![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Hierdie bundel gedigte is gepubliseer by geleentheid van Barend Toerien se tagtigste verjaarsdag op 29 Maart 2001.
Vir die fynproewer-leser bied hierdie bundel 'n opwindende leeservaring: surrealistiese verse wat hulle nie maklik tot interpretasie leen nie. Tog handel die verse dikwels oor baie konkrete dinge – en is Schaffer se opstapeling van skynbaar verbandlose idees juis tekenend van die menslike kondisie in die een-en-twintigste eeu.
Vloeibare middelpunt is Martjie Bosman se derde digbundel en volg op Toevallige tekens (2010) en Landelik (2003), waarvoor sy met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Susan Smith skryf in haar keurverslag dat Vloeibare middelpunt handel oor ’n “gevoel van vervreemding en vreemdelingskap – nie net as reisende buite die grense van die bekende nie, maar selfs die bekende wat vervreemdend word.” Soos die bundeltitel voorspel, is daar sprake van ’n vloeibare in- en uitbeweeg na en van die veilige maar onvaste kern, en word verskillende bestaansmoontlikhede op verskillende plekke (hetsy fisiese of kopruimtes) verken. So handel heelparty gedigte oor woon in ’n stad (soos Pretoria, wat uitgebeeld word in Ryan Loubser se “Spookhuis in die reen” op die omslag) wat uitdagings aan die inwoners stel, maar ook ’n gevoel van behoort wek. Soos vroeer by die gedigreeks “Viervoud” uit Landelik, vind die Heideggeriaanse konsep van “woon” soos uiteengesit in sy referaat getiteld “Bauen wohnen denken”, sterk inslag, vandaar dat Bosman die Holderlin-aanhaling as motto vir die bundel gebruik: “… dichterisch wohnet der Mensch auf dieser Erde”. Foxtrot van die vleiseters: Satrae stop die BM’s en MB’s en 4-treks voor die slaghuis, sein die T-hemde die seisoene: ligblou, gestreep of groen en goud. Daar binne gesorteer volgens die slagoffers die tjops, die steaks, die sosaties, die worse – Weens, Russies, Spaans, Duits, gerook, gekaas, om nie te praat van die boeresoorte nie: gawe, gemoedelike Grabouw, kameelhout, rooikrans; skaap-, bees-, hoender-, lewer-, en iewers ten duurste ook “oorspronklik”. Agter loei die sae, spat die skaafsels, genoeg om vegetariers te laat verbleek. Maar wat, ons koop ook die bykosse, die braaipap, die dege uitgerys in hul plastieke, die knoffelbrode en roosterkoeke in hul foelies, die kase, die botters, die smere, gesofistikeerd met pesto en soet sondroe tamaties, die wyne, die olywe, die olies en balsamiese asyne, die skyfies vir vooraf en die terte vir daarna. Vanaand gaan die brikette brand, die rokies hang, die biere skuim, die vroue vol belofte lag, die kinders stry en op die sofas slaap. Vanaand vergeet ons die verlede, die kwellings van die week, die hoofpyn van die oordaad. Vanaand dans ons die dans van die lewe.
Reeds in die eerste gedig word die leser gekonfronteer met die belangrikste tema van die bundel: "die aarde se beskeie plekkie in die niet". Met die kommer oor die bedreiging van die balans in veral die kwesbare Karoo is Dolf van Niekerk se vyfde digbundel baie tydig.
Corlia Fourie se debuutbundel Die Goeie Vrou En Ander Mites is ’n versameling toeganklike, pretensielose verse met ’n sterk anekdotiese inslag. Die meeste daarvan is satiriese verse wat getuig van ’n fyn intelligente, deurdagte en genuanseerde beleweniswêreld. Die gedigte word in vyf afdelings verdeel. In die eerste afdeling “Die goeie vrou” vind die leser portretstudies van bepaalde vroue, die tweede afdeling “Tuis en uit” handel meestal oor huislike ruimtes, die derde afdeling “Die wye wêreld in” bevat meestal reisverse, die voorlaaste afdeling “Bloeityd” handel oor die digter se kinderjare en latere siekte (kanker) en die slotafdeling “Kierang en ander hebbelikhede” bevat verse wat sosiale kommentaar lewer op die breër gemeenskap.
