![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier. Hierdie bundel verskyn die eerste keer in 2001 by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bygewerkte weergawe in 2016 bevat nuwe bydraes deur onder andere Elise Verwoerd, Cas Bakkes en Albert Hertzog.
Hierdie skrywer weet hoe om ʼn storie te vertel en hoe om die leser in te katrol. Haar kinderjare in Pretoria-Wes word lewendig en humoristies verhaal. Haar pa het lewenslank boekminderwaardig gevoel omdat hy nie kon gaan studeer nie. Sy pa het sy grond verloor en hy moes vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy onderskei hom in die spoorweë, maar die drankduiwel ry hom (en die gesin). Geen kind van hom hoef te gaan leer nie, glo hy. Die verteller self spring duidelik en onweerstaanbaar uit die bladsy regop – iemand wat, in haar eie woorde al soos ʼn haas verskrik is deur haar pa maar wat haar eenvoudig nie laat onderkry nie. Sy sou gaan leer, buig of bars. En sy het nie opgehou voordat sy ʼn doktorsgraad verwerf het nie.
Die laaste vier jaar van dr. H.F. Verwoerd se bewind is gekenmerk deur belangrike gebeurtenisse in suidelike Afrika, soos die toekenning van selfregering aan die Transkei, die verslag van die Odendaalkommissie oor S.W.A., die uitspraak in die Rivonia-saak, die aanvang van die Oranjerivierskema, die uitspraak van die Internasionale Geregshof in Den Haag oor die S.W.A.-mandaat, die eensydige onafhanklikheidsverklaring van Rhodese en die wapenverbod teen S.A. deur die V.N. Hierdie boek bevat ’n seleksie uit dr. Verwoerd se toesprake wat nie voorheen gepubliseer is nie.
In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig. Ook die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou word bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds teen wanpersepsies oor ras en skoonheid gestry word. Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien. glad alleen beteken nie mooi nie.
In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.
Hierdie drama handel oor tien tieners in ’n bos by ’n oorlewingskamp waar spoke, hormone, groepsdruk en goggas die senuwees behoorlik laat knyp. KAMP KOERSHOU is nie vir sissies nie. Want grootword is nie “lekker” nie. Grootword is pyn. En “verwonding". Die tien jeugdiges vertrek op 'n oorlewingskamp, in 'n bos, onder toesig van 'n paramilitaire instrukteur. Dit is hulle rite of passage sodat hulle weerbaar ‒ paraat! ‒ die grens na volwassenheid kan oorsteek. Maar hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie? Die toneelstuk is in 2012 by die KKNK opgevoer met regie deur Marthinus Basson en Stian Bam in die hoofrol.
The English-Afrikaans-Northern Sotho-Tswana Aid is a handy reference work for those wishing to improve their knowledge of one or more of the four languages included. Translations for commonly used words and phrases are given in the four languages at a glance. The words and phrases are arranged in different themes such as days of the week, the months of the year, shopping, religion, food and drink. Ideal for use in the classroom, office or for self-study at home.
Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar le die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy die streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. ’n Fees vir die oog, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet.
Hierdie title gee 'n basiese inleiding tot die moderne dramateorie asook praktiese riglyne oor hoe om 'n dramateks te analiseer, en is 'n gids vir dosente en studente. Die invloed van die opvoeringsgerigtheid van 'n drama op aspekte soos die karakters, die tyd en ruimte asook die drama se struktuur, word behandel. Die teorie word deurgaans verduidelik en geillustreer aan die hand van voorbeelde uit meer as 30 bekende Afrikaanse dramas.
