Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Die Slaghuis van Cas Wepener speel byna uitsluitlik in ’n enkele
huis in ’n fiktiewe plattelandse dorpie in die Noordkaap af, met
verhaalgebeure wat oor vier dekades strek. Hier woon Marietta en
haar man, Karel, in 1997. Karel is ’n afgetrede oudbrigadier in die
Suid-Afrikaanse polisiediens, verantwoordelik vir die dood van
duisende sg. “terroriste” in die Vlakplaas-debakel.
Momo, ’n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van ’n groot stad in die ruïne van ’n amfiteater. Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het ’n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel. Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.
Waar die Krokodilrivier lui-lui deur die Noordwes kronkel, net ’n klipgooi van die Wieg van die Mensdom, is die wel en wee van twee histories aparte groepe op die punt om ineen te vloei. In die dorpie Kwenang (voorheen De la Rey) is korrupsie, wanbestuur en anargie aan die orde van die dag en is die vraag op die vooraand van die burgemeestersverkiesing of daar hoegenaamd nog ’n spreekwoordelike Moses is wat die dorp uit hul politieke verknorsing sal kan lei. Aan die ander kant van die rivier, teen die klipkoppies van die Schurweberg, sit Grootraad Makedaan (gerespekteerde leierbobbejaan) en tob oor die onregverdigheid van die “groot split”: die dag toe die regoplopers hulle rug op die handeviervoeters gedraai en so die gedeelde herkoms van die primate versaak het. Is dit dan nie Bo’jaan se roeping om aan Kwenang se komende burgemeestersverkiesing deel te neem, en so ’n bedeling van heling in plek van verdeling in te lui nie? Terwyl ’n bobbejaan in die noorde tot burgemeester ingehuldig word, is ’n gesiene emeritusprofessor en primaatnavorser, ’n internasionaal-erkende Britse fotograaf en ’n lenige boereblondine van die Kaap af na die Magaliesberg onderweg as deel van die Chacma-ekspedisie: ’n Brits-befondste ondersoek na pratende lede van die spesie papio ursinus. Toeval? Of die hand van die noodlot? In Die Chacma-espedisie steek Marius Ackermann goedig die draak met Afrika-politiek en -problematiek en sal selfs die mees siniese leser vir mens en dier se bobbejaanstreke kan lag.
Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale. Erns Grundling noem hom “Namibië se eie Hemingway”. Bloed op die duine en ander verhale is ’n keur uit sy kortverhale wat tussen 1955 en 1963 in Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn het. Die bundel sluit verder die novelle “Koms dans, Klaradyn” in, wat oorspronklik in ’n Seisoen vir Romanse (1966) verskyn het.
Hierdie verhaal is vol van avontuur, misterie en romanse. Dit is 'n lekkerleesboek wat die leser se aandag tot die einde behou. Toe 'n vreemde man onverwags op Rietkuil as plaasbestuurder begin werk, is dit die begin van 'n reeks onverklaarbare gebeure. Waar Rietkuil eens op ’n tyd die rustigheid self was, bring die nuweling op die werf ’n vlaag van misdade met hom saam en selfs harte bly in die slag. Dan sien Tant Annie een spookagtige aand die vreemde man met 'n groot, donker bondel in sy arms haastig in die donker skaduwees verdwyn. Wie is hierdie man? Wat is sy regte naam? Waar kom hy vandaan? Wat steek hy weg? Met Man uit die vreemde prikkel Kas van den Bergh die leser se nuuskierigheid met volgehoue vernuf, sodat die boek nie neergesit kan word voordat die ware identiteit van die vreemdeling bekend is en al sy geheime onthul is nie.
Aan die einde 1986 kom die Grensoorlog vir Wim Gewers en sy makkers tot 'n einde. 'n Laaste operasie in Angola eindig egter rampsoedig en Wim bevind hom terug in die Nuwe Suid-Afrika, in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie, as 'n speurder. Die laaste gebeure in Angola kom spook egter by Wim en sy makkers. Die Amerikaners se honger na olie lei tot moord en kaptein Wim Gewers moet die saak ondersoek. Die Amerikaners soek wraak en dit ontaard spoedig in 'n kat-en-muis speletjie wat in Suid-Afrika, Namibië, Londen en New York afspeel. Die boek is nie net spanningsvol nie, maar vertel ook van Wim se vurige verhouding met die olie slagoffer se beste vriendin, Mienke. Piet van forensies en die aanvallige blondine, Mercia, verskaf genoeg vermaak, sodat jy met al die spanning, moord, misdaad en passie, eenvoudig nie die boek kan neersit nie.
