0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (42)
  • R100 - R250 (140)
  • R250 - R500 (103)
  • R500+ (22)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning

Voetspore In Suid-Afrika 2 - 'n Reisgids (Afrikaans, Paperback): Johan Badenhorst Voetspore In Suid-Afrika 2 - 'n Reisgids (Afrikaans, Paperback)
Johan Badenhorst; Photographs by Gideon du Preez Swart
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

Suid-Afrika is groot genoeg vir ’n leeftyd se reise. In Voetspore in Suid-Afrika 2 kry die Voetsporespan weer die geleentheid om ons land se natuurskoon en gasvryheid te beleef.

Hulle drie maande lange reis begin in Pafuri, in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika. Van daar af is dit verby Klaserie, Dullstroom, die Waterberge, die suid-Vrystaat, die Groot-Karoo, die Sederberge, die Weskus, oor die Hottentots-Hollandberge en tot aan die suidpunt van Suid-Afrika: Agulhas. Vrystaatse vlaktes, grootste Drakensberge, Bosveld, Kaapse strande – noem maar op – daar is ’n oorvloed om te geniet. Die langpad in Suid-Afrika roep …

Benewens pragtige foto’s van die mooiste dele van ons land bevat hierdie reisgids ook:

  • Name en telefoonnommers van gidse in elke streek
  • Akkommodasiebesonderhede
  • ’n Paklys
  • Afstande tussen dorpe
  • Inligting oor beskikbaarheid van vulstasies en gesondheidsorg
  • Wetenswaardighede
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Rassie Erasmus, David O'Sullivan Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
R350 R317 Discovery Miles 3 170 Save R33 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou sal Rassie op sy kenmerkende openhartige manier gesels oor sy lewe vol voorspoed en teëspoed, op en weg van die rugbyveld – as Springbokspeler, provinsiale afrigter, en as die hoofafrigter wat die nasionale span na die Rugbywêreldbeker-sege in 2019 en ook in die aanloop tot 2023 se Wêreldbeker gelei het.

Hy sal terugkyk op sy loopbaan as speler en afrigter, iemand wie se ingebore rugby-instink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het, en gelei het tot omstredenheid en mislukking, maar ook dawerende sukses.

Rassie werk saam met die bekende joernalis David O’Sullivan om sy lewensverhaal te vertel. David is ’n bekroonde skrywer en omroeper.

Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Various Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Various; Foreword by Nicol Stassen
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders.

In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee.

Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.

Hoe Verklaar Jy Dit? (Afrikaans, Paperback): Danny Fourie Hoe Verklaar Jy Dit? (Afrikaans, Paperback)
Danny Fourie 3
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Ons weet dat die maan iets met die getye te doen het, maar het jy geweet dat jy met volmaan altyd dieselfde kant van die maan sien? Of dat weerligstrale vol vernietigende elektrisiteit is, maar dat ’n elektriese paling ’n lading van tot 600 volt kan vrystel?

Hierdie feite is deel van ’n magdom kennis oor die natuur, fisiese wetenskap en die ruimte wat die RSG-program Hoe verklaar jy dit? reeds jare lank beantwoord. Hierdie publikasie bevat ’n keur uit die honderde vrae van nuuskierige luisteraars wat deur kundiges verduidelik is om die wêreld minder vreemd te maak, want nie alle kennis van die wêreld om ons is voor die hand liggend nie. Daar is honderde verskynsels in die natuur en ruimte wat vra om verklaar te word. Dan praat ons nie eens van die mensgemaakte uitvindings soos die internet, persoonlike rekenaars, globale posisioneringstelsels, selfone, radiogolwe, teorie van evolusie, relatiwiteitsteorie, narkose en mense in die ruimte nie. Agter die alledaagse skuil die fassinerende werking van kragte en wette en die wetenskap in werking: Wat bepaal dat ’n mens se hart aan die linkerkant van die liggaam sit? Hoekom vries water in ’n dam van bo en nie van onder af nie? Kan gene deur omstandighede gemodifiseer word?

Hoe Verklaar Jy Dit? is ’n boek wat jou belangstelling in die wêreld om jou sal prikkel. Dit is ’n boek wat op sy eie gelees kan word, wat op die koffietafel kan lê en wat saam kan gaan kamp om wonderlike gesprekke om die braaivleisvuur uit te lok.

Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback): Brenden Nel Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback)
Brenden Nel
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 5 - 7 working days

"Dié seun is vir groot dinge bestem . . ."

Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstrydpunterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die liefling van Loftus.

Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé ’n allesverterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat . . .

Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel.

Dit is ’n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul knieë gedwing kan word.

In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Azille Coetzee In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Azille Coetzee
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Azille Coetzee gaan studeer in Nederland, kry ’n Nederlandse lover en besluit om in Europa aan te bly. Maar iets voel nie reg nie … Daar is tog altyd die vraag: Watter herkoms hou die styfste vas, Afrika of Europa? Dié is ’n uiters leesbare verhaal van identiteit, reis en liefde: intiem, eerlik en slim.

Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback): Owen Hendry Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback)
Owen Hendry
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis?

Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers. Propvol feite, foto’s van Afrika se diverse natuurlewe (van soogdiere en voëls tot reptiele en insekte) en toets-jou-kennis-aktiwiteite.

’n Interessante, lekkerlees-boek wat die jongspan oor en oor kan geniet – by die huis of in die wildtuin.

Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R357 Discovery Miles 3 570 Ships in 4 - 6 working days

Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag.

Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het.

In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.

Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian Sinclair, Phil Hockey Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey
R630 R564 Discovery Miles 5 640 Save R66 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian... Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey 2
R580 R526 Discovery Miles 5 260 Save R54 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Botanicum (Afrikaans, Hardcover): Kathy Willis Botanicum (Afrikaans, Hardcover)
Kathy Willis; Illustrated by Katie Scott; Translated by Ria Crafford
R504 Discovery Miles 5 040 Ships in 4 - 6 working days

Botanicum is 'n pragtige volkleur boek wat 'n hele klomp raaisels om plante onthul.

Hoe het die eerste plante gelyk? Wanneer het die eerste woude gevorm? Wanneer het plante begin blomme dra? Watter plante is die grootste, kleinste, vreemdste, seldsaamste, lelikste en stinkste op aarde? In Botanicum kan jy die mees eksotiese en veemdste plante bymekaar sien.

Leer hoe plante al miljoene jare langer as ons bestaan en fassinerede dinge soos hoekom party plante groen is en ander nie en hoe party plante in water leef en ander in die lug hang sonder enige kontak met die grond.

Kom ontdek binne Botanicum die wonderlike planteryk in sy kleurryke, verrassende glorie.

My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer; Photographs by Craig Fraser 3
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

My Low Carb-Kombuis is ’n maklike, toeganklike stapvir- stap-gids tot ’n laekoolhidraat-lewenstyl. Dit verskaf riglyne oor watter kos om uit jou dieet te sny en wat om in te sluit vir optimale gesondheid en hope energie. Met meer as 50 watertandresepte, weeklikse maaltydplanne en inkopielyste om jou vinnig op dreef te kry! My Low Carb-Kombuis vertel jou alles oor: Hoe om oor te skakel na ’n laekoolhidraatdieet; Hoe om gewig te verloor op ’n laekoolhidraatdieet; Hoe ’n laekoolhidraatdieet kan help met seliaksiekte, diabetes, chroniese moegheid, glutenintoleransie en inflammasie; Hoe om smaaklike laekoolhidraatgeregte voor te berei, soos bolognaise, laekoolhidraat-broodrolletjies, geroosterde varkvleis, nacho’s, amandel-en jogurtplaatkoekies en selfs romerige kaaskoek.

Samoe(r)sa Reis - Bygewerk En Bygereis (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): c. Johan Bakkes Samoe(r)sa Reis - Bygewerk En Bygereis (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
c. Johan Bakkes
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wil doen, inpas nie. Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie!

Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, daar waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.

Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Frederik de Jager Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Frederik de Jager
R376 Discovery Miles 3 760 Ships in 5 - 7 working days

Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan.

Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.

Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Faansie Peacock Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Faansie Peacock
R555 R507 Discovery Miles 5 070 Save R48 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Ek hoop jy's reg vir 'n lewe vol avontuur! Indien nie, moet jy asseblief nie hierdie boek koop nie.

Hierdie boek sal jou help om elke voel in Suider Afrika te identifiseer. Maklik!

Jy sal ook snaakse en interessante feite leer oor alles van sterre tot superhelde, plus so ietsie oor voels ook.

