0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (25)
  • R100 - R250 (113)
  • R250 - R500 (146)
  • R500+ (35)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning

Die Groot Afrikaanse Blokraai-boek (Afrikaans, Paperback): Gerda Engelbrecht Die Groot Afrikaanse Blokraai-boek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Engelbrecht
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 6 - 11 working days

Verkies jy blokraaie waar die leidrade binne of buite die raaisel staan, koderaaisels of sudoku?

Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek bevat dit alles! Hierdie versameling bevat meer as 200 van die beste blokraaisels en ander speletjies wat in Media24 se gewilde tydskrifte soos Sarie, Weg, Tuis en Landbou-weekblad verskyn het.

Dit beloof om jou ure lank te vermaak en uit te daag. Dit is boonop die perfekte geskenk vir enige blokraaiverslaafde.

Newman se Voëls Volgens Kleur - Suid-Afrika se algemene voëls gerangskik volgens kleur en grootte (Afrikaans, Paperback, Nuwe... Newman se Voëls Volgens Kleur - Suid-Afrika se algemene voëls gerangskik volgens kleur en grootte (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kenneth Newman, Nick Newman 1
R480 R443 Discovery Miles 4 430 Save R37 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Newman se Voëls volgens Kleur bied vir die beginnervoëlkyker ’n vinnige, eenvoudige manier om Suider-Afrika se algemeenste voëls volgens hul kleur te identifiseer. Die vierde uitgawe van dié nuttige geïllustreerde gids is bygewerk met die nuutste gewone voëlname, uitgebreide habitatinligting en die mees onlangse verspreidingkaarte. Die leersame inleiding bevat praktiese wenke oor die uitken van voëls, inligting oor voëlanatomie en -klassifikasie, en raad oor waar om vir voëls te soek en wat jy op só ’n uitstappie moet inpak.

Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Wat Se Bettina? - Rubrieke (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 4 - 8 working days

Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid.

Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”

Fanie Os Oppie Jas (Afrikaans, Paperback): Fanie van der Merwe Fanie Os Oppie Jas (Afrikaans, Paperback)
Fanie van der Merwe
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ondanks sy juweel van 'n Afrikaanse naam verkeer Fanie van der Merwe reeds vir twee dekades in selfopgelegde ballingskap. Danksy sy nering as geskiedenisonderwyser aan internasionale skole kry hy klokslag geleentheid om internasionaal te reis, wat hy met oorgawe doen. In die proses het hy reeds meer as vyftig lande besoek. In 2017 skep Fanie sy "Fanie Os Oppie Jas"-blad op Facebook - 'n hoekie in die kuberruim waar hy dagboek van sy reise hou, en vandag volg meer as 11,000 intekenare sy avonture. Met "Die reisstories van 'n nomadiese geskiedenisonderwyser" neem Fanie die leser op 'n warrelwindreis na ses lande wat nie gereeld op die gemiddelde reisiger se radar verskyn nie - Noord-Korea, Mianmar, Kambodja, Tibet, Belgie, en die uithoeke van die VSA. Danksy 'n kombinasie van pittige anekdotes in die suiwerste Afrikaans, asemrowende foto's en lighartige, dog boeiende geskiedenisverwante vertelllings, beloof die boek om 'n reisbundel te wees soos wat nog selde in Afrikaans gesien is. Die geskiedkundige feite sal verbluf, die foto's sal betower, maar dis Fanie se unieke, tong-in-die-kies-waarnemings wat selfs die mees huisvaste Jan Tuisblyer sal laat jeuk vir 'n internasionale reis.

