![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
Skuif handel oor die evolusie van ons wêreld vanaf die begin van lewe tot in die toekoms. Die boek gee ’n ongelooflike oorsig van elke tydperk in die aarde se tektoniese geskiedenis. Hierdie verstommende visuele voorstelling van die aarde se geologiese geskiedenis beskryf die verskuiwing van landmassas en die ontwikkeling van die kontinente soos ons dit vandag ken. Met pragtige wêreldkaarte en illustrasies wat die oorsprong van lewe uitbeeld en die aarde se moontlike toekoms vorspel, is Skuif die ideale gids tot ons planeet se geskiedenis. Martin Ince beskryf op toeganklike wyse wat die impak van geologiese veranderinge op die lewe op aarde is.
Verlang jy ook soms, soos ou Suidwesters, na vervloe dae se kerkbasaars, geselsies maak met sout-van-die-aarde-karakters of night caps in die Nord Hotel se kroeg? Dink jy ook met heimwee terug aan karavaanvakansies, Etosha se kilometers bos- en vlaktewereld en ure se gesels om die braaivleisvuur? Met Verdriet se moses neem Helm Jooste sy lesers op ? nostalgiese reis na daardie Suidwes: ’n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te skud, waar elke kuier eers met 'n laaste kleine Kleine afgerond moet word, en jeugdige joligheid ’n mens jare later nog kan laat skater. Lees hoe ’n misleidende ontmoeting met ’n loskop net die regte medisyne vir ’n ontspoorde wewenaar geword het, hoe ’n weerbarstige motortoeter byna tot moord gelei het en hoe vier gestrande manne maak as ’n hotel ontydig tjokkenblok vol is. Verdriet se moses volg op Helm Jooste se eerste twee boeke: Daar doer in Duitswes (1989) en Dinge daar doer (1992), waarmee hy verwelkom is as “bobaasverteller oor die ou dae in Namibie”. Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.
Die "ver paaie" in hierdie teks (wat in 1949 vir die eerste keer verskyn het) verwys na 'n reis wat die vertellende P.J. Schoeman deur die Kaokoveld in Suidwes-Afrika onderneem het. Deur die soektog na 'n wilde perd ontwikkel die reis egter in 'n verkenning van die gees en word die uiterlike gebeure met die romantiese verlange en die strewe na 'n onvervulde droom verbind.
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en - opsteller. Die Bybel Blokraai bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
In Afskeid van Europa lewer Karel Schoeman verslag van sy laaste twee besoeke aan Nederland, Duitsland en Oostenryk gedurende die herfs van 2011 en 2013. Dit is veral die stede Amsterdam, Berlyn, Dresden, Salzburg en Wene wat aandag kry en ook met Schoeman se vermoe om mense en plekke wat hy waarneem, in woorde tot gestalte te bring. By dit alles is daar ’n ondertoon van heimwee en gelatenheid omdat die skrywer voortdurend bewus is daarvan dat dit werklik sy laaste besoeke is en hy dikwels aan sy ouderdom herinner word: “‘Elderly,’ lees ek op my vliegkaartjie, ‘can’t walk long distance can sit gate close 15 minutes prior to departure.’ Dit is ek.” Maar afgesien van die element van afskeid, is dit Schoeman se belesenheid en sy vermoe om hede en verlede te skakel wat opval en hierdie boek ’n ryk leeservaring maak. Nie alleen die politieke geskiedenis nie, maar ook die verhale van die gewone mens soos dit in die letterkunde uitgebeeld is, word in verband gebring met die strate, parke, kerke en paleise van die groot stede wat hy besoek. Onvermydelik skryf hy oor die twee wereldoorloe se impak op mens en omgewing, maar ook die vasberade inisiatiewe om te restoureer en te herstel in stede soos Berlyn en Dresden. Die hede met sy massatoerisme, die gewonde daaglikse gang van sake en veral ook die tipiese geregte van die plekke wat hy besoek, verseker dat die boek vir eietydse reisigers ook relevant is.
In hierdie boeiende dagboek doen Johan Badenhorst self verslag oor sy span se reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika, met besoeke aan plekke soos Zambie, Tanzanie, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopie, Somaliland, Djiboeti, Eritrea, die Soedan en Egipte. Dit is ’n plakboek propvol asemrowende foto’s deur Gideon du Preez Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die ervare sowel as aspirantreisiger.