Kom hier dat ek jou soen is 'n roman oor Mona - as kind, as 24-jarige, en as 35-jarige. 'n Verhaal oor waarom ons word wie ons is, geskryf met humor en skaamtelose eerlikheid. Oor ouers en kinders. Oor stukkende mense en hoe hulle ook ander mense onbedoeld verwond. Oor waar verantwoordelikheid eindig en skuld begin. Oor geheime en eensaamheid. Oor siekte en stilbly. Oor die gevare van sterk wees. Oor vergeet en nie kan vergeet nie. Oor jouself durf red. En natuurlik ook oor die liefde. Omdat dit al is wat ons het, of byna.
Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Van Buuren is in 1956 skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel. Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon en het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren het met van hulle flirteer tydens die verhoor, en het tot op die einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes: 'n Siener het die lyk na 'n seance opgespoor, Van Buren en Aken was lovers, maar die lyk is seksueel vermink. Inligting dui daarop dat Van Buuren 'n narsissistiese psigopaat was en 'n sadis wat veral vroue geteister en gemartel het. 'n Emosionele vampier. 'n Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie.
Sy draai stadig om.“Hy is die doodsengel.” “Ekskuus?” “Die dood trap elke dag in se sy sag. “Oral waar hy gaan, sal die dood hom inhaal. Hy kan nie meer daarvan vlug nie. Sy tyd het aangebreek.” Lourens Schoeman veroorsaak ’n beroering met sy aankoms op ’n dorpie in Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man ’n pak klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer in sy oe skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede. Toe Elzaan Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en hoekom ’n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is. Doodloopstraat het oorspronklik in 1997 as ’n vervolgverhaal in Keur verskyn, en is in 2002 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2002-publikasie.
In Die groot sand en ander stories kry die leser die geleentheid om verhale te lees wat onder meer in Ster, Die Brandwag, Republikein en Huisgenoot verskyn het. Die titelverhaal, Die groot sand, speel af in die genadelose Namibwoestyn waar twee diamantsmokkelaars hul buit gaan haal. Na ’n moordende staptog kry hulle die diamante, maar ’n sandstorm steek op. Onder die gekerm en geloei van die wind besef een van die smokkelaars dat daar net genoeg water oor is vir een man … Trek die koffiekan nader en lees ook oor ’n olifantjag in Angola, oor die vul wat treine gejaag het en die fabel oor die leeumannetjie wat Oukat moes opvolg.
Die drama speel af in die Karoodorpie Willowmore. Die rol van die kerk, verkragting, verlies en familie is van die temas wat aangeraak word. Lekas kyk na 'n kind se weerloosheid en na die familie se verantwoordelikheid om na haar om te sien. Die watermeid (waternimf of meermin) is die mitiese figuur wat tot die dorpie se redding moet kom en drie kinders in die stuk hoop sy sal hulle kom red. Dit raak egter gekompliseerd wanneer die skuldige persoon 'n belangrike figuur in die gemeenskap is - die dominee.
Twee broers en hulle vrouens gaan een aand eet in ’n deftige restaurant: Paul Lohman, mislukte onderwyser en sy slim vrou Claire, saam met Serge Lohman, kandidaat vir die premierskap in die opkomende verkiesing, en sy vrou Babette. Teen die agtergrond van die bediening van keurige geregte en tipiese restaurantpraatjies ontvou ’n ontstellende verhaal.
