0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (33)
  • R100 - R250 (125)
  • R250 - R500 (73)
  • R500+ (11)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur

Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback): Piet Marais, Frik Oosthuizen Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback)
Piet Marais, Frik Oosthuizen
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) In Stock

Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur – maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en ’n uithaler sjokalade-toringkoek! Met ’n verskeidenheid brode, om die laaste lekseltjie sous op te skraap – dus mos nou lekker!

Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback): Portchie Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback)
Portchie
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) In Stock

Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie is die man wat agter die skilderye skuil? Waar kom die naam Portchie vandaan? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie Tweeling in die Vrystaat, aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende verhaal met foto’s, staaltjies en selfs resepte. Dit vertel die storie agter die storie: onopgesmuk, sonder tierlantjies, maar met ’n tikkie flair.

Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback): Najma Abrahams, Azba Fanie Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback)
Najma Abrahams, Azba Fanie
R375 R289 Discovery Miles 2 890 Save R86 (23%) In Stock

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos – niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist.

Groenboontjiebredie, tamatiekos, split pea-sop en selfs die vergete sagobredie, blomkoolbredie, panfrikkadel, Nando’s-hoender, broodpoeding en dhaltjies eerlik gemaak, sonder fieterjasies – dit is mos die onopgesmukte huiskos waarna elkeen verlang. Die kerries is natuurlik ook daar – suikerboon-, hoender-, dhal- en mincekerrie, breyani, noem maar op. Snoek-in-die-oond, kerrievis en seekos-paella (times are tough, ’n mens moet maar ’n paar maande of so spaar daarvoor, sê die twee siezas) bring die see in jou kospotte. Vir “broke week” is daar sakpas-randrekkers soos dhanya-soesys, eierkerrie en spaghetti-en-sardyne. Tietie se peperminttert en lemon meringue is uit ’n ander wêreld en Nanna se braised skaapnek sal enige onthaaltafel laat kreun van smaakgenot. Mavrou, Tietie se lamsvleis-weergawe van dié tradisionele gereg wat in die Kaaps-Maleise kultuur by troues voorgesit word, is ’n tydlose treffer.

En moenie van die happies en lekkernye vergeet nie – dis nou die “soet en sout” waarmee Mzansi se mense grootgeword en die lewe om elke hoek en draai gevier het. Watertand-verleidings soos bollas, flapjacks, skons, snowballs, patatkoekies, sweetcorn fritters en vele meer. Samoesas en roti’s kry variasies in geure en kleure om van te droom. (Só sê Tietie: Roti is baie versatile – eet dit met kerrie, masala steak of selfs as ’n poeding. Dis tog te lekker met strawberries, strawberry jam en cream.)

Nou ja, as jy nie so ’n tuiskombuis geken het nie, is jy waarskynlik reeds daaraan voorgestel op Tietie en Nanna se kookprogram, Tietie en Nanna kook op VIA, kanaal 147 op DStv, of in hul stories en kwinkslae op Instagram en TikTok.

Met Tietie en Nanna se onfeilbare resepte, perfek beproef, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s, oumas en tantes dit gemaak het, in hul eie kombuise opdis.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) In Stock

Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring!

Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.

Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Hendrik Hancke Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Hancke
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) In Stock

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

The Afrikaans Handbook and Study Guide - An English Student's Guide to Afrikaans - Grades: 5 to 12 + Tertiary (Afrikaans,... The Afrikaans Handbook and Study Guide - An English Student's Guide to Afrikaans - Grades: 5 to 12 + Tertiary (Afrikaans, Paperback, 2nd Edition)
Beryl Lutrin
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) In Stock

A comprehensive reference book and set of notes that covers everything in one book. Covers the basics and fills in the gaps. Practical and user-friendly - simple, visual and logical. Colour - coded for easy understanding, recall and application.

Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback): PJ Botha, Geo Botha Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
PJ Botha, Geo Botha
R250 R195 Discovery Miles 1 950 Save R55 (22%) In Stock

Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.

Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback): Schalk W. van Heerden Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback)
Schalk W. van Heerden 1
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) In Stock

Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika.

Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word.

Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak.

