![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Benno Barnard is ‘n veelsydige Nederlandse skrywer wie se werk poësie, prosa, essays, toneeltekste en vertalings insluit. Binne en buite, verlede en hede, liefde en dood, die persoonlike en die openbare skep ’n tematiese rykdom en ’n boeiende estetiese spanning in sy werk. Die verse self vertoon ‘n vaste vorm wat weens die digter se tegniese vernuf klinkklaar soos water vloei. Benno Barnard se uitsonderlike stem is nou ook in Afrikaans hoorbaar danksy Daniel Hugo se teksgetroue maar soepel vertaling. In ’n nawoord plaas prof. Yves T’Sjoen hierdie gedigte in ‘n breër literêre en maatskaplike konteks.
Reeds in die eerste gedig word die leser gekonfronteer met die belangrikste tema van die bundel: "die aarde se beskeie plekkie in die niet". Met die kommer oor die bedreiging van die balans in veral die kwesbare Karoo is Dolf van Niekerk se vyfde digbundel baie tydig.
In Heilna du Plooy se derde digbundel besin sy veral oor verskillende soorte verhoudings: die verhouding met Suid-Afrika en die stamlande van Afrikaanssprekendes, verhoudings met familie en geliefde vriende, die verhouding met die persoonlike en kollektiewe verlede en verskillende vorms van magsverhoudings. ’n Besonder treffende reeks in die bundel handel dan ook oor die verhouding tussen jagter en prooi, die skuld van die maghebber en die offerande van die ondergeskikte, wat in die vorm van ’n gesprek met ’n reeks beeldhouwerke van Maureen Quin gegiet word. By hierdie reeks sluit verdere gedigte oor die skepping van kuns aan, wat teenoor ’n reeks oor ’n oppervlakkige verbruikerskultuur gelees kan word. Die bundel word afgesluit met ’n aantal elegiese verse en twee verse oor die eenvoudige waardigheid van sorg en mededeelsaamheid.
1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies. Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer. Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag. Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.
Liefland is in vyf afdelings verdeel. Reeds heel in die begin lees ons "Onthou die aarde nog die krag/ wat dit gevorm het/ die berge, onthou die berge/ die lawa/" en die vers sluit later af met die woorde "Onthou die liefde die niks". Die digter skroom nie om verskillende fasette van ons land en die tyd waarin ons woon te ontgin nie, of dit gaan oor die vrou wat sterf langs die pad, 'n moord op Bitterfontein, 'n kind wat deur bendes geskiet word in Waterbergstraat, bergies of straatkinders, 'n bom wat ontplof.
Hierdie omvangryke digbundel, Marlene van Niekerk se eerste digbundel in 30 jaar, sluit gedigte in wat wissel tussen pragtig liries en aangrypend menslik tot sterk satiriese protes- en politieke gedigte. ’n Groot aantal temas word dikwels in fyn besonderhede aangebied – die natuur, voels, diere, die liefde, die vader, sosiale vraagstukke – en getuig van hierdie digter se veelsydige inslag. Afrikaans word in al sy fasette ingespan en die spel met taal en woorde is telkens verbluffend. Sowel die inhoud as die gebruik van taal getuig van ’n meesterlike skrywerskap. Ondersoekende denke, sensitiewe waarneming en uitsonderlike uitdrukkingsvermoe bied die leser van Kaar ’n avontuurlike ontdekkingreis deur die werelde van mense en diere.
• Daarna is dit ‘n gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
Met bewondering, deernis en ’n skerp sin vir humor skets Dot Serfontein die geskiedenis van kontreie wat nie aan interessante mense ontbreek nie. In Ek Is Maar Ene kring vertellinge van haar kinderjare en familie in die Vrystaat uit na kleurvolle karakters van die Kalahari en na (dikwels senutergende) reise met haar gesin na ander dele van Suid-Afrika. Sy vertel van die swerwende tant Beatrice wat geglo het sy word deur die geheime polisie agtervolg; van die kreatiewe wyse waarop geharde Kalaharimense hul wêreld herbergsaam gemaak het, hoe Askham sy naam gekry het en hoe ’n Chev-bakkie kan boomklim. Hierdie bundel boeiende sketse is by tye skreeusnaaks, maar nooit gaan die waardering vir die mense agter die stories verlore nie.
