0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (66)
  • R50 - R100 (76)
  • R100 - R250 (271)
  • R250 - R500 (380)
  • R500+ (186)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde

Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback): Joe Dauth Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback)
Joe Dauth
R232 Discovery Miles 2 320 In Stock

Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou.

Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie.

Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.

Siener In Die Suburbs (Afrikaans, English, Paperback, Reissue): P.G. du Plessis Siener In Die Suburbs (Afrikaans, English, Paperback, Reissue)
P.G. du Plessis 1
R162 R152 Discovery Miles 1 520 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Siener in die suburbs gaan oor die lief en leed van 'n groepie mense wat al volkskarakters geword het. Jakes wat so graag 'n laaitie wil he, Tiemie wat oor haar tyd is, Tjokkie wat met die helm gebore is, Giel en Ma wat in sonde saamleef. Hulle bly aan die verkeerde kant van die spoor; mense van wie daar "nie geweet" word nie.

Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback): Liza Smit, Raquel Lewis Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback)
Liza Smit, Raquel Lewis
R300 R270 Discovery Miles 2 700 Save R30 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Springs, 1977. Robert en Jeanne Smit word wreed om die lewe gebring in wat die WVK later as 'n politiese gemotiveerde moord sou beskryf. Dekades daarna gons dit oor wie presies vir die grudaad verantwoordelik was. Daar is rookskerms en ontkenning, verduistering en misleidings, en bespiegelings en teorieë oor presies wie die aanvanklike opdrag gegee het.

En iewers in die politieke kookpot prut stories van 'n dapper dertienjarige dogter Liza Smit. Nadat haar ouers uit haar lewe geruk is, sou niks ooit weer dieselfde wees nie. Toe sy hoor dat die WVK die saak wil ontrafel, begin sy en die ondersoekende joernalis Alet van Rensburg die saak navors. Saam-saam durf die twee, met enorme deursettingsvermoë, vasberadenheid en 'n porsie domastrantheid die taak aan : om die waarheid te ontbloot oor die dood van Liza se ouers.

Liza se verhaal word afgewissel met uittreksels uit die oorspronklike veslag wat sy aan die ongure onderwêreld van die destydse Suid- Afrika vol korrupte politici, taakmagte en internasionale intriges. Dis ook die storie van 'n lewe wat afspeel teen hierdie agtergrond, en hoe een indrukwekkende vrou haarself uit haar persoonlike hel reg.

Johnny is Nie Dood Nie (Afrikaans, Paperback): Malan Steyn Johnny is Nie Dood Nie (Afrikaans, Paperback)
Malan Steyn
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Toe was hulle jonk, dronk en rebels. Nou is hulle voorstedelik en ontnugter. Die dood van hulle universiteitsvriend Johnny bly egter nog 'n raaisel – iets wat al vier steeds na al die jare teister. Dit is 'n vernuftig opgeboude stuk waarin die onstuimige laat-tagtigerjare in Suid-Afrika oortuigend uitgebeeld word. Dit was die tyd toe die Afrikaanse jeug polities bewus geraak en toe die grensoorlog 'n verwoestende uitwerking op duisende jong dienspligtiges gehad het. Met sprankelende dialoog en treffende tonele konfronteer Malan Steyn ons in hierdie drama met 'n nog steeds lewende verlede.

Die Afdruk Van Ons Hande (Afrikaans, Hardcover): Cas Vos Die Afdruk Van Ons Hande (Afrikaans, Hardcover)
Cas Vos
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Anders as in Cas Vos se vorige bundels poesie (Vuurtong, Gode van papier en Enkeldiep) verskyn die gode in Die afdruk van ons hande in vreemde gestaltes. Een van die stemme wat saampraat is die van stilte, 'n stem uit die niet wat terugkeer na die niet. Deur die verse loop 'n sterk sensualiteit en 'n boeiende aktualiteit, ook betreffende die Afrika-werklikheid. 'n Hoogtepunt in die bundel is die reeks "Uruk-fragmente", 'n digterlike herskepping van die klassieke Gilgamesj-epos, wat beskou word as een van die belangrikste oertekste in die wereldletterkunde. In Vos se omdigting daarvan word die liriese aspekte voortdurend deur die epiese gebalanseer. Vos se vars en verrassende beelding gaan gepaard met sensitiwiteit vir klank en sy liefdesverse is uitsonderlik.

