0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (57)
  • R100 - R250 (294)
  • R250 - R500 (485)
  • R500+ (777)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Waarom lewe ek (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Viktor Frankl Waarom lewe ek (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Viktor Frankl
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Lyding is onlosmaaklik verweef met dit wat elke dag met ons almal gebeur. Jy kan die nie systap nie. Dit kan 'n skielike verlies wees, 'n ongeluk; die trauma van geweld of gesondheidsprobleme. Soms is lyding kronies. Jy ontsnap bykans nooit daaraan nie. Die kan selfs pandemies wees soos in die geval van MIV/Vigs. Dit is juis dan, by hierdie grensoomblikke van lewe, dat ons begin vra: Hoekom ek? Gelowiges vra: Waarom God? Waar is God in hierdie ellende? Lyding stroop ons van alle oppervlakkige en kunsmatige sekerhede. Sonder sin in die lewe word ons maklik 'n prooi van sinisme, vertwyfeling of wanhoop. Nelson Mandela tuur vir 27 jaar deur die tralievensters... Wat het hom geinspireer om voort te gaan? Viktor Frankl kont onstnap van haglike kamptoestande. Wat laat hom op daardie laaste oomblik omdraai na sy sterwende vriend toe? Hy was bereik om selfs sy vryheid te verruil vir die luise van 'n kamp...

Eerste Daar (Afrikaans, Paperback): W.S.van der Waals Eerste Daar (Afrikaans, Paperback)
W.S.van der Waals
R464 Discovery Miles 4 640 Ships in 2 - 4 working days

Brig.genl. Willem (Kaas) van der Waals kyk terugskouend na sy loopbaan wat gekenmerk is deur veelsydigheid — valskermsoldaat en instrukteur, operasionele diens in SWA, Angola en Rhodesië, militêre diplomaat en SAW se hoof van buitelandse betrekkinge.

Hy was ook dosent in strategiese studies, hoof van sielkundige oorlogvoering, inligtingsoffisier en strategiese beplanner by die sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad. Daarna is hy die eerste veiligheidshoof van die stad Pretoria.

Dis juis díé veelsydigheid wat hom enersyds met gesagsfigure in die weermag laat bots het en andersyds wyd aanwendbaar gemaak het.

Geskiedenis Van Suid-Afrika Tot 1854 (Afrikaans, Paperback): H J van Aswegen Geskiedenis Van Suid-Afrika Tot 1854 (Afrikaans, Paperback)
H J van Aswegen
R386 Discovery Miles 3 860 Ships in 6 - 10 working days
Pionne (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete Pionne (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days
30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback): Dawie Boonzaaier 30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback)
Dawie Boonzaaier
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Wie is die beste Springbok van die moderne era?

Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Was Jaque Fourie of Lukhanyo Am die beste buitesenter? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Soek jy Joost van der Westhuizen se skeppende spel, of Fourie du Preez se berekende skopvoet?

Hierdie vrae, en soveel meer word deur ’n gesaghebbende paneel van voormalige Bok-afrigters soos Carel du Plessis, Nick Mallett, Jake White en Peter de Villiers, asook van die land se top rugbyskrywers, in die Rapport 30 beste Bokke beantwoord. Die tydperk het ingesluit drie Wêreldbekers en Drienasies-titels, een Rugbykampioenskap-titel, ’n destydse wêreldrekord van 17 agtereenvolgende wedstryde sonder ’n nederlaag, en twee reeksseges oor die Britse en Ierse Leeus.

Dié boek stel ons voor aan die 30 beste Bokke. Dit bevat ook onderhoude, statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer. Onmisbaar vir elke rugby-liefhebber.

Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback): Joe Dauth Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback)
Joe Dauth
R232 Discovery Miles 2 320 In Stock

Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou.

Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie.

Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.

Here En Boere, Boek 5 - Die Kolonie Aan Die Kaap Onder Die Van Der Stels, 1679-1712 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Here En Boere, Boek 5 - Die Kolonie Aan Die Kaap Onder Die Van Der Stels, 1679-1712 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R474 Discovery Miles 4 740 Ships in 2 - 4 working days
Rebel: Die Lewe Van Kommandant Hans Lötter 1873-1901 (Afrikaans, Paperback): Chris Schoeman Rebel: Die Lewe Van Kommandant Hans Lötter 1873-1901 (Afrikaans, Paperback)
Chris Schoeman
R324 Discovery Miles 3 240 Ships in 2 - 4 working days

Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook dié van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen. Lötter en sy mederebelle in die Kolonie het die verbeelding van die plaaslike bevolking aangegryp en die Britte maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur ’n Britse vuurpeloton op Middelburg, Kaap, het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as Boeremartelaar in die Afrikaner-volksoorleweringe. Nou word sy boeiende verhaal vir die eerste keer volledig vertel.

