0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (33)
  • R100 - R250 (130)
  • R250 - R500 (151)
  • R500+ (29)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning

Huisgenoot Groot Blokraaiselboek 14 (Afrikaans, Staple bound, Nuwe Uitgawe): Yvonne Van Eeden, Marlene Hamman Huisgenoot Groot Blokraaiselboek 14 (Afrikaans, Staple bound, Nuwe Uitgawe)
Yvonne Van Eeden, Marlene Hamman
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

'n Splinternuwe versameling van 60 van HUISGENOOT se immergewilde groot blokraaisels, met hulle oplossings agterin die boek. Derduisende liefhebbers sal verheug wees dat daar 'n nuwe boek is.

Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback): Elkarien Fourie Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback)
Elkarien Fourie
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

“Not sex please,” s die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?”

Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik.

Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.

Botter & Liefde - Boerekos uit'n Plaaskombuis (Afrikaans, Paperback): Anna Carolina Alberts Botter & Liefde - Boerekos uit'n Plaaskombuis (Afrikaans, Paperback)
Anna Carolina Alberts
R399 R368 Discovery Miles 3 680 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

‘n Anderste, trots Suid-Afrikaanse Afrikaner kookboek waarin vertellinge van plaaslewe, doilies, koeksisters en ander Afrikaanse ikone saamgevleg word. Anna Carolina put uit die tallose invloede van die Suid- Afrikaanse platteland om iets unieks en eietyds, ‘n viering van ‘n ryk nalatenskap, aan te bied.

Deelstad (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Deelstad (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R427 Discovery Miles 4 270 Ships in 2 - 4 working days

Die fassinerende ontwikkelingsgeskiedenis van Berlyn loop baie nou saam met die ontwikkeling van die staat Pruise, die Eerste Wereldoorlog, die opkoms van Nazisme, die konsentrasiekampe naby die stad en die gruwels van die Tweede Wereldoorlog. Daar word ook uitgewei oor die bloeityd van die kabaret en film in die tyd tussen die oorlo en na die verdeling van die stad in Oos- en Wes-Berlyn n die Tweede Wreldoorlog.

Hekel Vir Jou Hartedief (Afrikaans, Paperback): Karen Adendorff Hekel Vir Jou Hartedief (Afrikaans, Paperback)
Karen Adendorff
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Hekel vir jou hartedief is spesiaal saamgestel vir oumas en mammas wat lief is vir handwerk en iets anders vir die kleinding wil hekel. Die patrone is kleurryk dit sinoniem is met kinders en hulle wonderwereld. Vir die winterpatrone is meestal akrieldraad gebruik omdat dit nie krap nie en goed was en dra. Die somerkleertjies is met natuurlike draad soos suiwer katoen gehekel. Al die brei- en hekeldraad in die boek is plaaslik vervaardig en maklik bekombaar. Al die patrone word met diagramme toegelig vir die wat dit makliker vind, en die patroonsteke word voor in die boek verduidelik. Daar is iets vir almal, van die beginner tot die gesoute handwerker, sodat elke hekeloomblik genotvol en geinspireerd is.

So maak ons tuin - maand in en maand uit (Afrikaans, Paperback): Reg Botha, Botha, Reg So maak ons tuin - maand in en maand uit (Afrikaans, Paperback)
Reg Botha, Botha, Reg
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sagteband (Flexibound); volkleur en gelamelleer

Tuinmaak is deur die eeue 'n baie besondere stokperdjie wat werklik alle aanslae oorleef het en deel geword het van tuiniers se leefwyse. In Suid-Afrika stel tuinmaak in al die streke van ons land unieke uitdagings aan ywerige tuiniers.

