0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (134)
  • R100 - R250 (438)
  • R250 - R500 (724)
  • R500+ (1,419)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Afrikaans 1983 Vertaling Oudiobybel MP3 USB (Afrikaans, USB Flash Drive): Afrikaans 1983 Vertaling Oudiobybel MP3 USB (Afrikaans, USB Flash Drive)
R445 R411 Discovery Miles 4 110 Save R34 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Afrikaanse Oudiobybel (1983)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende luisteraars. Ook in die 1953-vertaling beskikbaar.

Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback): Joe Dauth Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback)
Joe Dauth
R199 Discovery Miles 1 990 In Stock

Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou.

Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie.

Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.

Krygsgevangenekuns In Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Vicky Heunis Krygsgevangenekuns In Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Vicky Heunis
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 6 - 10 working days
Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 6 - 10 working days

Daniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap.

Maak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van en Rensburg nie agterweë nie.

Waarom spook 'n skoorsoekerige goewerneur, 'n koninklike kleinseun en 'n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto's?

'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Solly Ozrovech 'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Solly Ozrovech
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.

Verwoerd - So Onthou Ons Hom (Afrikaans, Hardcover, Hersiene Uitgawe): Wilhelm J. Verwoerd Verwoerd - So Onthou Ons Hom (Afrikaans, Hardcover, Hersiene Uitgawe)
Wilhelm J. Verwoerd
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier. Hierdie bundel verskyn die eerste keer in 2001 by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bygewerkte weergawe in 2016 bevat nuwe bydraes deur onder andere Elise Verwoerd, Cas Bakkes en Albert Hertzog.

Verwoerd aan die woord II - Die laaste vier jaar. Toesprake 1963-1966 (Afrikaans, Hardcover): Wilhelm J. Verwoerd Verwoerd aan die woord II - Die laaste vier jaar. Toesprake 1963-1966 (Afrikaans, Hardcover)
Wilhelm J. Verwoerd
R417 Discovery Miles 4 170 Ships in 6 - 10 working days

Die laaste vier jaar van dr. H.F. Verwoerd se bewind is gekenmerk deur belangrike gebeurtenisse in suidelike Afrika, soos die toekenning van selfregering aan die Transkei, die verslag van die Odendaalkommissie oor S.W.A., die uitspraak in die Rivonia-saak, die aanvang van die Oranjerivierskema, die uitspraak van die Internasionale Geregshof in Den Haag oor die S.W.A.-mandaat, die eensydige onafhanklikheidsverklaring van Rhodese en die wapenverbod teen S.A. deur die V.N. Hierdie boek bevat ’n seleksie uit dr. Verwoerd se toesprake wat nie voorheen gepubliseer is nie.

Marthinus Theunis Steyn (Afrikaans, Paperback): M.C.E. Van Schoor Marthinus Theunis Steyn (Afrikaans, Paperback)
M.C.E. Van Schoor
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Enige land se geskiedenis lewer figure op waarvan die grootsheid nie deur tyd en vergetelheid gestroop kan word nie. In die Suid-Afrikaanse konteks is Marthinus Theunis Steyn so ’n figuur: ’n man wat hom selfloos aan sy volk gewy het en bereid was om alles vir sy mense se vryheid op te offer. Die leser word op boeiende wyse betrek by Marthinus Theunis Steyn se kleurvolle lewensverhaal: hoe hy nooit sy herkoms as Vrystaatse plaasseun verraai het nie en selfs as president in voeling met die eenvoudigste Boere gebly het; hoe hy sy uitmergelende siekte met volharding bly beveg het en hoe sy geloof in God en sy liefde vir sy gesin en sy erfgrond hom in tye van beproewing staande gehou het.

De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R484 Discovery Miles 4 840 Ships in 6 - 10 working days

In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek.

Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is.

Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word ’n kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer. ’n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto’s vorm ’n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.

Waarom lewe ek (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Viktor Frankl Waarom lewe ek (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Viktor Frankl
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Lyding is onlosmaaklik verweef met dit wat elke dag met ons almal gebeur. Jy kan die nie systap nie. Dit kan 'n skielike verlies wees, 'n ongeluk; die trauma van geweld of gesondheidsprobleme. Soms is lyding kronies. Jy ontsnap bykans nooit daaraan nie. Die kan selfs pandemies wees soos in die geval van MIV/Vigs. Dit is juis dan, by hierdie grensoomblikke van lewe, dat ons begin vra: Hoekom ek? Gelowiges vra: Waarom God? Waar is God in hierdie ellende? Lyding stroop ons van alle oppervlakkige en kunsmatige sekerhede. Sonder sin in die lewe word ons maklik 'n prooi van sinisme, vertwyfeling of wanhoop. Nelson Mandela tuur vir 27 jaar deur die tralievensters... Wat het hom geinspireer om voort te gaan? Viktor Frankl kont onstnap van haglike kamptoestande. Wat laat hom op daardie laaste oomblik omdraai na sy sterwende vriend toe? Hy was bereik om selfs sy vryheid te verruil vir die luise van 'n kamp...

