0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (184)
  • R100 - R250 (661)
  • R250 - R500 (777)
  • R500+ (104)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Die Oorkant (Afrikaans, Paperback): Annemarie van Niekerk Die Oorkant (Afrikaans, Paperback)
Annemarie van Niekerk
R350 R265 Discovery Miles 2 650 Save R85 (24%) Pre-order

Twintig jaar gelede moes Ada haar geboortegrond, Bloukoeniekraal, noodgedwonge verlaat. Nou keer sy terug na die geheime van haar kinderjare wat aan die oewers van die getyrivier lê.

Deur haar skryfwerk probeer Ada die skimme van die verlede tem. Maar hoe word jy vry van ’n verlede wat steeds hier rondspook?

Bloedbande (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Eleanor Baker Bloedbande (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Eleanor Baker
R280 R209 Discovery Miles 2 090 Save R71 (25%) Pre-order

Inspekteur Adriaan Kruger en Karien is baie gelukkig met hulle relatief rustige lewe op die dorpie Overberg: sy verwag hulle tweeling en hy word tot kaptein bevorder.

Maar twee misdade stuur skokgolwe deur die gemeenskap: die aanval op ‘n jong meisie, en dan dít wat lyk na ‘n bloedige gesinsmoord.

En soms wil dit lyk of daar ‘n verband is tussen die twee misdade...

Seisoen van Sonde (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Seisoen van Sonde (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Wegkruiper (Afrikaans, Paperback): Christelle Wessels Wegkruiper (Afrikaans, Paperback)
Christelle Wessels
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Onheil op Onrus

Iemand speel ’n grusame speletjie op Onrus. ’n Oudonderwyseres word in haar dansateljee vermoor en twee vroue word ontvoer en gemartel.

Kaptein Werner de Wege en adjudant Lisamore Talakase moet ’n legkaart bou om die raaisel op te los, maar die belangrikste stukke speel wegkruipertjie met hulle.

Sal die speurders die moordenaar betyds kan vastrek voor die volgende slagoffer val? En wat het ’n afgetrede onderwyseres, ’n bekende dokter, ’n sukkelende eiendomsagent en ’n boer gemeen?

Wegkruiper, Christelle Wessels se vierde spanningsroman, wys in watter nagmerrie ’n dorp ontaard wanneer die sondes van die verlede ’n gemeenskap inhaal.

Die Troebel Tyd (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Die Troebel Tyd (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde.

Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, o.m. na die Oos-Kaap. Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer.

In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige.

Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.

Vergissing (Afrikaans, Paperback): P.J. Bosman Vergissing (Afrikaans, Paperback)
P.J. Bosman
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days
Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Onrus Op Steynshoop (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Onrus Op Steynshoop (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp die afgelope paar jaar ingrypend verander.

Benna Potgieter, wonderkind in sy prille jeug, is sedert sy pa se dood ’n haarkapper in sy ma se salon. Sy lewe neem ’n drastiese wending wanneer die skilder Fonny, sy groot verlore liefde, onverwags na die dorp terugkeer.

Snaaks, droewig, wrang en oneerbiedig – ’n opwindende nuwe roman in ware Winterbach-trant."

Susanna Die Geliefde (Afrikaans, Paperback, Illustrated Edition): Margaret Bakkes Susanna Die Geliefde (Afrikaans, Paperback, Illustrated Edition)
Margaret Bakkes
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Susanna Smit, suster van die Voortrekkerleier Gert Maritz, het op vroee leeftyd 'n gedwonge huwelik met die veel ouer eerwaarde Erasmus Smit aangegaan. Altyd daarna bly die gemis na haar jeugvriend Willem van Staden die verpersoonliking van wat kon gewees het. 'n Historiese roman wat boei en ontroer. Margaret Bakkes, wat in 2011 haar tagtigste verjaarsdag gevier het, is bekend vir haar tydskrifverhale, kortverhale en liefdesromans. Haar kortverhaalbundel Wat die middag verwoes (1977) was vir etlike jare ’n voorgeskrewe werk in skole, vyf van haar romans is oor die radio voorgelees en in 1999 word Susanna die geliefde vir die verhoog verwerk met Joanie Combrink, Susanne Beyers en Johann Nel in die hoofrolle.

