Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
Voel dit vir jou ook of jy soms van die een doen-ding op jou lysie na
die volgende jaag sonder tyd vir rustig raak? Tydens dol dae propvol
verantwoordelikhede het ’n mens tye nodig waarin jy jou gedagtes kan
orden en asemskep.
Wil jy stil raak na ’n lang dag van eise en prioriteite? Die
Skrifbeloftes in 365 Beloftes uit die Woord in kleur sal jou verseker
van God se teenwoordigheid en omgee.
Elke laerskooldogter het nodig om te weet daar is Iemand wat altyd daar
sal wees vir haar en met Wie sy enige tyd of plek kan praat. En daardie
Iemand is Jesus! Hy is altyd daar, en Hy luister altyd.
Is jy op soek na ’n manier om jou vermoë om logies te redeneer
vlymskerp te maak? Slyp jou vaardigheid met Bybel-sudoku! Jy hoef nie
’n sudoku-kenner of ’n wiskunde-boffin te wees nie – al wat jy nodig
het, is logiese denke – en soms jou Bybel.
Of jy op soek is na ’n lekker vakansie-aktiwiteit wat julle as gesin
saam kan doen of sommer net kwaliteit-tyd saam wil deurbring – Bybel
Woordsoektogte is jou antwoord.
Tap into your creative side with the Bible Journaling Sticker Sets
Is jy altyd aan die hardloop tussen werk en gesin en vriende, sonder
oomblikke van stilword en rus? Dit is ’n seën om voluit te lewe, maar
om werklik ons beste lewe te hê, het ons oomblikke van rus nodig.
My babaseuntjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante
gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke,
maande en jaar vas te vang.
Is jy op soek na iets kleins om ’n vriendin se geskenk af te rond?
Die Professionele Jaarbeplanner 2025 is ’n omvattende dagbeplanner in
A4-formaat, ideaal vir elkeen wat ’n besige en veeleisende lewe het.
Dit het ’n bladsy per dag vir afsprake, verdeel in tydgleuwe van ’n
halfuur elk. Die dagbeplanner het ’n kunsleer-omslag en ’n
Bybellees-plan sodat jy die Bybel in ’n jaar kan deurlees.
Die Angus Buchan-dagbeplanner 2025 is ideaal vir elkeen wat hulle dag
doelgerig saam met God wil begin. Daar is ’n bladsy per dag vir
afsprake met plek om jou eie tye in te vul. Die dagbeplanner se
kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere of klein items
daarin kan toerits.
Die Dagbeplanner vir vroue 2025 is die ideale 18-maande-beplanner vir
vroue. Elke maand het ’n maandbeplanner en plek om doelwitte en
belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanner, wat strek van
Augustus 2024 tot Januarie 2026, is verdeel in oggend- en
middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die
dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere
of klein items daarin kan toerits.
Die Professionele Jaarbeplanner 2025 is ’n omvattende dagbeplanner in
A4-formaat, ideaal vir elkeen wat ’n besige en veeleisende lewe het.
Dit het ’n bladsy per dag vir afsprake, verdeel in tydgleuwe van ’n
halfuur elk. Die dagbeplanner het ’n kunsleer-omslag en ’n
Bybellees-plan sodat jy die Bybel in ’n jaar kan deurlees.
Keep your hunger for the Word alive with the Bread of Life Promises of
God Scripture Cards.
My babadogtertjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante
gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke,
maande en jaar vas te vang.
Die Skooldagboek 2025 vir kinders tussen 8 en 12 met sy opvallende
voorblad, bevat nuwe uitdagende aktiwiteite en 'n persoonlike seksie
agterin die boek. Met 'n opwindende nuwe voorkoms sal hierdie dagboek
nog gewilder wees as voorheen.
Wanneer dit voel of alles vir jou te veel word, is God se getroue
beloftes daar om jou te verseker dat God getrou is en ons nooit in die
steek sal laat nie.
Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike
reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby
van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen,
C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager.
Ontvang genesing vir jou emosionele wonde en ontdek jou lewensdoel as God se dogter in hierdie 90-daedagstukkieboek deur die internasionaal-bekende Joyce Meyer. Genesing vir elke vrou dagstukkies delf diep in Joyce Meyer se eie lewensverhaal en haar reis na genesing. Ten spyte van jare se mishandeling, verwerping en verraad deur die mense die naaste aan haar, glo Joyce dat elke vrou wat diep seergekry het deur lewensomstandighede, ten volle genees kan word in hart en siel. Haar onwankelbare aanspraak het ontstaan uit haar reis na genesing van haar eie siel, en ook die pad wat sy gestap het met soveel vroue wat nie wou glo dat hulle hul pyn ten volle sou oorwin en wat riglyne in die lewegewende wysheid van die Bybel gevind het nie. Joyce neem jou op ’n 90-dae-reis om jou te bemoedig deur die lewe se struikelblokke om jou ware lewensdoel te bereik. Die Here kan jou pyn genees, en Hy wil dit in jou hart doen. Laat Genesing vir elke vrou dagstukkies jou inspireer op jou pad na die wonderlike, vreugdevolle toekoms wat God vir jou beplan het!
Gebede vir my seuntjie bied 40 kosbare gebede wat ouers oor hulle
kleinding kan bid.
Die gebede en beloftes uit die Skrif sal ouers lei wanneer hulle hul
baba se lewe in die liefdevolle hande van die Here wil oorgee. Dit sal
ouers lei om spesifiek en met verwagting te bid vir God se sorg,
beskerming en seën in hulle kleinding se lewe.
’n Stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van fopnuus tot ’n 40ste skoolreünie. Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche en van die Bogosi-gesin wat by hom op Jacobsbaai gewoon het. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in die land. Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Ten slotte vertel hy van sy verloofde se selfdood en hoe hy daarná byna al sy besittings weggee en die pad vat.
'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!
In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek. Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie, of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste speserye. Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebak is die boek beslis ’n moet vir elke Kaaps-Maleise lekkerbek – en elkeen wat nog altyd meer wou weet van die Kaaps-Maleise kookkuns!
Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye – maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geïnspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie. |
You may like...
Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige…
Burger Cillie, Niel Cillie, …
Paperback
(11)
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
Paperback
Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met…
Ian Sinclair, Phil Hockey
Paperback
(2)
|