Bome van plek tot plek in die Nasionale Krugerwildtuin (Afrikaans, Paperback): Marissa Greeff Bome van plek tot plek in die Nasionale Krugerwildtuin (Afrikaans, Paperback)
Marissa Greeff
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 6 - 11 working days

I wonder what tree that is' - if this thought has ever occurred to you in the Kruger National Park, this book is intended for you. Virtually no visitor to the Kruger National Park has not, at some point, become a nature enthusiast once the Big Five hunger has been stilled. This book is about trees, but has been compiled around places in the Kruger National Park. It describes 51 species of trees in rest camps, picnic sites and bird hides as static objects. When you arrive in a rest camp, at a picnic site or bird hide, the book will draw your attention to a remarkable or interesting tree. The small map at the top left of each title page indicates in which part of the Kruger Park the tree is - the southern, central or northern region It is only when you have come to see and appreciate the magnificence of the veld, that you wish you knew more about the trees encountered along the way... This book is a glorious travelling companion that introduces you to the characteristics of specific trees. It accompanies you on your journey from stopping place to picnic place to rest camp. More than 220 beautiful photographs in full colour, user-friendly descriptions of 51 tree species and special anecdotes provide the reader with interesting general knowledge as well as an insight into the history of the Park.

'n Swerwer Op Die Sonpad (Afrikaans, Hardcover): W.A. de Klerk 'n Swerwer Op Die Sonpad (Afrikaans, Hardcover)
W.A. de Klerk
R100 Discovery Miles 1 000 Ships in 4 - 8 working days

Twee verhale word in hierdie teks gelyktydig vertel: die van die skrywer se reis deur Angola tydens die herdenking van die Dorslandtrek en die geskiedenis van daardie epiese tog. De Klerk se lewendige verteltrant laat 'n veelbewoe stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. W.A de Klerk was een van die voortreflikste literere joernaliste in Afrikaans.Vir die skryf van Swerwer op die sonpad het hy onder meer talle onderhoude met Dorslandtrekkers en hulle kinders gevoer, wat hier woord vir woord weergee word in elkeen se unieke, sappige Afrikaans. Dit is ’n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.

Die Veldwagter Stap Saam - Die allesomvattende veldgids tot die Laeveld (Afrikaans, Paperback): Megan Emmett, Sean Pattrick Die Veldwagter Stap Saam - Die allesomvattende veldgids tot die Laeveld (Afrikaans, Paperback)
Megan Emmett, Sean Pattrick
R495 R442 Discovery Miles 4 420 Save R53 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Die veldwagter stap saam is nie 'n tradisionele veldgids in die sin dat dit tot in die fynste besonderhede verduidelik hoe om 'n spesifieke plant of dier te identifiseer nie (alhoewel die teks tog nuttige wenke gee om uitkenning te vergemaklik). Die doel met hierdie boek is eerder om te dien as 'n persoonlike gids of 'veldwagter' tydens 'n besoek aan die Laeveld. Dit ontsluit op 'n toeganklike wyse 'n magdom verklarende inligting oor die mees algemene diere en plante van die Laeveld en doen so weg, met die nodigheid om 'n stapel verskillende veldgidse saam te karwei. Die Veldwagter stap saam is 'n beknopte gids propvol interessante inligting oor 'n verskeidenheid onderwerpe, met inbegrip van soogdiere, voels, reptiele en amfibiers, ongewerweldes, bome, grasse, veldblomme en spoorsny, toegelig met honderde kleurfoto's wat help met die verklaring van diergedrag en uitkenning van algemene spesies. Die veldwagter stap saam is die ideale handleiding vir amateurnatuurkundiges van alle ouderdomme, insluitend nuwe besoekers aan die bosveld, vakansiegangers en aspirant 'veldwagters'. Wanneer 'veldwagters' in die toerismebedryf hulle opleiding ontvang, is dit juis die inligting vervat in hierdie boek wat hulle eerste moet baasraak. Enige 'veldwagter' wat sy sout werd is moet oor 'n grondige kennis van die natuur beskik om kliente se vrae sinvol te kan beantwoord en die beginpunt is altyd om die mees algemene onderwerpe in elke studieveld onder die knie te kry. Mettertyd kan veldwagters hul basiese kennis van die algemene onderwerpe uitbrei deur al meer gespesialiseerde bronne te bestudeer. Hierdie benadering kan natuurlik gevolg word deur enigiemand wat sy of haar kennis van die bosveld wil verbreed - en Die Veldwagter Stap Saam beloof om dit 'n genotvolle en deelnemende proses te maak!

