0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (184)
  • R100 - R250 (670)
  • R250 - R500 (776)
  • R500+ (104)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Kladboek (Afrikaans, Paperback): Joan Hambidge Kladboek (Afrikaans, Paperback)
Joan Hambidge
R59 Discovery Miles 590 Ships in 6 - 10 working days

Die basiese gegewe van die roman is ’n boeiende klein menslike drama, naamlik die ontstaan en afloop van ’n liefdesvierhoek: Die verhouding tussen Die Skrywer en Geliefde loop op die rotse omdat Die Skrywer betrokke raak by Die Vrou. Die Man, eksgeliefde van Die Vrou, tree ook tot die verhaal toe wanneer daar ’n verhouding tussen Geliefde en Die Man ontstaan.

Kamphoer (Afrikaans, Paperback): Francois Smith Kamphoer (Afrikaans, Paperback)
Francois Smith 2
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale van ’n Britse militêre hospitaal. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore was sy gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburgse konsentrasiekamp, en dit is waar sy daardie naam leer ken het. Sy lig haar hand om daardie deur oop te maak. Haar hand bewe onbeheerbaar. Maar sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is wat sy moet doen, getraumatiseerde soldate terugbring na die lig. As daardie soldaat egter die een is wat sestien jaar te vore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het, is dit nie so voor die hand liggend nie. Susan Nell huiwer voordat sy die deur oopmaak, sy wik en weeg desperaat – sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood.

Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls weggegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses kom sy weer haar verkragters teë . . .

In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

Die Miskruier en die Maan (Afrikaans, Paperback): Carie Maas Die Miskruier en die Maan (Afrikaans, Paperback)
Carie Maas
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 6 - 10 working days
Waarom die Boere die oorlog verloor het (Afrikaans, Hardcover): Leopold Scholtz Waarom die Boere die oorlog verloor het (Afrikaans, Hardcover)
Leopold Scholtz
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Die geykte antwoord, dat die Britte baie sterker as die Boere was, het die historikus nie tevrede gestel nie. Aan Britse kant is die strategiese en operasionele denke van die opperbevel al volledig beskryf. Die teorie van die krygswetenskap het intussen soveel ontwikkel dat die gebeure van 1899-1902 vandag in baie beter perspektief geplaas kan word. Aan Boerekant is die strategiese, taktiese en operasionele denke van die Boeregeneraals nog nooit volledig ondersoek nie. In hierdie werk van Scholtz word die strategiese en operasionele hoofmomente van die oorlog in die lig van die moderne krygswetenskap ontleed en 'n antwoord verstrek op die eenvoudige vraag waarom die Boere die oorlog verloor het.

Melk & Vleis // Bloed & Bodem (Afrikaans, Paperback): Marina Albertyn Melk & Vleis // Bloed & Bodem (Afrikaans, Paperback)
Marina Albertyn
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 6 - 10 working days

Twee plaasdramas oor grense, tradisies, grond en bloed.

Melk & Vleis

Dis 1996. Suid-Afrika het verander, maar sekere huishoudings nog nie. ’n Suksesvolle aktuaris los haar werk in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap, haarself in haar huwelik te laat geld, en die familieplaas van ondergang te red. Nadat ’n erfgenaam gebore word, begin dinge egter op die plaas uitrafel ...

Bloed & Bodem

Jana besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit en haar pa sit meer op die kroegstoel as die kerkbank. Een nag los hy in sy dronkenskap die hek oop en dit word ‘n aand wat niemand sal vergeet nie... ’n Verhaal oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie.

Krismis van Map Jacobs (Afrikaans, Paperback): Adam Small Krismis van Map Jacobs (Afrikaans, Paperback)
Adam Small
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Na sewe jaar word 'n gevreesde bendeleier 'Map' Jacobs op parool vrygelaat en op almal se lippe ontstaan die vraag: het 'Map' verander, of is hy steeds die ou 'Map'? Die drama speel af na die gedwonge verskuiwings vanuit die Kaap na die Vlaktes en belig ook die invloed wat sosiale en maatskaplike euwels op die gemeenskap het. Dit gee ons 'n blik op die leefwyse van die ontworteldes, hul lief en leed en sommige se desperate hunkering na 'n beter bestaan.