Afrikaanse woordelijs en spelreels - Faksimilee-uitgawe (Afrikaans, Hardcover): T.H. le Roux, D.F. Malherbe, Johannes Smith Afrikaanse woordelijs en spelreels - Faksimilee-uitgawe (Afrikaans, Hardcover)
T.H. le Roux, D.F. Malherbe, Johannes Smith
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 4 - 8 working days

Die eerste weergawe van die mees gesaghebbende boek oor die Afrikaanse taal, die Afrikaanse Woordelys en spelreels, is die eerste keer in 1917 uitgegee. Daarom dink die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns dit goed om 100 jaar later – in 2017 – ’n faksimilee-uitgawe daarvan uit te gee. ’n Beperkte oplaag van hierdie versamelaarsboek word gedruk en is vir belangstellendes in Afrikaans en lesers wat wil sien hoe hierdie taal gelyk het toe dit nog in sy kinderskoene was.

Die naamlose muse (Afrikaans, Hardcover): J.D. Kestell Die naamlose muse (Afrikaans, Hardcover)
J.D. Kestell; Illustrated by J C Kannemeyer
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days
Nuwe Verset (Afrikaans, Paperback): Daniel Hugo, Leon Rousseau, Phil du Plessis Nuwe Verset (Afrikaans, Paperback)
Daniel Hugo, Leon Rousseau, Phil du Plessis
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days
Mini-woordeboek/Mini Dictionary (Afrikaans, English, Paperback, 6th Revised Edition): Jan Kromhout, M.S.B. Kritzinger Mini-woordeboek/Mini Dictionary (Afrikaans, English, Paperback, 6th Revised Edition)
Jan Kromhout, M.S.B. Kritzinger
R214 Discovery Miles 2 140 Ships in 2 - 4 working days

Die Mini-woordeboek: Afrikaans-Engels-Engels-Afrikaans is 'n handige en bekostigbare gids met nuttige frases vir toeriste en sakereisigers. Dit is die ideale woordeboek om vinnig spelling na te gaan of die regte vertaling vir 'n woord te vind en sluit ook afkortings en akronieme in. Dit het pas met 'n nuwe omslag verskyn, is aantreklik ontwerp en sakpas vir oral saamdra. The Mini dictionary - English-Afrikaans-Afrikaans-English is a handy and inexpensive guide to finding the correct spelling or translation and includes useful phrases for tourists and business travellers. It also includes abbreviations and acronyms. With its new cover and attractive design it is an invaluable take-anywhere companion.

Etimologiewoordeboek Van Afrikaans - Ekstra Bladsye as Supplement (Afrikaans, Paperback): G.J. van Wyk Etimologiewoordeboek Van Afrikaans - Ekstra Bladsye as Supplement (Afrikaans, Paperback)
G.J. van Wyk
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 4 - 8 working days
Pharos Klein Woordeboek | Little Dictionary (Afrikaans-Engels/English-Afrikaans) (Afrikaans, Paperback, 14th Edition): Jan... Pharos Klein Woordeboek | Little Dictionary (Afrikaans-Engels/English-Afrikaans) (Afrikaans, Paperback, 14th Edition)
Jan Kromhout
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

The popular Pharos Little Dictionary (2020, 14th edition, 12th impression) boasts a brand-new orange cover!

This handy bilingual dictionary, small enough to carry along anywhere, has been a firm favourite for decades – a quick reference work containing thousands of contemporary words and expressions, abbreviations and acronyms that are relevant for today’s South Africa.

Thousands of word options, near-synonyms, derivatives and compounds make the dictionary very useful. Pronunciation guidance is given in the form of accent marks to indicate the primary stress for each headword, derivative and compound. Guidance is also given for hyphenated words.

