Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van
terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is
'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die
sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit
is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom.
Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella
haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet
nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk.
'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van
Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas
se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia
Rojas.
'n Verbysterende roman deur een van die mees ervare
spanningsromanskrywers in Afrikaans. Karsten dop die genre se
reëls op sy kop, en kom vorendag met 'n hoogtepunt nie net in sy eie
oeuvre nie, maar in die Afrikaanse krimikorpus
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!