![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
Die volledige skaakboek is geskik vir skaakspelers van alle vaardigheidsvlakke, asook dié wat skaak wil leer speel. Die boek se eenvoudige dog opwindende ontwerp word gekombineer met toeganklike en gebruikersvriendelike teks en verduidelikings, en is propvol kleurvolle illustrasies en foto’s.
’n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie. Dié boek se titel sę dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geďdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele: - Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boomidentifikasie. - Deel 2 bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe, gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Dit gee ’n duidelike oorsig van elke groep, sowel as die Suider-Afrikaanse boomfamilies wat in die onderskeie groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak. Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ’n goeie begrip van die bou van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer. Also available in English as How to Identify Trees in Southern Africa .
Soft cover, full colour throughout, 900 photographs, Callfinder® Ready
Die fassinerende ontwikkelingsgeskiedenis van Berlyn loop baie nou saam met die ontwikkeling van die staat Pruise, die Eerste Wereldoorlog, die opkoms van Nazisme, die konsentrasiekampe naby die stad en die gruwels van die Tweede Wereldoorlog. Daar word ook uitgewei oor die bloeityd van die kabaret en film in die tyd tussen die oorloë en na die verdeling van die stad in Oos- en Wes-Berlyn ná die Tweede Węreldoorlog.
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat
opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer
op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se
blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
Die Suider-Afrikaanse subkontinent is besonder ryk aan inheemse boomspesies (sowat 2100) wat in grootte wissel van struikagtiges tot oeroue, hooggroeiende reuse. Baie van die boomspesies en die natuurlike omgewing waarin hulle voorkom, is al deeglik bestudeer en gedokumenteer in bele algemene beskikbare publikasies. Inligting oor hulle hour is egter beperk en nie maklik toeganklik vir die algemene publiek nie. Hierdie boek bevat inligting oor die hourkenmerke en houteienskappe van 140 Suider-Afrikaanse houtsoorte (134 inheemse en ses uitheemse spesies).
Koester die herinneringe aan jou babaseuntjie se eerste lewensjaar!
DIY vir Divas is 'n eenvoudige gids vir die vrou, uit die oogpunt van 'n vrou. Die nuttige boek leer jou meer oor die verskillende soorte gereedskap en toebehore wat nodig is vir basiese huisreparasies en doen-dit-self-projekte. Daarna lei dit jou stap vir stap deur 'n aantal projekte. Begin met klein projekte en opknappingstakies en kort voor lank sal jy die vertroue hę om moeiliker take aan te durf!
’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes. Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.
Die grasfamilie, bekend as Poaceae, is waarskynlik die belangrikste plantfamilie op aarde. Grasse is die eerste voedselplante wat deur mense aangeplant is. Graangewasse, soos mielies, koring, rys en suikerriet (almal grasse), is steeds ons belangrikste bron van energie. Gras, in die vorm van voer, is ook die belangrikste bron van kos vir vee en die groot kuddes grasvreters in die natuur. Die akkurate identifikasie van grasse raak belangrik tydens veldbestuur aangesien grasse ten opsigte van hul weidingswaarde en ander ekologiese funksies verskil. Verder reageer verskillende onkruidgrasse anders op chemise onkruiddoders en moet daarom akkuraat geidentifiseer word. Hierdie boek, Gids tot Grasse van suider-Afrika, is die omvattendste volkleur identifikasiegids tot die algemene grasse in suider-Afrika en sluit onder meer die volgende kenmerke in: Beskrywings en illustrasies van die 320 belangrikste grasse in suider-Afrika; 'n Gebruikersvriendelike indentifikasiesleutel; Meer as 1 000 uitstekende kleurfoto's; Dertien kort en volledig geillustreerde inleidende hoofstukke oor grasse; Algemene grasname in verskeie inheemse tale; Simbole wat die leser in staat stel om inligting met 'n oogopslag te bekom.
Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids. Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks. ’n Volledige inleiding tot heelwat kenmerke van die gedrag van slange ontsluit die betowerende węreld van hierdie wydverspreide reptiele.