Op Pad In Suid-Afrika - Verken Suid-Afrika Streek Vir Streek (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): B.P.J. Erasmus Op Pad In Suid-Afrika - Verken Suid-Afrika Streek Vir Streek (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
B.P.J. Erasmus
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit – van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung –is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken.

Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het ’n vars, kontemporere voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so ’n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het ’n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie.

Die 37 hoofstukke is in ’n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring. Elke hoofstuk handel oor ’n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied. Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks. Die boek bied iets vir almal – of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok.

Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 foto’s bevat Op Pad in Suid-Afrika ’n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.

Sakgids Tot Suider-Afrikaanse Soogdiere (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe): Burger Cillie Sakgids Tot Suider-Afrikaanse Soogdiere (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe)
Burger Cillie
R190 R170 Discovery Miles 1 700 Save R20 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Sakgids tot Soogdiere van Suider-Afrika is 'n handleiding tot meer as honderd soogdierspesies - van die groot katte tot muise en vlermuise. Elke inskrywing bevat 'n gedetailleerde beskrywing met: Duidelike, volkleurfoto's; inligting oor identifisering, subspesies, massa, hoogte, vokalisasie, ouderdom, habitat, gewoontes, kos, voortplanting en verskille tussen die geslagte. Besonderhede van ander spesies

Muti en Mites uit Afrika (Afrikaans, Paperback): Heather Dugmore, Ben-Erik Van Wyk, Dugmore, Heather | van Wyk, Ben-Erik Muti en Mites uit Afrika (Afrikaans, Paperback)
Heather Dugmore, Ben-Erik Van Wyk, Dugmore, Heather | van Wyk, Ben-Erik
R199 R178 Discovery Miles 1 780 Save R21 (11%) Ships in 6 - 11 working days

In this book are fifty-two compelling tales that will lead the reader on a journey of discovery of the African continent. It tracks the ancient grail of traditional African medicine or muthi. The journey takes one year, with one story for each of the fifty-two weeks. Many of the stories inherited through Africa’s compelling oral tradition are between these covers: committed to paper for the first time ever.

The ancient African people were the first aromatherapists who well understood the effect of plants on the human body, mind and soul. Innately spiritual, the thousands of lineages of African people across thousands of years have all used plant medicines for healing, always with the blessing of their ancestors.

Knowledge of African plant mythology and its associated healing practices is most certainly a grail because on this great continent we call Africa, knowledge has always been an oral tradition. Because it was never written down, thousands of years of healing wisdom and intelligence have been lost in the transference from one generation to the next.

This book endeavoures to bring to light the deep history of fifty-two of the thousands of indigenous medicinal plants of Africa, before it is too late. The focus is towards Southern Africa because this region is a hotspot of cultural and botanical diversity. Unlike the healing knowledge of other ancient cultures, such as India or China, little of Africa’s healing history is recorded.

As you read the stories about fifty-two of the continent’s prominent indigenous plant cures, the authors hope you, too, will experience some of the magnetism, mystery and wisdom of Africa. They hope it will help you understand a bit more about yourself and about our species: the human being.

Geniet 'n Heuningsoete Dag Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Geniet 'n Heuningsoete Dag Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Voel dit vir jou ook of jy soms van die een doen-ding op jou lysie na die volgende jaag sonder tyd vir rustig raak? Tydens dol dae propvol verantwoordelikhede het ’n mens tye nodig waarin jy jou gedagtes kan orden en asemskep.

Laat jou gedagtes stil word terwyl jy die 40 volblad-ontwerpe van Geniet ’n heuningsoete dag inkleur. ’n Addisionele 10 bladsye met kaartjies, boekmerke en etikette is ingesluit wat ook ingekleur en uitgedeel kan word.