S maak ons tuin - maand in en maand uit verdeel Suid-Afrika in vyf tuinstreke wat ooreenstem met die erkende klimaatstreke. Die maandelikse tuinaktiwiteite in elke streek word behandel in die 'Take vir die maand', wenke word gegee, die 'Mier' het besondere boodskappies, 'n 'Plant van die maand' word behandel, verskeie tuinmaakaspekte word bespreek, soos komposmaak, snoeiwerk, voeding vir jou plante, peste- en plaebestryding, en ruimte word voorsien vir die tuinier se notas, waarnemings en beplanning.

Tuiniers raak toenemend bewus van die maanstand se invloed op grondvog, planttyd en groeiwyse van plante en dit word elke maand kortliks bespreek. Die aarde-elemente se verband met sterretekens en die invloed daarvan op die tuin word toegelig en tuiniers kan hulleself spiel in die maandelikse tong-in-die-kies sterretekenverklarings.

Jagters Van Die Duine (Afrikaans, Paperback): Fritz Eloff Jagters Van Die Duine (Afrikaans, Paperback)
Fritz Eloff
R385 Discovery Miles 3 850 Ships in 2 - 4 working days

Die bekende dierkundige Fritz Eloff se bemoeienis met die Kalaharileeu het reeds in 1958 begin toe hy een aand teen sononder die koninklike brul van n leeu tussen die rooi duine hoor opklink het. In toeganklike taal word die Kalaharileeu se fisieke eienskappe, sy habitat, sy plek in die ekosisteem en sy interaksie met die mens dan bespreek. Ten slotte kom ook n paar legendariese leeumannetjies en wyfies aan die bod en besin die skrywer oor die oorlewingskanse van die Kalaharileeu in n veranderende wereld.

Drie Swerwers Oor Die Einders (Afrikaans, Paperback): W.A. de Klerk Drie Swerwers Oor Die Einders (Afrikaans, Paperback)
W.A. de Klerk 1
R154 Discovery Miles 1 540 Ships in 2 - 4 working days

W.A de Klerk was een van die voortreflikste literre joernaliste in Afrikaans. In Drie Swerwers Oor Die Einders, vir die eerste maal in 1953 uitgegee, sit hy en twee vriende hul reis deur die uithoeke van Namibi (toe Suidwes-Afrika) voort.

Hy vertel op boeiende wyse van hulle wedervaringe tussen die Boesmans saam met die legendariese P.J. Schoeman, en van hulle omswerwinge in Damaraland en die Kaokoveld, deur Ovamboland en die streke om die Kunene. Hulle doel was om so ver moontlik die pad van die Dorslandtrek deur die noordwestelike hoek van Namibi te volg, en so kruis hul pad met talle kleurryke karakters.

Drie Swerwers Oor Die Einders is ’n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede.

Die Volledige Skaakboek (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Dalby Die Volledige Skaakboek (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Dalby; Illustrated by Adam Constantine, Verinder Bhachu, Leonard Le Rolland; Translated by Marie Ribbens
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 2 - 4 working days

Die volledige skaakboek is geskik vir skaakspelers van alle vaardigheidsvlakke, asook di wat skaak wil leer speel. Die boek se eenvoudige dog opwindende ontwerp word gekombineer met toeganklike en gebruikersvriendelike teks en verduidelikings, en is propvol kleurvolle illustrasies en fotos.

Krieket, Kerrie En Gandhi - 'n Voetspore Storie (Afrikaans, Paperback): Johan Badenhorst Krieket, Kerrie En Gandhi - 'n Voetspore Storie (Afrikaans, Paperback)
Johan Badenhorst
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 5 - 7 working days
Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R300 R268 Discovery Miles 2 680 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

n Epiese reis in n klein seiljag van Frankryk tot aan die Namakwalandse kus gedurende die Tweede Wreldoorlog, sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in n sluipmoord om die lewe te bring . . . In die vroe 1940s is die Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van die Olimpiese bokser en swaargewigkampioen Robey Leibbrandt. Hy was dodelik gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.