W.A de Klerk was een van die voortreflikste literęre joernaliste in Afrikaans. In Drie Swerwers In Suidwes vertel hy die verhaal van ’n reis wat hy en sy reisgenote onderneem het deur Suidwes-Afrika in 1948. Hulle volg die voetspore van die Duitse geoloë Henno Martins en Hermann Korn wat in die Namib gaan skuil het tydens die Tweede Węreldoorlog om die interneringskampe te ontsnap. Sy lewendige verteltrant laat dié veelbewoë stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. Dit is ’n rygeskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.
Die bekende dierkundige Fritz Eloff se bemoeienis met die Kalaharileeu het reeds in 1958 begin toe hy een aand teen sononder die koninklike brul van ’n leeu tussen die rooi duine hoor opklink het. In toeganklike taal word die Kalaharileeu se fisieke eienskappe, sy habitat, sy plek in die ekosisteem en sy interaksie met die mens dan bespreek. Ten slotte kom ook ’n paar legendariese leeumannetjies en –wyfies aan die bod en besin die skrywer oor die oorlewingskanse van die Kalaharileeu in ’n veranderende wereld.
Hekel vir jou hartedief is spesiaal saamgestel vir oumas en mammas wat lief is vir handwerk en iets anders vir die kleinding wil hekel. Die patrone is kleurryk dit sinoniem is met kinders en hulle wonderwereld. Vir die winterpatrone is meestal akrieldraad gebruik omdat dit nie krap nie en goed was en dra. Die somerkleertjies is met natuurlike draad soos suiwer katoen gehekel. Al die brei- en hekeldraad in die boek is plaaslik vervaardig en maklik bekombaar. Al die patrone word met diagramme toegelig vir die wat dit makliker vind, en die patroonsteke word voor in die boek verduidelik. Daar is iets vir almal, van die beginner tot die gesoute handwerker, sodat elke hekeloomblik genotvol en geinspireerd is.
Bekende televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en ervare avonturier Johan Badenhorst vertrek in Mei 2009 saam met die res van die Voetsporespan uit Casablanca, Marokko. Die ses manne (in drie 4x4-voertuie) se doel is om in minder as 100 dae na Kaapstad te reis – om 'n weg te baan af teen die westekant van Afrika. Die reis neem hulle deur die ongenadige Sahara, die indrukwekkende reenwoude van Sentraal-Afrika en die ongebaande wee van die Suide. Hulle trotseer uitdagings soos min, maar ontdek in die proses magiese stede soos Fes, Oudane, Timbuktu, Agadez, Kano, Limbe en Fanceville en reis dan kuslangs in Angola waar Damaraland roep. Suid-Afrika se grens word gekruis by Sendelingsdrift en van Alexanderbaai reis hulle saam met familie en vriende tot hulle eindelik hul doel bereik: Kaapstad.
W.A de Klerk was een van die voortreflikste literęre joernaliste in Afrikaans. In Drie Swerwers Oor Die Einders, vir die eerste maal in 1953 uitgegee, sit hy en twee vriende hul reis deur die uithoeke van Namibië (toe Suidwes-Afrika) voort. Hy vertel op boeiende wyse van hulle wedervaringe tussen die Boesmans saam met die legendariese P.J. Schoeman, en van hulle omswerwinge in Damaraland en die Kaokoveld, deur Ovamboland en die streke om die Kunene. Hulle doel was om so ver moontlik die pad van die Dorslandtrek deur die noordwestelike hoek van Namibië te volg, en so kruis hul pad met talle kleurryke karakters. Drie Swerwers Oor Die Einders is ’n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede.
