Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
Aalwyne word algemeen gebruik in tuine dwarsoor die land, en is gewilde 'argitektoniese plante', daar is ook 'n groeiende belangstelling in hulle medisinale en kommersiële gebruike. Daar word gekyk na onder meer klassifikasie, identifikasie, en hoe om tuin te maak met aalwyne. 50 spesies word beskryf, met inligting oor die kleur en verspreiding. Kleurfoto's word regdeur gebruik.
Biljart kopkrapper. Elke situasie in hierdie boek is 'n moeilike gemeenskaplike tafel probleem. Die basiese idee is eenvoudig. Voltooi die eerste bal. Voltooi dan die tweede bal. As jy 'n goeie biljarter, jou sukses met hierdie konfigurasies bewys dat jy is 'n ernstige mededinger. (Google Translate) Hierdie boek is beskikbaar in die VSA (amazon.com) en Europa (*.uk, *.fr, *.de, *.es, *.it). Also see the author's Billiards Blog on the Billiard Gods web site.
Biljart kopkrapper. Elke situasie verduidelik die presiese vaardigheid wat nodig is vir die perfekte posisie. Daar is 'n verduideliking vir die korrekte wit spoed en spin. Hierdie boek leer jy die regte keuses en die regte besluite. Jou nuwe vaardighede en kennis help jy wen baie speletjies. Hierdie boek is beskikbaar in die VSA (amazon.com) en Europa (*.uk, *.fr, *.de, *.es, *.it). Also see the author's Billiards Blog on the Billiard Gods web site.
Hierdie opleiding boek het honderde van verskillende tipes van bore en oefeninge. Begin met maklike setups en dan stadig beweeg in die moeilike skote. Dit sal jou vermoens te verbeter. Week na week, maand na maand, sal jou vaardighede en kennis te verbeter. Hoe meer jy oefen, hoe gouer sal jy 'n kenner biljart speler geword. Hierdie boek is beskikbaar in die VSA (amazon.com) en Europa (*.uk, *.fr, *.de, *.es, *.it). Also see the author's Billiards Blog on the Billiard Gods web site.
Hierdie ten volle hersiene, bygewerkte uitgawe van die gewilde Gids tot die naghemel van Suider-Afrika bevat kleurryke illustrasies, tabelle en diagramme, en bied leiding oor die toerusting wat nodig is om sterre mee waar te neem en nuttige inligting oor die naghemel soos dit vanuit die Suidelike Halfrond te sien is. Verder maak 'n stel sterkaarte wat ontwerp is vir gebruik in Suider-Afrika dit maklik om dwarsdeur die jaar newels, galaksies en sterrehope in gewilde dele van die hemelruim uit te ken.
Roepstem van die Horison is 'n versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher (1937 - 2007). Johann Bacher was 'n polisieman van beroep wat altyd na aan die natuur geleef het, maar voorts 'n besondere mens in die sin dat hy 'n uitstekende sportman was met Springbokkleure in amateurstoei en provinsiale kleure in stoei, boks, atletiek en swem, 'n gesinsman, natuurkenner, jagter van formaat, maar ook skrywer en digter. Hierdie boek bestaan nie net uit jagtersverhale nie, maar bevat ook 'n unieke jagtersfilosofie wat soos 'n goue draad deur die boek verweef is. Verder kleur die skrywer die wonder van die natuur en die skepping in met sy unieke skryfstyl en sorg hy dat sy liefde vir die Afrika-natuur ook by die leser sal aansteek. Die boek bevat vervolgens onontbeerlike praktiese veldwenke vir die jagter asook die natuurliefhebber.
F**ken gaan slaap is 'n slaaptydboek vir ouers wat in die werklikheid leef, waar 'n paar slapende katjies en oulike rympies nie altyd 'n kleinding geluksalig droomland toe stuur nie. Profaan, liefderik en radikaal eerlik, vertolk dit die bekende - en onuitgesproke - beproewings om jou klein engeltjie aan die slaap te kry. F**ken gaan slaap is skitterend, revolusioner en bitter snaaks - 'n boek vir nuwe, ou en toekomstige ouers. Maar jy moet dit dalk liewer nie vir jou kinders lees nie!
Kos en geselligheid op 'n bekende plaas in die Overberg - 'n fees vir die oog en 'n inspirasie om self heerlik fees te vier. Halfaampieskraal, op die stowwerige Overbergpad deur die graanlande van die Suidwes-Kaap, is 'n tweehonderd-en-vyftig jaar oue plaas waarop vandag nog geboer word. Die jonger generasie het die ou skuur en stalle omskep in gastekamers en die Kubaans-geinspireerde Club Havana geskep. Wanneer daar 'n rooi ster op die plaas se naambord is, weet die bure daar word feesgevier. Halfaampieskraal vier fees nooi jou uit om aan te sit by 'n lang plaastafel vir 'n fees met kos, dekor en stories oor die plaaslewe en partytjies.