365 Beloftes Uit Die Woord In Kleur (Afrikaans, Paperback, Hersiene Uitgawe): 365 Beloftes Uit Die Woord In Kleur (Afrikaans, Paperback, Hersiene Uitgawe)
R159 R146 Discovery Miles 1 460 Save R13 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy stil raak na ’n lang dag van eise en prioriteite? Die Skrifbeloftes in 365 Beloftes uit die Woord in kleur sal jou verseker van God se teenwoordigheid en omgee.

Hierdie inkleurboek vir volwassenes is die perfekte grootte om oral met jou saam te dra vir daardie broodnodige oomblikke van vrede in jou dag. Elke bladsy bevat beloftes uit die Woord wat jou sal bemoedig, met ’n meegaande illustrasie om in te kleur.

Die 125 illustrasies maak dit die ideale geskenkboek wat ’n inkleurboek sowel as inspirerende leesstof kan wees.

Dankie! - Inkleurboek Vir Dogters (Afrikaans, Paperback): Dankie! - Inkleurboek Vir Dogters (Afrikaans, Paperback)
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Elke laerskooldogter het nodig om te weet daar is Iemand wat altyd daar sal wees vir haar en met Wie sy enige tyd of plek kan praat. En daardie Iemand is Jesus! Hy is altyd daar, en Hy luister altyd.

Dankie! Inkleurboek vir dogters sal dogters tussen 8 en 12 aan hierdie waarheid herinner, terwyl hulle leer oor soveel dinge waaroor hulle dankbaar kan wees en kan bid.

Die 40 kort, eenvoudige gebede bied ’n wegspringplek vir meisies se eie gebedswandel saam met die Here, terwyl die volblad-ontwerpe om in te kleur kreatiwiteit en stilword by God aanmoedig.

Bybel Sudoku (Afrikaans, Paperback): Bybel Sudoku (Afrikaans, Paperback)
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy op soek na ’n manier om jou vermoë om logies te redeneer vlymskerp te maak? Slyp jou vaardigheid met Bybel-sudoku! Jy hoef nie ’n sudoku-kenner of ’n wiskunde-boffin te wees nie – al wat jy nodig het, is logiese denke – en soms jou Bybel.

Die 100 sudoku-speletjies is vir beginners tot meesters van sudoku – vind die moeilikheidsgraad wat vir jou werk. Oplossings vir al die speletjies is ingesluit, as die leidrade uit die Bybel nie genoeg is om die speletjie te wys wie is baas nie.

Of dit jou eerste sudoku-boek is en of jy net ’n vars uitdaging wil hê, Bybel-sudoku beloof om jou brein ’n goeie oefensessie te gee.

Bybel Woordsoektogte (Afrikaans, Paperback): Bybel Woordsoektogte (Afrikaans, Paperback)
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Of jy op soek is na ’n lekker vakansie-aktiwiteit wat julle as gesin saam kan doen of sommer net kwaliteit-tyd saam wil deurbring – Bybel Woordsoektogte is jou antwoord.

Dié boek met sy 100 woordsoektogte bied iets vir elke ouderdom. Die prettige speletjies, met tematiese inhoud wat strek van Genesis tot Openbaring, is nie net goeie oefening vir die grysstof nie, maar verryk boonop jou Bybelkennis met interessante brokkies oor Bybelse plekke en mense.

Ekstra vrae met Bybelse leidrade is ook deur die boek versprei en Skrifverwysings vir ekstra inspirasie kom saam met die speletjies. Die antwoorde word agter in die boek voorsien as jy die woorde regtig nie kan kry nie.

• 100 tematiese woordsoektogte met temas wat strek van Genesis tot Openbaring, soos diere in die Bybel, plante, edelmetale, riviere en bekende Bybelse karakters, plekke en gebeurtenisse.
• Inspirerende Bybelverse.
• Ekstra vrae met leidrade by sommige speletjies.
• Antwoorde agter in die boek.
• Ideale hulpmiddel vir tuisonderrig en Sondagskole.
• Perfek vir vakansies of rustige aande tuis.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Word Searches.

