![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier om te sorg dat mense in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle. En wanneer die gewese kriminele oorgaan van ’n lewe van misdaad na dié van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wat na hulle soek nie. Maar dan kry sy opdrag om Daniël Enslin te versteek, en so ’n getuie het sy nog nooit teëgekom nie. En skielik is dit vir Erica ook ’n taak van lewe en dood, want nou ken Daniël haar geheim. Wenner van die eerste KykNET-Rapport Boekprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.
Wat gebeur eintlik wanneer reisigers mekaar raakloop, maar dalk miskyk? Kry hulle dan ’n tweede kans om weer te begin of het die noodlot altyd die oorhand? Die verhaal speel af in die wêreld van Marleen, ’n jong vrou wat snags deur “verdwaaldes” wakker gehou word. Gideon, die blinde man wat die toekoms in visioene sien, is sentraal in Marleen se lewe, maar net sy weet dit. Wat kan Gideon haar oor die “verdwaaldes” vertel en wat weet hy wat sy nie weet nie? Wat vir sommige mense vreemd is, is vir ander deel van die lewe. ’n Siener wat in geheimsinnige wêrelde leef en wat lig en insigte kan bring vir die wat soek na antwoorde, sal dalk verstaan wat ná die dood met die agtergeblewenes gebeur. Hy weet ook wat word van die wat die oorgang na die ewige lig moet maak. Marleen sal doodeenvoudig met hom moet gaan praat, maar sy vrees vir dit wat hy weet. Soms is dit moeilik om die werklikheid van drome te onderskei.
Twee broers, seuns van ’n skatryk volstruisboer, wil vir beeldskone Margaretha hê. Sy kies Michael, die erfgenaam, en John gaan veg in die Boereoorlog. Later stort die veremark in duie en hulle is bankrot. Margaretha kry die geleentheid om te wys dat sy nie net ’n mooi gesig het nie.
Tobela “Tiny” Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as “Umzingeli” (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat. Hy het vrede gevind, maar bevind hom skielik in ’n onmoontlike situasie. Want lojaliteit is belangrik – en hy moet nou binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf ’n ou vriend, ’n medestryder wat gyselaar gehou word. Maar die “losprys” wat hy saam met hom moet neem, is gevaarlik – ’n hardeskyf met “sensitiewe” inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaan alles in hul vermoe doen om hom te keer. En nou word jagter die prooi. Op ’n “geleende” BMW-motorfiets vat hy die lang pad. Maar hoe verder hy vorder, hoe stywer span die net om hom. Spanning uit die boonste rakke; ’n boek wat geen leser sal kan neersit nie.
Min geskiedkundige feite oor die Evangelieskrywer Lukas is bekend, maar in hierdie goed nagevorsde roman word ’n geloofwaardige verhaal rondom die figuur van Lukas opgebou. In die eerste deel word Lukas se opleiding as geneesheer en die algemene toestande in die gebied rondom die Middellandse See onder die heerskappy van die Romeinse keiser Tiberius uitgebeeld. In die tweede deel kom Lukas se eerste kennismaking met die apostel Petrus en die eerste Christene in Palestina ter sprake. Lukas se aantekeninge van die vertellinge van die Christene oor Jesus sou later dien as basis vir die Evangelie volgens Lukas. Hy ontmoet ook vir Saulus, wat toe nog bekend was as meedoënlose vervolger van die Christene. Soos Lukas, kom Saulus egter tot bekering en wanneer hulle paaie weer kruis, sluit Lukas by Saulus/Paulus aan op sy sendingreise. In die derde deel van die roman besoek Lukas verskeie plekke saam met Paulus en vergesel hom uiteindelik na Rome nadat hy hom in Jerusalem op ’n verhoor deur die Romeinse keiser beroep het. Ná Paulus se teregstelling is Lukas aanvanklik doelloos, maar kom dan tot die besef dat sy eintlike lewenstaak die beskrywing van die lewe van Jesus en van die handelinge van die apostels is.
Nielsen BookData Bookseller's Choice-prys (2005) Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik anderkant uitgekom het. Dis ek, Anna is gebaseer op 'n ware verhaal en is ook in Engels beskikbaar as It's me, Anna. Elbie Lotter is 'n skuilnaam.
