"Dié seun is vir groot dinge bestem . . ."
Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo.
Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die
Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstrydpunterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom
geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die
liefling van Loftus.
Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé ’n allesverterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is
verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat . . .
Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en
vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van
verslawing los te wikkel.
Dit is ’n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses
en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul
knieë gedwing kan word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!