Krap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie
Botha. Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die
2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat
oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur,
homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon
insluit. Die see is ’n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle
lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en
erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en
dier vervloei op surrealistiese wyse.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!