Sy ekstremisme, opvliend-heid en onverdraagsaamheid was tipies van n politieke fanatikus. Leibbrandt het n aanhanger van Nasionaal-Sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika in Berlyn aan die Olimpiese Spele gaan deelneem het. Hy was besig met opleiding in Europa toe die oorlog uitbreek. Die Duitse militre intelligensiediens het hom kort daarna gewerf om sabotasieopleiding te ontvang. Die Duitsers het Leibbrandt teruggestuur na Suid-Afrika as deel van Operasie Weissdorn. Sy missie? Om die militante deel van die Afrikaner-opposisie te werf en met hulle hulp skeeps- en haweinstallasies, asook nywerhede, te vernietig, en om oproer in die Uniemagte te stook.

Dit was nie lank nie of die polisie was op Leibbrandt se spoor en hy is n een van die grootste polisiesoektogte in hegtenis geneem. Sy hoogverraadsaak in 1943 en 1944 het hoofopskrifte gehaal. Di biografie werp nuwe lig op hierdie enigmatiese historiese figuur en wat sy fanatisme aangevuur het.

Coach Loffie - Wenke vir wenners (Afrikaans, Paperback): Eugene Eloff Coach Loffie - Wenke vir wenners (Afrikaans, Paperback)
Eugene Eloff
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Coach Loffie is 'n alles-in-een-handleiding vir alle aspiranten reeds gevestigde afrigters, sportlui en sportliefhebbers. Dis geskoei op die koestering van drome, Loffie se persoonlike belewenisse tydens sy grootword- en weermagjare en sy ervaring as speler en afrigter. Hy fokus op genot en veiligheid binne die sportstrukture en rugsteun sy benadering met waardevolle bydraes deur 'n biokinetikus, 'n mediese dokter, 'n fisioterapeut, 'n dieetkundige, 'n tegniese spesialis, 'n sportagent, 'n lewensafrigter en 'n geestelike leier

Sakgids Tot Voels Van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe): Burger Cillie, Ulrich Oberprieler Sakgids Tot Voels Van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe)
Burger Cillie, Ulrich Oberprieler
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vir sowel die beginner as die meer ervare voelkyker is die kompakte klein gids die antwoord. Die volgende aspekte maak hierdie boekie onontbeerlik: Pas in jou hempsak; Prakties en gebruikersvriendelik; Meer as 400 voelsoorte; Uitstekende kleurfoto’s; Kleurvariasies aangedui; Logiese indeling van voelgroepe; Bondige biologiese inligting; Afrikaanse en Engelse name; Suider-Afrikaanse voelnommers; Verspreidingskaarte volgens die nuwe voelatlas; Indeks. Die boekie sal beslis sy man staan teenoor die grotes en is vir die natuurliefhebber so noodsaaklik soos ‘n verkyker!

Onder Die Radar - Stories Uit Ons Land (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Onder Die Radar - Stories Uit Ons Land (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Dana se nuwe bundel vertel hy die stories van ons land se mense, die gewone mense, mense wat sommerso onder die radar leef... Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het. Hy skryf met groot nederigheid en respek oor die mense wat andersinds ongesiens lewe en in die proses verryk en verruim hy ons. Boonop is hy dikwels skreeusnaaks.

Sasol Eerste Veldgids tot Natuurlewe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser, Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Natuurlewe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser, Tracey Hawthorne
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie gids is deel van 'n nuwe reeks, Eerste veldgidse, en bied 'n fassinerende blik op die natuurlewe van die streek.

Met behulp van kleurfoto's en -verspreidingskaarte asook maklik leesbare teks, sal die beginner- en ontluikende natuurkenner die meer algemene diere van Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul unieke gedrag en ongewone eienskappe.