Naelstring belig die problematiek van transformasie in ’n nuwe Suid-Afrika en die soms fanatieke eise van swart bemagtiging. Die drama sentreer rondom ’n moeder wat weier om haar pasgebore baba se naelstring te knip. Die baba is egter nie bereid om die absurde situasie gelate te aanvaar nie en neem sy gehoor op ’n reis van swart komedie en deernisvolle maar pynlike interaksie. Pieter Fourie, dramaturg en dramaveteraan, is waarskynlik die enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat diep spore as toneelspeler, regisseur, artistieke direkteur en skrywer getrap het. Met Naelstring deurbreek die bekroonde dramaturg Pieter Fourie opnuut die grense van sy oeuvre.
Liefland is in vyf afdelings verdeel. Reeds heel in die begin lees ons "Onthou die aarde nog die krag/ wat dit gevorm het/ die berge, onthou die berge/ die lawa/" en die vers sluit later af met die woorde "Onthou die liefde die niks". Die digter skroom nie om verskillende fasette van ons land en die tyd waarin ons woon te ontgin nie, of dit gaan oor die vrou wat sterf langs die pad, 'n moord op Bitterfontein, 'n kind wat deur bendes geskiet word in Waterbergstraat, bergies of straatkinders, 'n bom wat ontplof.
In hierdie knap versameling literere essays le die skrywer nie net verbande tussen tekste uit die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde nie, maar ook tussen die letterkunde en ander kunsvorme: meer bepaald die musiek en die skilderkuns. Vir die student en die liefhebber-leser bewys Elsa Nolte in haar weldeurdagte en uistekend gestruktureerde essays hoe die rykdom van die literere teks nie deur ’n eenmalige leesoefening ontsluit kan word nie, maar dat 'n mens as leser “beloon” word in die mate waarin jy jouself as geoefende en ervare leser teenoor die teks stel.
Hierdie omvangryke digbundel, Marlene van Niekerk se eerste digbundel in 30 jaar, sluit gedigte in wat wissel tussen pragtig liries en aangrypend menslik tot sterk satiriese protes- en politieke gedigte. ’n Groot aantal temas word dikwels in fyn besonderhede aangebied – die natuur, voels, diere, die liefde, die vader, sosiale vraagstukke – en getuig van hierdie digter se veelsydige inslag. Afrikaans word in al sy fasette ingespan en die spel met taal en woorde is telkens verbluffend. Sowel die inhoud as die gebruik van taal getuig van ’n meesterlike skrywerskap. Ondersoekende denke, sensitiewe waarneming en uitsonderlike uitdrukkingsvermoe bied die leser van Kaar ’n avontuurlike ontdekkingreis deur die werelde van mense en diere.
Hierdie debuutbundel is sterk geanker in die wereld van die Wes-Rand en die Magaliesberg waar die digter grootgeword het. Hy skryf met deernis oor mense wat hy in sy kindertyd geken het, familielede, gesinslede en die mense van die buurt, ’n vergange werklikheid waarvan hy in die reeks “Moenie jou verlede Google Earth nie’ se: Daar is geen wreder klank as voetstappe van lewens wat wegdraai uit lee huise nie. In ander gedigte word die saambestaan van verskillende lewensvorme – bome, grassoorte, voels en klein diertjies – geteken. Dit is egter geen idilliese landelike wereld nie, veel eerder ’n wereld wat sowel bedreig as bedreig word deur verwaarlosing, veranderinge in die samelewing en aankruipende verstedeliking. Reeds in die openingsgedig, “Stapgids tot Blougat”, word wrang gewaarsku dat selfs in ’n natuurreservaat die stapper nie aan die werklikhede van die groter samelewing kan ontkom nie. Bo-op (of onder) die laag van die werklikheid le egter ook ’n laag waarin daar met taal geeksperimenteer word (bv. in die afdeling “ondersonsganger”) en waarin woorde soms verwring of in nuwe kontekste bymekaar gevoeg word sodat die leser baie fyn moet kyk om agter die betekenis van die verse te probeer kom. Ook die by- en opmekaarplasing van objekte en beelde (soos in “Luipaardsvlei Stortingsterrein” dra by tot ’n sterk surrealistiese element in die bundel.
