Die Professionele Jaarbeplanner 2026 is ’n omvattende dagbeplanner,
ideaal vir elkeen wat ’n besige en veeleisende lewe het. Dit het ’n
bladsy per dag vir afsprake, verdeel in tydgleuwe van ’n halfuur elk.
Die dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los
papiere of klein items daarin kan toerits. Dit het ook ’n
Bybellees-plan sodat jy die Bybel in ’n jaar kan deurlees.
Ander kenmerke van hierdie dagbeplanner:
• ’n 12-maande-dagbeplanner (Januarie 2026-Desember 2026) in A5-formaat
• ’n Bladsy per dag vir afsprake
• ’n Teksvers vir elke dag
• Plek vir elke dag se doen-lysie
• Onderaan elke dubbelbladsy is ’n mini-jaarkalender van 2026
• ’n Maandbeplanner en begrotingsbladsy vir elke maand
• ’n Lys openbare vakansiedae, internasionale skakelkodes en ’n
omrekeningstabel
• ’n Jaarbeplanner vir 2026 en 2027
• Plek vir notas, adresse en telefoonnommers en persoonlike inligting
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
• Beplanningsbladsye vir Januarie 2027
• 400 eenkleur-bladsye
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!