![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. Geleidelik palm hulle jou vertroue in. Dan, eensklaps, is jy jou geld, status en reputasie kwyt. Só oortuigend doen hulle dit dat selfs die slimste, mees ingeligte mense ’n rat voor die oë gedraai word en eers besef wat hulle getref het nadat grootskaalse skade aangerig is en die gladdebek soos mis voor die son verdwyn het. Maar selfs swendelaars kom hulle moses teë... Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het. Van die karakters is minder bekend by die publiek, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die Trustbank-rowers Derek Whitehead en Antonie van der Merwe. Dalk het jý ook deurgeloop, maar praat tot vandag toe nie graag daaroor nie.
Stellenbosch staan internasionaal bekend as 'n dorp van weelde en wyn, 'n plek van pragtige natuurskoon en mooi mense. Dit is die tuiste van Suid-Afrika se sake-adel, geleerde professore en studente bestem vir groot dinge. Maar die idilliese beeld wat in reisbrosjures en op sosiale media voorgehou word, versluier 'n skadukant. Tussen die ou eikebome, blou berge en geskiedkundige wynplase broei dieselfde boosheid wat Suid-Afrika een van die lande met die hoogste moordsyfer in die wêreld maak. Oor die afgelope twee dekades het verskeie opspraakwekkende moordsake in dié dorp koerantvoorblaaie gehaal. Inge Lotz, Hannah Cornelius, Susan Rohde, die Van Breda-gesin... Maar hierdie boek gaan ook oor Stellenbosch se minder bekende slagoffers soos dié van die plaaswerker Felicity Cilliers - 'n vrou van wie die wêreld vergeet het. 'n Uiteenlopende verskeidenheid slagoffers en moordenaars tree in die blaaie van dié boek na vore en wys dat nie eens Stellenbosch die oersondes kan vryspring nie.
Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer. Langs die Lomba het hulle te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig. Boonop was die terrein so dig bebos dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg aan die Lomba. Scholtz se beskrywing van hierdie David-teen-Goliath-geveg neem die leser na die hart van die aksie. Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood en hoe die oorlog hulle nooit uit sy kloue gelaat het nie, selfs nadat hulle teruggekeer het.
In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was ’n kollaborateur in die Tweede Wêreldoorlog. Die emigrasie is die begin van ’n lewe as buitestaander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literêre werk. Koning Eenoog is ’n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947–2005), ’n skrywer wat nie net ’n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas – Alan Paton Award en die Frans Kellendonk-prys, Ultramarijn – Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het.
God se teenwoordigheid is iets wat jy doelbewus moet soek, maar te
midde van ’n besige program en krisisse verloor ons so maklik
perspektief.
Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum. In Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek. Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en ʼn groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien. Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan. Hierdie is 'n moet-lees boek vir:
Het jy jou geloof verloor of het dit gegroei en verander? Is daar ander maniere om te dink oor waarheid, God, die Bybel en kerk as die tradisionele manier? Vandag se mense wil nie in allerhande dogmatiese belydenisskrifte vir antwoorde krap nie en die kerk beïndruk hulle beslis nie. Dikwels stap mense weg van hulle jarelange geloof. Dit is nie ’n klein, maklike besluit nie. Hierdie boek is nie veronderstel om vol antwoorde te wees nie, dit is ’n gids op jou geloofsreis. Dit wys dat daar ’n ander manier is om te dink oor geloof, God en godsdiens. Dit is ’n uitnodiging om vrae te vra en te twyfel, te stoei en teen God se bors te slaan. Want Hy is daar en Hy bestaan en Hy het jou oneindig lief.
Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.
Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2023 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees uit Levitikus, Deuteronomium, I en II Konings, ’n klompie Psalms en Spreuke, die eerste deel van Esegiël, asook Daniël, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk en Sefanja. In die Nuwe Testament lees ons uit Lukas, Galasiërs, Kolossense, I en II Petrus en Judas. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.
Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.
Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu. Haar politieke sieninge, soos uitgedruk in haar poësie en haar passie en die droefheid van haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere Jack Cope en André P. Brink het al tot baie besprekings gelei. Sy het weer onder die publieke oog gekom toe oudpresident Nelson Mandela in sy inhuldigingsrede in 1994 in die Parlement een van haar gedigte aangehaal het. Hy het haar gedig: “Die Kind” voorgelees en gesê: “Sy was beide ’n digter en ’n Suid-Afrikaner.” Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van dié vrae word beantwoord in hierdie eerste omvattende biografie. Petrovna Metelerkamp doen al jare navorsing oor Jonker. Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe. Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, o.m. uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem. Sy weerlê ook die beeld van Jonker as ’n ongebalanseerde kunstenaar wat haar houvas op die werklikheid verloor het in hierdie toeganklike biografie oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars.
Wil jy graag ’n nouer band hê met jou seun? Wil jy die tipe verhouding hê wat God eer en vir jou en jou seun ’n seën sal wees, nou en vir die res van julle lewens? In Pa’s en seuns moedig Angus Buchan pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Deur temas soos nederigheid, liefde, waardering, genade en respek inspireer Angus mans om die tipe pa te wees wat God hulle gemaak het om te wees. Hy herinner elke pa dat dit nooit te vroeg of te laat is om daardie kosbare verhouding met jou seun te koester nie.
If you drive through Mpumalanga with an eye on the landscape flashing by, you may see, near the sides of the road and further away on the hills above and in the valleys below, fragments of building in stone as well as sections of stone-walling breaking the grass cover. Endless stone circles, set in bewildering mazes and linked by long stone passages, cover the landscape stretching from Ohrigstad to Carolina, connecting over 10 000 square kilometres of the escarpment into a complex web of stone-walled homesteads, terraced fields and linking roads. Oral traditions recorded in the early twentieth century named the area Bokoni - the country of the Koni people. Few South Africans or visitors to the country know much about these settlements, and why today they are deserted and largely ignored. A long tradition of archaeological work which might provide some of the answers remains cloistered in universities and the knowledge vacuum has been filled by a variety of exotic explanations - invoking ancient settlers from India or even visitors from outer space - that share a common assumption that Africans were too primitive to have created such elaborate stone structures. Forgotten World defies the usual stereotypes about backward African farming methods and shows that these settlements were at their peak between 1500 and 1820, that they housed a substantial population, organised vast amounts of labour for infrastructural development, and displayed extraordinary levels of agricultural innovation and productivity. The Koni were part of a trading system linked to the coast of Mozambique and the wider world of Indian Ocean trade beyond. Forgotten World tells the story of Bokoni through rigorous historical and archaeological research, and lavishly illustrates it with stunning photographic images.
Hoewel verlies en dood universeel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hulle pyn. In Geseënd is die wat treur beskryf geliefde outeurs hul eie ervarings met verlies, rou en die dood. Ons Christene se grootste troos bly egter dat daar lewe na die dood is: daar is 'n weersiens. Agter in die boek is 'n lys van tekste wat jy in jou Bybel kan gaan naslaan vir verskeie situasies.
Gerridene Berg, motiveringspreker, entrepeneur en gelowige vrou, glo
baie vroue is vasgevang in die leuen dat hulle nie goed genoeg is nie.
Sy wil hulle help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning.
Gerridene vertel haar eie storie aan die hand van die volgende kwessies:
Daar is geen towerformule om wysheid te bekom nie. Dit vra ʼn leeftyd se dag-tot-dag-toewyding en soeke na die ware wysheid. Dit vra dat ons met ons oor op die grond sal leef, in afwagting op God se stem wat ons leer hoe om ware wysheid – die wysheid wat van Hom kom – te verkry. In hierdie 366 dagstukkies neem bekende skrywer Lizette Murray ons hand en lei ons na Hom toe, die bron van Wysheid, en help ons om met wysheid te leef, in ons alledaagse bestaan.
Ivor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw, 'n hooplose plek. Sy pa is vroeg dood en sy ma maak hom en sy sibbe alleen groot. Hulle oudste broer terroriseer die gesin en een aand skiet Ivor en sy vriend sy broer en hy sterf later in die hospitaal. Ivor gaan tronk toe en met sy uitkoms begin sy lewe van voor af. Vandag is hy 'n jeugpastoor met 'n passie vir Here wat sy storie gebruik om ander te inspireer. 'n Storie van die verlore seun wat huis toe kom.