Krummels In My Koffer - Stories Oor Kos En Plekke (Afrikaans, Paperback): Emile Joubert Krummels In My Koffer - Stories Oor Kos En Plekke (Afrikaans, Paperback)
Emile Joubert
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

Emile Joubert is sy lewe lank ’n kosgenieter.

Op sesjarige ouderdom het sy ouma se kerrie ’n groot indruk op hom gemaak en van daar af was hy ’n onkeerbare smulpaap en het kos hom betower – of dit nou die skoolmaaltye in sy kortstondige verblyf in Londen was, die honger en dors in die weermag, of die seekos wat hy uitgeduik het – Joubert se kosobessies word lewend in sy lekker skryfstyl in die oortreffende trap.

Sy kosreise strek van Londen tot Griekeland, Italië, Frankryk en die dorre landskap van Angola. Die Mars bar, fondue, baked beans, oesters en boeliebief is enkele van die kossoorte wat sy reise vergesel.

Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Hendrik Hancke Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Hancke
R320 R199 Discovery Miles 1 990 Save R121 (38%) In Stock

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf
R160 R89 Discovery Miles 890 Save R71 (44%) In Stock

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Kinders se Spinnekoppe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Rudi Steenkamp Kinders se Spinnekoppe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Rudi Steenkamp
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat jy dink! Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon, wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm. Treffende makrofotografie verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie. Ontmoet ’n spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip, nog een wat as ’n mier vermon is . . . en meer as vyftig ander – van die welbekende Langbeenspinnekop tot die pragtige Blomkrapspinnekop, stekelrige Krimpvarkiespinnekop en goedgekamoufleerde Basspinnekop.

Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy altyd aan die hardloop tussen werk en gesin en vriende, sonder oomblikke van stilword en rus? Dit is ’n seën om voluit te lewe, maar om werklik ons beste lewe te hê, het ons oomblikke van rus nodig.

Vrede in jou hart inkleuboek laat jou gedagtes stil word terwyl jy die 40 ontwerpe inkleur, en die verse uit die Woord en aanhalings jou siel voed. ’n Addisionele 10 bladsye met kaartjies, boekmerke en etikette is ingesluit wat ook ingekleur en uitgedeel kan word.

Laat God se vrede oor jou spoel terwyl jy die rustige inkleur-oomblikke geniet.

Manne van Geloof: Geloof om berge te skuif - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Manne van Geloof: Geloof om berge te skuif - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Gebed is ’n kragtige hulpmiddel om enige uitdaging met God se krag en wysheid te oorkom. Vind die leiding en genade wat jy nodig het in jou daaglikse stiltetyd by God.

In Manne van geloof Gebedsjoernaal ondersoek topverkoper-outeur Angus Buchan die lewens van 30 geloofshelde wat berge verskuif het deur getroue gebed, waaronder Charles Spurgeon, Oswald Chambers, E.M. Bounds, Johannes Calvyn, Augustinus, en ook Bybelkarakters soos Dawid, Job, Abraham en Salomo.

Met die vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings en bypassende verse uit die Bybel sal hierdie gebedsjoernaal jou help om die man van God te word wat jy bedoel is om te wees.

Vroue van Geloof: Geloof soos 'n Mosterdsaad - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Vroue van Geloof: Geloof soos 'n Mosterdsaad - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Geloof soos 'n mosterdsaad

Om elke dag tyd saam met God in gebed deur te bring, kan ons help om ons verhouding met Hom te verdiep. Dit is tydens hierdie tye van gemeenskap met God waar ons leiding, krag en genade ontdek om elke nuwe dag in die oë te kyk.

Vroue van geloof is ’n gebedsjoernaal wat deur die lewens van 30 geloofsreuse soos Corrie ten Boom, Susanna Wesley, Francis Havergal en Amy Carmichael tot Bybelse geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester die noodsaaklikheid, moontlikhede en krag van gebed ontdek.

Vroue sal hul verhouding met God versterk deur die vrae om oor na te dink, inspirerende aanhalings, bypassende teksverse en gebedsriglyne wat aansluit by die lewens en leringe van hierdie geloofsreuse.

