Books > History > African history
|
Buy Now
Ware mense (Afrikaans, Hardcover)
Loot Price: R91
Discovery Miles 910
|
|
Ware mense (Afrikaans, Hardcover)
(sign in to rate)
Loot Price R91
Discovery Miles 910
Expected to ship within 4 - 8 working days
|
Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n
besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en
kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan
Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van
die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent,
op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die
resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die
geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar
stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie
gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na
legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die
Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham
Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams
afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle
gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers
gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor,
vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande
kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen
die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n
belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin
mense onder hulle landsgenote se aandag bring.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.