![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Liefdesles is die derde en laaste boek in Vita se trilogie. Klaskamer en Skoolgeld was die eerste twee. Daniël en Emma se verhouding is steeds ingewikkeld: Daniël probeer sy vervreemde vrou, Sally, oorreed om die egskeiding toe te staan en Emma sukkel om vir Daniël te vertel dat sy swanger is. Sal Daniël haar steeds na sy klaskamer neem? Is BDSM veilig tydens swangerskap? Sal Daniël kan vrede maak met die verlede en sy verhouding as jong seun met die onderwyseres, die verhouding wat sy seksvoorkeure bepaal het, sien vir wat dit was? Vir Daniël en Emma kom die liefde uiteindelik met baie lesse.
Richter het 'n verlede, maar dis die hede wat hy ontglip. In die krake van dinge beweeg hy, systap hy die gesagte en die laspostenare, al die bakhand tentakels van die unitêre staat, Uiopa. Toe hy mis trap, moet hy vlug. Saam met Margaret reis hy deur 'n nagmerrielandskap 'n bisarre avontuur in. Helikopters, duikbote, kindersoldate, ongediertes, mensvreters… Wit leuen wemel van onwerklikhede, afdraaipaaie, en verrassings.
Oudrecce André Lombard vlug na ’n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy
grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank
nie ...
Kanaän is die verhaal van twaalf families wat na 'n woestyntrek op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? Dit is die aangrypende verhaal van die universele verlange na 'n ander lewe. Van die bykans onnaspeurbare onderskeid tussen geloof, bygeloof en brutale ongeloof. Dit word vertel deur die oë van Itamar, die onwillige hoëpriester, Ragab die prostituut en Josua die leier wat altyd wag op die Wolk.
Emma Bekker se debuutpundel Skryn (poësie) is goed ontvang en die eerste druk het uitverkoop. Hierdie bundel kortverhale getuig van dieselfde fyn waarneming, musikaliteit, verbeeldingrykeid en sensualiteit. Dit gaan hier oor struktuur, oor lae van betekenis en gevoel, oor die skelette van stories wat met vel oorgetrek word. Die verhale is soms donker, soms humoristies, altyd vreesloos en eroties gelaai. Die onderwerpe strek van ’n porn-ster se hartseer oor sy ma se dood tot ’n uitbundige relaas van ’n skoolkonsert.
Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?
Melanie se modelloopbaan lê aan skerwe nadat sy haar enkels tydens ’n fotosessie breek. Ben, die helikoptervlieënier, wat die noodvlug beman waarmee sy uit die klowe gevlieg word, dring haar lewe – en haar hart – binne terwyl sy herstel. Nie net moet sy drastiese loopbaanbesluite neem nie, maar sy moet haar biologiese pa ná twintig jaar weer in haar lewe toelaat. Sy moet uitvind haar ma het nie altyd die waarheid oor hom gepraat nie. Kan Melanie op die dodelike aantreklike Ben vertrou in ’n moeilike tyd, of het hy verskuilde motiewe?
Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime
Wat is ’n menselewe werd as jy minder as niks op jou naam het nie? Toe die regering besluit om ’n yslike dam in die diep, dorre Noord-Kaap te bou, is die skrif teen die muur vir die vergete dorpie van Bitterwater. Inwoners het ’n jaar tyd om hul dorp te ontruim en voor die groot water uit te vlug. Konstabel Cheslin Fielies is die een wat moet seker maak die hele storie gebeur betyds. Pas van die Cape Flats oorgeplaas, word hy gou in die dorpstories ingetrek: Hoekom verafsku die gemeenskap die drankwinkeleienaar Braam Pens so? Wat het Jan Boklam een nag in die dorpsdam sien gebeur? En spook dit regtig by die vervalle ou pastorie waar die Van Helsdingens probeer oorleef? Terwyl hy van sy eie spoke vlug en die Bitterwaters van die sondvloed probeer red, is dit sy onverwagse vriendskap met die dominee se vrou, Miriam, wat die krake in Cheslin se damwal blootlê. Want water is vergifnis, glo sy. Water is vergeet. Maar sommige geheime sal nie deur die vloed weggespoel word nie. Minder as water is ’n meesleurende tragikomedie wat jou gaan roer, jou gaan laat lag en uiteindelik die vraag vra: Wat gebeur met die mens wanneer hy voor syeinde te staan kom?
Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers uit sy jaggeweer gekom. In die nasleep van die tragedie moet Ragel meisie-alleen red wat te redde is op Soetkloof. Dan kom daar ’n groot droogte en die Opkomsrivier, hul laaste oorblywende reddingsboei, verdor. Boonop is hul grond in die gedrang, want ’n yslike bewaringsgroep wil al die plase in die distrik op koop. Gaan Ragel aanhou om vir haar erfgrond te baklei of gaan die noodlot die oorhand kry? Kan die luiperdman die jong, taai vrou weer ’n proesel van lewensvreugde gee? En gaan Cornél ooit lewend na Soetkloof terugkeer? Solank as die aarde, Lucia Prinsloo se derde roman, is uiteindelik ’n verhaal van oorwinning en hoop. Want solank as die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, sal koue weer warm word, winter weer somer en nag weer dag.
Kan jy vlug van wie jy regtig is?
Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae. Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees. Hierdie is só nie deel van haar plan nie.
Dis hoe mens weet dat die Here werklik leef: Jy sien sy krag wanneer Hy
van mense splinternuwe skepsels maak.
Die duiwel is hierdie jaar los by die klooster van die heilige sint
William, Beskermheilige van die Metaversum. Dapper de Wet, roosteler,
gourmand en deurwinterde loodswaaier, word teen sy sin deur die
Departement afgevaardig om vas te stel wat aan die gang is.
Dr. Emma Retief, ’n wildsveearts, moet haarself in ’n manswêreld bewys. Sy koop ’n praktyk in haar tuisdorp, maar is nie voorbereid op die aantrekkingskrag tussen haar en haar buurman, Regardt, nie. Regardt het ’n reputasie as rokjagter, daarom bepaal hy hom nou by sy plaas en sy werk om wildstropers te stop. Hy glo hy kan dit beter as Emma doen en hulle stamp koppe. Emma begin ook twyfel aan Regardt se integriteit te midde van die wildsmokkelary. Gaan hulle die afstand tussen hulle kan oorbrug?
Klara Beyers, voormalige joernalis, bestuur deesdae ’n gastehuis en
blommeplaas op Somersee naby Hermanus.
Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes
word in ’n veld opgediep.
Nadia en haar nefie Xavie is op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”. Hulle twee kyk terug op hul kinderjare en probeer die dinge ontbloot waaroor daar in hul familie geswyg word. Kompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep nefies en niggies, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouer geslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde bande van familie ’n mens nie maklik laat los nie.
Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot ’n jong moeder. Dit beeld ook op fyn en sensitiewe wyse uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om ’n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te hê. Dis aparte verhale, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit byna iets soos ’n Bildungsroman. Onderliggend in die verhale is die helende krag wat “storie” en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.
Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa's en onheilige horde honde en katte op 'n klein plekkie in KwaZulu-Natal. Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het - ten aanskoue van konserwatiewe familielede en nuuskierige agies vir bure en haar boheemse ma, 'n skrywer wat nou op goeie voet met Anna's se pa's verkeer. Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so 'n huishouding nie, veral nie nou dat haar een pa met ernstige gesondheidsprobleme sukkel nie. Anna se werk by die koerant is ook nie sonder uitdagings nie. Maar hoe maak jy tyd vir jou eie lewe as jy die spil raak waarom die hele spulletjie tol? In Huisies Van Papier, vier Dalena Theron die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.
Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan. Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.
Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie
oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou
lysie afhaal nie.”
Rocco de Witt se argitekspraktyk in Kaapstad doen goed, hy is verloof aan 'n pragtige vrou en hy woon in 'n droomhuis. Maar nou staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . en die geweld van destyds kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy bestaan ontaard in 'n nagmerrie - tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, daar op die plasie Nadraai.
Dit is 1905. Helmut, ’n Duitse mediese student, gaan ’n professor te lyf wat seksuele toenadering by hom soek. Dié neem wraak hom deur vir Helmut ’n druippunt toe te ken. Helmut se verontwaardigde ouers straf hom deur hom sy studie te laat beëindig en sy vader maak sy handtekening na op ’n kontrak waarin Helmut verbind word om vir twee jaar die Duitse mediese korps in die destydse DuitsSuidwes (Namibië) by te staan as mediese ordonnans. Só word hy getuie van die dokter in bevel wat hom verdiep in ’n studie van Afrikamense deur hulle lyke te onthoof, die skedels te laat skoonskraap en die breine te weeg, ’n berugte praktyk wat later wyd veroordeel is.
JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy ’n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná ’n aanslag op sy lewe moet hy vlug. Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy ’n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red. In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet. |
You may like...
|