Die Keiser is Kaal (Afrikaans, Paperback): Dirk Hermann Die Keiser is Kaal (Afrikaans, Paperback)
Dirk Hermann
R53 Discovery Miles 530 Ships in 6 - 10 working days
In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback): Nico Smith In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.

Afrikaans 1933/1953 Vertaling Oudiobybel MP3 USB (Afrikaans, USB Flash Drive): Afrikaans 1933/1953 Vertaling Oudiobybel MP3 USB (Afrikaans, USB Flash Drive)
R445 R411 Discovery Miles 4 110 Save R34 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Afrikaanse Oudiobybel (1933/1953)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende luisteraars.

Neem Uit Die Verlede - Geskiedenis Van Die Laeveld En Ontstaan Van Die Krugerwildtuin (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe): U.... Neem Uit Die Verlede - Geskiedenis Van Die Laeveld En Ontstaan Van Die Krugerwildtuin (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe)
U. de V. Pienaar 1
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

'n Nuwe en bygewerkte uitgawe van die publikasie wat in 1990 uitgegee is deur die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika (tans SANParke).

Dit is die uitvoerige voorgeskiedenis en geskiedenis van die ou Transvaalse Laeveld en die gebeure wat gelei het tot die ontstaan van een van die eerste bewaringsgebiede in die ou Zuid-Afrikaansche Republiek toe die Sabie-reservaat in 1898 geproklameer is.

Die Genesing Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback): Daniel Veldsman Die Genesing Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback)
Daniel Veldsman
R56 Discovery Miles 560 Ships in 6 - 10 working days

Bybelse figure wat moes leer wat geloof as herinnering beteken, word as inspirasie binne die moderne samelewing gebruik. Ook wanopvattings oor genesing deur herinneringe word aan die kaak gestel deur te ondersoek wat herinneringe is. Hierdie insigte word binne die unieke Suid-Afrikaanse konteks gesitueer om die individu, asook die hele gemeenskap, van raad te bedien. In die slothoofstuk word praktiese voorstelle bespreek as riglyne vir diegene wat ander op die pad van die genesing van herinneringe wil help. Wanneer ’n familielid, vriend, kollega of kennis hulp nodig het, kan hierdie koersaanduidings van groot waarde wees. Ook diegene wat self moet genees van herinneringe word bystand verleen deur professionele aanbevelings.

Frans David Oerder: Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye (Afrikaans, Hardcover): Alexander E. Duffey Frans David Oerder: Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye (Afrikaans, Hardcover)
Alexander E. Duffey
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie publikasie gee ’n volledige beeld van die kunstenaar Frans David Oerder (1867–1944) se oeuvre – sy Anglo-Boereoorlogtekeninge, landskappe, genrestukke, portrette, blomstudies en stillewes, interieurs, dierestudies en grafiese werk. Geen moeite is ontsien om hierdie boek so volledig en betroubaar moontlik te maak nie. Argivale bronne in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria, die Argief van die Johannesburg Kunsmuseum en die Nasionale Argief van Suid-Afrika in Pretoria het grootliks bygedra tot die toevoeging van inligting oor hierdie kunstenaar wat nie voorheen bekend was nie. Dieplakboek van Gerda Oerder en ’n lang lesing met detailinligting oor Oerder se vroee lewe deur mev. Lorimer in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria het bygedra tot ’n nuwe vertolking van die lewe en werk van hierdie belangrike Suid-Afrikaanse kunstenaar. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Oerder die enigste amptelike kunstenaar aan Boerekant, maar tot dusver is nog geen volledige geskiedenis van sy deelname aan die oorlog geskryf nie. In hierdie boek word Oerder se Anglo-Boereoorlogtekeninge nou vir die eerste keer so volledig moontlik afgedruk en beskryf.

Liefde is Die Grootste (Afrikaans, Paperback): Cas Vos, Dirk Human Liefde is Die Grootste (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos, Dirk Human
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days
Briewe Uit Die Tankwa (Afrikaans, Paperback): Leti Kleyn, Dawid Slinger Briewe Uit Die Tankwa (Afrikaans, Paperback)
Leti Kleyn, Dawid Slinger; Photographs by Adriaan Oosthuizen
R453 Discovery Miles 4 530 Ships in 6 - 10 working days

Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar le die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy die streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. ’n Fees vir die oog, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet.

