![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Johan Fourie skryf onderhoudend en met eerlikheid en passie oor die wereld van die stroper - mense wat gevorderde tegnologie, helikopters en groot geld inspan van hul duistere motiewe. Sy deeglike kennis van die veld, natuur en taktiek wat die stropers gebruik, dra daartoe by dat hy die leser 'n naelbytervaring gee oor 'n saak wat elke Suid-Afrikaner na aan die hart behoort te le. Die leser is telkens saam met die spesiale magte bly oor hul suksesse, maar is ook saam met hulle ontsteld wanneer hul nog 'n renoster verloor. Johan Fourie slaag daarin om die strategiee van die wildstropers, asook die pogings om hulle uit te oorle op 'n spannende wyse aan die leser voor te hou, sonder om hom te ontstel, maar terselfdertyd die leser skerp onder die indruk te bring tot watter uiterstes die stropers sal gaan.
Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom. Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk. 'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas. 'n Verbysterende roman deur een van die mees ervare spanningsromanskrywers in Afrikaans. Karsten dop die genre se reëls op sy kop, en kom vorendag met 'n hoogtepunt nie net in sy eie oeuvre nie, maar in die Afrikaanse krimikorpus
Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah? Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks.
Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na
'n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op 'n
slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde
vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel
Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, en kort voor lank soek hy
weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy
Kosmiese Reise, hierdie keer met Ignaz Bouts se hulp.
Boek een van 'n trilogie.
Bykans dertig jaar was die verteller veldwagter in Namibie. Hy het ’n obsessie gehad met die wilde, ongetemde Afrika waar ’n mens ongebonde kan lewe. Maar intussen het die wildernisse waarin hy geswerf het, begin verander. As safarigids was hy deel van hierdie verandering. Hy het wilde plekke help toeganklik maak vir mense. Saam met daardie mense het stropers gekom. In Plunderwoestyn word vertel oor die stryd teen stropers in Namibie en is gebaseer op Christiaan Bakkes se lewe.
Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die
Overberge in die vroeë agtienhonderds.
Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense.
Lien, Katryn en Charlotte was jare lank beste vriendinne. Die vriendskap was van die begin af onwaarskynlik. Lien is heeltemal together, Katryn is temperamenteel en onvoorspelbaar. En Charlotte is die een wat stil-stil foto’s neem en skilder, en nooit ophou waarneem nie. ’n Vlymskerp en eerlike roman oor die verbintenis tussen drie jong vroue. ’n Aangrypende verhaal wat strek oor jare en skuif tussen kuns en seks, joga, vriendskap, lojaliteit en geheime. Deur die skrywer van In my vel.
Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hy die een wat koggel.
In die vroee oggendure van 15 Maart 1901 word Salome de Waal wakker gemaak deur ’n dringende klop aan haar kamervenster. Dit is die Boereverkenner Hans van Zyl wat wegkruipplek soek van sy Kakie-agtervolgers. Hans, ’n ou vriend van Salome se verwonde broer Piet, word Salome se enigste kontak met die Boere op die slagveld. Hoe moet sy die opwinding verstaan wat Hans se besoeke elke donkermaan meebring? Sy is immers getroud, al beskou sy haar man, Albert, as ’n verraaier omdat hy vir die Britse besettingsmag werk. Dan is daar ook die sjarmante maj. Bruce Symington, wat betower word deur Salome se skoonheid en haar andersheid. Salome raak net so verstrengel in die spioenasienetwerk in Pretoria as in haar eie verwarde gevoelens, haar pligsbesef en haar politieke oortuigings. Eers wanneer sy as hulpverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp gaan werk, word die oorlog vir haar werklikheid en neem sake ’n verloop wat sy nie kon voorsien het nie.
Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende die titelverhaal en sy baie gewilde vervolgverhaal "Stiltetyd".
Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie, avontuur en spookverhaal is.
1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas 'n vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van 'n groep US Navy Seals wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het elke greintjie vernuf waaroor hy beskik nodig om aan die lewe te bly onder die aanslag van Nigeriese seerowers, die agtervolgende Angolese vloot en sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez. Dit word 'n nagmerrie-tog van die Noordsee tot by 'n geheimsinnige Weermag-skag in die Kalahari se duine, 'n aksiebelaaide wedren teen tyd om 'n katastrofiese kerntoets te stop voor dit 'n internasionale insident veroorsaak en sodoende die brose onderhandelingsproses na Suid-Afrika se ontluikende demokrasie kelder.
Toe Daan van der Walt, 'n eerstydse Kalahari-boer, 'n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by 'n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in 'n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het.
Onheil op Onrus
Op die drempel van sestig, met haar jongste kind op pad uit die huis,
sukkel die hoofkarakter van Die vrou met nege lewens om rus in haarself
te kry. Die enigste konstante blyk haar sorg van katte te wees, wat
soos ’n draad deur haar lewe loop.
Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde. Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, o.m. na die Oos-Kaap. Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer. In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige. Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.
Inspekteur Adriaan Kruger en Karien is baie gelukkig met hulle relatief rustige lewe op die dorpie Overberg: sy verwag hulle tweeling en hy word tot kaptein bevorder. Maar twee misdade stuur skokgolwe deur die gemeenskap: die aanval op ‘n jong meisie, en dan dít wat lyk na ‘n bloedige gesinsmoord. En soms wil dit lyk of daar ‘n verband is tussen die twee misdade...
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.
PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense in die dorp Gezinasrus. Flambojante karakters soos Veldsman, Genis, Vissertjie, Myta, Oom Botes en die Pieterses kruip ten spyte hulle stommighede en streke, diep in ’n mens se hart. Hierdie heruitgawe van Koöperasiestories bevat 30 kortverhale en sluit onder meer die volgende ou gunstelinge in:
"Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp
die afgelope paar jaar ingrypend verander.
In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het. Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink. Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer. |
You may like...
Democracy's Fourth Wave? - Digital Media…
Philip N. Howard, Muzammil M. Hussain
Hardcover
R4,103
Discovery Miles 41 030
Operations and Supply Chain Management
James Evans, David Collier
Hardcover
Hidden Link Prediction in Stochastic…
Babita Pandey, Aditya Khamparia
Hardcover
R4,843
Discovery Miles 48 430
|