Patrisiers and Prinse - Die Europese Samelewing En Die Stigting Van 'N Kolonie Aan Die Kaap, 1619-1715 (Afrikaans,... Patrisiers and Prinse - Die Europese Samelewing En Die Stigting Van 'N Kolonie Aan Die Kaap, 1619-1715 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman 1
R468 Discovery Miles 4 680 Ships in 2 - 4 working days

Patrisiers & prinse is die eerste deel van 'n vyfdelige reeks oor vroee blanke vestiging aan die Kaap. In die deel beskryf Karel Schoeman die sewentiende-eeuse Europese wêreld waarin Jan van Riebeeck en sy tydgenote grootgeword het. Hierdie wereld vorm die agtergrond van die verversingspos wat die VOC in 1652 by Kaap die Goeie Hoop sou stig. In die eerste twee hoofstukke en in hoofstuk 4 word die opkoms en hoogbloei van die Nederlandse Republiek bespreek. Die Frankryk van Lodewyk XIV kry in hoofstuk 3 aandag, met klem op die toenemende oorheersing van Europa deur die Franse kultuur. Besonder boeiend is die dele wat gewy word aan die opkoms van die hoe burgerstand in Nederland en die versamelaarsdrif wat deur die stand se welvaart en die kontak met Nederland se kolonies moontlik gemaak is. In die laaste twee hoofstukke wys Schoeman daarop dat Europa in die sewentiende eeu nog besonder naby aan die Middeleeue gestaan het en bespreek hy die soms skokkend primitiewe lewenswyse wat maar geleidelik nader aan die moderne beweeg het.

In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback): Nico Smith In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 10 - 15 working days

In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.

Yasha Ahayah Bybel Skrif Aleph Tav (Afrikaans Edition YASAT Study Bible) (Afrikaans, Hardcover): Timothy Neal Sorsdahl Yasha Ahayah Bybel Skrif Aleph Tav (Afrikaans Edition YASAT Study Bible) (Afrikaans, Hardcover)
Timothy Neal Sorsdahl
R5,459 Discovery Miles 54 590 Ships in 18 - 22 working days
Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC- tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n ‘hibriede skepping . . . wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing’.

Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het, verweef Schoeman literêre stemme soos dié van Eliot, Auden, Eybers en Melville in Moby Dick met dokumente uit die oorspronklike dagboeke van die 1600’s en 1700’s, soos Van Riebeeck se Dagregister, Peter Kolb se noukeurige beskrywings van die Kaap en ander reisjoernale en geskiedkundige werke van die era.

Dit is geskiedskrywing soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer dit nog kon vermag nie. Skepelinge is ’n unieke nalatenskap – veral waar ‘oorsprong’ nou meer as ooit vantevore ondersoek word.

Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652?1662  (Afrikaans, Hardcover): Karel... Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652–1662 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R474 Discovery Miles 4 740 Ships in 2 - 4 working days

Kolonie aan die Kaap is die derde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap.

In dié deel vestig Karel Schoeman die aandag op die eerste blanke intrekkers. Die VOC (Verenigde Oostindische Compagnie), het in 1651 besluit om in Tafelbaai ’n verversingspos te stig ten behoewe van die Kompanjie se skeepvaart tussen Nederland en die Ooste en dis met hierdie doel dat kommandeur Jan van Riebeeck in Desember van daardie jaar met sy vlootjie van vyf skepe na die Kaap uitgeseil het.

