begin verdwyn. Later ontmoet die jagter Nobiyane, ’n ou Zoeloefilosoof, wat hom, deur sy wedervaringe met hom te deel, vaderlik tot by “die groot spore” lei – daar waar die lewe sin kry.
Met die publikasie van Die wegraak van Frans Joosten (2004) begewe Barend hom op die gebied van die geskiedenis. Dit is die verhaal van die moord op Frans Joosten waarvoor sy vrou en twee slawe gevonnis word tot verwurging, blakering, empalering en geledebraking. Die verhaal is ook van belang vanwee die rasse- en maatskaplike implikasies daarvan deurdat Maria Joosten, 'n nooi Mouton van Hugenote-afkoms, 'n intieme verhouding met een van die slawe gehad het. Die verhaal van Joosten se verdwyning en die eindelike ontdekking van die waarheid word feitelik oorgedra en maak van die werk 'n boeiende historiese dokument.
Iets anders! Francois Bloemhof slaan 'n nuwe rigting in met 'n roman gebaseer op 'n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en die pad van liefde het meer as net 'n paar kinkels en draaie. Basson is 'n verwaande jong man wie se pa aan hom 'n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson 'n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord en jou ware noord.
Tikkop is 'n roman oor verraad, maar ook oor vriendskap en die liefde vir 'n taal en 'n land. Die Nederlander, Mulder, en die Suid-Afrikaner, Donald, hernu hulle weer hul vriendskap en verken weer hulle gevoelens van weleer: daar is 'n gedeelde liefde, vriende wat verraai is en ideale wat verloen is. Mulder, wat in Parys woon, besluit om in die Kaap te kom bly, terwyl Donald sy stryd voortsit in 'n verstikkende klein vissersdorpie. Die plaaslike bevolking voel verraai: hulle visregte is opgeskort deur korrupte leiers, daar is geen werk nie en hul kinders ontvlug deur TIK te gebruik. Die twee manne ontferm hulle dan oor 'n talentvolle verslaafde seun aan wie hulle 'n nuwe toekoms wil bied - mits die knaap die TIK kan oorwin. |
You may like...
Creativity in Chinese Contexts…
Chau-kiu Cheung, Xiaodong Yue
Paperback
R1,379
Discovery Miles 13 790
Persons, Situations, and Emotions - An…
Hermann Brandstatter, Andrzej Eliasz
Hardcover
R2,256
Discovery Miles 22 560
|