0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (184)
  • R100 - R250 (657)
  • R250 - R500 (785)
  • R500+ (109)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Sondebok (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sondebok (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in Suid­Afrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.

Die Chacma-Ekspedisie (Afrikaans, Paperback): Marius Ackermann Die Chacma-Ekspedisie (Afrikaans, Paperback)
Marius Ackermann
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Waar die Krokodilrivier lui-lui deur die Noordwes kronkel, net ’n klipgooi van die Wieg van die Mensdom, is die wel en wee van twee histories aparte groepe op die punt om ineen te vloei. In die dorpie Kwenang (voorheen De la Rey) is korrupsie, wanbestuur en anargie aan die orde van die dag en is die vraag op die vooraand van die burgemeestersverkiesing of daar hoegenaamd nog ’n spreekwoordelike Moses is wat die dorp uit hul politieke verknorsing sal kan lei. Aan die ander kant van die rivier, teen die klipkoppies van die Schurweberg, sit Grootraad Makedaan (gerespekteerde leierbobbejaan) en tob oor die onregverdigheid van die “groot split”: die dag toe die regoplopers hulle rug op die handeviervoeters gedraai en so die gedeelde herkoms van die primate versaak het. Is dit dan nie Bo’jaan se roeping om aan Kwenang se komende burgemeestersverkiesing deel te neem, en so ’n bedeling van heling in plek van verdeling in te lui nie? Terwyl ’n bobbejaan in die noorde tot burgemeester ingehuldig word, is ’n gesiene emeritusprofessor en primaatnavorser, ’n internasionaal-erkende Britse fotograaf en ’n lenige boereblondine van die Kaap af na die Magaliesberg onderweg as deel van die Chacma-ekspedisie: ’n Brits-befondste ondersoek na pratende lede van die spesie papio ursinus. Toeval? Of die hand van die noodlot? In Die Chacma-espedisie steek Marius Ackermann goedig die draak met Afrika-politiek en -problematiek en sal selfs die mees siniese leser vir mens en dier se bobbejaanstreke kan lag.

Dis My Geheim (Afrikaans, Paperback): Juanita Aggenbach Dis My Geheim (Afrikaans, Paperback)
Juanita Aggenbach
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Eloise, ’n aangenome kind, word onsensitief deur haar biologiese grootouers verwerp. Die 17-jarige Ane se lewe verander dramaties wanneer sy ’n nasionale modelkompetisie wen en vinnig in ’n genadelose grootmenswereld moet aanpas. In Durban oorweeg kinderlose Petra die moontlikheid van aanneming. Die leser word gekonfronteer met aanneming, aangrypend uitgebeeld vanuit verskillende perspektiewe.

Vermoedelik Dood (Afrikaans, Paperback): Johan Kruger Vermoedelik Dood (Afrikaans, Paperback)
Johan Kruger
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Dit is die vroeë 1990’s. Ben Brandt duik al jare lank ondergronds onder die Poolse naam Jozeph Brzinski. Maar die tyd het aangebreek dat hy sy ou werk hervat: dié van huurmoordenaar.

In sy lewe voor hy moes onderduik as mynwerker, het hy moorde gepleeg vir wie ook al hom kon betaal. Hierdie keer het die Beweging hom nodig. Hy moet twee teikens by die Wêrelhandelsentrum in Kemptonpark elimineer.

Gerhard Coetzee, topadvokaat met ’n tragiese verlede, is die enigste een wat in sy pad staan.

Doolhof (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Doolhof (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Omstrede en skatryk oud-politikus Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi het nie minder nie as ses verdagtes.

’n Britse ondersoeker is op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en ’n platsakman steier telkens terug van die samelewing se dwarsklappe. Kassie en Rooi pak hul ondersoek sonder forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle.

Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit ̶ en met die perfekte moord wegkom?

