Waar die Krokodilrivier lui-lui deur die Noordwes kronkel, net ’n
klipgooi van die Wieg van die Mensdom, is die wel en wee van twee
histories aparte groepe op die punt om ineen te vloei. In die
dorpie Kwenang (voorheen De la Rey) is korrupsie, wanbestuur en
anargie aan die orde van die dag en is die vraag op die vooraand
van die burgemeestersverkiesing of daar hoegenaamd nog ’n
spreekwoordelike Moses is wat die dorp uit hul politieke
verknorsing sal kan lei. Aan die ander kant van die rivier, teen
die klipkoppies van die Schurweberg, sit Grootraad Makedaan
(gerespekteerde leierbobbejaan) en tob oor die onregverdigheid van
die “groot split”: die dag toe die regoplopers hulle rug op die
handeviervoeters gedraai en so die gedeelde herkoms van die primate
versaak het. Is dit dan nie Bo’jaan se roeping om aan Kwenang se
komende burgemeestersverkiesing deel te neem, en so ’n bedeling van
heling in plek van verdeling in te lui nie? Terwyl ’n bobbejaan in
die noorde tot burgemeester ingehuldig word, is ’n gesiene
emeritusprofessor en primaatnavorser, ’n internasionaal-erkende
Britse fotograaf en ’n lenige boereblondine van die Kaap af na die
Magaliesberg onderweg as deel van die Chacma-ekspedisie: ’n
Brits-befondste ondersoek na pratende lede van die spesie papio
ursinus. Toeval? Of die hand van die noodlot? In Die
Chacma-espedisie steek Marius Ackermann goedig die draak met
Afrika-politiek en -problematiek en sal selfs die mees siniese
leser vir mens en dier se bobbejaanstreke kan lag.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!