0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (72)
  • R50 - R100 (154)
  • R100 - R250 (532)
  • R250 - R500 (358)
  • R500+ (177)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde

Hartebreker - Christiaan Barnard En Die Eerste Hartoorplanting (Afrikaans, Paperback): James Styan Hartebreker - Christiaan Barnard En Die Eerste Hartoorplanting (Afrikaans, Paperback)
James Styan 4
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard ’n hartebreker. Vir sy pasiënte ’n harteheler.

Dié nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlik lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het.

Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in dié resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in dié fassinerende nuwe blik op Chris Barnard wat uitgegee is om saam te val met die 50ste herdenking van die eerste hartoorplanting.

Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback): T J Strydom Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback)
T J Strydom
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op sy dag eienaar van ’n diamantmyn, ’n wynplaas én die duurste huis in Kaapstad. Voorsitter van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar. Direkteur van die Reserwebank, en die rykste man in die land.

As jong man het Christo Wiese sy tande by Pep Stores geslyp. Mettertyd bou hy ’n magtige sakeryk op, wat Shoprite en ’n rits ander maatskappye insluit. Sy wenresep: ’n eindelose liefde vir transaksies, ’n vreeslose aptyt vir risiko en ’n oog vir ’n winskopie. Dié sjarmante sakeman was nog nooit bang om ’n kans te waag nie. Die berekende risiko’s wat hy oor 50 jaar neem, maak hom hoogs suksesvol. Tot hy die meubelgroep Steinhoff teëkom, en dinge lelik skeefloop. Sakejoernalis en skrywer TJ Strydom vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se bekendste sakereuse op ’n vars, pakkende manier.

“Boeiend. Beide sprokie én raadsaalriller.” – Waldimar Pelser

“’n Treffende, insiggewende werklikheidstorie oor die mens Christo Wiese – van kleinbegin tot dealmaker en sakereus.” – Freek Robinson

“’n Fabelagtige, meesleurende leeservaring . . . ” - Peter Bruce

Ongeskonde (Afrikaans, Paperback): Alwyn Uys Ongeskonde (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Uys
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Die kranige sportman Alwyn Uys word in die fleur van sy lewe verlam. Ten spyte van dié verlies en ander terugslae bly Alwyn se gees ontembaar.

Hy besluit om sy lewe ten volle te leef: Hy word onder andere die eerste parapleeg ooit wat van Robbeneiland na Bloubergstrand swem. Ongeskonde is Alwyn se openhartige vertelling van sy worsteling en hoe hy met genade van Bo besluit het om uit te styg bo sy beperkinge.

Sy eerlike verhaal sal jou inspireer om jou eie uitdagings aan te pak en te oorkom.

SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback): Wynand Harmse SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback)
Wynand Harmse
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

Die geskiedenis van die eerste 59 jaar van die SAUK se bestaan; vanaf 1936 tot 1995. Die vertel ook die ontstaan van openbare uitsaai, die missie en doelwitte daarvan en waarom dit hersien moet word.

Die politieke element word bespreek: Watter soort stut was die SAUK vir apartheid? Watter rol het die SAUK gespeel as sleutelspeler in die transformasieproses? Daar word gekyk na politieke inmenging en aanstellings wat direk uit die Uitsaaiminister se staatsdepartement gemaak is. Ook ingespan is die SAUK se sleutelrol in geskiedkundige gebeure: Die vrylating van Nelson Mandela en die vryheidsverkiesing van 1994.

Die boek behoort nie net die wye publiek nie, maar ook akademici, historici en politici te interesseer.

Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback): Portchie Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback)
Portchie
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie is die man wat agter die skilderye skuil? Waar kom die naam Portchie vandaan? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie Tweeling in die Vrystaat, aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende verhaal met foto’s, staaltjies en selfs resepte. Dit vertel die storie agter die storie: onopgesmuk, sonder tierlantjies, maar met ’n tikkie flair.

Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Rassie Erasmus, David O'Sullivan Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
R350 R317 Discovery Miles 3 170 Save R33 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou sal Rassie op sy kenmerkende openhartige manier gesels oor sy lewe vol voorspoed en teëspoed, op en weg van die rugbyveld – as Springbokspeler, provinsiale afrigter, en as die hoofafrigter wat die nasionale span na die Rugbywêreldbeker-sege in 2019 en ook in die aanloop tot 2023 se Wêreldbeker gelei het.

Hy sal terugkyk op sy loopbaan as speler en afrigter, iemand wie se ingebore rugby-instink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het, en gelei het tot omstredenheid en mislukking, maar ook dawerende sukses.

Rassie werk saam met die bekende joernalis David O’Sullivan om sy lewensverhaal te vertel. David is ’n bekroonde skrywer en omroeper.

Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback): Toef Jaeger Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback)
Toef Jaeger; Translated by Zandra Bezuidenhout
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 6 - 10 working days

In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was ’n kollaborateur in die Tweede Wêreldoorlog. Die emigrasie is die begin van ’n lewe as buitestaander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literêre werk.

Koning Eenoog is ’n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947–2005), ’n skrywer wat nie net ’n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas – Alan Paton Award en die Frans Kellendonk-prys, Ultramarijn – Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het.

Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse (Afrikaans, Paperback): Herman Lategan Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse (Afrikaans, Paperback)
Herman Lategan
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se “Woorde wat wip”-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte opkikker.

In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens ’n woord en bou ’n storie om dit. Die inhoud val uiteen as ’n tipe abecedarium – speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak.

Al gewonder wat ’n huilboerboom, meelwurms, kofia, ietsjoebeentjie, sandkombers of kamdebooharpuisbos is? In hierdie boek word dié woorde, en vele meer, geaktiveer as spilpunte waarom heerlike stories verweef is. Ideaal vir proe-proe lees op enige plek waar jy jou sit of lê die lekkerste kry.

Knapsekerels (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Knapsekerels (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Die gedigte handel onder meer oor 'n byna uitgestorwe plattelandse lewe met tradisionele gebruike en ambagte. Tog word dit haarskerp en klokhelder verwoord sodat ook die moderne stadsmens aanklank daarby kan vind. Maar hy skryf ewe meevoerend oor die stad (Kaapstad).

Daar is ook aktuele gedigte oor Suid-Afrikaanse toestande, tydlose verse oor die dood en prikkelende maar ook skreiende uitbeeldings van die liefde. Die verse het 'n eie, unieke klank en styl. Die minimalistiese woordgebruik is besonder suggestieryk en skep dikwels meerduidighede - betekeniseggo's wat naklinkend in die leser se kop bly draai.

Die beelde en klanke klou inderdaad aan jou soos knapsekêrels.

Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn 1
R578 Discovery Miles 5 780 Ships in 18 - 22 working days

Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum.

In Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en ʼn groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.

Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Various Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Various; Foreword by Nicol Stassen
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders.

In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee.

Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.

Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese Roman (Afrikaans, Paperback): Antjie Krog Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese Roman (Afrikaans, Paperback)
Antjie Krog
R370 R321 Discovery Miles 3 210 Save R49 (13%) Ships in 5 - 10 working days

Ek het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante.
 
Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter.
 
In Binnerym van bloed  breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê.
 
Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen.
 
Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.

Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback): Adam Small, Ronelda Kamfer Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback)
Adam Small, Ronelda Kamfer 1
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie keur bevat van Adam Small se gewildste – en gee ook aandag aan sy minder bekende – gedigte. Die doel van hiedie versameling is om sy bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde, en Kaaps, te vereer.

Die klem word geplaas op die tersaaklikheid en veelsydigheid van sy stem. Adam Small se eerste bundel het in 1957 verskyn en dekades later gee sy woorde steeds ’n stem aan die gemarginaliseerdes en die werkende stand.