Wanneer Die Ankertou Breek (Afrikaans, Hardcover): Reggie Tordiffe Wanneer Die Ankertou Breek (Afrikaans, Hardcover)
Reggie Tordiffe
R885 Discovery Miles 8 850 Ships in 10 - 15 working days
Dryfhout en opdrifsels (Afrikaans, Paperback): Merie Scheepers Dryfhout en opdrifsels (Afrikaans, Paperback)
Merie Scheepers
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

'n Jeugroman, ook vir volwasse lesers. 'n Skoolsielkundige neem agt uitgesoekte matrieks vir 'n hele vakansie na 'n eensame strand. Is hulle net 'n groep bedorwe rykmanskinders uit 'n eite skool? Nie as jy van nader kyk en luister nie. Dit is hierdie kinders se enigste kans om so te herstel dat hulle matriek kan skryf en daarna in 'n gewone samelewing, saam met ander stukkende mense, kan funksioneer. Die seevakansie sal bepaal hoeveel van die oorspronklike kosbare hout bruikbare dryfhout sal word en hoeveel opdrifsels vyf en twintig jaar later by hulle reunie sal uitspoel.

Zeus Van Wyngaardt En Die Godin Van Die Jag (Afrikaans, Paperback): Julio Agrella Zeus Van Wyngaardt En Die Godin Van Die Jag (Afrikaans, Paperback)
Julio Agrella
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Privaat speurder Zeus van Wyngaardt sou nooit kon droom dat ’n godin soos Diana Engelbrecht (sy naam is Zeus, hy ken godinne) op ’n dag by sy gehawende kantoor in Springs sou instap nie. Haar opdrag: Vind die vermiste Esias Kok.

Zeus besef gou agter elke storie is daar baie stories, en dié godin is dalk nie wat sy voorgee om te wees nie. Soos wat hy elke spoor begin volg, vervaag die grense tussen die reële en die digitale wêreld, oortreder en slagoffer, skuld en onskuld …

In hierdie aweregse roman vervleg Julio Agrella die lewens van uiteenlopende karakters op vindingryke wyse. Dit wat agter die geslote deure van die armstes tot die rykstes in die samelewing gebeur, wys dat misbruik en geweld nie onderskeid tref nie. ’n Boek wat die leser sal skok, sal laat lag met die donker humor daarvan, en aan die raai sal hou tot die einde.

Die Asem Van Ghaddafi (Afrikaans, English, Book, Reissue): Chris Moolman Die Asem Van Ghaddafi (Afrikaans, English, Book, Reissue)
Chris Moolman
R53 Discovery Miles 530 Ships in 6 - 10 working days
Onthoupad Na Die See (Afrikaans, Paperback): Sjane Van Aswegen Onthoupad Na Die See (Afrikaans, Paperback)
Sjane Van Aswegen
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days
Die Huis Van Die Digter  - En Ander Liefdesverhale (Afrikaans, Paperback): Hennie Aucamp Die Huis Van Die Digter - En Ander Liefdesverhale (Afrikaans, Paperback)
Hennie Aucamp
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days

Liefde is die sentrale tema in die verhale in Die huis van die digter.

Liefde in Aucamp se werk vertoon ’n wye omvang en baie stemminge. Party verhale is snaaks, ander ontroerend, nog ander vreemd en geheimsinnig. ’n Waardevolle toevoeging tot Die huis van die digter is Aucamp se vertaling van “The Return from the Kloof” deur Joey Muller, ’n vergete meesterstuk, met ’n hantering van die bonatuurlike wat gelykstaan aan dié van Edgar Allan Poe.