W.A de Klerk was een van die voortreflikste literêre joernaliste in Afrikaans. In Drie Swerwers In Suidwes vertel hy die verhaal van ’n reis wat hy en sy reisgenote onderneem het deur Suidwes-Afrika in 1948. Hulle volg die voetspore van die Duitse geoloë Henno Martins en Hermann Korn wat in die Namib gaan skuil het tydens die Tweede Wêreldoorlog om die interneringskampe te ontsnap. Sy lewendige verteltrant laat dié veelbewoë stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. Dit is ’n rygeskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.
Voetspore op die ewenaar vertel van Johan Badenhorst en sy Voetsporespan se agtste reis deur Afrika. Hierdie keer pak hulle 'n reis op die ewenaar aan: 'n reis wat begin in Kenia, kronkel deur Uganda en eindig in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Soos gewoonlik het die Voetsporemanne geen tekort aan avontuur, en hierdie keer selfs aan gevaar, nie. Hulle ontmoet president Barack Obama se ouma in Kenia, klim 'n deel van die Ruwenzoriberge in Uganda, bring 'n dag by die pigmee by Epulu in die DRK deur en sluit die reis af met 'n onvergeetlike bootvaart op die Kongorivier.
C. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Twintig jaar ná die verskyning van C. Johan Bakkes se eerste boek, Moertoe die vreemde in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.
Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ʼn plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld. Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”
Die Akasias, algemeen bekend as "doringbome", is waarskynlik the kenmerkendste en mees bekende groep bome in Afrika. Hulle is een van die grootste groepe en word gewoonlik met 'n tipiese Afrika landskap geassosieer. Hierdie omvattende boek, veldgids tot die Akasias van Suid-Afrika, maak dit maklik om Akasias te identifiseer en sluit in: 'n Volledige weergawe van al 48 erkende spesies, subspesies en varieteite van die genus Acacia wat binne die grense van Suid-Afrika voorkom, insluitende vier nuut beskryfde spesies. Kleur illustrasies van die mees belangrike aspekte rakende die identifikasie van hierdie plante. Bondige teks waarin die habitat, algemene voorkoms, hoofstam, lote, dorings, blare, bloeiwyse, peule en saad van elke vorm beskryf word. 'n Verspreidingskaart van elke vorm.
Bekende televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en ervare avonturier Johan Badenhorst vertrek in Mei 2009 saam met die res van die Voetsporespan uit Casablanca, Marokko. Die ses manne (in drie 4x4-voertuie) se doel is om in minder as 100 dae na Kaapstad te reis – om 'n weg te baan af teen die westekant van Afrika. Die reis neem hulle deur die ongenadige Sahara, die indrukwekkende reenwoude van Sentraal-Afrika en die ongebaande wee van die Suide. Hulle trotseer uitdagings soos min, maar ontdek in die proses magiese stede soos Fes, Oudane, Timbuktu, Agadez, Kano, Limbe en Fanceville en reis dan kuslangs in Angola waar Damaraland roep. Suid-Afrika se grens word gekruis by Sendelingsdrift en van Alexanderbaai reis hulle saam met familie en vriende tot hulle eindelik hul doel bereik: Kaapstad.
Paddas en Paddajolyt bied natuurliefhebbers 'n gebruikersvriendelike en praktiese bekendstelling aan paddas. Die inligting in die titel is gebaseer op die nuutste klassifikasie. Verder bied dit: Identifikasie en beskrywing van alle paddas Suid van die 22 breedtegraad; 'n afdeling oor paddabiologie en gedrag; leiding oor die fotografering van paddas asook die maak van klank - opnames van roepe; inligting oor hoe om paddas na tuine te lok met idees vir projekte soos die bou van 'n paddavriendelikke tuindam; leiding oor die verskeidenheid paddas wat in elke tipe habitat verwag kan word; kleurvolle fotos en verspreidingskaarte vir elke spesie; 'n Sleutel tot op spesievlak asook 'n paddavissleutel tot genusvlak; 'n CD in MP3 formaat met al 115 roepe wat beskikbaar is. Dit bied 'n baie betroubare manier om paddas te identifiseer.