Die geliefde en gevierde kortverhaalskrywer Hennie Aucamp is op 21 Maart 2014, slegs twee maande na sy 80ste verjaardag oorlede. In hierdie herinneringsboek word verskillende fasette van sy lewe deur familie, vriende en medeskrywers belig. Onder die familielede wat bydraes tot die boek gelewer het, is sy suster Rina wat herinneringe aan hulle kinderjare op die familieplaas Rus-mijn-ziel opdiep en sy neef Inus Aucamp wat meer vertel van die vestiging van die Aucamp-familie in die Stormberge. Die skryfster Margaret Bakkes, wat ook sy kleinniggie is en op 'n buurplaas grootgeword het, vertel hoe sy en Hennie reeds as kinders teenoor mekaar bely het dat hulle wil skryf. Daar is ook bydraes deur Marius en Christiaan Bakkes, wat oor Hennie se belangstelling in die natuur. Daar is besondere opstelle deur medeskrywers Lina Spies, Aletta Lubbe (gebore Aucamp), Danie Botha en Abraham de Vries, terwyl Daniel Hugo en Joan Hambidge gedigte opgedra aan Hennie gelewer het. Die radiopersoonlikhede Monica Breed en Margot Luyt skryf oor Hennie se ruimhartigheid en sy vriend Nico Loubser oor Hennie se laaste dae. Foto’s van Philip de Vos en Marius Bakkes skep 'n visuele beeld van die woordman Aucamp.
'n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken. Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.
Die mens se kommer oor die omgewing is een van die dominante temas van die laaste dekades van die 20ste eeu. In die Weste (en in Europa) het omgewingsbewustheid wyd posgevat en selfs 'n modeverskynsel geword. Ofskoon daar in bree verband nog nie genoeg begrip vir die mens se bydrae tot die krisis en sy reaksie op die globale veranderinge is nie, geniet hierdie kwessies toenemend aandag in die kunste. Ook in die letterkunde kan die "groen gesprek" as 'n belangrike groeipunt beskou word.
In sy honderdjarige bestaan – vanaf sy beskeie begin in 1908, met een professor, drie lektore en twee en dertig studente, tot die reuse instelling wat dit vandag is - het die Universiteit van Pretoria rigting en dimensie gegee aan talle mense se lewe. Amfiteater gee 'n blik op die talent van gevestigde en minder bekende skrywers wat eens UP se kampus bewandel het – en verenig so die stemme van oud-Tukkies uit verskeie lewensterreine. Die essays in Amfiteater sal nie net by Tuks-Alumni reg oor die ouderdom spektrum byval vind nie, maar ook by enige leser met waardering vir kort prosa. Die trant van die meerderheid essays is lig en vermaaklik en daarom nie op 'n suiwer akademiese gehoor afgestem nie. Bydraers is almal Tuks-alumni, en sluit bekendes in uit die wereld van skrywers, joernaliste politici, historici en verhoogkunstenaars: Marius Ackermann, Johan Bakkes, Chris Barnard, Louise Boshoff, Martjie Bosman, Paul Bosman, Pik Botha, Terence Carney, Louis Changuion, T.T. Cloete, Neil Cochrane, Johann de Jager, Engemi Ferreira, Jeanette Ferreira, Joan Hambidge, Karin Hougaard, Neels Jackson, Carie Maas, Annamarie Marais, Johann Lodewyk Marais, Lizz Meiring, Fransjohan Pretorius, Wessel Pretorius, Dalena van Jaarsveld, Dolf van Niekerk, Cas Vos, George Weideman.
Die digter, advokaat, joernalis, avonturier, dwelmverslaafde en natuurkenner Eugene Marais bly 'n boeiende figuur. Die groot verlange bied nie alleen 'n fassineerdende blik op een van die veelsydigste en merkwaardigeste Afrikaners wat ooit geleef het nie, maar gee terselfdertyd ’n panorama van ’n groot gedeelte van die geskiedenis. In hierdie uitgawe word die belangrikste omissie in die eerste drie uitgawes van die teks, naamlik Marais se rol in die ontdekking van die broodboom wat na hom genoem is, reggestel. Die teks bevat ook nuwe bevindinge uit bronne wat vroeer oor die hoof gesien is.