Iets Ver En Nuut - Reissketse (Afrikaans, Paperback): Andre Pretorius Iets Ver En Nuut - Reissketse (Afrikaans, Paperback)
Andre Pretorius 1
R125 Discovery Miles 1 250 Ships in 2 - 4 working days

As Suid-Afrikaner wat in Engeland woon, het Andr Pretorius die geleentheid om plekke te besoek wat vir die meeste van ons net drome bly. Maar met sy uitstekende skryfwerk bring hy in hierdie boek talle van die eksotiese plekke naby sy lesers.

Hy laat ons deel in die soektog na ’n kelim in die mark van Marrakesj, in die nostalgie van Nobelpryswenner Orhan Pamuk se Istanboel, in die verhewe skoonheid van die St. Pieterskerk in Rome en in ’n bootrit op die magtige Irrawaddy-rivier in Birma gedurende die renseisoen wanneer dit voel asof die waters van hemel en aarde versmelt.

Daar is ook vermaaklike oomblikke, soos wanneer hy aan ’n wynproe-cum-marathon in die Medoc-vallei deelneem (met voorspelbare gevolge) en wanneer hy met net ’n klein lappie as bedekking dit na ’n openbare bad in Boedapest waag.

Penvere (Afrikaans, Paperback): Morne du Plessis Penvere (Afrikaans, Paperback)
Morne du Plessis
R90 Discovery Miles 900 Ships in 6 - 10 working days

Penvere is 'n versameling rubrieke deur die voelkenner Morne du Plessis wat enigeen - hetsy agtertuinduifbewonderaar of kranige ornitoloog - breed sal laat glimlag. In hierdie bundel word met 'n fyn oog en 'n skerp sin vir humor gekyk na die sonderlinge gedrag en gewoontes van verskeie Suid-Afrikaanse voelspesies, waarvan die meerderheid selfs aan die leek bekend behoort te wees. Van die hadida en die lemoenduif tot die mossie, koekoek en bosloerie - elke spesie bestaan in 'n unieke verhouding tot die natuur - en besit 'n magdom eiesoortighede wat soms nie veel van menslike gedrag verskil nie. Met sy pittige aanslag en skerp waarnemeingsvermoe, dwing die skrywer die leser om saam met hom verwonderd te raak oor die boeiende wereld van voels wat rondom hom bestaan, die natuur is te kosbaar en te breekbaar om dit huis toe te bring.

17 Maal Moord (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter 17 Maal Moord (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R397 Discovery Miles 3 970 Ships in 2 - 4 working days

’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes.

Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.

Volledige Fotografiese Gids - Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Ian Sinclair Volledige Fotografiese Gids - Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Ian Sinclair
R600 R541 Discovery Miles 5 410 Save R59 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie fotografiese veldgids tot die voels van Suider-Afrika bevat die grootste en omvattendste versameling foto's van die area in een volume.

Die 958 voel spesies wat in Suider-Afrika gevind word, word beskryf en geillustreer asook 'n ekstra 17 spesies van die Suidelike Oseaan en geassosieerde eilande en Antarktika. Meer as 2 500 illustrasies wys die ouderdom en geslag variasies, voels op land en in die lug asook kleure.

Teks deur Suid-Afrika se top voel skrywers fokus op identifikasie, roep, habitat en status, broei besonderhede en dieet. Kleur gekoordineerde verspreidingskaarte. Jaarlikse seisoen kolomme wys wanneer spesies daar is en wanneer hulle broei. A-Z gids om groepe op te spoor.

Hierdie gids volg die tradisionele spesie volgorde en bring 'n nuwe dimensie na voel identifikasie in Suider-Afrika. Dit sal onvervangbaar wees in die veld.

Hier Gaat Ons! - Reise En Rampe (Afrikaans, Paperback): Gerard Scholtz Hier Gaat Ons! - Reise En Rampe (Afrikaans, Paperback)
Gerard Scholtz
R379 Discovery Miles 3 790 Ships in 2 - 4 working days

Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis.

Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa afl. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet.

