![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Weer neurie die kind lispelend en vervelig herhaalde kere sy liedjie sodat Koestertjie, lamgeslaan soos sy daar staan, tot haar verbasing sien dat die slang sy bolyf laat sak totdat hy plat op die grond in al sy kronkelinge voor die kind le. ’n Vuil handjie word uitgestrek en net as dit aan die skubberige rug wil vat, pluk die reptiel homself weer orent en word die bak dreigend platgemaak. Dit is tog te mooi. Die laggie dawer deur die lug en dan word daar maar weer gesing. Weer bedaar die slang.” Wadda van die woestyn verskyn oorspronklik in 1950. In die roman word ’n wit driejarige seuntjie deur Boesmans, Boogspan en sy vrou, Koestertjie, aangeneem nadat die skip waarop hy, sy tweelingboetie en hulle ouers reis byna op die rotse loop. Wadda (’n verdraaiing van sy doopnaam “Waldo”) toon ’n besondere aanvoeling vir en beheer oor die plante- en dierelewe van die Namib-woestyn. Wanneer hy ouer word, word hy ’n leier en legende onder die inheemse bevolking. Die verhaal neem ’n onverwagse wending wanneer Wadda ’n soekgeselskap, op soek na legendariese skatte, teekom en uitvind waar hy werklik vandaan kom.
c. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Amper twintig jaar ná die verskyning van c. Johan Bakkes se tweede boek, Nou’s ons in ons donner in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.
’n Spieel is ’n vreemde ding, want in ’n spieel leef ’n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. ’n Spieel lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik ’n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag. Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar’s min rede die laaste tyd om te wil lag. Joe Minnie se lewe raak verweef met die van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, ’n opkomende vermaaklikheidster, is soos ’n emosionele en finansiele tikkende tydbom aan sy sy. Met ’n rolverdeling wat ’n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied – die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses – word Spieelbeeld ’n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. ’n Wereldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.
Dié boek kry dit reg om peripheral characters en vertellers oppie voorgrond te plaas. Die tailor-dokter met sy briefcase vol sample-lappe, maatband en pen. Die pyn vanne vrou wat haar pasgebore tweeling moet begrawe. Ennie stryd vannie pligsgetroue, prim en proper Mareldia. En dan is daar oek Ghoemeira wat tradisionele waardes mettie modern moet versoen. Hier hoor jy die klanke vannie gemeenskap, musky en soet soes ryke uit die Jannat.
Ons sweer saam: Ek gaan haar ’n papierlewe gee, of nog beter: ’n nuwe lewe. ’n Lewe waarin sy weer maklik kan loop, haar lippe rooi maak, wye rokke dra of haar vuurbestande baadjiepakke. Ek wil ’n dansende moeder uitbeeld, ’n vegtende moeder. Die sterk vrou van my jeug. “Ek kry ’n lewe by,” – sy grom tevrede – “maar ek wil wel iets in ruil hê.” “Ek sal al jou inkopies doen, die kombuisvloer mop …” “Pille. Jy kry ’n storie, ek ’n pil.” Ná ’n lang lewe van swye en uitsluiting begin ’n moeder skielik met haar seun praat – aarselende ontboesemings oor grensoorskrydende liefde, verraad en drie oorloë. Hy, ’n romanskrywer, mag haar biograaf word, maar daar is ’n voorwaarde: Hy moet haar ’n sagte dood besorg. Ek kom terug is ’n tragikomedie oor die onstuimige lewe van ’n vrou wat terugkyk op haar eeu.
Dit is die ironie van die lewe dat die dinge waarna jy die hardste streef omdat jy meen dat jy daardeur geluk kan verwerf, jou ontgaan juis op die oomblik wanneer dit net binne jou bereik le. Dit is die pad van die lewe wat na eensaamheid lei. Willem, ’n uitgeworpene, is oortuig dat daar niks op die aarde is om na te strewe en voor te werk nie. Dan kry hy ’n nuwe geloof wanneer hy weer verantwoordelikheid kry vir plante en diere, vir lewende dinge wat van hom afhanklik is. Willem se pad kruis met Hans. Hans aanvaar al sy lewe lank dat elke mens verantwoordelikhede het en ’n plig om te werk. En wanneer hy begin vrae stel en die aanvaarding verdwyn, plaas hy nie net homself op die pad na eensaamheid nie, maar hy vernietig ook die geluk wat twee ander mense moontlik sou kon vind.
Uit die aard van hul hoogs geheime werk heers groot geheimsinnigheid oor die Recce's, maar nou het een van hulle - Koos Stadler - sy ervarings neergepen. Die boek bied 'n onthullende blik op die lewe van 'n Recce, op hul amper bomenslike fisieke vermoens en kameraderie. Verwag naelbyt-aksie en dramatiese verhale.
Afrika is ’n plek vol swerwersiele. In die versameling stories van P.J. Schoeman word hierdie swerwerfigure se stories vertel. Die bekroonde skrywer P.J. Schoeman, wat op sy dag ook veldwagter was, het in sy leeftyd 'n rits jeugboeke die lig laat sien wat steeds tot nuwe generasies Afrikaanse lesers bly spreek. Sy verhale beeld nie net die wonder van die buitelewe uit nie, maar ook die broosheid van verhoudings: tussen mens en mens, maar ook tussen die mens en sy omgewing.
Veronika het alles wat sy kan begeer – sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike kêrels, ’n vaste werk, ’n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om ’n oordosis slaappille te drink, maar word dan ’n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs ’n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan ’n keuse tussen lewe en dood is. Dis ’n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.