In die elegiese sluitstuk “Waar die wolke middag maak” neem Aucamp finaal afskeid van die Stormberge van sy jeug, en word sy kontrei inderdaad “’n aandgesang”.

Sy is Myne (Afrikaans, Paperback): Francine Rivers Sy is Myne (Afrikaans, Paperback)
Francine Rivers
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

1875. Wanneer Kathryn Walsh in die myndorp Calvada aankom, is liefde die laaste ding waaraan sy dink. Haar welgestelde stiefpa het haar weggestuur uit Boston om ’n erflating te kom opeis van ’n oom wat sy nooit geken het nie: ’n klein koerantkantoortjie in die hoofstraat van ’n dorpie vol bordele en kroeë, en ’n skynbaar waardelose myn.

Kathryn besluit om haar oom se koerant weer op die been te bring en bevind haar kort voor lank midde-in ’n storm tussen twee van Calvada se magtigste mans. Kathryn is egter vasbeslote om aan te hou sê – en skryf – waarin sy glo.

Matthias Beck, kroeg- en hotel-eienaar, sien onmiddellik dat die beeldskone, uitgesproke rooikop net so vasberade soos haar oom is. En hy weet haar strewe na geregtigheid kan ook háár dood veroorsaak ...

Die aantreklike hotel-eienaar en die eiesinnige juffrou Walsh sien dat hulle tog vir dieselfde ding baklei: ’n dorp waarop hulle trots kan wees. Almal wil graag ryk word in die myndorpie, maar dit is ’n liefde baie kosbaarder as goud wat almal in die dorp uiteindelik sal red.

More Matrone En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete More Matrone En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

Land Van Skedels (Afrikaans, Paperback): Nicola Hanekom Land Van Skedels (Afrikaans, Paperback)
Nicola Hanekom
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days
Jacobus (Afrikaans, Paperback): Willem Krog Jacobus (Afrikaans, Paperback)
Willem Krog
R66 Discovery Miles 660 Ships in 6 - 10 working days

Dis Jaco Malan wat een aan in die kroeg sit en se: "Ek gaan emigreer." Die manne wat saam met hom sit, begin dan, kaalvuis, gesels oor Suid-Afrika. Ja, daar is probleme, maar daar is ook darem dinge wat jy nooit elders sal kry nie. En soos al die name hierbo refleksies is van een naam, so begin die stories van die manne refleksies raak van mekaar. En, elkeen se storie word 'n refleksie op die stories van 'n generasie Suid-Afrikaners wat wik en weeg tussen die goeie en die bekende, of dit wat hulle wegdryf en die onbekende. En nie al die stories is OMO-wit nie!

Op Griekse Lier (Afrikaans, Paperback): W. J Henderson Op Griekse Lier (Afrikaans, Paperback)
W. J Henderson
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days
Laat Vrugte (Afrikaans, Paperback): C.M. van den Heever Laat Vrugte (Afrikaans, Paperback)
C.M. van den Heever
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 6 - 10 working days
Toewaaisand (Afrikaans, Paperback): Christoffel Coetzee Toewaaisand (Afrikaans, Paperback)
Christoffel Coetzee
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

By Aib, teenaan die Sperr in die Namibwoestyn, kruis mense se paaie, ontmoet hede en verlede, hier word die buitestander onderwerp aan reëls wat vir almal geld. Ná 'n morsige jagtog eis die woestyn sy tol. Die kruispad verval in onbruik. Wat oorbly, word deur die sand toegewaai … en gebeurtenisse wat ons aan hierdie plekke koppel, oorleef net in ons geheue. Maar die plekke verkry soms 'n eie bestaan wat groter as die werklikheid is.

Anderman Se Vrou - 'n Wim Kellerman-Roman (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Anderman Se Vrou - 'n Wim Kellerman-Roman (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met
daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie.”

Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar ná die dood
van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in
die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar
dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf
jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak
het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van
Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geïdentifiseer nie?

Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy
beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis
maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop ’n kaartjie
Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die
meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse
Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis ’n lewenstaak – vir Portis, en vir Wim.