Die eerste hoofstuk gee aandag aan Van Riebeeck se lewe en loopbaan tot en met hierdie datum en in die tweede hoofstuk word die werksaamhede rondom die vestiging van die verversingspos aan die hand van Van Riebeeck se dagboeke en briewe en die geskrifte van vroeë besoekers beskryf. Die omstandighede van die pioniersgroepie wat uitvoering aan Van Riebeeck se opdragte en ambisieuse planne moes gee, word in hoofstuk 3 bespreek. Aanvanklik moes alle lewensmiddele, gereedskap, saad, plantjies en selfs perde uit die Ooste ingevoer word. ’n Fort, wat skuiling en beskerming teen wilde diere en vyandige Khoi-stamme moes gee, is in 1666 voltooi. Hoe die verskillende sosiale groeperinge soos die hoë amptenare, die ambagsmanne, soldate en slawe in dié Fort gewerk, geleef en soms ook gesterf het, die onthale, kerk- en gebedsdienste en militêre parades kom in hoofstuk 4 aan die bod.

’n Klein klompie hoë Kompanjiesamptenare was deel van die Kaapse nedersetting, maar dit was hoofsaaklik uit die groter groep werksvolk, soldate en matrose dat die latere vryburgers afkomstig was. Die uiters moeilike omstandighede, teenslae en mislukkings van die aanvanklike groepie van nege, maar ook die enkele suksesverhale, word in hoofstuk 7 bespreek. Die boek sluit af met ’n oorsig oor Van Riebeeck se latere loopbaan in die Ooste en sy oorlye in 1677.

Hoogty, Deel 7 - Die Opbloei Van 'N Koloniale Kultuur Aan Die Kaap (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Hoogty, Deel 7 - Die Opbloei Van 'N Koloniale Kultuur Aan Die Kaap (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R507 Discovery Miles 5 070 Ships in 2 - 4 working days

Die sewende boek in Karel Schoeman se reeks oor die VOC-tydperk aan die Kaap die Goeie Hoop handel oor die tyd toe Ryk Tulbagh goewerneur van die Kaap was. Min is bekend oor Tulbagh se lewe in Nederland en oor die persoonlike aspekte van die man wat bekend was as “Vader Tulbagh, maar Schoeman slaag daarin om uit argivale en gepubliseerde bronne die Kaap tydens sy bewind lewe te gee. In die eerste groep hoofstukke word veral gekonsentreer op die Kompanjie en sy werksaamhede: die skeepvaart in en om Tafelbaai, die Kasteel as die sentrum van gesag aan die Kaap en die amptenary wat die werksaamhede van die VOC vlot moes laat verloop en verantwoordelik vir die handhawing van orde in die klein kolonie was. In die volgende hoofstuk word die nedersetting in die Tafelvallei bespreek, wat in Tulbagh se tyd al redelik dig bevolk was. Daarna kom die Liesbeekvallei en die uitbreiding van die kolonie na die Boland en nedersettings soos Stellenbosch, die Drakensteinvallei en die Wagenmakersvallei aan die orde. Volgens prof. O.J.O. Ferreira bewys hierdie werk dat Karel Schoeman tans die voorste kenner van die Kaapse kultuurgeskiedenis is: “Met sy deeglike navorsing, onderhoudende skyfstyl en raak aanvoeling vir dit wat die leser sal interesseer, het Schoeman ’n brok Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis daargestel wat deur huidige en toekomstige geslagte historici, kultuurhistorici en gewone lesers met groot vrug as bron van inligting gebruik kan word, maar bowenal aan hulle ’n uitsonderlik genotvolle leeservaring sal verskaf.

Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het.

Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.

Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.

Groep Sonder Grense - Die Rol En Status Van Die Gemengde Bevolking Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Paperback, 3rd edition):... Groep Sonder Grense - Die Rol En Status Van Die Gemengde Bevolking Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Paperback, 3rd edition)
H.F. Heese
R237 Discovery Miles 2 370 Ships in 2 - 4 working days
'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback): Rob Naim 'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback)
Rob Naim; Translated by Karel Schoeman
R244 Discovery Miles 2 440 Ships in 2 - 4 working days

’n Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir ’n heruitgawe. ’n Stil gemoed is ’n eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik ’n aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op ’n manier wat met die invloede rekening hou.

'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Solly Ozrovech 'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Solly Ozrovech
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 10 - 15 working days

’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.

Il Paradiso - by Dante Alighieri (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Il Paradiso - by Dante Alighieri (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri (1265-1321) se driedelige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit.

Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrassende en sprankelende metafore en vergelykings in sy vertaling aan en hy vertaal al die Latynse himnes op ’n indrukwekkende wyse.