In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …

Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Braam van Wyk Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Braam van Wyk
R630 R564 Discovery Miles 5 640 Save R66 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto’s en ’n nuwe seksie van 87 bladsye met foto’s van die hele boom maak di gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld.

Suider-Afrika het ’n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot Bome van Suider-Afrika beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en di wat waarskynlik die meeste tegekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto’s van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.

Insektopedie - Die Geheime Wereld van Suider-Afrikaanse Insekte (Afrikaans, Paperback): Erik Holm Insektopedie - Die Geheime Wereld van Suider-Afrikaanse Insekte (Afrikaans, Paperback)
Erik Holm
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Insektopedie l die betowering en ryke verskeidenheid van die wreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue.

’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat di diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou.

Die boek sluit af met ’n 60-bladsy gellustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, ’n uitgebreide ID-seksie en ’n paar honderd nuwe foto’s.

Daai Ding Loop in Jou Bloed - Op Reis Deur Die Namahartland (Afrikaans, Paperback): Lene Malan, Aneta Shaw Daai Ding Loop in Jou Bloed - Op Reis Deur Die Namahartland (Afrikaans, Paperback)
Lene Malan, Aneta Shaw
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

Twee vriendinne besluit om die spoor van die die Nama-mense (afstammelinge van die Khoi-Khoi) van die Noord-Kaap te volg. Hulle vertrek met die doel om uit te vind hoe hulle "gefragmenteerde" kulturele ervaringe eenders of anders as die van Annie en haar mense, die sogenaamde Kaapse bruinmense is. Maar wat begin het as 'n soeke na "objektiewe" feite en inligting, het mettertyd gelei tot 'n proses van selfondersoek en 'n ontdekkingstog wat deur noue, intieme interaksie met die mense van Namakwaland, hoop skep dat lampe aangesteek kan word wat die "andersheid", maar veral die "eendersheid" van die verskillende etniese en kulturele groepe in SA sal uitlig.

Sasol Eerste Veldgids tot Spore in die Veld in Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Louis Liebenberg Sasol Eerste Veldgids tot Spore in die Veld in Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Louis Liebenberg
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die boekie stel die leser bekend aan die vaardighede en metodes wat nodig is om diere se spore in die veld te herken, en dit bevat 48 spesies met verspreidings kaarte en foto's. Die dier word beskryf en daar word gekyk na habitat, spoor en gewoontes.

Sasol Eerste Veldgids tot Algemene Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Algemene Voels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Tracey Hawthorne
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Algemene Voels van Suider-Afrika bied n fassinerende blik op die voellewe van die streek. Met behulp van volkleurfoto's en verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene voelspesies in Suider-Afrika kan identifi seer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en broeigewoontes.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Wicca Finding Your Path - A Beginner's…
Lisa Chamberlain Hardcover R586 Discovery Miles 5 860
Multilingual Education Yearbook 2018…
Indika Liyanage Hardcover R1,408 Discovery Miles 14 080
Boiling Water Reactors
Yasuo Koizumi, Koji Nishida, … Paperback R3,934 Discovery Miles 39 340
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R340 R314 Discovery Miles 3 140
Entrepreneurship and Structural Change…
Luisa Cagica Carvalho, Conceicao Rego, … Hardcover R2,698 Discovery Miles 26 980
Pinned! - Farm Accident--Our Walk in…
George Topp, Kaye Topp Paperback R452 R422 Discovery Miles 4 220
Construction in Indonesia - Looking Back…
Toong-Khuan Chan, Krishna Suryanto Pribadi Hardcover R4,631 Discovery Miles 46 310
Discovering God's Will For Your Life - A…
Trevor Hudson Paperback R129 R119 Discovery Miles 1 190
American Dramatists in the 21st Century…
Christopher Bigsby Hardcover R3,179 Discovery Miles 31 790
People's War - New Light On The Struggle…
Anthea Jeffery Paperback  (1)
R320 R286 Discovery Miles 2 860

 

Partners