Kweek dit self is ’n alsomvattende gids vol praktiese riglyne wat jou sal leer hoe om jou tuin (groot of klein) ten volle te benut, hetsy met tradisionele of alternatiewe tuinbou metodes. Die inhoud is nie beperk tot alledaagse en bekende spesies nie, daar word metodes aangebied om ongewone en moderne variasies van elke tipe plant te kweek. Elke plant word op ’n geordende en logiese manier volledig bespreek, met besondere verwysing na die vereistes vir die voorbereiding van die grond, verdeling van die plante, die kweking, asook die oes en berging daarvan. ’n Lekker bonus is die bykomende wenke hoe om plante in houers te kweek, die geskikste plante vir verskillende spasies, hoe om peste te bekamp, plantmaats, en die beste wapens in die oorlog teen siektes en ander probleme. Met die oog op die haastige leser wat nie onnodige opleeswerk wil doen vóór besluitneming nie, is daar ’n gebruiksvriendelike opsomming van elke spesie en bykomende interessante inligting op so ’n manier saamgestel dat dit ’n plesier is om daarna vollediger inligting te bekom.
Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis. Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa aflę. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet. In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …
Hierdie vierde, hersiene uitgawe van die gewilde naslaanbron vir liefhebbers van Afrikaanse blokraaisels, Moeggesoek is nou getiteld Pharos Blokraaiantwoorde. Die nuwe uitgawe is volledig herbewerk, en nuwe subkategorieë is ingesluit. Oplossings vir duisende internasionale en plaaslike feite is alfabeties volgens sewe temas gerangskik: Algemene kennis, Bybelkennis, geografie, die kunste, politiek, sport en skoonhede. Die gids is in 'n handige formaat en gebruikersvriendelik, wat daartoe bydra om maklik daardie ontwykende antwoorde op die leidrade in jou Afrikaanse blokraaisel te vind. So, as jy die naam van 'n vulkaan in Antartika wil weet, of dalk die naam van ’n sanger wat deel was van die Beatles, die vorige staatshoof van Viëtnam of die naam van een van die maangode, het jy die Pharos Blokraaiantwoorde nodig.
The new edition of this popular field guide has been fully updated and revised, making it one of the most comprehensive guides to the mammals of the southern African sub-region: Expanded number of smaller mammal species as well as eight of the more abundant sea mammals. An easy-to-use key to identify the mammals. A sketch indicating the size of the mammal in relation to a human profile. Detailed species description, including information on the conservation status, food, sexual dimorphism, life expectancy, enemies, habitat, habits and breeding of 137 of the region's mammal species. More than 200 excellent colour photographs illustrating sexual dimorphism and different subspecies where applicable. For the first time the mammal "calls" can be heard from the pages of this field guide when using the Callfinder (an optional extra). Colour photographs and illustrations of field signs such as droppings and spoors. Updated distribution maps of all the species. Mammal Guide of Southern Africa is a must for every tourist, hiker and nature lover to enjoy at home and when visiting our National Parks and game reserves.
Since 1966 this concise list of southern African indigenous trees has been an indispensable companion for anybody interested in the diverse tree flora of the region. This fifth edition of the Pocket List has been updated to take into consideration recent advances in the classification and naming of trees. Included are 1 666 tree entries, most of these illustrated, covering all trees indigenous to South Africa, Namibia, Botswana, Swaziland and Lesotho. Indices of scientific names and synonyms, common names in several local languages, and standard tree numbers facilitate information retrieval. Updated distribution maps reflect the occurrence of the trees in the subcontinent, whilst symbols indicate their conservation status. The Saklys/Pocket List exists of six indexes: Index 1 contains 1 666 species and infraspecific taxa with their distribution maps, scientific names, FSA tree numbers, Afrikaans and English common names, illustrations, and icons depicting conservation status; Index 2 contains the Afrikaans and English common names in alphabetical order; Index 3 contains the indigenous common names in alphabetical order; Index 4 contains synonym scientific names; Index 5 contains the FSA tree numbers in numerical order; Index 6 contains the scientific family name with the corresponding Afrikaans and English common name.
In sy nuutste boek het Dana van sy ware ontmoetings geboekstaaf – ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge – die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate. Die stories het hy aanvanklik op Facebook gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek. |
![]() ![]() You may like...
Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam…
Adam Small, Ronelda Kamfer
Paperback
![]()
You Get Better With Love - This Is How…
Duduzile Noeleen Ngwenya
Paperback
|