“’n Voelboek”, noem die bekroonde digter Johan Marais sy vyfde bundel. By die natuurliefhebber roep dit dadelik assosiasies van ’n naslaanboek op. En dan, op die opdragblad, asof die digter sy leser doelbewus met hierdie assosiasie wou mislei, waarsku hy in Walt Whitman se woorde: "You must not […] be too precise or scientific about birds and trees and flowers […]." Die gedigte bly egter gemoeid met die wetenskaplike benadering tot voels, en hierdie spel van teenstelling en gelykmaking word deur die hele bundel voortgesit.
'n Seleksie van poesie uit Suid-Afrika en Europa wat aan die Anglo-Boereoorlog gewy is. Die gedigte is so gerangskik dat hulle rofweg die verloop van die oorlog volg, vanaf die begin in 1899 tot aan die einde van die stryd in Mei 1902. Nie net bekende digters soos Leipoldt, Totius of Celliers, Verwey of Boutens het hulle oor die oorlog uitgelaat nie, maar ook ’n groot aantal geleentheidsdigters. Ondanks die subtitel van hierdie bloemlesing is drie Engelse gedigte (duidelik deur Boere geskryf) ook opgeneem.
Cas Vos het hom met sy vorige bundels reeds gevestig as digter van liefdespoesie. In hierdie is dit nie bloot die tema van die liefde wat opval nie, maar ook die liefdevolle hantering van ’n wye register onderwerpe. Opvallend is die groot aantal gedigte oor kuns en kunstenaarsfigure soos Vincent van Gogh en die Suid-Afrikaanse skilder Marlene Dumas, die komponis J.S. Bach en die beeldhouer Michelangelo. Ook eietydse ikone soos Edith Piaf, Kate Moss en Katie Melua word met deernis aan die leser voorgestel.
Vyfmylpaal bevat vyf van Deon Opperman se suksesvolste Afrikaanse dramas: "Boesman, my seun", "Magspel", "Donkerland", "Stille nag" en "More is ’n lang dag". Hoewel die laaste drie reeds vroeer gepubliseer is (in 1996, 1990 en 1986 onderskeidelik), is dit die eerste keer dat "Boesman, my seun" en "Magspel" in drukvorm verskyn. Deon Opperman, reeds sedert 1984 aktief in die bedryf, is een van die produktiefste dramaturge in Suid-Afrika, met meer as 40 verhoogstukke op sy kerfstok. 'n Eugene Marais-prys en 'n Hertzogprys-benoeming is maar twee van die vele veertjies in sy hoed. Hy is ook die stigter van AFDA (The South African School of Motion Picture and Live Performance).
Met die bundel beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op ’n oorspronklike en toeganklike manier die minder bekende Nederlandse skilder Jan Mankes (1889-1920) bekend. Sy lewer daarmee nogeens ’n bewys van die vernuwende aard van haar werk. Die bundel bevat ’n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van ’n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan op die volgende bladsy. Beskryf as “’n poetiese kragtoer”.