Dit is die hemelgod, Xamab, se voorvinger wat vir ons wys om om te draai. ”Miskien moes Johan en Bulman na Kalimbo se profetiese woorde geluister het voordat hulle Kowares saam met hul Amerikaanse vriende aangedurf het. Vandat Jack, ’n fotograaf, en sy geselskap op Kowares aankom, tref die een ongeluk na die ander die groep. Gelukkig is Johan en Bulman ervare jagters en natuurkenners en kan hulle op die spoorsnyer, Kalimbo, se fyn gehoor en kennis van die veld en diere staatmaak. Maar is dit genoeg om hulle teen die ongenaakbare Afrika te beskerm? Boonop is die pragtige Penny, Jack se dogter, in ’n baie moeilike situasie. Want hoe verduidelik sy aan Bulman dat haar hart aan Johan behoort? En sal Johan ooit sy swerwershart ten volle vir haar oopmaak? Waar ver winde waai vertel die verhaal van ’n klein groepie mense wat deur hul ontmoeting met mekaar vir ’n kort rukkie van die groot eensaamheid kan ontsnap, maar uiteindelik leer dat Afrika altyd die laaste se het.
Met die publikasie van Die wegraak van Frans Joosten (2004) begewe Barend hom op die gebied van die geskiedenis. Dit is die verhaal van die moord op Frans Joosten waarvoor sy vrou en twee slawe gevonnis word tot verwurging, blakering, empalering en geledebraking. Die verhaal is ook van belang vanwee die rasse- en maatskaplike implikasies daarvan deurdat Maria Joosten, 'n nooi Mouton van Hugenote-afkoms, 'n intieme verhouding met een van die slawe gehad het. Die verhaal van Joosten se verdwyning en die eindelike ontdekking van die waarheid word feitelik oorgedra en maak van die werk 'n boeiende historiese dokument.
Aan die einde 1986 kom die Grensoorlog vir Wim Gewers en sy makkers tot 'n einde. 'n Laaste operasie in Angola eindig egter rampsoedig en Wim bevind hom terug in die Nuwe Suid-Afrika, in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie, as 'n speurder. Die laaste gebeure in Angola kom spook egter by Wim en sy makkers. Die Amerikaners se honger na olie lei tot moord en kaptein Wim Gewers moet die saak ondersoek. Die Amerikaners soek wraak en dit ontaard spoedig in 'n kat-en-muis speletjie wat in Suid-Afrika, Namibië, Londen en New York afspeel. Die boek is nie net spanningsvol nie, maar vertel ook van Wim se vurige verhouding met die olie slagoffer se beste vriendin, Mienke. Piet van forensies en die aanvallige blondine, Mercia, verskaf genoeg vermaak, sodat jy met al die spanning, moord, misdaad en passie, eenvoudig nie die boek kan neersit nie.
Hierdie klassieke roman van die befaamde Franse skrywer Albert Camus handel oor die lotgevalle van ’n klompie mense wat in die Algerynse stad Oran vasgekeer word wanneer builepes daar uitbreek. Die hoofkarakter, dr. Bernard Rieux, word die eerste keer bewus van iets buitengewoons wanneer groot klompe rotte vrek in die woonstelgebou waar hy bly. Gaandeweg word hy al meer by die behandeling van die siekes betrek en word hy toeskouer van hoe verskillende mense reageer wanneer toestande al hagliker en benouender word. Sy band met ander mense, soos die toeris Tarrou, die joernalis Rambert en die staatsamptenaar Grand word deur hulle betrokkenheid by die verloop van die pes versterk, terwyl hulle na die sluiting van die stadspoorte al hoe meer bewus word van hulle afsondering en die afwesigheid van geliefdes. Camus se roman is al gelees as allegorie van die besetting van Frankryk gedurende die Tweede Wereldoorlog en die pes kan beskou word as enige bedreiging vir menslike vryheid. Die bedreiging van 'n epidemie soos vigs verleen aan hierdie roman besondere relevansie vir Suid-Afrikaanse lesers.
'n Jeugroman, ook vir volwasse lesers. 'n Skoolsielkundige neem agt uitgesoekte matrieks vir 'n hele vakansie na 'n eensame strand. Is hulle net 'n groep bedorwe rykmanskinders uit 'n eite skool? Nie as jy van nader kyk en luister nie. Dit is hierdie kinders se enigste kans om so te herstel dat hulle matriek kan skryf en daarna in 'n gewone samelewing, saam met ander stukkende mense, kan funksioneer. Die seevakansie sal bepaal hoeveel van die oorspronklike kosbare hout bruikbare dryfhout sal word en hoeveel opdrifsels vyf en twintig jaar later by hulle reunie sal uitspoel.
Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in de oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor.
