Die geykte antwoord, dat die Britte baie sterker as die Boere was,
het die historikus nie tevrede gestel nie. Aan Britse kant is die
strategiese en operasionele denke van die opperbevel al volledig
beskryf. Die teorie van die krygswetenskap het intussen soveel
ontwikkel dat die gebeure van 1899-1902 vandag in baie beter
perspektief geplaas kan word. Aan Boerekant is die strategiese,
taktiese en operasionele denke van die Boeregeneraals nog nooit
volledig ondersoek nie. In hierdie werk van Scholtz word die
strategiese en operasionele hoofmomente van die oorlog in die lig
van die moderne krygswetenskap ontleed en 'n antwoord verstrek op
die eenvoudige vraag waarom die Boere die oorlog verloor het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!