Die maan is swart is saamgestel deur Ronelda S Kamfer.

Skryf Afrikaans Van A Tot Z - Die Essensiele Gids Vir Taalgebruikers (Afrikaans, Paperback, 3de Hersiene Uitgawe): Sebastian... Skryf Afrikaans Van A Tot Z - Die Essensiele Gids Vir Taalgebruikers (Afrikaans, Paperback, 3de Hersiene Uitgawe)
Sebastian Pistor, Dalene Muller
R420 Discovery Miles 4 200 Ships in 4 - 6 working days

Die derde uitgawe van Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ3) is bygewerk volgens die elfde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017).

Dié stylgids:

  • wys talle verskillende taalverwante keuses uit
  • wys hedendaagse woordvoorkeure en die jongste taalgebruik uit
  • bevat ’n belangrike nuwe afdeling oor die opstel van ’n huisstylgids
  • fokus op lesersvriendelikheid in Afrikaanse skryfwerk

SAAZ3 is vir alle teksversorgers asook ander taalgebruikers wat effektief in Afrikaans wil kommunikeer.

Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg, Marissa Coetzee Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg, Marissa Coetzee
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.

Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback): Brenden Nel Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback)
Brenden Nel
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Dié seun is vir groot dinge bestem . . ."

Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstrydpunterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die liefling van Loftus.

Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé ’n allesverterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat . . .

Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel.

Dit is ’n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul knieë gedwing kan word.

Agter My Glimlag (Afrikaans, Paperback): Lindie Stander Agter My Glimlag (Afrikaans, Paperback)
Lindie Stander
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 2012 verdwyn Binnelanders se geliefde Elise Kruger sonder waarskuwing van kykers se televisieskerms af. Lindie Stander, wat die rol van die vermaaklike Elise vertolk, was op die kruin van haar loopbaan toe sy in ’n bloedbevlekte bed in ’n staatshospitaal wakker word. Hier het sy besef dat sy haar rol en haar lewe soos sy dit ken, kwyt is.

Lindie Stander: Agter my glimlag is die eerlike ervaring van dit wat kykers nie op skerm sien nie: die verpletterende verlies van haar pa, haar worsteling met dwelmmisbruik en rehabilitasie, ’n lewe met depressie en ’n gewonde vrou se genadelose soeke na ’n liefde wat kan heelmaak.

In haar bekende, deernisvolle stem vertel Lindie haar hartverskeurende, maar hoopvolle verhaal soos net sy kan: sonder skroom en met ’n goeie skeut humor.

Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Toe sê sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

Pharos Afrikaanse Woordelys & Spelreëls (Afrikaans, Paperback, 11de Uitgawe): SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Pharos Afrikaanse Woordelys & Spelreëls (Afrikaans, Paperback, 11de Uitgawe)
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns 1
R575 R507 Discovery Miles 5 070 Save R68 (12%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie elfde, omvattend herbewerkte uitgawe bied (naas bestaande hoofstukke oor wisselvorme, getalle ens.) twee nuwe hoofstukke wat onderskeidelik leestekens en trappe van vergelyking bereel. Bestaande reels is aangepas en word eenvoudiger verduidelik. Nuwe lyste bied duidelike leiding oor plekname in die Ooste, landname met hul geldeenhede en ISO-kodes, en elemente in die periodieke tabel. Skryfhulp oor transliterasie, Omgangsafrikaans en die SI-stelsel maak die uitgawe ’n volledige hulpbron.

My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.

Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R400 R369 Discovery Miles 3 690 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu.

Haar politieke sieninge, soos uitgedruk in haar poësie en haar passie en die droefheid van haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere Jack Cope en André P. Brink het al tot baie besprekings gelei. Sy het weer onder die publieke oog gekom toe oudpresident Nelson Mandela in sy inhuldigingsrede in 1994 in die Parlement een van haar gedigte aangehaal het. Hy het haar gedig: “Die Kind” voorgelees en gesê: “Sy was beide ’n digter en ’n Suid-Afrikaner.”

Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van dié vrae word beantwoord in hierdie eerste omvattende biografie. Petrovna Metelerkamp doen al jare navorsing oor Jonker. Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe.

Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, o.m. uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem. Sy weerlê ook die beeld van Jonker as ’n ongebalanseerde kunstenaar wat haar houvas op die werklikheid verloor het in hierdie toeganklike biografie oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars.

Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier ’n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers.

Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna: altyd maar bly die bewustheid van ’n onsigbare “iets” by hierdie aristokratiese gees – en ’n soeke na ’n beter verstaan van dít wat “die sterretyd en die menstyd aan mekaar verbind”.

In 48 essays wat die biografiese tydperk tussen ongeveer sy vyfde en twintigste lewensjaar dek, skryf ’n deurleefde, wyse Van Niekerk oor sy vroegste herinnerings aan sy geboortedorp, sy gesin en sy helderste herinnerings aan die plekke en mense wat hom gevorm het tot die mens wat hy geword het. Want, soos wat hy in die verhaal “Die skinkbord” skryf: Jy kan net wees wie jy is, en jy is wat jy word.

In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Azille Coetzee In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Azille Coetzee
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Azille Coetzee gaan studeer in Nederland, kry ’n Nederlandse lover en besluit om in Europa aan te bly. Maar iets voel nie reg nie … Daar is tog altyd die vraag: Watter herkoms hou die styfste vas, Afrika of Europa? Dié is ’n uiters leesbare verhaal van identiteit, reis en liefde: intiem, eerlik en slim.

Die Singende Hand - Versamelde Gedigte 1984-2014 (Afrikaans, Paperback): Breyten Breytenbach Die Singende Hand - Versamelde Gedigte 1984-2014 (Afrikaans, Paperback)
Breyten Breytenbach
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Singende Hand: Versamelde Gedigte 1984 – 2014 is Breyten Breytenbach se derde versamelbundel.

Dit vorm ’n drieluik met die vorige twee bande, Ysterkoei-Blues en Die Ongedanste Dans.

Verlore Seun Vannie Gaatjie (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Verlore Seun Vannie Gaatjie (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ivor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw, 'n hooplose plek. 

Sy pa is vroeg dood en sy ma maak hom en sy sibbe alleen groot. Hulle oudste broer terroriseer die gesin en een aand skiet Ivor en sy vriend sy broer en hy sterf later in die hospitaal. 

Ivor gaan tronk toe en met sy uitkoms begin sy lewe van voor af. Vandag is hy 'n jeugpastoor met 'n passie vir Here wat sy storie gebruik om ander te inspireer. 

'n Storie van die verlore seun wat huis toe kom. 

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Brief Op Veertig Duisend Voet - Gedigte
Tom Dreyer Paperback R240 R179 Discovery Miles 1 790
Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer…
Daniel Strauss Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Narreskip - Gedigte
Johan Myburg Paperback R250 Discovery Miles 2 500
Afspraak Met Moord - In Die Kake Van Die…
Jana Marx Paperback R330 R309 Discovery Miles 3 090
Soekenjin
Bibi Slippers Paperback R310 R277 Discovery Miles 2 770
Pharos Tweetalige Skool Woordeboek…
Pharos Pharos Paperback R235 R210 Discovery Miles 2 100
Dwars - Rare Karakters Onder Ons
Daniel Lotter Paperback R333 Discovery Miles 3 330
Die Braambos Bly Brand - Nie-teoloë Se…
Pieter Malan, Chris Jones Paperback R50 R47 Discovery Miles 470
Hoe Ek Dit Onthou
Francois Van Coke, Annie Klopper Paperback R320 R286 Discovery Miles 2 860
Martha - 'n Verhaal Oor Martha Solomons…
Winnie Rust Paperback R67 Discovery Miles 670

 

Partners