Die Getuienis (Afrikaans, Paperback): Francois Smith Die Getuienis (Afrikaans, Paperback)
Francois Smith
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hulle albei het dit tog vertel. Dit is wat sy onthou toe sy tussen ’n klomp papiere die uitdruk van ’n ou e-pos van haar kry. Hoe Vader hulle Ventershoop toe gestuur het en toe alles voorsien het, selfs die kar, die petrol. Maar hulle het ooreengekom dat hy ook – in sy woorde – van die wonder sou getuig het. Wat het daarvan geword?

Die getuienis is ’n egpaar se verslag van ’n reis. Dit is die verslag van drome en visioene, van wonderwerke en vloeke, van bloedverwantskappe en sluimerende woede.

Decima (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Decima (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
R330 R274 Discovery Miles 2 740 Save R56 (17%) Ships in 5 - 10 working days

In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het.

Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink.

Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.

Bloed/Blut (Afrikaans, Paperback): Coreen Erasmus-Bezuidenhout Bloed/Blut (Afrikaans, Paperback)
Coreen Erasmus-Bezuidenhout
R8 Discovery Miles 80 Ships in 5 - 10 working days

BLOED/BLUT is ’n historiese roman wat in Berlyn, hoofstad van Duitsland, afspeel gedurende 1933, toe Hitler kanselier geword het, tot 1938, amper net voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog.

Die liefde oorbrug alles. Helmut, ’n jong Duitser en seun van ’n Duitse generaal, raak verlief op die beeldskone donkerkop Rut, Jodin en dogter van ’n bekende rabbi. Helmut is ’n informant van die gevreesde Gestapo. Hy doen dit noodgedwonge om sy gay broer teen vervolging te probeer beskerm. Die Gestapo is die oë en die ore van die Duitsers wat die Jode haat en bloedvermenging tussen eg Ariese Duitsers en untermensch, die Jood, wat nie as menswaardig beskou is nie, verbied. Oortreding van hierdie wet is ten sterkste veroordeel en kon selfs later met die dood gestraf word. Ironies dat Rut se suster met opregte katte teel en probeer om die bloedlyn suiwer te hou. Sal die talle kerke in Duitsland en die groot wêreldmoondhede daarbuite die vasgekeerde Jode, wat nou afgesonder, bespot, verneder, wreed vervolg, verarm en selfs vermoor word, kan help?

En wat van die verliefde Rut en Helmut... die Jode is tog mos die uitverkore volk van God? Het die donker voorspellings van die eeue oue profete oor die Jode, dan nou uiteindelik waar geword?

Elisabet Se Oorlog (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Elisabet Se Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde London vryheid en onvoorwaardelike liefde vind?      Helene de Kock op haar beste. 

Sy is Myne (Afrikaans, Paperback): Francine Rivers Sy is Myne (Afrikaans, Paperback)
Francine Rivers
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

1875. Wanneer Kathryn Walsh in die myndorp Calvada aankom, is liefde die laaste ding waaraan sy dink. Haar welgestelde stiefpa het haar weggestuur uit Boston om ’n erflating te kom opeis van ’n oom wat sy nooit geken het nie: ’n klein koerantkantoortjie in die hoofstraat van ’n dorpie vol bordele en kroeë, en ’n skynbaar waardelose myn.

Kathryn besluit om haar oom se koerant weer op die been te bring en bevind haar kort voor lank midde-in ’n storm tussen twee van Calvada se magtigste mans. Kathryn is egter vasbeslote om aan te hou sê – en skryf – waarin sy glo.

Matthias Beck, kroeg- en hotel-eienaar, sien onmiddellik dat die beeldskone, uitgesproke rooikop net so vasberade soos haar oom is. En hy weet haar strewe na geregtigheid kan ook háár dood veroorsaak ...

Die aantreklike hotel-eienaar en die eiesinnige juffrou Walsh sien dat hulle tog vir dieselfde ding baklei: ’n dorp waarop hulle trots kan wees. Almal wil graag ryk word in die myndorpie, maar dit is ’n liefde baie kosbaarder as goud wat almal in die dorp uiteindelik sal red.