Ses Inkleur Plakker Bladsye (Afrikaans): Ses Inkleur Plakker Bladsye (Afrikaans)
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Tap into your creative side with the Bible Journaling Sticker Sets

These Bible Journaling Stickers include Scripture stickers that have encouraging words, expressions of faith and lovely accents of nature with the added bonus of allowing you to add your own color scheme.

Color these stickers and add them to your journaling Bible as you engage and learn more about God.

• More than 120 Stickers
• Pack of 6 Sheets
• Matt uncoated sticker paper
• Self-seal Bag Packaging
• Afrikaans Product

Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy altyd aan die hardloop tussen werk en gesin en vriende, sonder oomblikke van stilword en rus? Dit is ’n seën om voluit te lewe, maar om werklik ons beste lewe te hê, het ons oomblikke van rus nodig.

Vrede in jou hart inkleuboek laat jou gedagtes stil word terwyl jy die 40 ontwerpe inkleur, en die verse uit die Woord en aanhalings jou siel voed. ’n Addisionele 10 bladsye met kaartjies, boekmerke en etikette is ingesluit wat ook ingekleur en uitgedeel kan word.

Laat God se vrede oor jou spoel terwyl jy die rustige inkleur-oomblikke geniet.

Jesus Het My Lief - ... en ander dinge wat die Bybel oor my sê (Afrikaans, Cards): Jesus Het My Lief - ... en ander dinge wat die Bybel oor my sê (Afrikaans, Cards)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Jesus Het My Lief ... en ander dinge wat die Bybel oor my sê

In ’n wêreld wat verwarrend is en voortdurend verander, is dit belangrik dat kinders weet wie hulle in Christus is. Om hul identiteit as kind van God te verstaan, sal hulle stabiliteit en sekerheid gee in ’n onsekere wêreld. Terwyl hulle die 44 ontwerpe inkleur, sal kinders leer dat hulle geliefd, vergewe, gered en uitverkies is. Elke Bybel-gebaseerde bevestiging word ondersteun deur ’n Bybelvers.

• 44 inkleurkaartjies in ’n boksie.
• Elke kaartjie het ’n Bybel-gebaseerde bevestiging wat ingekleur kan word, met ’n ondersteunende Bybelvers.
• Kaartjies is slegs aan een kant gedruk vir plek om oor die bevestiging te besin en aantekeninge te maak.
• Dik papier sodat enigiets van potlode tot waterverf gebruik kan word.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Jesus Loves Me.
• Vir 5- tot 10-jariges

Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards): Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kosbaar vir Hom: Bevestigings vir Vroue van Geloof

Voel dit soms of jy nie aan die wêreld se standaarde van sukses en skoonheid voldoen nie? Dat jy nie genoeg is nie?

Die 44 inkleurkaartjies van Kosbaar vir Hom is die ideale manier om jouself te herinner aan wie jy in Christus is. Terwyl jy die 44 bevestigings van jou identiteit as kind van God inkleur, sal jy daaraan herinner word dat jy deur jou hemelse Vader uitverkies, vergewe, en verlos is en dat Hy jou baie liefhet. Dink biddend na oor elke bevestiging terwyl jy inkleur en jou verheug in jou identiteit as ’n dogter van die Koning!

• 44 inkleurkaartjies in ’n boksie.
• Elke kaartjie het ’n Bybel-gebaseerde bevestiging wat ingekleur kan word, met ’n ondersteunende Bybelvers.
• Kaartjies is slegs aan een kant gedruk vir plek om oor die bevestiging te besin en aantekeninge te maak.
• Dik papier sodat enigiets van potlode tot waterverf gebruik kan word.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Precious and Loved.

Die Name van Jesus Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Die Name van Jesus Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy graag ’n sterker, inniger verhouding met Jesus hê? ’n Mens bou jou verhouding met die Here deur tyd in sy teenwoordigheid deur te bring en Hom beter te leer ken.