Beleef jy God elke dag? God woon in die gewone, en ons kan onsself leer
om Hom daarin raak te sien. Ons kan die lewe opnuut beleef gevul met sy
teenwoordigheid. Tom Smith wys ons hoe ons daagliks meer bewus kan wees
van God in ons lewe: In ons gaan slaap, wakker word, soeke, reis, werk,
speel, eet, seerkry, rus en in die dood. Hy help ons om te sien dat ons
verhouding met God nie daaroor gaan om meer goed in ’n alreeeds
bedrywige lewe in te prop nie; dit gaan daaroor om God in alles te
ontdek.
Gelukkige mense leef langer en is meer suksesvol in alles wat hulle
aanpak. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar
binne-in jou! Dit is ʼn ingesteldheid: Verander jou ingesteldheid
en jou lewe verander! Met Dink jouself gelukkig wys
Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese,
eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán
floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen
se bereik.
Dwarstrekkers, nonkonformiste, buitestaanders, randeiers...Noem hulle wat jy wil, Suid Afrika het meer as sy deel eksentrieke karakters opgelewer wat mense van die vroegste tye af na hulle asem laat snak of verstom agter hulle hand laat fluister het. Hierdie rare mense het met die jare hul merk gemaak op vele terreine. Dis hulle wat Daniël Lotter aan 'n nuwe geslag lesers bekendstel.
In hierdie versamelbundel is daar ‘n groep uiteenlopende mense gevra om elk ‘n onafhanklike essay te skryf na aanleiding van ‘n Bybelteks. Daar is skrywers, ekonome, musikante, akademici en joernaliste. Die enigste voorwaardes was dat dit persone moet wees wat nie meer kerklik betrokke en/ of ‘n dominee of teoloog is nie. Baie essays is bloot verhale, vertellings, reise of verduidelikings wat met ‘n teks verbind kan word. Ons almal is medereisigers in hierdie verbygaande wêreldse bestel. Kom ons luister met ‘n oop gemoed na mekaar. Dán staan ons ‘n kans om te verstaan, te begryp, eerder as om te oordeel. Van die bekende en bekroonde skrywers wat deelneem aan hierdie projek is onder andere Jurie van den Heever, Annelie Botes, Dana Snyman, Pik Botha, Heinz Modler, Lizette Rabe, Dawie Roodt, Rachelle Greeff, Piet Croukamp, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Karin Brynard, Jean Oosthuizen, Christine Barkhuizen Le Roux, Lina Spies, Valda Jansen, Valiant Swart, Nathan Trantraal, Churchil Naude, Riku Lätti en Luke Alfred.
Met die konstante eise en druk van die daaglikse lewe, kan dit moeilik
wees om tot stilstand te kom en God te ervaar. Topverkoperskrywer Joyce
Meyer se praktiese manier van onderrig in hierdie geestelike
oordenkings vir 365 dae sal jou aanmoedig om tyd vir jouself te maak
sodat jy Moed vir Elke Dag kan ontvang!
Aletté Winckler, influencer, voorkomskonsultant, vrou en ma neem jou met hierdie 366 dagstukkies nader aan God. Sy daag jou reguit uit om die Here te vertrou in elke aspek van jou lewe: van ma-wees, jou gesin se finansies, die toekoms en negatiewe gedagtes tot jou selfbeeld, loopbaan en nog soveel meer. Ontdek saam met Aletté God se palet vol vreugde vir elke dag. Met insette van vriendinne soos Marciel Hopkins, Anel Alexander, Christi Panagio, Donnalee Roberts-Botha en Chireze Hoogendyk. |
You may like...
Die Anglo-Boereoorlog In Kleur: Volume 1…
Tinus le Roux
Paperback
(2)
Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese…
Eunice Bauermeester
Hardcover
(1)R770 Discovery Miles 7 700
Kom Ons Praat Oor Die Huwelik
Heinz Winckler, Alette Winckler
Paperback
(2)
|