Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy
70ste herdenking vier - trots oor die prestasies van die spelers
van die voormalige Noord-Transvaal en die Blou Bulle; en nederig,
dat die drome en visie van die wat hulle vir 'n onafhanklike unie
beywer het suksesvol nagestreef is. Blou Bulle - 70 Glorie Jare is
nie bedoel om 'n naslaanwerk te wees nie. Dit is die storie van die
totstandkoming van die unie en hoe dit oor die 70 jaar ontwikkel
het. Die hoogtepunte - en ook laagtepunte - word in die titel
gedokumenteer, insluitende die prestasies op die veld en in die
raadsale van Suid-Afrika en inderdaad die wereld; so ook die
probleme tydens die oorgang na professionalisme. Die rol van die
skeidsregters, die ondersteuners, die skole en die klubs word
gekombineer in hierdie verhaal van eenheid van wat eintlik 'n
enkele groot familie is, omdat die unie so na aan sy ondersteuners
staan.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!