|
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
"Elke gedig is ’n uiting van die sibille. "Die woorde deur
Sowjet-digter Marina Tswetajewa eggo in Juanita Louw se
debuutbundel, In die grot van die sibille, waar digkuns gelykgestel
word aan die magiese woord wat deur die mitologiese profetes in
haar grot gespreek is. Die leser gaan as't ware die grot binne waar
klankryke, evokatiewe verse met droomagtige, eksotiese beelde die
menslike kondisie belig. Louw werk met fassinerende stof uit ander
kulture wat op prikkelende manier ontgin word.
Die geel kafee het oorspronklik in die 1980's onder Koos Kombuis se
skrywersnaam Andre Letoit verskyn. Met die publikasie van hierdie
gedigte was die Nuwe Suid-Afrika nog net 'n pypdroom. Toe hy vir
die eerste keer “weer hierdie ou poems... deurlees,” skryf Kombuis
in sy voorwoord by die tweede druk, het twee dinge hom opgeval: hoe
hy al hoe nader aan sy loopbaan as liriekskrywer beweeg het en hoe
Eurosentries die digbundel was. “Maar," voeg hy by: “... dalk, wie
weet, dien dit as inspirasie vir jong digters en skrywers vandag.”
Die toneelstukke in hierdie boek kan met groot vrug in die
klaskamer gelees en bespreek word, maar hulle is eintlik bedoel om
opgevoer te word. Daar is iets vir elke smaak; skreeusnaakse
geheime en misverstande tussen mense, die bekoring van
Afrika-legendes en self 'n besoek van 'n ander planeet af. Om the
help om elke toneelstuk beter te verstaan, is daar ook verklarings
van moeilike woorde, interessante vrae en 'n hele verskeidenheid
van aktiwiteite rondom die tema van die stuk.
Breyten Breytenbach se nuwe bundel is in 'n sekere sin 'n
terugskouing op die lewe en die digkuns van die digter en het sterk
outobiografiese elemente. Die tema van verganklikheid en oud-word
loop sentraal, en daarmee saam die wisseling van plek en landskap.
Die deernis en empatie met die mens en sy vreemde lewensverlope is
aangrypend. Nog selde by hierdie digter het die landskap so 'n
primere en so 'n verhelderende rol gespeel as in hierdie bundel.
Ettienne Leroux en Ingrid Winterbach het begin briewe uitruil in 1966
wat gelei het tot die publikasie van een van Leroux se persoonlikste
en geheimsinnigste werke, 18-44. Amper vyftig jaar later word
Leroux se briewe deur Philip Snyman ontdek, ‘n afgedankte joernalis
wat probeer om die pad na herstel te vind na die dood van sy meisie
en die ineenstorting van sy loopbaan.
Hoe dieper Philip egter in die briewekorrespondensie delf, hoe
meer raaisels en geheime boodskappe ontdek hy. Dit lei hom na ‘n
onverwagse, tragiese verkenning, nie net van Leroux nie, maar ook
homself.
Hy raak al hoe meer obsessief. Hy praat met homself en skryf rye en
rye getalle neer waarin hy insiggewende ooreenkomste sien. Teen
hierdie tyd kan niks meer as die waarheid aanvaar word nie, en moet
die leser saam met Philip die raaisel probeer oplos.
|
|