For easy reference, the names of SA’s nine provinces and eleven official languages are included at the back.

Easy to use:

  • Small enough to carry along anywhere
  • Compact reference work
  • Hundreds of contemporary words and expressions
  • Quick translations
  • List of abbreviations
  • SA’s provinces and official languages

Grammar and language guidance:

  • Word stress
  • Plural forms
  • Homonyms
  • Synonyms
  • Compounds and derivatives
  • Guidance on hyphenated words
  • Expressions and phrases
Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback): Elise Bishop Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback)
Elise Bishop
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 4 - 8 working days

Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is?

Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees, dat hy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat hy sy droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor hy gebore is?

Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar.

’n Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal wat ook baie sal beteken vir mense wat met hierdie dilemma gebore is.

En Die Here Het Foto's Geneem Oor Vanderbijlpark (Afrikaans, Paperback): Ronel Nel En Die Here Het Foto's Geneem Oor Vanderbijlpark (Afrikaans, Paperback)
Ronel Nel
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days
Afrikaans-English, English-Afrikaans Dictionary - With Over 28,000 Entries (Afrikaans, Paperback): Alet Kruger, Penny Grearson Afrikaans-English, English-Afrikaans Dictionary - With Over 28,000 Entries (Afrikaans, Paperback)
Alet Kruger, Penny Grearson
R225 R207 Discovery Miles 2 070 Save R18 (8%) Ships in 9 - 17 working days

Afrikaans-English, English-Afrikaans dictionary with over 28,000 entries. It has numbered senses and idioms, and is a compact bilingual resource for learners and visitors to South Africa. It shows parts of speech for every entry to aid correct usage. This new, concise Afrikaans-English, English-Afrikaans dictionary is particularly useful for students of language, and for business purposes. Inexpensive and accessible, it has clear and comprehensive content, with lists of verb structures, auxiliary verbs, irregular verbs, and quick and easy reference to over 28,000 entries. A new dictionary for G&G from 2014. A compact bilingual dictionary for learners of Afrikaans and ideal also for the visitor as well as the student. Contains a large selection of up-to-date words.

Met My Rooi Rok Voor Jou Deur (Afrikaans, Paperback): Met My Rooi Rok Voor Jou Deur (Afrikaans, Paperback)
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 5 - 7 working days

Die onweerstaanbare Audrey Blignault het destyds die wêreld van die Afrikaanse vrou óópgeskryf en was haar tyd vooruit. Dié unieke keur bring haar beste werk byeen, van kort sketse uit die vroeë bundels tot langer essays en verhale uit latere publikasies. Hierdie baldadige, skalkse, “onwennige ouma” skryf dalk oor vervloë dae, maar op so ’n unieke, toeganklike manier dat dit vir vandág se leser kraakvars is, en jou ten diepste raak.

'Met my rooi rok voor jou deur: ‘n Keur uit die werk van Audrey Blignault' sal voorgelees word op RSG vanaf einde Mei 2021! Die briljante Rika Sennett sal die voorleser wees.