Of jy nou vir Bitterfontein, die Blou Bulle of die Bokke speel, rugby bly ’n spel met baie snaakse situasies, op en van die veld. Daar's nie nog 'n sport waaruit soveel stories uit die skrum van die lewe gehaak word nie. Boots en brannewyn is 'n lekker ontspanboek wat o.a. vertel van Morrie Zimerman se gatvol raak vir hoekskoppies; Ferdie Bergh se helderblou Springbok-kouse; die ref wat die Bokke teregwys dat 'die Engelse julle darem nou lekker donner'; 'n boerbok wat 'n Villagers-man buite aksie stel; en Bob Skinstad se 'noodgebed' voor 'n wedstryd. Daar is ook heelwat staaltjies oor legendes soos Oom Boy Louw, Dok Craven, Oubaas Mark en Colin Meads, oor breiers en refs en die manewales van die Kiwis, Aussies en die Ses Nasies-manne. 'n Lekker-lag boek vir rugby-liefhebbers.
Hierdie dagboek, God gee die morester, is geskryf deur vier topskrywers wat weet wat die lewe van 'n vrou behels, omdat hulle self hulle "man" moet staan in 'n oorwegende manswereld. Daarom kan hulle vir vroue met insig skryf, en aan die hand van God se woord hulle lei om te wandel in God se lig en uitdaag om die wereld deur God se oe te aanskou omdat Hy vir ons die morester gee.
Die gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika neem jou op 'n magiese reis langs ons kuslyn en verken terselfdertyd die ongeskonde skoonheid en geheime lewe van ons natuurerfenis. Dit is 'n basiese veldgids tot die diversiteit van ons kuslyn - van duin tot oseaan - ontwikkel om strandliefhebbers, vakansiegangers, sport- en rekreasiehengelaars op 'n eenvoudige manier te help om daardie plante en diere wat meesal langs ons strande opgemerk en gevang word, te identifiseer. Aangesien baie van die algemene spesies gedek word, bied dit 'n inleiding vir mense wat belang stel om van die lewenssoorte wat op ons strande en in die kuswater voorkom, te herken en te verstaan. Die 3000 km-kuslyn van Suid-Afrika het kontrasterende klimate en habitats wat 'n enorme groot en ryke verskeidenheid plante en diere huisves. Die weskus het koue, voedingsryke water, kelpwoude en laaggroeiende struikgewas op die duine; aan die oos- en noordkus is toestande weer meer tropies met hoer reenval, warmer water, 'n groter verskeidenheid marinelewe en digte kusbos. Ons vertrou dat hierdie gids by elke gebruiker 'n groter bewussyn van, en waardering vir die uiteenlopende en kontrasterende biodiversiteit van ons ongelooflik mooie en ryke kuslyn sal skep. Ons sluit ook inligting in oor die getye, verskillende habitats en kusgebiede.
Kos is 'n deurslaggewende deel van wie jy is: Jy kan geluk en gesondheid uitstraal deur fantastiese kos te eet wat reg is vir jou. Eet gesond vir die lekker is 'n inspirerende en praktiese gesondheids- en kosgids wat spesifiek geskryf is vir die Suid-Afrikaanse mark. Die eerste gedeelte van die titel bevat insiggewende inligting rakende die mees algemende leefstylsiektes en toestande – onder andere suikersiekte, cholesterol en allergiee. Die gedeelte gee ook praktiese raad oor hoe om hart-en koronere siektes, lewer- en galblaasprobleme en kanker met 'n gesonde eetplan te bestuur. Die tweede helfte van die title bied meer as 200 sensasionele resepte wat jou in staat sal stel om kos, wat lewenslange gesondheid verseker, voor te berei. By elke resep word daar aangedui vir watter siektes of toestande dit voordelig is.
This guide to caravanning and camping in South Africa covers such topics as: choosing a tent or caravan; the kind of lighting to select; the equipment for the outdoor kitchen; sleeping arrangements; clothing; storage; accessories; and survival in the wild. Caravanning and camping are becoming increasingly popular, as a reasonably inexpensive way of taking a family on holiday. This guide to caravaning and camping in South Africa should provide everything the novice caravanner/camper could need to know when planning a trip.
