|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
In Skeef deel mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp op sy kenmerkend spitvondige manier praktiese advies en verhale oor alle aspekte van gay-wees.
Uitkom, boelies, liefdesverhoudings, skooldae, universiteitsjare, ouers, verteenwoordiging, seksualiteit, geloof - geen onderwerp is taboe nie. Schwarp fokus op die leefwêreld van LGBTIQ+-Suid-Afrikaners, plaas dit in internasionale en historiese kontekste en bied 'n woordeskat. Schwarp vertel sy eie storie. Hy klop ook aan by bekendes soos Rian van Heerden, Marc Lottering, Charl-Johan Lingenfelder, Boer Damian en Joe Foster om 'n genuanseerde beeld van eietydse gay-wees te skets.
In 'n onthutsend eerlike hoofstuk vertel sy ma, Verenia, van die uitdagings van gaykindgrootmaak. Die raakvatters agter die gewilde Mannetjiesvrou-podsending verwelkom jou ook in die voorkamer van die lesbiër.
Selfs al is dinge soms moeiliker vir LGBTIQ-mense, dra Skeef 'n boodskap van hoop oor vir gay mense, hul ouers en bondgenote. Selfaanvaarding, outentisiteit, gesonde verhoudings en geluk is gays beskore - hierdie boek vertel hoe.
Heilige nuuskierigheid is 'n indrukwekkende ondersoek na die
ontstaan van lewe, na die ontwikkeling van 'n diversiteit van
lewensvorme en na die plek van die skeppende mens binne hierdie
grootse en dikwels raaiselagtige proses. Met 'n wydse gebaar slaag
die skrywer daarin om in die aangesig van die opborrelende energie
van die natuur en die onpeilbare geheime van die buitenste ruimte,
nie net 'n hergeboorte nie maar ook 'n bruisende kreatiewe bestaan
vir die kunstenaar te beding. In sy nuwe digbundel praat die
skrywer weer eens met die aarde. Sy belangstelling in die evolusie
en die natuurwetenskappe verryk sy meer filosofiese vraagstelling
na die rol van die gelowige mens binne die steeds groter wordende
bestel wat eise stel aan die mensdom se vermoe om die immer
verskuiwende realiteite te verwerk. Met Heilige nuuskerigheid
konsolideer Cloete sy gereelde verkenning van die skeppende
prosesse in die natuur en in die kunste, maar hy lewer duidelik
blyke van 'n groter waagmoed en ambisie om spronge te waag na nuwe
einders. Die beste gedigte in hierdie bundel is op dieselfde hoe
peil as die vele hoogtepunte wat sy oeuvre tot dusver opgelewer
het.
|
Hat (Nuwe)
(Afrikaans, Book)
F.F. Odenal, P.C. Schoonees, C.J. Swanepoel, S.J. Du Toit, C.M. Booysen
|
R279
Discovery Miles 2 790
|
Ships in 2 - 4 working days
|
|
Dit is die jaar 1967. ‘n Tienjarige seun in ‘n disfunksionele mynwerkershuis op die Wesrand is aan die woord. Met gestroopte verse vertel hy van die mense wat instaan en help om sin te gee aan wat om hom gebeur.
Deur hierdie gedigte ervaar die leser die absurditeit van die staatsstelsel in die 60’s asook die wyse waarop ‘n kind sin maak van wat in die grootmenswêreld aangaan.
Sewe van die gedigte is verlede jaar in die bundel Nuwe Stemme 6 opgeneem en het uiters positiewe reaksie ontlok.
Ritmes En Rites is ʼn keur uit die koerantrubrieke van Cas Wepener wat die afgelope sewe jaar in die dagblaaie Beeld en Die Burger, aanlyn op Netwerk24, asook in Vrye Weekblad verskyn het.
Met sy pen verken hy die alledaagse lewens van Suid-Afrikaners, die netwerk verhoudings waarin hulle staan en karteer so veranderende tye.
Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller).
As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.
|
|