'n Seleksie van poesie uit Suid-Afrika en Europa wat aan die Anglo-Boereoorlog gewy is. Die gedigte is so gerangskik dat hulle rofweg die verloop van die oorlog volg, vanaf die begin in 1899 tot aan die einde van die stryd in Mei 1902. Nie net bekende digters soos Leipoldt, Totius of Celliers, Verwey of Boutens het hulle oor die oorlog uitgelaat nie, maar ook ’n groot aantal geleentheidsdigters. Ondanks die subtitel van hierdie bloemlesing is drie Engelse gedigte (duidelik deur Boere geskryf) ook opgeneem.
In hierdie debuutbundel word ’n liefdesgeskiedenis vertel soos dit deur verskillende stadiums beleef word deur die spreker. Aan die begin soek die spreker na ’n manier om sy liefde duidelik genoeg uit te druk; dan volg die ontnugtering en die belewenis van die geliefde as ’n lee dop, en uiteindelik volg die misnoegde ervaring van mislukking. Die hele bundel staan in gesprek met Oscar Wilde se roman, The picture of Dorian Gray, waarin die jong Dorian Gray wens dat sy afbeelding in ’n skildery sal verouder, terwyl hyself jonk bly.Die gedigte verwoord in hierdie bundel die aftakelingsproses en boots die briefvorm van die Wilde-roman implisiet na. Soos in die roman word die grense tussen werklikheid, verbeelding en kuns in die gedigte dikwels oorskry. Die atmosfeer van verval van die Wilde-roman word ook in talle van die gedigte opgeroep.
Vyfmylpaal bevat vyf van Deon Opperman se suksesvolste Afrikaanse dramas: "Boesman, my seun", "Magspel", "Donkerland", "Stille nag" en "More is ’n lang dag". Hoewel die laaste drie reeds vroeer gepubliseer is (in 1996, 1990 en 1986 onderskeidelik), is dit die eerste keer dat "Boesman, my seun" en "Magspel" in drukvorm verskyn. Deon Opperman, reeds sedert 1984 aktief in die bedryf, is een van die produktiefste dramaturge in Suid-Afrika, met meer as 40 verhoogstukke op sy kerfstok. 'n Eugene Marais-prys en 'n Hertzogprys-benoeming is maar twee van die vele veertjies in sy hoed. Hy is ook die stigter van AFDA (The South African School of Motion Picture and Live Performance).
“Not sex please,” sê die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?” Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik. Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.
In Oor En Weer gee Hennie Aucamp 16 onderhoude weer wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is. Die verskillende onderhoudvoerders tree met Aucamp in gesprek oor sy skrywerskap, sy literêre beskouings, sy siening van die stand van Afrikaans en die resensiebedryf. Die onderhoude bied ’n boeiende oorsig van hoe Aucamp in die loop van 36 jaar oor sy skrywerskap gedink het. Daar word veral gepraat oor die genres waarin hy sy merk gemaak het: die kortverhaal, dagboekskrywing, memorie en kabaret.
Hierdie studiewerkgids vir leerders en onderwysers kan saam met die voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Afrikaans graad 10 EAT gebruik word. Die gids verskaf bykomende inligting, vrae en opdragte by die voorgeskrewe gedigte in Vers en vlam: ’n poësiebloemlesing vir graad 10 EAT. Die aanslag is toeganklik en informeel, en gerig op die leerder.
Die bundel, wat in P.J. Philander se nege-en-tagtigste jaar verskyn het, is geskryf terwyl hy in New York gewoon het. Ten spyte van die afstand tussen die digter en sy geboorteland, spreek die gedigte in die bundel steeds van 'n intieme verbintenis tussen hom en sy land van herkoms. In die middel van die winter word Miem Fischer saam met haar enigste seun en ander familielede weggevoer van hulle plaas naby Ermelo: eers na die konsentrasiekamp by Standerton en daarna na die kamp by Merebank naby Durban. In haar dagboekinskrywings ontvou dag na dag die aangrypende verhaal van hoe sy die haglike realiteit van lewe in ’n konsentrasiekamp moet verduur. Tant Miem Fischer se kampdagboek is een van maar ’n handjievol dagboeke wat die lyding van Boerevroue en -kinders van dag tot dag weergee en wat na die oorlog behoue gebly het.