Hoogty, Deel 7 - Die Opbloei Van 'N Koloniale Kultuur Aan Die Kaap (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Hoogty, Deel 7 - Die Opbloei Van 'N Koloniale Kultuur Aan Die Kaap (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R401 Discovery Miles 4 010 Ships in 6 - 10 working days

Die sewende boek in Karel Schoeman se reeks oor die VOC-tydperk aan die Kaap die Goeie Hoop handel oor die tyd toe Ryk Tulbagh goewerneur van die Kaap was. Min is bekend oor Tulbagh se lewe in Nederland en oor die persoonlike aspekte van die man wat bekend was as “Vader Tulbagh, maar Schoeman slaag daarin om uit argivale en gepubliseerde bronne die Kaap tydens sy bewind lewe te gee. In die eerste groep hoofstukke word veral gekonsentreer op die Kompanjie en sy werksaamhede: die skeepvaart in en om Tafelbaai, die Kasteel as die sentrum van gesag aan die Kaap en die amptenary wat die werksaamhede van die VOC vlot moes laat verloop en verantwoordelik vir die handhawing van orde in die klein kolonie was. In die volgende hoofstuk word die nedersetting in die Tafelvallei bespreek, wat in Tulbagh se tyd al redelik dig bevolk was. Daarna kom die Liesbeekvallei en die uitbreiding van die kolonie na die Boland en nedersettings soos Stellenbosch, die Drakensteinvallei en die Wagenmakersvallei aan die orde. Volgens prof. O.J.O. Ferreira bewys hierdie werk dat Karel Schoeman tans die voorste kenner van die Kaapse kultuurgeskiedenis is: “Met sy deeglike navorsing, onderhoudende skyfstyl en raak aanvoeling vir dit wat die leser sal interesseer, het Schoeman ’n brok Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis daargestel wat deur huidige en toekomstige geslagte historici, kultuurhistorici en gewone lesers met groot vrug as bron van inligting gebruik kan word, maar bowenal aan hulle ’n uitsonderlik genotvolle leeservaring sal verskaf.

Yasha Ahayah Bybel Skrif Aleph Tav (Afrikaans Edition YASAT Study Bible) (Afrikaans, Hardcover): Timothy Neal Sorsdahl Yasha Ahayah Bybel Skrif Aleph Tav (Afrikaans Edition YASAT Study Bible) (Afrikaans, Hardcover)
Timothy Neal Sorsdahl
R5,459 Discovery Miles 54 590 Ships in 18 - 22 working days
Patrisiers and Prinse - Die Europese Samelewing En Die Stigting Van 'N Kolonie Aan Die Kaap, 1619-1715 (Afrikaans,... Patrisiers and Prinse - Die Europese Samelewing En Die Stigting Van 'N Kolonie Aan Die Kaap, 1619-1715 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman 1
R396 Discovery Miles 3 960 Ships in 6 - 10 working days

Patrisiers & prinse is die eerste deel van 'n vyfdelige reeks oor vroee blanke vestiging aan die Kaap. In die deel beskryf Karel Schoeman die sewentiende-eeuse Europese wêreld waarin Jan van Riebeeck en sy tydgenote grootgeword het. Hierdie wereld vorm die agtergrond van die verversingspos wat die VOC in 1652 by Kaap die Goeie Hoop sou stig. In die eerste twee hoofstukke en in hoofstuk 4 word die opkoms en hoogbloei van die Nederlandse Republiek bespreek. Die Frankryk van Lodewyk XIV kry in hoofstuk 3 aandag, met klem op die toenemende oorheersing van Europa deur die Franse kultuur. Besonder boeiend is die dele wat gewy word aan die opkoms van die hoe burgerstand in Nederland en die versamelaarsdrif wat deur die stand se welvaart en die kontak met Nederland se kolonies moontlik gemaak is. In die laaste twee hoofstukke wys Schoeman daarop dat Europa in die sewentiende eeu nog besonder naby aan die Middeleeue gestaan het en bespreek hy die soms skokkend primitiewe lewenswyse wat maar geleidelik nader aan die moderne beweeg het.

Wanneer Die Kerk Verdwaal (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Norma Rossouw, Isak Burger, Annalise Wiid Wanneer Die Kerk Verdwaal (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Norma Rossouw, Isak Burger, Annalise Wiid
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 4 - 6 working days

50 skrywers skryf saam om vrae rondom die kerk, geloof en God te beantwoord en gee ook opinies oor hoekom kerke leeg loop ...

