![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Hierdie is die eerste werklik omvattende boek in Afrikaans oor wat die tekslinguistiek as vakgebied behels. 'n Heel nuwe terrein vir taalkundige navorsing in Afrikaans word ontgin, want die klem val in die besonder op die insigte wat 'n studie van taaltekste (dus groter as die enkelsin) meebring. In hierdie opsig behoort die boek vir studente in die taal- en letterkunde asook almal wat belangstel in effektiewe kommunikasie van groot waarde te wees - as naslaanbron, maar veral as bron waarin 'n volume kennis byeengetrek is wat verdere selfstandige navorsing kan stimuleer.
Siener in die suburbs gaan oor die lief en leed van 'n groepie mense wat al volkskarakters geword het. Jakes wat so graag 'n laaitie wil he, Tiemie wat oor haar tyd is, Tjokkie wat met die helm gebore is, Giel en Ma wat in sonde saamleef. Hulle bly aan die verkeerde kant van die spoor; mense van wie daar "nie geweet" word nie.
In hierdie debuutbundel word die verhouding tussen vader en seun vanaf geboorte tot by volwassenheid verken. Dit is egter 'n besonder komplekse verhouding omdat die seun outisties is. Die tema van outisme, wat nog nie voorheen in die Afrikaanse poesie neerslag gevind het nie, word deurgaans vanuit die subjektiewe ervaring van die vader verwoord, wat voortdurend op soek is na maniere om deur te dring tot die bykans geslote wereld van die kind. Die narokkong van die bundeltitel verwys na 'n geheimsinnige voel van die nag wat ook in D.J. Opperman se gedig “Koggelbos” figureer, maar eintlik verder terugverwys na 'n kortverhaal, “Koors”, deur Sangiro. Vir die siek kind in die verhaal is die narokkong 'n bringer van onheil, maar in die kind se koorsdrome word hy self ook 'n narokkong wat deur die giftige nabome gelok word. In Franzsen se bundel is daar ook 'n vreemde band tussen die outistiese kind en die voel wat alles met sy afsydige swart oe dophou en is dit nie altyd duidelik of die voel bedreiging of beskerming inhou nie. Die gedigte bring die leser te staan voor die wereld van die ouers en hul radelose pogings om deur te dring tot die kind, om iets te verstaan van die manier waarop hy die werklikheid ervaar, en hul bekommrnis omdat hul besef dat hy nooit selfstandig sal kan leef nie (“Paasfees”). Voor hierdie verskynsel is die mediese wetenskap magteloos (“Hippokrates het sy hande vol”). Die leser sien ook iets van die kind se ontuisheid in 'n wereld wat vir hom onbegryplik is – “Hoe dans mens in sirkels/in hierdie vierkantige plek?” word in “Outisme I”gevra, en sy afgeslotenheid en opgeslotenheid (“Kerker”). Daar is egter ook momente van troos (“Engel in die bos”), van humor (“Beseringstyd”) en deernis (“Denmar”). Die bundel eindig met ’n aangrypende gebed (“Slotgesang”).
'n Versameling van gesprekke met vriende en kennisse van die digter Ingrid Jonker, met kommentaar deur 'n sielkundige. 'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. Gesprekke oor Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en Andre P. Brink. Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.
Eben Venter se Brouhaha-rubriek is by verre die gewildste in die Saterdag-BY. Sms'se van lesers stroom weekliks in: 'Ek hou so baie van Eben Venter se Stoney-stories. Hy doen meer om begrip en selfs bewondering van die gehate Oz by ons rotsvaste ek- sal-nooit-emigreer-Suid-Afrikaners te vestig as enigiets of iemand anders.' Ook: 'Eben Venter se woordkuns is soos 'n oase in die BY-woestyn.' Geniet die keur uit sy allerbeste Stoney-stories, 'n handvol onverbeterlike resepte met sy verstommende Brouhaha-vertellings as bonus. Brouhaha is nou in boekvorm beskikbaar op aandrang van die leserspubliek.
Voetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Kind wat doodgeskok word terwyl hulle jagentjies speel. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Toentertyd se poskoets en handsentrale. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het. Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.
In Oor En Weer gee Hennie Aucamp 16 onderhoude weer wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is. Die verskillende onderhoudvoerders tree met Aucamp in gesprek oor sy skrywerskap, sy literêre beskouings, sy siening van die stand van Afrikaans en die resensiebedryf. Die onderhoude bied ’n boeiende oorsig van hoe Aucamp in die loop van 36 jaar oor sy skrywerskap gedink het. Daar word veral gepraat oor die genres waarin hy sy merk gemaak het: die kortverhaal, dagboekskrywing, memorie en kabaret.