Die Duiwel is hier aan die woord – skerpsinnig, dog simpatiek teenoor die probleme wat hy uitlig. In hierdie bundel ondersoekthe skrywer geloof in die hedendaagse konteks, en kom sy belesenheid na vore. Hy bied met sy skerp waarnemingsvermoe kommentaar op eietydse ervaringe, maar plaas dit in die konteks van eeue.
In hierdie debuutbundel word die verhouding tussen vader en seun vanaf geboorte tot by volwassenheid verken. Dit is egter 'n besonder komplekse verhouding omdat die seun outisties is. Die tema van outisme, wat nog nie voorheen in die Afrikaanse poesie neerslag gevind het nie, word deurgaans vanuit die subjektiewe ervaring van die vader verwoord, wat voortdurend op soek is na maniere om deur te dring tot die bykans geslote wereld van die kind. Die narokkong van die bundeltitel verwys na 'n geheimsinnige voel van die nag wat ook in D.J. Opperman se gedig “Koggelbos” figureer, maar eintlik verder terugverwys na 'n kortverhaal, “Koors”, deur Sangiro. Vir die siek kind in die verhaal is die narokkong 'n bringer van onheil, maar in die kind se koorsdrome word hy self ook 'n narokkong wat deur die giftige nabome gelok word. In Franzsen se bundel is daar ook 'n vreemde band tussen die outistiese kind en die voel wat alles met sy afsydige swart oe dophou en is dit nie altyd duidelik of die voel bedreiging of beskerming inhou nie. Die gedigte bring die leser te staan voor die wereld van die ouers en hul radelose pogings om deur te dring tot die kind, om iets te verstaan van die manier waarop hy die werklikheid ervaar, en hul bekommrnis omdat hul besef dat hy nooit selfstandig sal kan leef nie (“Paasfees”). Voor hierdie verskynsel is die mediese wetenskap magteloos (“Hippokrates het sy hande vol”). Die leser sien ook iets van die kind se ontuisheid in 'n wereld wat vir hom onbegryplik is – “Hoe dans mens in sirkels/in hierdie vierkantige plek?” word in “Outisme I”gevra, en sy afgeslotenheid en opgeslotenheid (“Kerker”). Daar is egter ook momente van troos (“Engel in die bos”), van humor (“Beseringstyd”) en deernis (“Denmar”). Die bundel eindig met ’n aangrypende gebed (“Slotgesang”).
In hierdie bundel loop die skrywer op sy kinderspore terug na die dorre Kalahari soos dit in die 1930's daaruit gesien het en word verskeie gebeure en emosies weer opgeroep: 'n lieflinghond wat in die duinestrate agterbly, 'n verharde pa, ontbering en uiteindelik: liefde. Onder verskeie prikkelende opskrifte – "Die Krismishoenders", "Agarob", "Weggooikinders", "Bruilof vir oom Wessel", "Oubaas Vogelbruck se stompore" – gee die 27 vertellings 'n helder beeld van 'n kind se grootword in die Kalahari. Dr. Willem D. Kotze is in 1931 op die plaas Texas langs die Nossobrivier in Namibie gebore. As kind het hy, agter die karakoeltrop en beeste, sy vader se Kalahariplaas Wilheben deurkruis.
In kamera staan vir "in vertroue" en "in die kamera se oog". 'n Leunstoelsafari wat begin in 'n "nursing home" naby Babanango en oor Tuks se kampus loop deur Ienkkonserte, modderbaddens en broek-raids, Harvard se kampus, 12 jaar in Die Volksblad se redakteurstoel en jare as Uitvoerende Hoof van Nasionale koerante. In hierdie geharde koerantman se bars kyk ontbreek dit nooit aan humor en deernis nie.
|
You may like...
Laminar-Turbulent Transition - IUTAM…
H.F. Fasel, W.S. Saric
Hardcover
R8,024
Discovery Miles 80 240
Turbulence in Porous Media - Modeling…
Marcelo J. S. de Lemos
Hardcover
R3,974
Discovery Miles 39 740
Nano/Micro Science and Technology in…
Rio Kita, Toshiaki Dobashi
Hardcover
R2,759
Discovery Miles 27 590
Introductory Financial Economics with…
Cornelis van de Panne
Hardcover
R5,766
Discovery Miles 57 660
|