Waar die oog van stil word is Ilse van Staden se derde digbundel en is net so keurig afgerond soos haar vorige bundels. Die eerste groep gedigte handel oor die verwerking van verlies en afskeid van die bekende. Dan betree die digter die onbekende wereld, waar sy haar vereenselwig met klein lewende wesens soos slakke en torre wat dit ook moet waag in die groot buitewereld in. Die digter het net ’n veerpen oor om mee te skryf en om ’n skip met woorde en drome te bou waarmee sy in die verbeelding kan reis. Daar is ’n sterk bewustheid van die vervlietendheid van alles: Al probeer die oog ook onthou, maar dit kan slegs weerkaatsings boekstaaf vir die brein se verbeeldingskrag en kan die digter dit met woorde probeer vasvang. Deurgaans is die digter daarvan bewys dat dinge nie bewaar kan word nie, soos die lig wat in donker oorgaan, die wind wat vlugtig aan skouers raak, die geluide van voels teen skemer, ’n brander wat oor die strand spoel en onmiddellik verdwyn. Ten slotte is die digter ook bewus van die paradoks van die digkuns: Dit is onmoontlik om die stilte van die see in woorde vas te vang, want “daar’s geen woorde in die see nie/en geen stilte in ’n vers!”
The poet Cas Vos has already established a reputation with his previous collections of love poetry. In Intimately absent he touched on the themes of love and loss. In this collection, of his poems are fed from ancient times, the religious as well as the mythological, but also at the same time reaching out to the modern era. The poet searches for new links, connecting with other times, other texts and other art forms. The poem is palimpsest where other times and texts are constantly evident, where nothing is final. He involves artists, artworks, ancient history, the mythology, eroticism and music. Opposite the powers of silence and death, he poses that of sound, language and music. The poems in Duskant die donker/Before it darkens are accessible and should be appreciated by a variety of readers.
Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis. Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa aflê. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet. In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …
Norme vir Afrikaans het oor jare al bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die titel is 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. In die aanpak word probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. In die besonder fokus die boek op die "norme" wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, o.m. die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng "normatief" te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee met die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent. Die riglyne van die tiende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (AWS) (2009) is ook volledig in hierdie uitgawe verreken.
Toevallige Tekens is Martjie Bosman se tweede digbundel en volg op Landelik (2003). Om die verse in hierdie digbundel te lees is soos om spore te volg. In die eerste afdeling word die verwoestende gevolge van die oorlog in Mosambiek en Rwanda op veral vroue en kinders getoon. Die tweede afdeling word gekenmerk deur bedreigings wat elke Suid-Afrikaner ervaar: Jou handsak word uit jou motor gesteel, ’n indringer wil die veilige hawe van jou huis betree, die dood wag dalk op die snelweg waarop jy elke dag ry. Ná die aanslag van die bose van afdelings 1 en 2, word afdeling 3 gekenmerk deur mooi en gerusstellende herinneringe van ’n verblyf op ’n rustige dorp. In afdeling 4 kom kunstenaars, musikante en musiek aan die bod. <,p> Die bundel word afgesluit met verse waarin tekens van nuwe lewe, seisoene en tye oorheers. Dit is lonend om die spore en tekens wat Bosman in hierdie bundel laat, te volg.
Deernisvol verken die digter in hierdie bundel ’n denkbeeldige gemeenskap met herkenbare karakters. Die gedigte verbeeld samehorigheid en verlies in ’n spektrum van komiese en dramatiese emosies. Polsend van liefde en die lewe, deurspek met legendes en mites, word die dorpie in sy tydlose volheid vertoon. Uiteindelik vind die leser in die karakters se universaliteit sy of haar eie kleurvolle menswees terug.
In Oor En Weer gee Hennie Aucamp 16 onderhoude weer wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is. Die verskillende onderhoudvoerders tree met Aucamp in gesprek oor sy skrywerskap, sy literêre beskouings, sy siening van die stand van Afrikaans en die resensiebedryf. Die onderhoude bied ’n boeiende oorsig van hoe Aucamp in die loop van 36 jaar oor sy skrywerskap gedink het. Daar word veral gepraat oor die genres waarin hy sy merk gemaak het: die kortverhaal, dagboekskrywing, memorie en kabaret. |
You may like...
Better Choices - Ensuring South Africa's…
Greg Mills, Mcebisi Jonas, …
Paperback
Think, Learn, Succeed - Understanding…
Dr. Caroline Leaf, Peter Amua-Quarshie, …
Paperback
(1)
|