Die Roebaijat van Omar Khajjam is ’n groep Persiese kwatryne wat beroemd geword het toe ’n Engelse vertaling van Edward FitzGerald in 1859 gepubliseer is. Sedertdien het dit al meer as 650 verskillende uitgawes en ’n groot aantal herdrukke belewe. Meer as ’n honderd komponiste het sedertdien ook toonsettings van die kwatryne geskryf. Ook in Suid-Afrika het hierdie kwatryne (die woord roebai beteken kwatryn) bekend en gewild geword, onder andere deur die Afrikaanse vertalings van bekende digters soos C.Louis Leipoldt en C.J. Langenhoven. Khajjam se oorspronklike verse was nie gerangskik in enige bepaalde volgorde of tematiese samehang nie. FitzGerald het die kwatryne egter gerangskik en soms selfs herskryf om ’n poetiese eenheid daarvan te maak en om iets van Khajjam se hedonistiese lewensfilosofie weer te gee. Die bekende digter en vertaler Daniel Hugo het 50 van die kwatryne wat FitzGerald vertaal het, uitgesoek op grond van hulle vertaalbaarheid in Afrikaans en hulle trefkrag. Hierdie keuse wil steeds die wesenlike karakter van die kwatryne te behou. Hulle kan as eenheid of as selfstandige gedigte gelees word.
Soos Hilda Smits se eerste, bekroonde bundel die bome reusagtig soos ons was betrek die verse in hierdie bundel die leser by die hoogs persoonlike en gee dit terserfdertyd betekenis aan die universele belewenis. Die verse is magies soos bewussynstroom, soos drome waar die kloutjie nie altyd by die oor uitkom nie, ʼn mens ervaar dit met jou onderbewuste, in jou maag. Dis dromerig soos meditasie, dis soos sit en staar na reën teen ʼn ruit. Sinne is onvoltooid, werkwoorde hang in die lug sonder naamwoorde, byvoeglike naamwoorde is bedrieglik eenvoudig; “gewone” woorde soos mooi, sterk, fyn, jonk – dis egter die onverwagse beelde wat verras, en woorde wat buite hul normale konteks ingespan word, wat jou uitknikker.
Perspektief en profiel - 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis in drie dele (1998, 1999, 2006) is die enigste omvattende Afrikaanse literatuurgeskiedenis wat tans op die mark is. Dit word wyd benut hier en in die buiteland. Van die belangrikste skrywers soos Etienne van Heerden, Marlene van Niekerk, Eben Venter, Alexander Strachan, Ingrid Winterbach en Breyten Breytenbach het egter sedert die verskyning van die deel waarin hulle oeuvres behandel is, van hul beste werk gelewer. Dit het daarom tyd geword om 'n totaal bygewerkte uitgawe die lig te laat sien. Boonop bied dit die geleentheid om van die perspektiewe by te werk en selfs nuwes (byvoorbeeld oor die) in te sluit. Dit kan met reg beweer word dat hierdie literatuurgeskiedenis toenemend bykans alle relevante aspekte van die Afrikaanse literere veld dek. 'n Nuwe uitgawe het ook die voordeel dat dit die geleentheid bied om jonger literatore as medewerkers te betrek. Nie net is hulle die akademici van die toekoms nie, maar bring hulle meestal ander (teoretiese) perspektiewe wat verrykend inwerk op die geheel. Hierdie nuwe uitgawe is ingrypend geherstruktureer: telkens met enkele perspektiewe en 'n aantal profiele, alfabeties ingedeel. Hierdie uitgawe (Deel 1) bevat die volgende perspektiewe: "Klein begin is aanhou wen" (oor die ontstaansgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde); 'n blik op die Nederlandstalige Suid-Afrikaanse letterkunde, 1652-1925; 'n Inleiding tot buite-kanonieke Afrikaanse kulturele praktyke; 'n perspektief op die Afrikaanse prosa. Die profiele strek van Hennie Aucamp to Henriette Grove (A-G).
Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.
In Mei 2000 skryf die joernalis Chris Louw ’n ope brief aan Willem de Klerk waarin hy sy griewe lug teenoor die regering wat aan bewind was in die tyd van die Grensoorlog (ongeveer 1966–1989). Chris Louw, oftewel “Boetman”, is ontnugter deur die patriargale leiding van die Afrikanermans van daardie tyd. Pieter Fourie het Chris Louw se brief omskryf tot ’n drama waarin verskillende stemme en menings gehoor kan word, onder andere dié van ’n ma wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, die joernalis Annesu de Vos wat met Chris Louw ’n debat op LitNet gevoer het en ’n swart aktivis.