Kurt Mauser (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Kurt Mauser (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days

Uit die vroee twintigerjare van die vorige eeu ry 'n lang, lenige Suidwester op 'n groot swart perd die gebied van Afrikaanse fiksie binne. 'n Bebaarde ridder met bree skouers; kampvegter teen ongeregtigheid, 'n vriend van veronregtes en die vyand van swendelaars en booswigte: Kurt Mauser. Kurt Mauser is seker een van Doc Immelman se bekendste en mees geliefde karakters. Hierdie publikasie is 'n heruitgawe van die heerlike avontuurverhaal wat in 1978 vir die eerste keer verskyn het.

Bart Nel (Afrikaans, Paperback): J. van Melle Bart Nel (Afrikaans, Paperback)
J. van Melle
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 6 - 10 working days

Bart Nel, hoofkarakter. Woon op Kafferkraal, plaas in distrik van Pretoria. Daar boer hy met koring. Hy het nie van kleins daar gewoon nie, maar het sy grond daar gekoop. Hy het ‘n skoonvader van wie hy nie baie hou nie. Hy het baie skuld. Hy is fisies baie aantreklik, ‘n breë bors, donker hare, “bruingebrand, swaarbenig en gespierd”, “byna swart, onversaagde oë, stug en nors.” Bl. 12. Hy rook pyp. Albei sy ouers is reeds oorlede. Hy is goed met sy hande en het die riempiesbank- en stoele self gemaak. Hy is ‘n hardkoppigge man en is te trots om sy emosies teenoor Fransina te erken. Hy was altyd vir Botha, maar toe Botha besluit om vir Engeland te veg het hy besluit om te rebelleer. Later word hy die veldkornet van die rebelle. Hy is eiesinnig en ‘n realis, ‘n doener, ‘n voorvatter. Hy het baie sterk leierseienskappe en was die veldkornet van Kafferkraal. Hy het baie sterk oortuigings en daarom is mense lief vir hom. Ongelukkig maak hy opofferings soos sy familie vir sy oortuigings. Hy was vir 5 jaar in die tronk, en het na sy vrylating op Steenkoolbank gaan bly, akkommodasie gehuur by Gert Martiz.

Clarence Van Buuren - Die Man Agter Die Donkerbril (Afrikaans, Hardcover): Chris Marnewick Clarence Van Buuren - Die Man Agter Die Donkerbril (Afrikaans, Hardcover)
Chris Marnewick
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 6 - 10 working days

Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Van Buuren is in 1956 skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel. Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon en het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren het met van hulle flirteer tydens die verhoor, en het tot op die einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes: 'n Siener het die lyk na 'n seance opgespoor, Van Buren en Aken was lovers, maar die lyk is seksueel vermink. Inligting dui daarop dat Van Buuren 'n narsissistiese psigopaat was en 'n sadis wat veral vroue geteister en gemartel het. 'n Emosionele vampier. 'n Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie.

Kleur Kom Nooit Alleen Nie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Antjie Krog Kleur Kom Nooit Alleen Nie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Antjie Krog
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2001). In 'n paar opsigte verskil hierdie digbundel van Antjie Krog se vorige werk: vir die eerste keer beweeg die verse ook buite Suid-Afrika - elders in Afrika en ook Europa. Die verse staan in die teken van 'n soeke na identiteit op die kontinent en die vind van 'n plek binne die Afrika-bestel. Soos in haar vorige bundels hanteer Krog ook in hierdie bundel die persoonlike, die politiese en die land(skap).

Ons Skulde (Afrikaans, Paperback): P.P. Fourie Ons Skulde (Afrikaans, Paperback)
P.P. Fourie
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word.

Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem?

Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.

Bessie se Hangkasbiblioteek (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Bessie se Hangkasbiblioteek (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bessie Botha, deesdae weduwee Botha, woon saam met haar broer, Willem, op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein. 1974 was tot dusver nie ’n goeie jaar nie, en om alles te kroon is oorlede Stefaans se welgestelde broer en sy jong neus-in-die-lug vrou op pad om te kom
kuier.