Die Name van Jesus Gebedsjoernaal sal jou help nadink oor die Name van Jesus en sy karakter en jou help om ’n inniger persoonlike verhouding met Hom te bou. Hierdie gebedsjoernaal bevat:

• 31 inkleur-ontwerpe van die Name van Jesus waaronder Alfa en Omega, Brood van die Lewe, Bruidegom en Goeie Herder.
• ’n Kort beskrywing van elkeen van die Name en wat dit sê oor Jesus se karakter.
• Gedagtes om jou te laat nadink, met teksverse wat pas by die betrokke Naam van Jesus.
• Bladsye met lyntjies waar jy jou gedagtes of gebede kan neerskryf.

Die Name van Jesus Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Die Name van Jesus Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wie is Jesus vir jou? In die Bybel het Jesus baie Name: Herder, Koning, Bruidegom, Immanuel, Verlosser ... Hierdie Name weerspieël sy karakter en wys dat Hy sy kinders liefhet – ook vir jou.

Dink na oor wat hierdie Name vir jou beteken met Die Name van Jesus inkleurboek. Die 45 ontwerpe vir volwassenes het elk ’n teksvers waaruit die Naam geneem is. Die volblad-illustrasies is op geperforeerde bladsye gedruk sodat dit maklik uitgeskeur kan word, met vyf bladsye met boekmerke om in te kleur en te deel.

• 45 volblad-illustrasies van die Name van Jesus, waaronder Alfa en Omega, Brood van die lewe, Bruidegom en Goeie Herder.
• 5 bladsye met boekmerke om in te kleur.
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word.
• Geperforeerde bladsye, net aan een kant gedruk, wat maklik uitgeskeur kan word.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander inkleur-produkte en kaartjies.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Names of Jesus Coloring Book.

Woorde Van Liefde Vir Ma - Inspirasie Uit Die Skrif (Afrikaans, Cards): Woorde Van Liefde Vir Ma - Inspirasie Uit Die Skrif (Afrikaans, Cards)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days
My Babaseuntjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards): My Babaseuntjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

My babaseuntjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang.

Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto’s van baba om sy ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.

Inspirasie Uit Die Woord (Afrikaans, Cards): Inspirasie Uit Die Woord (Afrikaans, Cards)
R109 R101 Discovery Miles 1 010 Save R8 (7%) Ships in 4 - 8 working days
Brood Van Die Lewe Beloftes Van God Plastic Boxed Cards (Afrikaans, Cards): Brood Van Die Lewe Beloftes Van God Plastic Boxed Cards (Afrikaans, Cards)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Keep your hunger for the Word alive with the Bread of Life Promises of God Scripture Cards.

Place these Christian cards on your bedside table for morning and evening reflection and quiet time with the Lord.

• Scripture promises for daily strength
• 106 x Double-sided Cards
• 6 colors (blue, green, lime, yellow, pink, and red) • Packaged in a clear Perspex box with gold foil accents
• Box size: 75 x 55 x 29mm

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Eat, Drink & Blame The Ancestors - The…
Ndumiso Ngcobo Paperback R409 Discovery Miles 4 090
Investigative Journalism, Environmental…
J. Tong Hardcover R2,022 R1,845 Discovery Miles 18 450
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R580 Discovery Miles 5 800
Vegan Christmas - Over 70 Amazing Vegan…
Gaz Oakley Hardcover  (1)
R359 R50 Discovery Miles 500
Fatima Sydow Cooks
Fatima Sydow Paperback  (3)
R420 R394 Discovery Miles 3 940
The Chapo Guide to Revolution - A…
Chapo Trap House, Felix Biederman, … Paperback  (1)
R423 R396 Discovery Miles 3 960
Power And Loss In South African…
Glenda Daniels Paperback R380 R351 Discovery Miles 3 510
Griefseed
Malika Lueen Ndlovu Paperback R278 Discovery Miles 2 780
The Free Speech Wars - How Did We Get…
Charlotte Lydia Riley Paperback R521 R474 Discovery Miles 4 740
Our Words, Our Worlds - Writing On Black…
Makhosazana Xaba Paperback R315 R291 Discovery Miles 2 910

 

Partners