Die woord “skryn” het verskillende betekenisse: 'n Skryn is 'n klein kissie of houer waarin kosbaarhede soos juwele bewaar word, en as werkwoord kan die woord dui op afskuur of -skaaf (soos wat 'n skrynwerker doen) of op 'n pynlike wrywingsproses (vandaar die beskrywing van 'n ervaring as “skrynend” of “skrynerig”). Alhoewel al hierdie betekenisse geaktiveer word in Emma Bekker se debuutdigbundel, sal die leser vergeefs soek na konvensionele “vroulike” skatte soos juwele, klere en meubels. Reeds in die tweede gedig is daar 'n aanduiding van wat in die res van die bundel te wagte gaan wees: In hierdie herinnering aan 'n ontwrigtende kinderervaring, word die dogtertjie se krytblikkie, versier met 'n afbeelding van die Taj Mahal, 'n soort skryn word waaraan sy kan vashou. Algaande ontvou die beweging tussen die skrynende en die kosbare wat as gedigte bewaar word en word die bundel self die skryn. 'n Tweede belangrike tema in die bundel is die verkenning van 'n enigsins ongewone, onkonvensionele vroulikheid. Al open die bundel met 'n kwatryn oor die gewone buurt met “'n drankwinkel, 'n pawn shop en die Spar” waar die digteres woon, word hierdie skynbaar gewone voorstedelike bestaan gou die vertrekpunt van waar verskillende enigsins alternatiewe en onkonvensionele vroulikhede ondersoek word. Sy maak die luike van die binnekamer oop en ervaar tuin, veld en stad; Sy herken die tierboskat in haar skootkat en in haarself; In die liefdespel wil sy niemand se baby wees nie; Sy waag dit om op 'n tweede wittebrood die jas van “onverpoosde verantwoordelikheid” uit te trek en in die kombuis gee sy haar oor aan die sinnelike vreugde – en soms selfs wrede – van kosmaak. Bewaring en blootstelling, kwesbaarheid en krag, sinnelikheid en spiritualiteit word in hierdie bundel verwoord deur 'n vaardige digteres wat sowel die tug van die kwatryn, die liriese van kabaretagtige verse as vryer, narratiewe verse beheers.
Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreëls en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wêreld. KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir die onderwerpe wat in dié boek bespreek word. Hierdie onderwerpe sluit onder meer die volgende in: punktuasie, sametrekkings, woordsoorte, letterlike en figuurlike betekenis, geluide van dinge en diere, tye, sinonieme en antonieme, homonieme en homofone en leenwoorde, om maar ’n paar te noem. Dit bevat ook ’n lys met handige literêre terme soos hiperool, klanknabootsing en personifikasie, sowel as nuttige notas oor skriftelike werk. Die tweede deel van die boek fokus op algemene kennisfeite soos die nasionale simbole van Suid-Afrika, wie ons buurlande is, waar ons elf amptelike tale gepraat word, wie die wêreldleiers is, watter geldeenheid waar gebruik word, en groot uitvindsels van die wêreld. Die eenvoudige uitleg en duidelike leiding maak hierdie titel ’n moet-hê vir elke leerder wat Afrikaans as ’n Huistaal of Eerste of Tweede Addisionele Taal wil slaag. Dit is ook ’n handige naslaanbron vir volwassenes. *Die Engelse ekwivalent van hierdie publikasie is ook beskikbaar onder die titel English for All. |
You may like...
The Pragmeme of Accommodation: The Case…
Vahid Parvaresh, Alessandro Capone
Hardcover
R3,609
Discovery Miles 36 090
Inquiries in Philosophical Pragmatics…
Fabrizio Macagno, Alessandro Capone
Hardcover
R2,445
Discovery Miles 24 450
Approaches to Meaning - Composition…
Daniel Gutzmann, Jan Koepping, …
Hardcover
R5,175
Discovery Miles 51 750
|