Kosmos en komete is die debuutbundel van Instagram en Facebook digter,
Kaalwoorde. Die sukses van dié jong digter op sosiale media word
toegeskryf aan haar toeganklikheid. Sy verwys na haar gedigte as
bepeinsings oor gevoelens en gebeure, aansporings om te droom, en
gedagtes wat die leser los met positiwiteit.
Anders as in Cas Vos se vorige bundels poesie (Vuurtong, Gode van papier en Enkeldiep) verskyn die gode in Die afdruk van ons hande in vreemde gestaltes. Een van die stemme wat saampraat is die van stilte, 'n stem uit die niet wat terugkeer na die niet. Deur die verse loop 'n sterk sensualiteit en 'n boeiende aktualiteit, ook betreffende die Afrika-werklikheid. 'n Hoogtepunt in die bundel is die reeks "Uruk-fragmente", 'n digterlike herskepping van die klassieke Gilgamesj-epos, wat beskou word as een van die belangrikste oertekste in die wereldletterkunde. In Vos se omdigting daarvan word die liriese aspekte voortdurend deur die epiese gebalanseer. Vos se vars en verrassende beelding gaan gepaard met sensitiwiteit vir klank en sy liefdesverse is uitsonderlik.
Toe was hulle jonk, dronk en rebels. Nou is hulle voorstedelik en ontnugter. Die dood van hulle universiteitsvriend Johnny bly egter nog 'n raaisel – iets wat al vier steeds na al die jare teister. Dit is 'n vernuftig opgeboude stuk waarin die onstuimige laat-tagtigerjare in Suid-Afrika oortuigend uitgebeeld word. Dit was die tyd toe die Afrikaanse jeug polities bewus geraak en toe die grensoorlog 'n verwoestende uitwerking op duisende jong dienspligtiges gehad het. Met sprankelende dialoog en treffende tonele konfronteer Malan Steyn ons in hierdie drama met 'n nog steeds lewende verlede.
1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies. Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer. Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag. Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.
Harry Kirkman was een van die Krugerwildtuin se bekendste "eerste" veldwagters naas Harry Wolhuter. In hierdie heruitgawe van die oorspronklike teks wat in 1967 verskyn het, is dit tyd vir Kirkman om die tuig neer te le, moeilik soos dit vir hom is, en sy lewe as veldwagter vanaf die vroegste dae te hersien. Saam met Kirkman herleef die leser die spektrum van ervarings wat 'n loopbaan in die ongerepte natuur inhou: eensaamheid, ontbering en avontuur, deurspek met ingetoe wysheid en 'n goeie skoot humor.
In Donkerwerk word daar gefokus op die dialektiese interafhanklikheid van alle dinge. Daar word besin oor die nietigheid van die mens teenoor die mistieke grootsheid van die heelal, maar ook op die verhouding tussen die mens en die natuur. Tematies handel die verse oor kinderloosheid, verganklikheid, die liefde, familie, geskiedenis, musiek en oorlog. Bekendes soos Dracula, Paul Celan en Stephen Hawking word aan die hand van portretstudies verbeeld, terwyl sosiale en persoonlike onrus die spilpunt van sommige verse vorm.
Die eerste weergawe van die mees gesaghebbende boek oor die Afrikaanse taal, die Afrikaanse Woordelys en spelreels, is die eerste keer in 1917 uitgegee. Daarom dink die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns dit goed om 100 jaar later – in 2017 – ’n faksimilee-uitgawe daarvan uit te gee. ’n Beperkte oplaag van hierdie versamelaarsboek word gedruk en is vir belangstellendes in Afrikaans en lesers wat wil sien hoe hierdie taal gelyk het toe dit nog in sy kinderskoene was.
In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom. Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede. In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.
n Versameling briewe van die broers W.E.G. en N.P. van Wyk Louw. Die briefwisseling tussen Van Wyk en W.E.G. Louw vanaf 1941 tot met Van Wyk Louw se dood in 1970 strek oor 'n periode van bykans dertig jaar. Die korrespondensie tussen die twee broers, waarby ook enkele briewe van Truida Louw aansluit, beslaan 'n totaal van 226 briewe, poskaarte en telegramme en foto's ingesluit.