Sominge gelowiges voel dat ander Christene hulle met ‘n valkoog dophou. Hulle het ‘n vrees vir die kerk se hoë standaard en hulle dink net perfekte mense hoort daar. Baie het al negatiewe ondervindings gehad en seergekry en is liefdeloos behandel.

50 skrywers het saamgespan en deel hulle wysheid oor Christenskap en sal jou nuut laat dink oor kerkwees en wat dit regtig betek om Jesus te volg

Tant Miem Fischer se kampdagboek Mei 1901 - Augustus 1902 (Afrikaans, Hardcover): Maria A. Fischer Tant Miem Fischer se kampdagboek Mei 1901 - Augustus 1902 (Afrikaans, Hardcover)
Maria A. Fischer
R53 Discovery Miles 530 Ships in 6 - 10 working days

In die middel van die winter word Miem Fischer saam met haar enigste seun en ander familielede weggevoer van hulle plaas naby Ermelo: eers na die konsentrasiekamp by Standerton en daarna na die kamp by Merebank naby Durban. In haar dagboekinskrywings ontvou dag na dag die aangrypende verhaal van hoe sy die haglike realiteit van lewe in ’n konsentrasiekamp moet verduur. Tant Miem Fischer se kampdagboek is een van maar ’n handjievol dagboeke wat die lyding van Boerevroue en -kinders van dag tot dag weergee en wat na die oorlog behoue gebly het.

Ware mense (Afrikaans, Hardcover): Bart de Graaff Ware mense (Afrikaans, Hardcover)
Bart de Graaff; Translated by Daniel Hugo
R99 Discovery Miles 990 Ships in 6 - 10 working days

Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.

Hard Soos Kameeldoringhout (Afrikaans, Paperback): Dora Bolz Hard Soos Kameeldoringhout (Afrikaans, Paperback)
Dora Bolz
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Die klein dorpie Aus aan die rand van die Namib, die oudste woestyn in die wereld, het 'n besonder romantiese geskiedenis. Wanneer die 85-jarige Dora Bolz terugkyk, tref dit haar hoe ingrypend dinge op alle vlakke verander het. In Hard soos kameeldoringhout vertel sy van die opwindende dinge wat sy self beleef het en die vroee geskiedenis soos sy dit uit navorsing in argiewe gerekonstrueer het. Amptelik is Aus in 1906 gestig en het dus in 2006 'n honderd jaar oud geword. Maar selfs voor sy amptelike stigting het Aus roemryke tye beleef. Deur die jare het verskeie pioniers se paaie deur Aus geloop - die beroemde handelaar Adolf Luderitz uit Bremen, die sendelinge Heinrich Schmelen en Heinrich Kreft en die Schutztruppe Ernst Raabe, Adam Bolz en Franz Izko. Die skrywer vertel ook van die onkreukbare Georg Klinghardt en die ontdekking van fabelagtige diamantrykdomme in die Sperrgebiet, die vestiging van die trekboere, die vroee dae van transportry en botsings met Namas onder Dawid Christian en Hendrik Witbooi. Gedurende die Eerste Wereldoorlog beleef Aus selfs veldslae en lugaanvalle en 'n groot krygsgevangenekamp word hier aangele. Na die oorlog word Deutsch-Sudwestafrika omskep in die mandaatgebied Suidwes-Afrika. Tydens die Tweede Wereldoorlog word byna die hele manlike bevolking van Aus geinterneer en Dora Bolz eindig haar vertelling met die uitwerking wat die gebeure op die dorpie het.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
For One More Day
Mitch Albom Paperback  (2)
R310 R280 Discovery Miles 2 800
Little Sticker Dolly Dressing Princess
Fiona Watt Paperback  (1)
R175 R162 Discovery Miles 1 620
The Export of Legal Education - Its…
D. Wes Rist Paperback R1,661 Discovery Miles 16 610
Shackled - One Woman's Dramatic Triumph…
Mariam Ibraheem, Eugene Bach Paperback R406 R385 Discovery Miles 3 850
Making Environmental Laws Work - Law and…
William Wilson Hardcover R3,340 Discovery Miles 33 400
Defy Washing Machine Front Suspension…
R256 Discovery Miles 2 560
Some Grandpas Play Bingo Real Grandpas…
Keegan Higgins Paperback R194 Discovery Miles 1 940
Two Pouch Bag with Handle - (3 Bags Set…
R180 R119 Discovery Miles 1 190
Sneakerhead Coloring book
Da Vinci Paperback R533 Discovery Miles 5 330
Trefoil Polyester Subject Sorter Bag…
R54 Discovery Miles 540

 

Partners