Bessie ontferm haar oor al wat kind en dier is in die gemeenskap. Sy meng ook graag by ander se sake in wanneer dit lyk asof Dominee of Gezina, die nuwe voorsitster van die sustersvereniging, nie hul kant bring nie.

Wanneer die veertienjarige Annatjie de Villiers weer een Sondag ná kerk langs die treinspoor staan en flikkers gooi vir al wat ’n treindrywer is, besluit Bessie om die meisiekind ’n boek in die hand te stop sodat sy kan léér waar babas vandaan kom.

Bessie se hangkasbiblioteek is propvol heimwee en humor, met uiteenlopende karakters net so kleurryk soos die boeke in Bessie se spaarkamerhangkas. Madelein Rust op haar beste!

Bloed Op die Duine en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Bloed Op die Duine en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale. Erns Grundling noem hom “Namibië se eie Hemingway”. Bloed op die duine en ander verhale is ’n keur uit sy kortverhale wat tussen 1955 en 1963 in Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn het. Die bundel sluit verder die novelle “Koms dans, Klaradyn” in, wat oorspronklik in ’n Seisoen vir Romanse (1966) verskyn het.

Opponerende Magte (Afrikaans, Hardcover): Aldivan Torres Opponerende Magte (Afrikaans, Hardcover)
Aldivan Torres
R955 Discovery Miles 9 550 Ships in 18 - 22 working days
Kom Hier Dat Ek Jou Soen (Afrikaans, Paperback): Griet Op De Beeck Kom Hier Dat Ek Jou Soen (Afrikaans, Paperback)
Griet Op De Beeck; Translated by Christine Barkhuizen le Roux
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Kom hier dat ek jou soen is 'n roman oor Mona - as kind, as 24-jarige, en as 35-jarige. 'n Verhaal oor waarom ons word wie ons is, geskryf met humor en skaamtelose eerlikheid. Oor ouers en kinders. Oor stukkende mense en hoe hulle ook ander mense onbedoeld verwond. Oor waar verantwoordelikheid eindig en skuld begin. Oor geheime en eensaamheid. Oor siekte en stilbly. Oor die gevare van sterk wees. Oor vergeet en nie kan vergeet nie. Oor jouself durf red. En natuurlik ook oor die liefde. Omdat dit al is wat ons het, of byna.

Man Uit Die Vreemde (Afrikaans, Paperback): Kas Van den Bergh Man Uit Die Vreemde (Afrikaans, Paperback)
Kas Van den Bergh
R71 Discovery Miles 710 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie verhaal is vol van avontuur, misterie en romanse. Dit is 'n lekkerleesboek wat die leser se aandag tot die einde behou. Toe 'n vreemde man onverwags op Rietkuil as plaasbestuurder begin werk, is dit die begin van 'n reeks onverklaarbare gebeure. Waar Rietkuil eens op ’n tyd die rustigheid self was, bring die nuweling op die werf ’n vlaag van misdade met hom saam en selfs harte bly in die slag. Dan sien Tant Annie een spookagtige aand die vreemde man met 'n groot, donker bondel in sy arms haastig in die donker skaduwees verdwyn. Wie is hierdie man? Wat is sy regte naam? Waar kom hy vandaan? Wat steek hy weg? Met Man uit die vreemde prikkel Kas van den Bergh die leser se nuuskierigheid met volgehoue vernuf, sodat die boek nie neergesit kan word voordat die ware identiteit van die vreemdeling bekend is en al sy geheime onthul is nie.

Die Heerser van die Ringe - Die Koning Keer Terug (Afrikaans, Paperback): J. R. R. Tolkien Die Heerser van die Ringe - Die Koning Keer Terug (Afrikaans, Paperback)
J. R. R. Tolkien; Translated by Kobus Geldenhuys
R297 Discovery Miles 2 970 Ships in 6 - 10 working days
Is Mos Oos (Afrikaans, Paperback): Jaco Alant Is Mos Oos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Alant
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

’n Afgelegde professor in Durban, KwaZulu-Natal, dink terug en probeer sin maak van sy verlede.