Met My Rooi Rok Voor Jou Deur (Afrikaans, Paperback): Met My Rooi Rok Voor Jou Deur (Afrikaans, Paperback)
R370 R250 Discovery Miles 2 500 Save R120 (32%) Ships in 5 - 7 working days

Die onweerstaanbare Audrey Blignault het destyds die wêreld van die Afrikaanse vrou óópgeskryf en was haar tyd vooruit. Dié unieke keur bring haar beste werk byeen, van kort sketse uit die vroeë bundels tot langer essays en verhale uit latere publikasies. Hierdie baldadige, skalkse, “onwennige ouma” skryf dalk oor vervloë dae, maar op so ’n unieke, toeganklike manier dat dit vir vandág se leser kraakvars is, en jou ten diepste raak.

'Met my rooi rok voor jou deur: ‘n Keur uit die werk van Audrey Blignault' sal voorgelees word op RSG vanaf einde Mei 2021! Die briljante Rika Sennett sal die voorleser wees.

Die Boek van Gelukkige Eindes (Afrikaans, Paperback): Debbie Loots Die Boek van Gelukkige Eindes (Afrikaans, Paperback)
Debbie Loots
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

Kaapstadse sielkundige Chris se rustige lewe word bedreig. ’n Trigger-happy vrou uit sy verlede probeer hom afpers, sy pasiënte se koppe haak een vir een uit, en sy dirty little secret begin hom kriewelrig maak.

Boonop irriteer sy gay eksvrou hom met haar verhoudingsprobleme, amper net soveel soos sy skoolvriend se skynbaar sorgelose lewe. Op Bella, sy jong Portugese vrou met haar voorliefde vir lawwe YouTube-videos, kan hy darem werklik staatmaak – of hoe?

Hierdie genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse word uit die oogpunt van verskeie karakters vertel, en elkeen het ’n kinkel-einde. Besluit self wie s’n is gelukkig en wie s’n nie . . .

Simoelegri (Afrikaans, Paperback): Jaco Fouche Simoelegri (Afrikaans, Paperback)
Jaco Fouche
R335 R299 Discovery Miles 2 990 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte 'n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld.

Aangrypend. Simoelégri is die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd.

Middernag (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Middernag (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.

13 Uur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Deon Meyer 13 Uur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Deon Meyer
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. Sy word soos 'n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, 'n jong meisie se lyk le langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom 'n spesiale dag wees: Die begin van 'n nuwe era in sy loopbaan, as mentor van 'n groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. ‘Kaptein Bennie Griessel’. Dit klink vir hom reg. Behoort 'n redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, 'n groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red. Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en se vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in 'n oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het? Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in 'n rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde’. En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Edith Wharton's Travel Writing - The…
Sarah Bird Wright Hardcover R1,408 Discovery Miles 14 080
PMO Governance - Practical Strategies to…
Eugen Spivak Hardcover R1,304 R1,082 Discovery Miles 10 820
Astrology and the Art of Healing
A. T. Mann Hardcover R901 Discovery Miles 9 010
Therapeutic, Probiotic, and…
Alexandru Mihai Grumezescu, Alina Maria Holban Paperback R5,366 R4,972 Discovery Miles 49 720
Understanding Materials Science…
Rolf E. Hummel Hardcover R3,012 Discovery Miles 30 120
The Border Angler - a Guide-Book to the…
James Glass Bertram Paperback R461 Discovery Miles 4 610
History of British Birds: Volume 2…
Thomas Bewick Paperback R1,322 Discovery Miles 13 220
Historical Sketches of the Angling…
Robert Blakey Paperback R569 Discovery Miles 5 690
Stephen Hawking - A Biography
Kristine M Larsen Hardcover R1,083 Discovery Miles 10 830
Advanced Multiresponse Process…
Tatjana V. Sibalija, Vidosav D. Majstorovic Hardcover R3,720 R3,419 Discovery Miles 34 190

 

Partners