Rooiborslaksman - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Marinda Zyl Rooiborslaksman - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Marinda Zyl
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Marinda van Zyl is daarvoor bekend dat sy onverkende gebeure in die geskiedenis ontgin en dit verweef in verhale waarvan die karakters en hulle lotgevalle ’n mens bybly. Rooiborslaksman is ’n welkome opvolg op Van Zyl se die epiese historiese roman Amraal.

In Rooiborslaksman word die negentiende­eeuse konflik met die Herero’s en Duitsers in die destydse Suidwes­Afrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert (Amraal Lambert se laatlam) wat wees gelaat word tydens die pokke­epidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die spierwit pendoring van die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman genadeloos sy prooi ryg.

Van Vaders en Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Van Vaders en Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad.

Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat. Dié besoek lei tot ’n ander reis – hy en sy neef neem ’n siek seuntjie na Tokio, met die hoop dat ’n nuwe soort behandeling die kind sal genees.

’n Aangrypende roman deur die bekroonde skrywer SJ Naudé.

Hartedief (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hartedief (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.

Verliesfontein (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Verliesfontein (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Verliesfontein was beoog as die eerste roman in die drieluik Stemme, maar is laaste voltooi. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dié roman van Schoeman oor die Suid-Afrikaanse verlede. Hier is die sentrale gegewe die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.

Selma en Louise (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Selma en Louise (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre.

“Waarnatoe?” vra hy en kyk op.

“Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.”

Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.

Die Nag Ruik Na Spoed (Afrikaans, Paperback): Schalk Schoombie Die Nag Ruik Na Spoed (Afrikaans, Paperback)
Schalk Schoombie
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Hier is iets betreklik nuut in Afrikaans: wetenskapfiksie vir volwassenes.

Die stories is uiteenlopend, maar deur elk loop die silwer draad van fantasie en wetenskap. Uiteindelik gaan dit natuurlik oor die karakters en Schoombie se gatskop-verteltrant.

Hier is ’n bedrewe skrywer met ’n verstommende verbeelding aan die woord – innovering, spanning en die verrassingselement is op die spyskaart.

Skarlaken (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skarlaken (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ’n rekenaargenie met ’n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ’n suksesvolle kunstenaar met ’n slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?

Stormkind (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Stormkind (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers 1
R345 R308 Discovery Miles 3 080 Save R37 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens ’n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat ’n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.

Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.

Raaiselkind (Afrikaans, Paperback, Filmuitgawe): Annelie Botes Raaiselkind (Afrikaans, Paperback, Filmuitgawe)
Annelie Botes
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig "mens" te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam - oppasma - wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot "Boetatjie" kan deurdring.

Die gelyknamige film (met Diaan Lawrenson in die hoofrol) begin op 16 Februarie 2018 in fliekteaters draai!

Sol Y Sombra (Afrikaans, Paperback): Uys Krige Sol Y Sombra (Afrikaans, Paperback)
Uys Krige
R37 Discovery Miles 370 Ships in 6 - 10 working days
Somtotaal (Afrikaans, Paperback): Anchien Troskie Somtotaal (Afrikaans, Paperback)
Anchien Troskie
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam groot geword op 'n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. Nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al 'n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Sy besef sy kan nie langer hul geheime met haar haar saamdra nie. Met Somtotaal vestig Troskie haar opnuut as meevoerende skrywer. Dit is 'n storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie. 

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Art And Crime
Stefan Koldehoff, Tobias Timm Hardcover R525 Discovery Miles 5 250
Current Trends in Computer Science and…
Shawn X Wang Hardcover R6,789 Discovery Miles 67 890
Magnus Chase and the Ship of the Dead
Rick Riordan Paperback  (2)
R268 Discovery Miles 2 680
Learn Java for Android Development
Jeff Friesen Paperback R975 R853 Discovery Miles 8 530
The Ancient History of the Egyptians…
Charles Rollin Paperback R538 Discovery Miles 5 380
Electrical Age [microform]; v.14
Anonymous Hardcover R922 Discovery Miles 9 220
Pericles and Aspasia
Walter Savage Landor Paperback R534 Discovery Miles 5 340
Ac Electric Machines and Their Control
David A. Torrey Hardcover R3,274 Discovery Miles 32 740
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
The Boy Who Could Keep A Swan In His…
John Hunt Paperback  (1)
R304 Discovery Miles 3 040

 

Partners