Daar is ’n kluis in ’n winkeltrollie op die dak van Wille Willemien se 4×4. Want sy en haar sus is op pad. Richtersveld toe. Om tussen Eksteenfontein en Khuboes hul pa se kluis – en sy sneeujas – nou ná sy dood oor ’n afgrond te boender. Terwyl die twee vroue reis, ontvou die verhaal van Willemien en haar pa: ’n Storie oor ’n Afrikaanse Al Capone, ’n man wie se duister sakeondernemings nie net tot die grense van Suid-Afrika beperk was nie. In Palm Springs dra sy lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle sy huis dophou. Vroeër jare moet Willemien in haar pa se kattebak wegkruip terwyl hy sake in verlate parkeerareas doen. Ná sulke uitstappies was haar beloning altyd ’n lekkerny, en só word haar lewenslange stryd met kos aangevuur. Van Kaapstad na San Francisco en selfs Sri Lanka, met ’n wavrag vol seks, drugs & rock ’n’ roll, tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons denkende, spirituele wesens maak.
In Laataandbiegstories en sulke dinge word die leser meegevoer deur onvergeetlike stories wat om die kampvuur lewe kry. Soms is dit humoristies, soms deernisvol, soms skerp ironies, maar altyd boeiend. Daar word vertel van die nag van die donkie, van Tante wat sag word, van Pollie van die populiere en van die intrinsieke waarde van Victor, die lelike skaaphondkruising. In Jan Nel se kortverhale herken die leser homself onomwonde; dis juis hoekom mens lag. Die mens, met al sy swakhede, bly tog maar mens, en om te lag is soveel makliker as om jouself te kasty.
Johanna van Cas Wepener is ’n roman oor die dood van ’n vrou, Johanna, en haar impak op die mense rondom haar se lewens. Johanna is lesbies in ’n tyd waar dit in die George waar sy grootword en meeste van haar lewe woon, nie sosiaal aanvaarbaar is nie. Die verhaal word geskryf vanuit verskillende perspektiewe: Vanuit haar geliefde Muriel se oogpunt, haar wyse bediende Nonna, haar suster, haar dominee en haar susterskind Willie. Hulle almal probeer haar dood verwerk en sin maak van sekere dramatiese gebeurtenisse in haar lewe as klein dogtertjie. Johanna is ’n aangrypende roman oor die impak van ’n lewe binne ’n sekere milieu en kultuur. Dit getuig van goeie vakmanskap en ’n fyn aanvoeling vir menseverhoudinge, omgewing en atmosfeer.
Ek sal elke dag 'n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. So lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar's geen motief nie, geen leidrade nie, net 'n reeks naakfoto's, 'n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoenlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.
Vir Stefan is die oorgang van seksuele dier tot voorbeeldige pa 'n naatlose een. Dis soos verskillende kamers in jou kop, se hy vir homself, wat niks met mekaar te doen het nie, waar jy kan ingaan en uitkom nes jy wil, die deure agter jou toemaak. Aan die manier van dink en handel is daar vir hom niks onsedelik of selfs ongemaklik nie; dit is hoe jy oorleef in 'n wereld wat byna om elke hoek teen homself draai. Trouens, hy is trots op sy vermoe om 'n verkleurmannetjie te wees. Nee, nie 'n verkleurmannetjie nie, eerder 'n man van vele fasette, a man for all seasons – dit verg immers 'n sekere intelligensie. Sonde van Lusinda is die verhaal van Stefan, 'n 43-jarige prokureur en eskeide pa van 'n tienerdogter, wat by 'n braai verlief raak op 'n 20-jarige model sonder matriek. "Age is just a number!" verseker sy hom. Sal hy die “blonde bom" kan weerstaan? Wat sou die impak van so 'n onmoontlike verhouding wees op sy familie, sy vriendekring en sy werk? Is dit hoe 'n midlife crisis lyk?
Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die derde boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Tydens die Napoleontiese oorloe word Lafras gevra om 'n Franse gesant na Indie te neem aan boord sy korvet, Hirondelle. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.