Sagteband (Flexibound); volkleur en gelamelleer
Piet Maritz was vir jare lank 'n karakoelpelskoper in die ou Suidwes. Gedurende sy vele omswerwinge het hy baie interessante mense ontmoet en dinge ondervind. In Kruis en dwars deur ou Suidwes deel hy van hierdie herinneringe en laat jou lag, huil en verlang na vervloe dae.
Dit gons op Vleesbaai ná Bekkies se “ding” met die volstruis. Waar het jy nou al van so iets gehoor? Geen wonder die assuransie-assessor wil glad nie Bekkies se storie glo nie … In hierdie rubriekbundel vervat Pienaar stories oor sy gemeenskap en familie, die omgewing, historiese figure en bekendes, asook stories geïnspireer deur sy regsagtergrond. Pienaar se skryfwerk getuig van ’n fyn sin vir humor, ’n uitstekende mensekennis en ’n wye belangstellingsveld. Die perfekte boek om aan die einde van ’n lang dag mee te ontspan.
Kweek dit self is ’n alsomvattende gids vol praktiese riglyne wat jou sal leer hoe om jou tuin (groot of klein) ten volle te benut, hetsy met tradisionele of alternatiewe tuinbou metodes. Die inhoud is nie beperk tot alledaagse en bekende spesies nie, daar word metodes aangebied om ongewone en moderne variasies van elke tipe plant te kweek. Elke plant word op ’n geordende en logiese manier volledig bespreek, met besondere verwysing na die vereistes vir die voorbereiding van die grond, verdeling van die plante, die kweking, asook die oes en berging daarvan. ’n Lekker bonus is die bykomende wenke hoe om plante in houers te kweek, die geskikste plante vir verskillende spasies, hoe om peste te bekamp, plantmaats, en die beste wapens in die oorlog teen siektes en ander probleme. Met die oog op die haastige leser wat nie onnodige opleeswerk wil doen vóór besluitneming nie, is daar ’n gebruiksvriendelike opsomming van elke spesie en bykomende interessante inligting op so ’n manier saamgestel dat dit ’n plesier is om daarna vollediger inligting te bekom.
Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van ’n predikant en sy gesin in ’n plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Dié sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton. In Liefdegroete, Grootseun word ’n dertigtal van Vos se Grootseun-stukke wat die afgelope jare in Lig verskyn het, byeen gebring as keur van die meer as 100 wat sedert sy laaste versameling verskyn het. Elke rubriek word aangebied as ’n brief wat deur “Grootseun” geskryf word aan sy ouers. Die sketse het meestal ’n sterk humoristiese aanslag en gefokus op ’n plattelandse kerkgemeenskap waarvolgens “Grootseun” die Jongdominee van die gemeente is. Die ruimte is dus plattelands, kerklik en geskryf met ’n deernisvolle aanbod wat eie is aan Vos se skryfstyl.
Hierdie skrywer weet hoe om ʼn storie te vertel en hoe om die leser in te katrol. Haar kinderjare in Pretoria-Wes word lewendig en humoristies verhaal. Haar pa het lewenslank boekminderwaardig gevoel omdat hy nie kon gaan studeer nie. Sy pa het sy grond verloor en hy moes vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy onderskei hom in die spoorweë, maar die drankduiwel ry hom (en die gesin). Geen kind van hom hoef te gaan leer nie, glo hy. Die verteller self spring duidelik en onweerstaanbaar uit die bladsy regop – iemand wat, in haar eie woorde al soos ʼn haas verskrik is deur haar pa maar wat haar eenvoudig nie laat onderkry nie. Sy sou gaan leer, buig of bars. En sy het nie opgehou voordat sy ʼn doktorsgraad verwerf het nie. |
You may like...
Efficient Monopolies - The Limits of…
Thomas Von Ungern-Sternberg
Hardcover
R2,356
Discovery Miles 23 560
Transdisciplinary Perspectives on Risk…
Luisa Dall'acqua, Irene Maria Gironacci
Hardcover
R5,447
Discovery Miles 54 470
Risk and Return in Asian Emerging…
N. Cakici, K. Topyan
Hardcover
|