Hy leef met ’n vrou in sy herinnering – Mied. Deur die oënskynlike diefstal van sy geel Volkswagen Kewer met sy hond Os-Moses agterin, ontmoet hy ’n Afrikaanssprekende Zoeloe-meisie, Mandie. Hy word Mandie, haar Ma Nxasana en ’n gestremde kind na wie Ma Nxasana omsien, Gumanam, se vertroueling. Intussen word hy lastig geval deur oproepe van ene John wat ’n MA wil doen oor eko-literatuur en mineurskrywers.

Is mos Oos is ’n surrealistiese, byna absurde roman, ’n verhaal van verandering wat ontvou in die spel van name en die vervloeiing van uiterstes: hede/verlede, man/vrou, leuen/waarheid, lewe/dood.

Die Aandete (Afrikaans, Paperback): Herman Koch Die Aandete (Afrikaans, Paperback)
Herman Koch; Translated by Daniel Hugo
R84 Discovery Miles 840 Ships in 4 - 6 working days

Twee broers en hulle vrouens gaan een aand eet in ’n deftige restaurant: Paul Lohman, mislukte onderwyser en sy slim vrou Claire, saam met Serge Lohman, kandidaat vir die premierskap in die opkomende verkiesing, en sy vrou Babette. Teen die agtergrond van die bediening van keurige geregte en tipiese restaurantpraatjies ontvou ’n ontstellende verhaal.

Mara (Afrikaans, Paperback): Marida Fitzpatrick Mara (Afrikaans, Paperback)
Marida Fitzpatrick
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hóé.

Die soektog stuur haar op verborge paaie na haar verlede – waar familiegeheime gevaarlik lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op . . . Wat probeer Mara wegsteek en hoekom?

Terwyl Rakie desperaat probeer om antwoorde te kry, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want eindelik is die skrikwekkendste vraag van almal: Wat is donkerder as jou eie bloed?

Doodloopstraat (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Doodloopstraat (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Lourens Schoeman veroorsaak 'n beroering met sy aankoms op 'n dorpie in Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man 'n pak klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer in sy oë skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede. Toe Elzaan Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en hoekom 'n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is.

Liefde in Die Kwepertyd (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Liefde in Die Kwepertyd (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Dot Serfontein het Liefde in die kwepertyd as 'n vervolgverhaal in Sarais Marais geskryf. Dit was egter so gewild, dat dit in boekvorm verskyn het gedurende 1960. In hierdie verhaal raak ’n teruggetrokke boer verlief op die foto van ’n hartseer donkerkopnooi in sy bure se huis. 'n Briefwisseling ontstaan en die boer is oortuig dat hy sy trouvrou ontmoet het. Wanneer sy op die plaas aankom, is die briefskrywer – ‘n sagggeaarde blondine met kuiltjies in haar wange – egter glad nie die meisie op die foto nie . . . Die boer moet besluit of liefde ’n illusie of werklikheid is.

Die Wêreld van Charlie Oeng - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Die Wêreld van Charlie Oeng - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tian Killian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Sjinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Sjinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid?

’n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Sjinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy” . . .

Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.

