Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later
probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Van Buuren is in 1956
skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel.
Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon
en het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren
het met van hulle flirteer tydens die verhoor, en het tot op die
einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes:
'n Siener het die lyk na 'n seance opgespoor, Van Buren en Aken was
lovers, maar die lyk is seksueel vermink. Inligting dui daarop dat
Van Buuren 'n narsissistiese psigopaat was en 'n sadis wat veral
vroue geteister en gemartel het. 'n Emosionele vampier. 'n
Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die
hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!