Narokkong (Afrikaans, Paperback): Riel Franzsen Narokkong (Afrikaans, Paperback)
Riel Franzsen
R59 Discovery Miles 590 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie debuutbundel word die verhouding tussen vader en seun vanaf geboorte tot by volwassenheid verken. Dit is egter 'n besonder komplekse verhouding omdat die seun outisties is. Die tema van outisme, wat nog nie voorheen in die Afrikaanse poesie neerslag gevind het nie, word deurgaans vanuit die subjektiewe ervaring van die vader verwoord, wat voortdurend op soek is na maniere om deur te dring tot die bykans geslote wereld van die kind. Die narokkong van die bundeltitel verwys na 'n geheimsinnige voel van die nag wat ook in D.J. Opperman se gedig “Koggelbos” figureer, maar eintlik verder terugverwys na 'n kortverhaal, “Koors”, deur Sangiro. Vir die siek kind in die verhaal is die narokkong 'n bringer van onheil, maar in die kind se koorsdrome word hy self ook 'n narokkong wat deur die giftige nabome gelok word. In Franzsen se bundel is daar ook 'n vreemde band tussen die outistiese kind en die voel wat alles met sy afsydige swart oe dophou en is dit nie altyd duidelik of die voel bedreiging of beskerming inhou nie. Die gedigte bring die leser te staan voor die wereld van die ouers en hul radelose pogings om deur te dring tot die kind, om iets te verstaan van die manier waarop hy die werklikheid ervaar, en hul bekommrnis omdat hul besef dat hy nooit selfstandig sal kan leef nie (“Paasfees”). Voor hierdie verskynsel is die mediese wetenskap magteloos (“Hippokrates het sy hande vol”). Die leser sien ook iets van die kind se ontuisheid in 'n wereld wat vir hom onbegryplik is – “Hoe dans mens in sirkels/in hierdie vierkantige plek?” word in “Outisme I”gevra, en sy afgeslotenheid en opgeslotenheid (“Kerker”). Daar is egter ook momente van troos (“Engel in die bos”), van humor (“Beseringstyd”) en deernis (“Denmar”). Die bundel eindig met ’n aangrypende gebed (“Slotgesang”).

Versamelde poesie (Afrikaans, Paperback): D.J. Opperman Versamelde poesie (Afrikaans, Paperback)
D.J. Opperman
R555 R513 Discovery Miles 5 130 Save R42 (8%) Ships in 4 - 8 working days
Donkerwerk (Afrikaans, Paperback): Nini Bennett Donkerwerk (Afrikaans, Paperback)
Nini Bennett
R240 R216 Discovery Miles 2 160 Save R24 (10%) Ships in 5 - 10 working days

In Donkerwerk word daar gefokus op die dialektiese interafhanklikheid van alle dinge. Daar word besin oor die nietigheid van die mens teenoor die mistieke grootsheid van die heelal, maar ook op die verhouding tussen die mens en die natuur.

Tematies handel die verse oor kinderloosheid, verganklikheid, die liefde, familie, geskiedenis, musiek en oorlog. Bekendes soos Dracula, Paul Celan en Stephen Hawking word aan die hand van portretstudies verbeeld, terwyl sosiale en persoonlike onrus die spilpunt van sommige verse vorm.

Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback): L.M. van der Merwe Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback)
L.M. van der Merwe
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 4 - 8 working days

'n Versameling van gesprekke met vriende en kennisse van die digter Ingrid Jonker, met kommentaar deur 'n sielkundige. 'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. Gesprekke oor Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en Andre P. Brink. Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.

Afrikaanse Tekslinguistiek - 'n Inleiding (Afrikaans, Paperback, Re-issue): W.A.M. Carstens Afrikaanse Tekslinguistiek - 'n Inleiding (Afrikaans, Paperback, Re-issue)
W.A.M. Carstens
R856 Discovery Miles 8 560 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie is die eerste werklik omvattende boek in Afrikaans oor wat die tekslinguistiek as vakgebied behels. 'n Heel nuwe terrein vir taalkundige navorsing in Afrikaans word ontgin, want die klem val in die besonder op die insigte wat 'n studie van taaltekste (dus groter as die enkelsin) meebring. In hierdie opsig behoort die boek vir studente in die taal- en letterkunde asook almal wat belangstel in effektiewe kommunikasie van groot waarde te wees - as naslaanbron, maar veral as bron waarin 'n volume kennis byeengetrek is wat verdere selfstandige navorsing kan stimuleer.

Oor En Weer (Afrikaans, Paperback): Hennie Aucamp Oor En Weer (Afrikaans, Paperback)
Hennie Aucamp
R66 Discovery Miles 660 Ships in 4 - 8 working days

In Oor En Weer gee Hennie Aucamp 16 onderhoude weer wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is.

Die verskillende onderhoudvoerders tree met Aucamp in gesprek oor sy skrywerskap, sy literêre beskouings, sy siening van die stand van Afrikaans en die resensiebedryf.