Sonde Van Lusinda (Afrikaans, Paperback): Anton Schoombee Sonde Van Lusinda (Afrikaans, Paperback)
Anton Schoombee
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Vir Stefan is die oorgang van seksuele dier tot voorbeeldige pa 'n naatlose een. Dis soos verskillende kamers in jou kop, se hy vir homself, wat niks met mekaar te doen het nie, waar jy kan ingaan en uitkom nes jy wil, die deure agter jou toemaak. Aan die manier van dink en handel is daar vir hom niks onsedelik of selfs ongemaklik nie; dit is hoe jy oorleef in 'n wereld wat byna om elke hoek teen homself draai. Trouens, hy is trots op sy vermoe om 'n verkleurmannetjie te wees. Nee, nie 'n verkleurmannetjie nie, eerder 'n man van vele fasette, a man for all seasons – dit verg immers 'n sekere intelligensie. Sonde van Lusinda is die verhaal van Stefan, 'n 43-jarige prokureur en eskeide pa van 'n tienerdogter, wat by 'n braai verlief raak op 'n 20-jarige model sonder matriek. "Age is just a number!" verseker sy hom. Sal hy die “blonde bom" kan weerstaan? Wat sou die impak van so 'n onmoontlike verhouding wees op sy familie, sy vriendekring en sy werk? Is dit hoe 'n midlife crisis lyk?

Johanna (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Johanna (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener 1
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Johanna van Cas Wepener is ’n roman oor die dood van ’n vrou, Johanna, en haar impak op die mense rondom haar se lewens. Johanna is lesbies in ’n tyd waar dit in die George waar sy grootword en meeste van haar lewe woon, nie sosiaal aanvaarbaar is nie. Die verhaal word geskryf vanuit verskillende perspektiewe: Vanuit haar geliefde Muriel se oogpunt, haar wyse bediende Nonna, haar suster, haar dominee en haar susterskind Willie. Hulle almal probeer haar dood verwerk en sin maak van sekere dramatiese gebeurtenisse in haar lewe as klein dogtertjie. Johanna is ’n aangrypende roman oor die impak van ’n lewe binne ’n sekere milieu en kultuur. Dit getuig van goeie vakmanskap en ’n fyn aanvoeling vir menseverhoudinge, omgewing en atmosfeer.

Laataandbiegstories - En Sulke Dinge (Afrikaans, Paperback): Jan Nel Laataandbiegstories - En Sulke Dinge (Afrikaans, Paperback)
Jan Nel
R75 Discovery Miles 750 Ships in 6 - 10 working days

In Laataandbiegstories en sulke dinge word die leser meegevoer deur onvergeetlike stories wat om die kampvuur lewe kry.

Soms is dit humoristies, soms deernisvol, soms skerp ironies, maar altyd boeiend. Daar word vertel van die nag van die donkie, van Tante wat sag word, van Pollie van die populiere en van die intrinsieke waarde van Victor, die lelike skaaphondkruising.

In Jan Nel se kortverhale herken die leser homself onomwonde; dis juis hoekom mens lag. Die mens, met al sy swakhede, bly tog maar mens, en om te lag is soveel makliker as om jouself te kasty.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Trivia for Seniors - Over 500…
Nigel O'neill Hardcover R650 Discovery Miles 6 500
The Contemporary Relational Supervisor…
Robert E. Lee, Thorana S. Nelson Paperback R1,098 Discovery Miles 10 980
Incredulous Stewpidity
Diarmuid Collins Hardcover R810 Discovery Miles 8 100
Macbeth: York Notes for AS & A2
Alisdair Macrae Paperback  (1)
R241 R224 Discovery Miles 2 240
Bafana Republic And Other Satires - A…
Mike Van Graan Paperback R250 R231 Discovery Miles 2 310
400 Futoshiki Sudoku and Hitori Puzzles…
Basford Holmes Paperback R284 Discovery Miles 2 840
The Calamity Club
Kathryn Stockett Paperback R395 R319 Discovery Miles 3 190
Reporting in Counselling and…
Linda Papadopoulos, Malcolm Cross, … Hardcover R3,783 Discovery Miles 37 830
Humor In Law Enforcement [Factually…
Barney Smith Hardcover R800 Discovery Miles 8 000
I Love Jesus, But I Want To Die - Moving…
Sarah J Robinson Paperback R401 R372 Discovery Miles 3 720

 

Partners