In Gelukkige slawe bevind twee Belgiese mans met presies dieselfde naam en van, Tony Hanssen, hulleself op 'n keerpunt. In Buenos Aires speel Tony Hanssen – eens 'n toerdirekteur op van die mees luuksueuse plesierbote ter wereld – 'n gevaarlike speletjie as toyboy van mevrou Bo Xiang, die bejaarde eggenote van 'n skatryk Chinese bouondernemer met legendariese genadeloosheid. In Suid-Afrika korrel 'n ander Tony Hanssen – die vlugtende rekenaarprogrammeerder van 'n bankrot bank – met 'n geweer na 'n renoster in die Krugerwildtuin. Die een Tony wil sy vryheid terughe, en die ander een sy gesin. Eers as hulle mekaar vir die eerste keer ontmoet, op 'n ander kontinent, blyk dit hoeveel hulle op mekaar aangewese is.
Die winde van politieke verandering waai oor Hamerplein – daar waar die forse beeld van Raadslid Hamersma nou al so lank die rigting aanwys. Dit dwarrel oor die rivier, oor die skeidslyne van die verlede; pluk aan al wat ’n hoë boom is en laat ewe veel stof opstyg uit prominente posisies en obskure hoekies: Die burgemeester. Marumo. Snor de Beer. Rian Roux. Kryg Roelofse. John Oudemann. Bos Fourie. Mal Mary. Maryville. Die Wishbone. Die kloktoring … Tien jaar later moet die joernalis Wessel Wessels ’n storie aanmekaarsit uit die legkaartstukkies van dié revolusie in die kleine, en leer hy vinnig dat dit nie noodwendig demokrasie is wat die dorpsinwoners tot vrees of stilswye gedwing het nie; dis eerder die pad soontoe en terug wat die probleem is. ’n Slim, boeiende satire oor ’n land wat Suid-Afrika kon wees (maar nie noodwendig is nie) – en karakters wat jou bure kon wees (as hulle nie so pynlik op jouself getrek het nie).
Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vierde boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras Cuyper se boot is die Hirondelle - en die Hirondelle is die vinnigste korvet in die Indiese oseaan. Geen wonder dat die Engelse bevelvoerders in Indie die jong kaperkaptein vrees nie, want min van hulle het nog nie met sy buitengewone gesigsvermoe, wakker verstand, waaghalsigheid en dapperheid kennis gemaak nie. Toe die jong man hulle vir die soveelste keer vir die gek hou, besluit hulle dat daar so gou moontlik drasties teen hom opgetree moet word. Hulle stuur drie skepe om hom gevange te neem of, as dit nie anders kan nie, saam met sy boot na die dieptes te stuur. Hulle glo hulle plan is waterdig, maar hulle hou nie rekening met die feit dat 'n heldedaad Lafras twee waardevolle Engelse bewonderaars besorg het nie; dat hul eie spioen homself verraai het om die koekie groen lekkerruikseep...Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.
Die Kameraadskap van die Ring is uiteengedryf. Party berei hulle
sonder hoop voor vir oorlog teen die oeroue boosheid van Sauron.
Ander kry te kampe met die verraderlikheid van die towenaar
Saruman. Slegs Frodo en Sam bly oor om die vervloekte Ring van Mag
na Mordor – die donker koninkryk waar Sauron heers – te neem en te
vernietig.
Manon Viljoen is ‘n jong advokaat en ywerige motorfietsryer. Sy word ingeroep om as amicus curiae die regter by te staan in ‘n moordsaak om ‘n regverdige uitspraak te lewer. Die beskuldigde is Charles Mouton, ‘n suksesvolle senior advokaat wat een oggend wakker word langs die bebloede lyk van sy vrou en van haar moord aangekla word. Hy weet nie wat gebeur het nie. Of so beweer hy. Hy weier om aan die verhoor deel te neem omdat hy glo die hof moet die waarheid soek. Dit val dus op Manon se skouers om die waarheid te soek en voor die hof te lê. Manon se aanstelling word bemoeilik deur die feit dat sy en regter Nantes Castel ‘n geskiedenis het. Die verhoor loop allerande draaie terwyl Manon na redelike twyfel soek en terselfdertyd haar gevoelens vir Nantes bevraagteken. Stel hy nog belang, of terg hy haar sommer net? Vind Manon die waarheid waarna sy soek ‒ oor die identiteit van die moordenaar en ook oor Nantes se gevoelens vir haar? Of is daar redelike twyfel?
|
You may like...
|