• ’n Gebedsjoernaal vir vroue.
• 30 oordenking oor die lewe van vroue van geloof soos Corrie ten Boom, Susanna Wesley, Francis Havergal en Amy Carmichael tot Bybelse geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester.
• Elke stukkie bevat vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings en bypassende verse uit die Bybel.
• Sagteband
• 128 tweekleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Women of Faith Prayer Journal.

Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards): Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kosbaar vir Hom: Bevestigings vir Vroue van Geloof

Voel dit soms of jy nie aan die wêreld se standaarde van sukses en skoonheid voldoen nie? Dat jy nie genoeg is nie?

Die 44 inkleurkaartjies van Kosbaar vir Hom is die ideale manier om jouself te herinner aan wie jy in Christus is. Terwyl jy die 44 bevestigings van jou identiteit as kind van God inkleur, sal jy daaraan herinner word dat jy deur jou hemelse Vader uitverkies, vergewe, en verlos is en dat Hy jou baie liefhet. Dink biddend na oor elke bevestiging terwyl jy inkleur en jou verheug in jou identiteit as ’n dogter van die Koning!

• 44 inkleurkaartjies in ’n boksie.
• Elke kaartjie het ’n Bybel-gebaseerde bevestiging wat ingekleur kan word, met ’n ondersteunende Bybelvers.
• Kaartjies is slegs aan een kant gedruk vir plek om oor die bevestiging te besin en aantekeninge te maak.
• Dik papier sodat enigiets van potlode tot waterverf gebruik kan word.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Precious and Loved.

Dankie! - Inkleurboek Vir Dogters (Afrikaans, Paperback): Dankie! - Inkleurboek Vir Dogters (Afrikaans, Paperback)
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Elke laerskooldogter het nodig om te weet daar is Iemand wat altyd daar sal wees vir haar en met Wie sy enige tyd of plek kan praat. En daardie Iemand is Jesus! Hy is altyd daar, en Hy luister altyd.

Dankie! Inkleurboek vir dogters sal dogters tussen 8 en 12 aan hierdie waarheid herinner, terwyl hulle leer oor soveel dinge waaroor hulle dankbaar kan wees en kan bid.

Die 40 kort, eenvoudige gebede bied ’n wegspringplek vir meisies se eie gebedswandel saam met die Here, terwyl die volblad-ontwerpe om in te kleur kreatiwiteit en stilword by God aanmoedig.

Vind Jou Vreugde in die Here Afrikaans Notepad (Afrikaans, Hardcover): Vind Jou Vreugde in die Here Afrikaans Notepad (Afrikaans, Hardcover)
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Take notes in style when you write in the Vind Jou Vreugde in die Here Afrikaans Wirebound Notepad.

The small size means it slips into a coat pocket or handbag with ease, while the wire coil makes it easy to tear off a page. An elastic band wraps around the notepad to keep it closed.

• Wirebound Notepad
• Vind Jou Vreugde in die Here
• Psalm 37:4
• Vind Vreugde In Die Here Reeks
• Foiled Highlights
• Hardcover
• Wirebound - Silver
• Elastic closure
• 80 Lined pages with artwork- only printed on the front
• One-color inside
• Packaged in a self-seal bag
• Size: 148 x 100 x 19 mm
• Afrikaans Product

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Felons of Hathersage - (A Brief History…
David Moseley Hardcover R507 Discovery Miles 5 070
Chalcogenide Glasses - Preparation…
J-L. Adam, X. Zhang Hardcover R5,912 Discovery Miles 59 120
The Space Transportation Market…
Michael J. Rycroft Hardcover R4,447 Discovery Miles 44 470
Arctic Charr in the Lochs of Scotland
Colin Adams, Peter Maitland Paperback R1,390 Discovery Miles 13 900
Dancing The Death Drill
Fred Khumalo Paperback  (10)
R294 Discovery Miles 2 940
Mother's Kaddish Boy
Sam N Shapiro Hardcover R735 Discovery Miles 7 350
Georgia Irvin's Guide to Schools…
Georgia K. Irvin Paperback R463 Discovery Miles 4 630
Making Our Home Across the Seas…
Peter T Ho, David Ho Hardcover R1,106 Discovery Miles 11 060
Fuzzy Technology - Present Applications…
Mikael Collan, Mario Fedrizzi, … Hardcover R3,863 R3,378 Discovery Miles 33 780
Introduction to Fiber Optics
John Crisp Paperback R1,051 Discovery Miles 10 510

 

Partners