Tikkop is 'n roman oor verraad, maar ook oor vriendskap en die liefde vir 'n taal en 'n land. Die Nederlander, Mulder, en die Suid-Afrikaner, Donald, hernu hulle weer hul vriendskap en verken weer hulle gevoelens van weleer: daar is 'n gedeelde liefde, vriende wat verraai is en ideale wat verloen is. Mulder, wat in Parys woon, besluit om in die Kaap te kom bly, terwyl Donald sy stryd voortsit in 'n verstikkende klein vissersdorpie. Die plaaslike bevolking voel verraai: hulle visregte is opgeskort deur korrupte leiers, daar is geen werk nie en hul kinders ontvlug deur TIK te gebruik. Die twee manne ontferm hulle dan oor 'n talentvolle verslaafde seun aan wie hulle 'n nuwe toekoms wil bied - mits die knaap die TIK kan oorwin.
James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, skel hom gedurig uit. Hulle slaan hom en laat hom honger ly en maak sy lewe 'n nagmerrie. As 'n kwaai ontsnapte renoster sy ouers net nie opgeëet het nie, sou hy nooit in hierdie gemors beland het nie. Maar eendag ontmoet hy 'n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom 'n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee - en so begin die avontuur van sy drome. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
By Aib, teenaan die Sperr in die Namibwoestyn, kruis mense se paaie, ontmoet hede en verlede, hier word die buitestander onderwerp aan reëls wat vir almal geld. Ná 'n morsige jagtog eis die woestyn sy tol. Die kruispad verval in onbruik. Wat oorbly, word deur die sand toegewaai … en gebeurtenisse wat ons aan hierdie plekke koppel, oorleef net in ons geheue. Maar die plekke verkry soms 'n eie bestaan wat groter as die werklikheid is.
As jy ’n ryk man is wat al jou gesinslede in ’n motorongeluk verloor, behalwe jou beeldskone dogter ... Hoe toets jy die staal van die man wat haar van jou af wil wegneem?
Stoffel Gieljam is ’n man met ’n grief, en sy grief is van so ’n aard dat hy hom nou maar tot die boekewêreld wend in ’n poging om sy saak te lug, met sy neef Neelsie wat omsien na dinge soos spelling en ander sulke modegoed. En Neelsie help nou maar want hy skuld sy oom ’n sommetjie geld. Stoffel het ’n appeltjie te skil met die dorpse mense – heidense Nattes deur die bank – wat hulself Engels hou en dan ’n man se lewe versuur met belaglikhede soos dokters wat jou net dood wil hê. Om nie eers te praat van buurmanne soos Makpaatrie en die voormalige Koos van der Byl (nou Jiems Wénderbaail) nie. Maar Stoffel is reg vir hulle – gee hom net ’n tafel, ’n gehoor en ’n dop, en hy sal hulle ’n ding of twee vertel ...
Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood - alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom 'n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op 'n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In 'n bestel waarin kommersiele sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy wee is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos 'n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling 'n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.
Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar. “Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.
Privaat speurder Zeus van Wyngaardt sou nooit kon droom dat ’n godin soos Diana Engelbrecht (sy naam is Zeus, hy ken godinne) op ’n dag by sy gehawende kantoor in Springs sou instap nie. Haar opdrag: Vind die vermiste Esias Kok. Zeus besef gou agter elke storie is daar baie stories, en dié godin is dalk nie wat sy voorgee om te wees nie. Soos wat hy elke spoor begin volg, vervaag die grense tussen die reële en die digitale wêreld, oortreder en slagoffer, skuld en onskuld … In hierdie aweregse roman vervleg Julio Agrella die lewens van uiteenlopende karakters op vindingryke wyse. Dit wat agter die geslote deure van die armstes tot die rykstes in die samelewing gebeur, wys dat misbruik en geweld nie onderskeid tref nie. ’n Boek wat die leser sal skok, sal laat lag met die donker humor daarvan, en aan die raai sal hou tot die einde.
’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes. Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het. |
You may like...
AI, IoT, and Blockchain Breakthroughs in…
Kavita Saini, N.S. Gowri Ganesh, …
Hardcover
R5,937
Discovery Miles 59 370
Mathematics Lesson Study Around the…
Marisa Quaresma, Carl Winslow, …
Hardcover
R3,106
Discovery Miles 31 060
Fish Roe - Biochemistry, Products, and…
Alaa El-Din A. (Aladin) Bekhit
Paperback
R4,005
Discovery Miles 40 050
|