Die leser word uitgenooi om die reis na die Paradiso onder die klank van sange en lieflike beelde te onderneem. ‘n Youtube-opname deur Hennie Maas van beeld en klank vergesel die bundel. Die uitmuntende akteur Dawid Minnaar lees dele uit die vertaling voor. Die opname laat die leser van Il Paradiso die tersines visueel en klankryk ervaar.

'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron 'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. ’n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ’n groot huisgesin te behartig. ’n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.

Ware mense (Afrikaans, Hardcover): Bart de Graaff Ware mense (Afrikaans, Hardcover)
Bart de Graaff; Translated by Daniel Hugo
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 2 - 4 working days

Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.

Die Trekos en Trektoerusting in Suid-Afrika: (Afrikaans, Paperback): C. Marius Oosthuizen Die Trekos en Trektoerusting in Suid-Afrika: (Afrikaans, Paperback)
C. Marius Oosthuizen
R464 Discovery Miles 4 640 Ships in 2 - 4 working days
Montanha in Zoutpansberg - 'n Portugese Handelsending Van Inhambane SE Besoek Aan Schoemansdal - 1885 1856 (Afrikaans,... Montanha in Zoutpansberg - 'n Portugese Handelsending Van Inhambane SE Besoek Aan Schoemansdal - 1885 1856 (Afrikaans, Hardcover)
O.J.O. Ferreira
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days
Ou Marico (Afrikaans, Paperback): C.F. Gronum Ou Marico (Afrikaans, Paperback)
C.F. Gronum
R140 Discovery Miles 1 400 Ships in 2 - 4 working days

Uit die vertellinge van C.F. Gronum kry die leser ’n seldsame en insiggewende blik op die leefwyse van die negentiende-eeuse Boere in die Maricodistrik. Jagtogte, transportryery, verskillende tipes meule, die delwerye op Kimberley en die Kimberleyse trein is maar enkele aspekte wat aandag geniet. Die ingewikkelde verhouding tussen die Boere en Mzilikaze word onder meer in hierdie kontreigeskiedenis verken. So word daar byvoorbeeld vertel van tante Pertoors wat uiteindelik haar groen kappie aan Mzilikaze afgestaan het en hoe hy twee jaar later steeds hoogs in sy skik die kappie gedra het! Jagtogte, transportryery, verskillende tipes meule, die delwerye op Kimberley en die Kimberleyse trein is maar enkele aspekte wat aandag geniet.

Neem Uit Die Verlede - Geskiedenis Van Die Laeveld En Ontstaan Van Die Krugerwildtuin (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe): U.... Neem Uit Die Verlede - Geskiedenis Van Die Laeveld En Ontstaan Van Die Krugerwildtuin (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe)
U. de V. Pienaar 1
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 2 - 4 working days

'n Nuwe en bygewerkte uitgawe van die publikasie wat in 1990 uitgegee is deur die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika (tans SANParke).

Dit is die uitvoerige voorgeskiedenis en geskiedenis van die ou Transvaalse Laeveld en die gebeure wat gelei het tot die ontstaan van een van die eerste bewaringsgebiede in die ou Zuid-Afrikaansche Republiek toe die Sabie-reservaat in 1898 geproklameer is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Advances in MEMS and Microfluidic…
Rajeev Kumar Singh, Rakesh Kumar Phanden, … Hardcover R5,924 Discovery Miles 59 240
Apres-coup in Psychoanalysis - The…
Bernard Chervet Hardcover R3,798 Discovery Miles 37 980
CMOS Integrated Switching Power…
Gerard Villar-Pique, Eduard Alarcon Hardcover R4,054 Discovery Miles 40 540
The Ethics of Captivity
Lori Gruen Hardcover R3,839 Discovery Miles 38 390
C/TCP-IP - The Embedded Protocol Stack…
Christian L. Gar Hardcover R2,165 Discovery Miles 21 650
Moral Motivation - A History
Iakovos Vasiliou Hardcover R4,109 Discovery Miles 41 090
Essential Bayesian Models
C.R. Rao, Dipak K. Dey Hardcover R1,633 Discovery Miles 16 330
If you love art - More than 100 photos
Steven Stone Hardcover R1,326 R1,089 Discovery Miles 10 890
Statistical Methods in Molecular Biology
Heejung Bang, Xi Kathy Zhou, … Hardcover R5,595 Discovery Miles 55 950
Capturing the British Landscape - Alfred…
Alice Munro-Faure Hardcover R1,811 Discovery Miles 18 110

 

Partners