Achieve better marks in Afrikaans (Grade 7-12) Afrikaans+ is a learner-friendly guidebook which caters for additional language learners who want to achieve better marks in Afrikaans. This practical guide contains explanations in English and is filled to the brim with examples. It explains tests and exams used for both the DBE and IEB and was written by a panel of educational experts who understand the needs of additional language learners. This book is completely up to date. The Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) has just been re-issued, blindsiding many a teacher with the changes in Afrikaans grammar rules. While the AWS is seen as the touchstone for Afrikaans language practitioners, it could be a daunting book to use in the classroom. Afrikaans+ was written with the most recent changes to the AWS in mind, and presents these grammar rules in a clear, practical manner. Every chapter in the book also offers free online support - exercises, answers and examples - which will be kept up to date by the panel. The book contains six sections: 1. Comprehension - Begrip: This explains how you should approach a comprehension test, how to look for the answers, and provides tips on how to understand the questions. It also explains how to make summaries. Visual texts, such as cartoons, graphs and maps, are also explained. 2. Grammar - Taal: This is a step-by-step guide to understanding the “how” and the “why” of Afrikaans grammar. You will be guided with English explanations and Afrikaans examples on things like word order, tenses, adjectives, adverbs, time, numbers, plural and diminutive forms, the negative, active and passive voice, pronouns, participles and abbreviations. There are sections offering basic knowledge to help the struggling learner through the exam. But there are also more advanced sections for the learner who wants to get an A and for the teacher who wants to become familiar with all the changes in the AWS. 3. Literature - Letterkunde: Everything you need to know about prose, drama, short stories and poetry. What is the difference between a metaphor and a simile? Who is the protagonist and who the antagonist? We use simple explanations and good examples of all these and other literature terms. 4. Oral - Mondeling: The book contains practical pointers on how to prepare for different kinds of oral, such as interviews, prepared speeches, introducing and thanking a speaker, roleplay, how to make a vlog and how to discuss the booklist you have to read for grade 12. Examples of all these are given, and more are provided online. 5. Vocabulary - Woordeskat: You will always need vocabulary for essays and orals. With the most recent vocabulary on food, technology, life after school, sport and lots more, you will be well prepared. 6. Written work - Skryfwerk: This section starts with a step-by-step approach to writing: how to choose a topic, how to do your planning, what not to use in an essay and how to end your story. The examples of all the different types of written work (essays, long and short transactional writing) and tips on each, will help you to master each one. Online you will be able to read through more examples.
'n Seleksie van poesie uit Suid-Afrika en Europa wat aan die Anglo-Boereoorlog gewy is. Die gedigte is so gerangskik dat hulle rofweg die verloop van die oorlog volg, vanaf die begin in 1899 tot aan die einde van die stryd in Mei 1902. Nie net bekende digters soos Leipoldt, Totius of Celliers, Verwey of Boutens het hulle oor die oorlog uitgelaat nie, maar ook ’n groot aantal geleentheidsdigters. Ondanks die subtitel van hierdie bloemlesing is drie Engelse gedigte (duidelik deur Boere geskryf) ook opgeneem.
Eerste Wals is ‘n bundel van verhale en verse. Die verhale is geïnspireer deur die memoirs van die outeur se moeder, sowel as die outeur se lewenservarings en verbeelding. Die name van die karakters in die verhale is gevolglik fiktief. Die verhale handel oor die lewe van die dogtertjie, Jantjie wat by haar grootouers aan vaderskant groot word. Sy is onder die indruk dat hulle haar eie ouers is. Groot is die skok toe sy op sesjarige ouderdom uitvind, dat die persoon wat sy gedink het haar oudste broer is, eintlik haar pa is. Die verhale beskryf die lief en leed van Jantjie, van kleinsaf, totdat sy haar laaste kind baar. Die gedigte handel oor vyf verskillende temas, naamlik, Familie, Godsdiens, Biografie, Natuur en Allerlei.
Veronique Jephtas verteenwoordig die kraakvars stem van ’n nuwe generasie Afrikaanssprekendes – die born frees, gebore ná 1994 – wat grootgeword het in ’n land met meer geleenthede vir almal maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer. In Soe rond ommie bos skryf Jephtas protesposie en verbeel ’n gemeenskap wat vry is van gesprekke wat rondom die bos loop. |
![]() ![]() You may like...
Milwaukee Frozen Custard
Kathleen McCann Tanzilo, Robert Tanzilo
Paperback
|