Veelbekroonde reisskrywer Dana Snyman vertel die verhaal van sy eie lewensreis, die van sy familie en van sy land. Hy reis agter stories uit die verlede aan, van die eerste Snyman, seun van 'n wit pa en 'n slavin-ma, tot vandag, waar mense op die platteland hom in hul geheime inlaat. Elkeen van ons het mos sy eie 'Inkandla' - tuisdorp - en Dana se reis neem hom onder meer ook na Julius Malema se ouma se huis en na President Zuma se werklike Inkandla in KwaZulu-Natal, waar hy bokvleis met President Zuma se broer geeet het. Dan keer Dana terug huis toe, via Bloedrivier en die museum waar sy oupa se broek nog uitgestal word. Dana se verhaal is vervleg met die stories van ons almal wat 'hiervandaan' is. Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het.
Volg Andre Pretorius 500 jaar na die begin van die Kerkhervorming op 31 Oktober 1517, in die spore van die groot Hervormers - Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar die sleutelsepisodes van daardie grootse rewolusie afgespeel het en sien hoe daardie plekke nou lyk. Hy gaan na die plekke waar die godsdiensoorloe van die Hervormingsera ondenkbare verwoesting gesaai het, maar ook na die plekke waar die kreatiwiteit gebore uit die Protestantse verstaan van woorde en musiek van die grootste kunswerke van die mensdom geinspireer het. Hy bring dit alles terug na sy eie plattelandse Suid-Afrikaanse, Calvinistiese opvoeding.
’n Omvattende gids van kindervriendelike aktiwiteite in die 4 vernaamste stede van Suid-Afrika: Durban, Johannesburg, Kaapstad en Pretoria. Geskryf deur Lisa Mc Namara van Child Magazine. Propvol nuttige inligting oor meer as 180 kindervriendelike aktiwiteite en plekke. Inligting sluit in: Pleknaam;Webtuiste en kontakbesonderhede; Sake-ure; Partytjie-areagradering; Reendaggradering; Koste-per-kindgradering; Geskikste ouderdomsgroep; Vaste adres; GPS-koordinate; Naaste openbare vervoer; Stootwaentjie-vriendelikheid; Kleutergeriewe (doek omruil, ens.); Naaste hospitaal, noodhulpkamer en kontakbesonderhede; Top-wenke vir elke plek – wat om te doen, saam te neem, wat om te onthou en wat om te vergeet; Beskikbare koste-opsies; Beskrywing van elke plek en die beskikbare geriewe; Foto van elke plek en ’n kaart van die ligging; Plekke vir ouers in die omgewing (bakkery, koffiekroeg of tienervriendelike plekke).
In Duinhuis nooi Isabella Niehaus jou uit om te kom aansit om die Langtafel op die Duin. Kom vind uit waar haar kosfilosofie vandaan kom, wie haar manier van kook beïnvloed het en leer die mense ken wat haar kosloopbaan rigting gegee het. Die kookboek sluit haar uiters bekende Duinmossels en -oesters, en menige geregte uit haar reise soos Spaanse platbrood, tarte tatin en coq au vin in. Met bydraes deur bekendes asook hartsvriende. Benoem vir 'n internasionale Gourmand Award 2019!
Doendinge in 'n Dorp is ’n handige nuwe volkleur gids tot Suid-Afrika se 150 gunsteling dorpies regdeur al nege provisies. Hierdie gids is saamgestel deur bekende avontuurfotograaf en -journalis, Jacques Marais, en is ook beskikbaar in Engels as Things to do in a Dorp. Van Arniston en Baardskeerdersbos tot Wuppertal en Zeerust – Doendinge in ’n Dorp dek groot, middelslag en klein dorpies in pragtige volkleur blaaie. Dorpe is gerieflik uitgele in 'n alfabetiese lys asook op 'n gebruiksvriendelike gebiedskaart. Elke dorp is uitgele op een of twee volbladsye met vinnige feite, plekkaarte en GPS-koordinate, 'n gedetailleerde oorsig, interessante feite, pragtige foto’s en historiese feite ingesluit. Uniek aan Doendinge in a Dorp is ’n lys van die top op elke dorp en sluit in: plekke van belang, historiese terreine, restaurante, bergfiets- en staproetes, perdry en ander avontuur-aktiwiteite. Die lys sluit ook groot funksies en feeste in wat die dorp jaarliks aanbied. |
You may like...
Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige…
Not available
Burger Cillie, Niel Cillie, …
Paperback
(11)
Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met…
Ian Sinclair, Phil Hockey
Paperback
(2)
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
Paperback
|