Of jy nou vir Bitterfontein, die Blou Bulle of die Bokke speel,
rugby bly ’n spel met baie snaakse situasies, op en van die veld.
Daar's nie nog 'n sport waaruit soveel stories uit die skrum van
die lewe gehaak word nie. Boots en brannewyn is 'n lekker
ontspanboek wat o.a. vertel van Morrie Zimerman se gatvol raak vir
hoekskoppies; Ferdie Bergh se helderblou Springbok-kouse; die ref
wat die Bokke teregwys dat 'die Engelse julle darem nou lekker
donner'; 'n boerbok wat 'n Villagers-man buite aksie stel; en Bob
Skinstad se 'noodgebed' voor 'n wedstryd. Daar is ook heelwat
staaltjies oor legendes soos Oom Boy Louw, Dok Craven, Oubaas Mark
en Colin Meads, oor breiers en refs en die manewales van die Kiwis,
Aussies en die Ses Nasies-manne. 'n Lekker-lag boek vir
rugby-liefhebbers.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!