Die onderhoude bied ’n boeiende oorsig van hoe Aucamp in die loop van 36 jaar oor sy skrywerskap gedink het. Daar word veral gepraat oor die genres waarin hy sy merk gemaak het: die kortverhaal, dagboekskrywing, memorie en kabaret.

Die Dramateks: 'n Handleiding (Afrikaans, English, Paperback): Marisa Keuris Die Dramateks: 'n Handleiding (Afrikaans, English, Paperback)
Marisa Keuris
R373 Discovery Miles 3 730 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie title gee 'n basiese inleiding tot die moderne dramateorie asook praktiese riglyne oor hoe om 'n dramateks te analiseer, en is 'n gids vir dosente en studente. Die invloed van die opvoeringsgerigtheid van 'n drama op aspekte soos die karakters, die tyd en ruimte asook die drama se struktuur, word behandel. Die teorie word deurgaans verduidelik en geillustreer aan die hand van voorbeelde uit meer as 30 bekende Afrikaanse dramas.

Kaar (Afrikaans, Paperback): Marlene Van Niekerk Kaar (Afrikaans, Paperback)
Marlene Van Niekerk
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie omvangryke digbundel, Marlene van Niekerk se eerste digbundel in 30 jaar, sluit gedigte in wat wissel tussen pragtig liries en aangrypend menslik tot sterk satiriese protes- en politieke gedigte. ’n Groot aantal temas word dikwels in fyn besonderhede aangebied – die natuur, voels, diere, die liefde, die vader, sosiale vraagstukke – en getuig van hierdie digter se veelsydige inslag. Afrikaans word in al sy fasette ingespan en die spel met taal en woorde is telkens verbluffend. Sowel die inhoud as die gebruik van taal getuig van ’n meesterlike skrywerskap. Ondersoekende denke, sensitiewe waarneming en uitsonderlike uitdrukkingsvermoe bied die leser van Kaar ’n avontuurlike ontdekkingreis deur die werelde van mense en diere.

Nagblind (Afrikaans, Paperback): Francis Grobler Nagblind (Afrikaans, Paperback)
Francis Grobler
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Francis Grobler skuif die sluier van ’n verskuilde wêreld met ’n afgerigte werklikheid en konformiteite oop met ’n moderne benadering tot digkuns. Die digbundel se outentieke benadering dra by tot ‘n skaars, maar nodige kommoditeit in Afrikaanse poësie.

Nagblind is ’n kragtige, eiesoortige en eenmalige leserservaring. Die woord word verhelder deur retoriek en metafore wat vonk en word sterk beeldend verwoord. Dit delf in die geestelike dimensie en verfyn en rond die eindproduk tot ’n “andersheid” af wat ver verby die grense van konvensies gaan en aan die geskrewe woord ’n nuwe betekenis gee.

Nagblind breek behoorlik die skedels tot nuwe denke.

1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.

Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer.

Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag.

Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Poverty Proof - 50 Ways to Train your…
Douglas Kruger Paperback R190 R172 Discovery Miles 1 720
Scientific Computing - An Introductory…
Michael T. Heath Paperback R2,791 Discovery Miles 27 910
Artificial Intelligence Applications and…
Ilias Maglogiannis, Lazaros Iliadis, … Hardcover R3,111 Discovery Miles 31 110
Antarctic Explorer - Visitor's Map of…
Nigel Sitwell Sheet map, folded R347 Discovery Miles 3 470
Solid Biofuels for Energy - A Lower…
Panagiotis Grammelis Hardcover R4,603 Discovery Miles 46 030
The Other End Of The Telescope - How To…
Ian Russell Paperback R250 R212 Discovery Miles 2 120
Foundations and Methods of Stochastic…
Barry L. Nelson, Linda Pei Hardcover R3,283 Discovery Miles 32 830
Ocean Energy - Governance Challenges for…
Glen Wright, Sandy Kerr, … Hardcover R5,023 Discovery Miles 50 230
Statistics for Business and Economics…
Paul Newbold, William Carlson, … Paperback R2,629 Discovery Miles 26 290
Applied Business Statistics - Methods…
Trevor Wegner Paperback R951 Discovery Miles 9 510

 

Partners