|
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.
Die ikoniese en geliefde skrywer Dana Snyman deel sy 100
gunstelingstories in ’n buksie van ’n bundel, net betyds vir Kersfees.
Die stories strek van ou familiestories, reisverhale uit Dana se Weg!-
dae en ware lewensdrama uit sy Huisgenootdae, tot intieme verhale
uit sy meer onlangse werk, waar hy selfondersoekend en met ’n
skerp waarnemingsin ons land en sy mense betrag. Daar is ook 20
nuwe stories, oor die pandemie en oor rugby. Wat al die stories in
gemeen het, is die meelewendheid en waardering vir gewone mense
wat Dana se werk kenmerk, saam met sy soms skokkende eerlike
insigte in sy eie psige, as kind van SuidAfrika. Soos Sarie se
resensent opgemerk het: “Hy laat jou met nuwe oë na alledaagse
gebeure en mense om jou kyk.”
In 1983 verruil Ilse Mouton en haar dokterman Andre hul stedelike
bestaan en blou Bolandse berge vir die verrykende ervaring van ‘n
plattelandse leefwyse en vestig hulle in Gobabis, waar hul nuwe
heimat ‘n onuitwisbare nalatenskap in hul wese laat. Teen die
agtergrond van politieke veranderinge word die wel en wee van
Gobabis gedurende die 1980’s met pieteit, eerlikheid en ‘n ruim
skoot humor beleef.
RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou
die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte
strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en
watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye
wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die
geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot - wie het kon dink aan
beeswange of spinasie-paneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is
getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.
Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind.
In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die
spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.
Elke provinsie sal ’n kaart hę wat die monumente aandui.
’n Onontbeerlike gids vir die uitkenning van al die gevaarlike slange en algemene onskadelike slange in Suider-Afrika, sowel as belangrike en praktiese kitsinligting oor noodhulp ingeval van ’n slangbyt.
Eenvoudige ikone, verspreidingskaarte, bondige teks en talle volkleurfoto's help om slange wat algemeen in die streek voorkom maklik uit te ken. Simptome en behandeling van slangbyte word beskryf, wat die leser lewensbelangrike noodhulpinligting gee.
Slange en Slangbyt in Suider-Afrika is helder, prakties, maklik om te gebruik en van onskatbare waarde vir almal wat van die buitelewe hou.
In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte.
Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese
frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van
morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir
piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot
verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels
vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die
vleisfamilie iets spesiaals op te tower.
Hierdie versameling kortverhale bied 'n histeriese kykie op
alledaagse situasies: 'n tango-les in die platteland; die tannie so
"eenvoudig soos 'n ses-stuk legkaart"; 'n besoek aan 'n tandarts en
sy assistent wat meer as net 'n spreekkamer deel. Lloyd Zandberg se
debuut is 'n boek vol deernis en humor, met vriendelike
gebruiksaanwysings vir mense wat nie so goed lees nie. Kyk een keer
deur sy oe na die lewe, en niks sal ooit weer dieselfde wees nie.
Van sy eerste dag as nasionale dienspligtige was Francois Verster in die sop weens sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse van sy basiese opleiding en lewe as troeponderwyser op Omega.
Hierdie geensins verromantiseerde storie bied ’n vars hoek op die Grensoorloggenre en ’n blik op hoe Afrikanermans die nuwe Suid-Afrika beleef.
Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie
talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil
Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”
Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só
maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak!
Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min
moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak.
Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot
romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos.
Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag gręnd
wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beďndruk jou
gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar
geen moeite is nie!
Hekel 'n pad na genesing Hier is 'n hekelboek met 'n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van 'n kind tot emosionele en fisieke mishandeling. Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op 'n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories. Ons het 'n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry. Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik. Hierdie is 'n handwerkboek met die eienskappe van 'n selfhelpboek. Die boek bevat een-en-twintig verhale met een-en-twintig gepaardgaande projekte en patrone, wat jou kan help om enige verlies, werkverwante stres, depressie, siekte of trauma te verwerk. Dit is iets soos die hekel weergawe van 'How to make an American quilt'.
Laat verandering, inspirasie en sukses weer opnuut in jou ontwaak word. Sleutels tot bevat 80 bladsye van motiverende aanhalings en gedagtes oor sukses en uitnemendheid, wat met behulp van ’n pragtige uitleg-ontwerp aangebied word. Hierdie geskenkboek is gerig op diegene wat ’n positiewe uitkyk op die lewe wil ontwikkel en behou, en sal mense in staat stel om elke dag te groei en verander.
Met plek vir ’n persoonlike boodskap in die voorkant van Sleutels tot sukses, is hierdie boek ideaal om te gebruik in die plek van ’n geleentheidskaartjie of as ’n geskenk om ’n vriend of kollega te bemoedig en te motiveer.
|
You may like...
Miss Behave
Malebo Sephodi
Paperback
(12)
R366
Discovery Miles 3 660
|