In Die helaasheid van die dinge keer die skrywer terug na sy geboortedorp in Vlaandere. Ons maak kennis met die pa wat trots op sy fiets van kroeg tot kroeg ry om sy pasgebore seun vir sy drinkebroers te wys, met die ouma wie se nagrus alte dikwels deur die polisie versteur word as hulle een van haar dronk seuns huis toe bring, en met die werklose ooms wat meer belangstel in ’n suipwedstryd as in ’n deugsame lewe. Dimitri Verhulst se Die helaasheid van die dinge is sowel ’n pragtige ode aan as ’n skreeusnaakse afrekening met die dorp van sy jeug.
’n Beter lewe iewers anders?
Die lewenslustige Siem Sigerius is ’n briljante wiskundige, kranige judoka, rektor magnificus van die Universiteit van Enschede, en daar wink ook vir hom ’n belowende toekoms in die politiek. Sy vrou, sy pragtige, intelligente stiefdogters en ’n gemaklike, pastorale huis op die platteland voltooi die beeld van idille en sukses. Wanneer Sigerius egter agter die kap van die byl van sy stiefdogter Joni se duistere bedryf kom en sy misdadige seun boonop ook nog sy opwagting maak, dreig alles in sy idilliese bestaan om op katastrofiese wyse te ontplof. Die kaleidoskopiese sederoman Bonita Avenue verhaal die ondergang van die Sigerius-gesin teen die agtergrond van Enschede se vuurwerkramp in 2000. Peter Buwalda se debuutroman is ’n portret van ’n era wat die gaping tussen generasies op meesleurende wyse aanpak.
Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende die titelverhaal en sy baie gewilde vervolgverhaal "Stiltetyd".
In 1977, terwyl Henna en haar man Stone juis op soek is na ’n stukkie grond waar hulle saam kan ontspan, weg van die stadsgeraas en mensegedrang, sterf Henna se ma en word ’n familieplaas onverwags en onbepland haar erfdeel. In pleks van die plaasidille wat Stone voorgehou het, word Henna nou gekonfronteer met die harde werklikheid van volskaalse boerdery en alles wat daarmee gepaard gaan: droogte, peste, plae, veesiektes, vrektes en vrees. Stone se pligte as “befaamde ginekoloog” hou hom immers besig in die stad – en dis Henna wat vrou-alleen stoetvee koop, hanslammers grootmaak, met plaasarbeiders onderhandel en ’n tuiste probeer skep uit ’n vervalle murasie. Uit briewe aan haar jarelange vriendin Ida leer ken die leser ’n belese en berese “ek” wat skielik ’n totale ommeswaai in haar netjiese bestaan beleef. Só word die teks ook ’n boeiende karakterstudie oor ’n ouerwordende vrou wat stoei met haar komplekse familiegeskiedenis (haar ma was eksentriek en afwesig, haar pa het met sy kop in boeke geleef) en die onopgeloste geheime wat ná haar ma se dood op die lappe kom. Die Henna wat enersyds kan brande blus, kalwe versorg en vendusies bywoon openbaar haarself al skrywende as fyngevoelige, intellektuele en filosofiese “ek” wat vlymskerp kan spot met haar eie swakhede, maar ook pynlik akkurate waarnemings maak oor die wêreld waarin sy leef. Benewens interessante wetenswaardighede oor boerdery wat na vore kom, is dit ook ’n veelseggende teks wat betref rasverhoudings op plase, die rol en posisie van vroue in die gemeenskap, die ewige waarhede in die letterkunde en die mens se afhanklikheid van die natuur.
In Belgie loop die negentiende eeu ook ten einde. Elisabeth, die dogter van die smid, trou met die jong dokter, Guillaume Duponselle. Dit sal nie ’n gelukkige huwelik word nie. As Elisabeth agt maande later aan ’n tweeling geboorte skenk, is die eersgeborene ’n pragtige seun, Valentyn. Die tweede kind is so mismaak dat Guillaume weier om hom ’n naam te gee. Tog bly Naamloos lewe. Omdat sy voorkoms sy vader en die dorpenaars ontstel, gaan Naamloos gesluierd deur die lewe. Dan tree die Eerste Wereldoorlog op die toneel. Van kant gemaak vertel ’n broeierige verhaal vol dorpsgefluister. Vir almal verloop die toekoms anders as wat hulle verwag.
Marc Schlosser, 'n huisdokter, begaan 'n mediese fout en as gevolg daarvan sterf een van sy pasiente. Schlosser moet voor die Mediese Raad verskyn om verantwoording te doen. Schlosser is nie te bekommerd oor die Mediese Raad nie: Hy sal seker 'n paar maande geskors word, wat nie te erg is nie. Wat die saak egter kompliseer, is dat die pasient 'n baie bekende akteur, Ralph Meier, is, wat miskien net te veel aandag gegee het aan Schlosser se pragtige vrou, Caroline. Of hou die hele gedoente verband met wat by die Meiers se vakansiehuis gebeur het toe die Schlosser-gesin daar op besoek was? Soos in Die aandete is die hoofkarakter van die verhaal ook die verteller wat net vertel wat hy wil he die leser moet weet en so die leser aan die raai hou oor wat werklik gebeur het.
Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ʼn plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld. Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”
Eloise, ’n aangenome kind, word onsensitief deur haar biologiese grootouers verwerp. Die 17-jarige Ane se lewe verander dramaties wanneer sy ’n nasionale modelkompetisie wen en vinnig in ’n genadelose grootmenswereld moet aanpas. In Durban oorweeg kinderlose Petra die moontlikheid van aanneming. Die leser word gekonfronteer met aanneming, aangrypend uitgebeeld vanuit verskillende perspektiewe. |
![]() ![]() You may like...
|