![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank 'n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte. In hierdie laaste boek van die spanningsvolle trilogie oor 1 Recce onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self 'n oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar. Propvol spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings deur oud-Recces wat dié ervarings eerstehands beleef het.
Hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. Geleidelik palm hulle jou vertroue in. Dan, eensklaps, is jy jou geld, status en reputasie kwyt. Só oortuigend doen hulle dit dat selfs die slimste, mees ingeligte mense ’n rat voor die oë gedraai word en eers besef wat hulle getref het nadat grootskaalse skade aangerig is en die gladdebek soos mis voor die son verdwyn het. Maar selfs swendelaars kom hulle moses teë... Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het. Van die karakters is minder bekend by die publiek, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die Trustbank-rowers Derek Whitehead en Antonie van der Merwe. Dalk het jý ook deurgeloop, maar praat tot vandag toe nie graag daaroor nie.
Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900. Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.
Stellenbosch staan internasionaal bekend as 'n dorp van weelde en wyn, 'n plek van pragtige natuurskoon en mooi mense. Dit is die tuiste van Suid-Afrika se sake-adel, geleerde professore en studente bestem vir groot dinge. Maar die idilliese beeld wat in reisbrosjures en op sosiale media voorgehou word, versluier 'n skadukant. Tussen die ou eikebome, blou berge en geskiedkundige wynplase broei dieselfde boosheid wat Suid-Afrika een van die lande met die hoogste moordsyfer in die wêreld maak. Oor die afgelope twee dekades het verskeie opspraakwekkende moordsake in dié dorp koerantvoorblaaie gehaal. Inge Lotz, Hannah Cornelius, Susan Rohde, die Van Breda-gesin... Maar hierdie boek gaan ook oor Stellenbosch se minder bekende slagoffers soos dié van die plaaswerker Felicity Cilliers - 'n vrou van wie die wêreld vergeet het. 'n Uiteenlopende verskeidenheid slagoffers en moordenaars tree in die blaaie van dié boek na vore en wys dat nie eens Stellenbosch die oersondes kan vryspring nie.
Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: “Slaan die groot storie hard.” In Beeld 50 vertel dié geliefde koerant se joernaliste hoe hulle juis dit gedoen het deur die dekades en wat hulle steeds bybly van daardie ervaring. Die boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land. Beeld is die Suid-Afrikaanse dagblad wat al die meeste as die mooiste aangewys is, daarvan getuig die foto’s, voorblaaie, spotprente en grafika op dié blaaie. Tog is dit nie ’n beste-voetjie-voorsit-soort boek nie, want dis in die eerste plek joernaliste wie se stemme jy hier hoor. Op die ou end is die belangrikste element die leser. Soos Pieter du Toit in 2014 as nuusredakteur gesê het: “Ons lojaliteit lê by die briefskrywer wat ons kapittel oor ’n onbesonne hoofberig, die intekenaar wat kla oor sy nat koerant op die grasperk en die leser wat dankie sê vir die nuwe Saterdag-Beeld.”
Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer. Langs die Lomba het hulle te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig. Boonop was die terrein so dig bebos dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg aan die Lomba. Scholtz se beskrywing van hierdie David-teen-Goliath-geveg neem die leser na die hart van die aksie. Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood en hoe die oorlog hulle nooit uit sy kloue gelaat het nie, selfs nadat hulle teruggekeer het.
Ná herhaaldelike polisiebrouwerk begin kaptein Ben Booysen die Krugersdorp-moorde in 2016 manalleen ondersoek. Booysen haal koerantvoorblaaie toe hy die baasbrein, Cecilia Steyn, en haar vyf trawante vir minstens 11 moorde in hegtenis neem. Suid-Afrika se eie “Chuck Norris” neem die leser tot agter die skerms van die satanistiese moorde en onthul nuwe, skokkende besonderhede van die misdade wat die land amper ’n dekade lank vasgenael gehou het.
In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was ’n kollaborateur in die Tweede Wêreldoorlog. Die emigrasie is die begin van ’n lewe as buitestaander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literêre werk. Koning Eenoog is ’n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947–2005), ’n skrywer wat nie net ’n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas – Alan Paton Award en die Frans Kellendonk-prys, Ultramarijn – Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het.
God se teenwoordigheid is iets wat jy doelbewus moet soek, maar te
midde van ’n besige program en krisisse verloor ons so maklik
perspektief.
Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum. In Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek. Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en ʼn groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.
Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou. As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak. Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien. Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan. Hierdie is 'n moet-lees boek vir:
Het jy jou geloof verloor of het dit gegroei en verander? Is daar ander maniere om te dink oor waarheid, God, die Bybel en kerk as die tradisionele manier? Vandag se mense wil nie in allerhande dogmatiese belydenisskrifte vir antwoorde krap nie en die kerk beïndruk hulle beslis nie. Dikwels stap mense weg van hulle jarelange geloof. Dit is nie ’n klein, maklike besluit nie. Hierdie boek is nie veronderstel om vol antwoorde te wees nie, dit is ’n gids op jou geloofsreis. Dit wys dat daar ’n ander manier is om te dink oor geloof, God en godsdiens. Dit is ’n uitnodiging om vrae te vra en te twyfel, te stoei en teen God se bors te slaan. Want Hy is daar en Hy bestaan en Hy het jou oneindig lief.
Dit is die verhaal van ’n vrou wat haar familie in ’n terreuraanval verloor. Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, net sodat die mat onder haar uitgeruk kan word. Die boek sal die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof te bereken, na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof en die krag van vergifnis.
Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.
Ek blaai vinnig deur hierdie bladsye. Ouma se politieke spore is besaai met duwweltjies. ’n Deel van my wil-wil die swart dagboek toemaak. ’n Ander deel skop vas: Hoe eerlik is jy in jou poging om oupa Hendrik te verstaan? Ná jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika. Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang ’n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is? In sy soektog na begrip kom Wilhelm op ouma Betsie Verwoerd se private dagboeke af en voer hy soms ongemaklike gesprekke met mense wat sy van as vloekwoord onthou. So ontvou ’n geskakeerde blik op wat dit beteken om vandag met integriteit in Suid-Afrika te leef. “Diepsinnig … Wilhelm Verwoerd ondersoek die veelkantigheid van verantwoording in families in hierdie belangrike en menslike memoir.” – Martie Retief Meiring
Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2023 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees uit Levitikus, Deuteronomium, I en II Konings, ’n klompie Psalms en Spreuke, die eerste deel van Esegiël, asook Daniël, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk en Sefanja. In die Nuwe Testament lees ons uit Lukas, Galasiërs, Kolossense, I en II Petrus en Judas. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.
“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons
geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” – Marco
Caforio, ouddienspligtige
In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek. Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is. Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word ’n kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer. ’n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto’s vorm ’n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.
Hykie Berg, bekende akteur, topverkoperskrywer en entrepreneur, gee
praktiese riglyne oor hoe jy suksesvol kan leef. Hykie inspireer jou en
gee raad oor hoe ook jy jou drome kan waarmaak: Bou
selfdissipline; tree doelbewus; raak ontslae van verskonings; los die
slagoffermentaliteit; vind uit wat jou dryf; ontleed jou verskonings en
besef watter denkpatrone nie geldig is nie. Jy hoef nie bloot ’n
gemiddelde lewe te leef nie. Jy kan ’n uitstekende lewe leef. Dìt is
wat God vir jou wil hê.
Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.
Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu. Haar politieke sieninge, soos uitgedruk in haar poësie en haar passie en die droefheid van haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere Jack Cope en André P. Brink het al tot baie besprekings gelei. Sy het weer onder die publieke oog gekom toe oudpresident Nelson Mandela in sy inhuldigingsrede in 1994 in die Parlement een van haar gedigte aangehaal het. Hy het haar gedig: “Die Kind” voorgelees en gesê: “Sy was beide ’n digter en ’n Suid-Afrikaner.” Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van dié vrae word beantwoord in hierdie eerste omvattende biografie. Petrovna Metelerkamp doen al jare navorsing oor Jonker. Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe. Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, o.m. uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem. Sy weerlê ook die beeld van Jonker as ’n ongebalanseerde kunstenaar wat haar houvas op die werklikheid verloor het in hierdie toeganklike biografie oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars.
Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat ’n goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer.
Wil jy graag ’n nouer band hê met jou seun? Wil jy die tipe verhouding hê wat God eer en vir jou en jou seun ’n seën sal wees, nou en vir die res van julle lewens? In Pa’s en seuns moedig Angus Buchan pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Deur temas soos nederigheid, liefde, waardering, genade en respek inspireer Angus mans om die tipe pa te wees wat God hulle gemaak het om te wees. Hy herinner elke pa dat dit nooit te vroeg of te laat is om daardie kosbare verhouding met jou seun te koester nie.
Hoewel verlies en dood universeel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hulle pyn. In Geseënd is die wat treur beskryf geliefde outeurs hul eie ervarings met verlies, rou en die dood. Ons Christene se grootste troos bly egter dat daar lewe na die dood is: daar is 'n weersiens. Agter in die boek is 'n lys van tekste wat jy in jou Bybel kan gaan naslaan vir verskeie situasies. |
![]() ![]() You may like...
Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Hardcover
|