Kaapstadse sielkundige Chris se rustige lewe word bedreig. ’n Trigger-happy vrou
uit sy verlede probeer hom afpers, sy pasiënte se koppe haak een vir een uit, en
sy dirty little secret begin hom kriewelrig maak.
Boonop irriteer sy gay eksvrou hom met haar verhoudingsprobleme, amper
net soveel soos sy skoolvriend se skynbaar sorgelose lewe. Op Bella, sy jong
Portugese vrou met haar voorliefde vir lawwe YouTube-videos, kan hy darem
werklik staatmaak – of hoe?
Hierdie genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en
eksistensiële krisisse word uit die oogpunt van verskeie karakters vertel, en
elkeen het ’n kinkel-einde. Besluit self wie s’n is gelukkig en wie s’n nie . . .
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!