Daar Is 'n Man In My Kombuis - 3 Bestandeleresepte (Afrikaans, Paperback): Tobi Jooste Daar Is 'n Man In My Kombuis - 3 Bestandeleresepte (Afrikaans, Paperback)
Tobi Jooste
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) In Stock

Hierdie boek het Tobi vir drie redes geskryf Eerstens het elke resep net drie bestanddele Tweedens vir die ekonomiese faktor Nie almal kan duur bestanddele bekostig of ses soorte kase in die yskas aanhou nie As plaasseun verstaan hy ook dat almal nie altyd toegang het tot groot winkelsentrums waar elke bestanddeel onder die son beskikbaar is nie Derdens vir tydsbesparing Met dié kortpadresepte hoef jy nie vir ure in die kombuis te staan nie.

Tobi beskou homself nie as ‘n chef nie Trouens hy wil nie eers die gesogte titel koskenner voor sy naam skryf nie Omdat ek myself nie as ‘n kosmeester beskou nie koop ek byvoorbeeld sonder om te blik of te bloos klaar voorbereide skilferkorsdeeg En met geblikte kos kan jy soms toor en hoekom het hulle ‘n vrieskas in die eerste plek gemaak as jy nie kos mag vries nie.

Tobi glo kook is ‘n manier van ontvlugting waar jy jouself kan uitleef in ‘n kombuis En hier deel hy sy passie deur maklike vinnige en bekostigbare geregte

Rekeningkunde - Alles-In-1 (Afrikaans, Paperback, 7de Uitgawe): L. Cornelius, M. Weyers Rekeningkunde - Alles-In-1 (Afrikaans, Paperback, 7de Uitgawe)
L. Cornelius, M. Weyers
R1,127 R1,043 Discovery Miles 10 430 Save R84 (7%) In Stock

Hierdie boek is geskryf met die doel om die basiese beginsels en toepassings van rekeningkunde meer verstaanbaar en bruikbaar te maak vir studente wat nie rekeningkunde as skoolvak geneem het nie en ook nie as hoofvak gaan neem nie.

Leo (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Leo (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 3
R375 R289 Discovery Miles 2 890 Save R86 (23%) In Stock

'n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. 'n Oud-recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. 'n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby. 'n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer.

Jy't 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie. Dis 'n resep vir 'n ramp.

Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.

Seun (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Seun (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) In Stock

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.

Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover): Philip de Vos Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover)
Philip de Vos; Illustrated by Piet Grobler
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) In Stock

Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige, soms tong-in-die-kies avonture en vrolike verse is.

Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet.

Die tantes van Atlantis is ’n boek wat oud en jonk nie net sal laat glimlag nie, maar ook laat besef hoe vermaaklik limericke kan wees. Hierdie boek is ’n fees vir almal wat hou van lag en lees!

Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R299 R233 Discovery Miles 2 330 Save R66 (22%) In Stock

Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie. Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur 'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek.

Onderwereld (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Onderwereld (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) In Stock

Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwêreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwêreld in. Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Mispa (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Mispa (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) In Stock

Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.

Christine le Roux Keur 9 (Afrikaans, Paperback): Christine le Roux Christine le Roux Keur 9 (Afrikaans, Paperback)
Christine le Roux
R330 R254 Discovery Miles 2 540 Save R76 (23%) In Stock

Hierdie keur bevat drie lekkerlees liefdesverhale deur Christine le Roux: ’n Wêreld sonder hom​, ’n Kwessie van tegniek en Bewys van liefde.

Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover): Eunice Bauermeester Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover)
Eunice Bauermeester 1
R770 Discovery Miles 7 700 In Stock

Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur.

In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.

Jan Smuts 1870-1950 - 'n Fotobiografie (Afrikaans, Paperback): Anton Joubert Jan Smuts 1870-1950 - 'n Fotobiografie (Afrikaans, Paperback)
Anton Joubert; Foreword by Fransjohan Pretorius
R469 Discovery Miles 4 690 In Stock

Daar is al soveel oor Jan Smuts geskryf. Smuts is in baie opsigte steeds ’n raaisel, veral wat sy komplekse persoonlikheid betref.

Hierdie chronologiese rangskikking van foto’s uit sy lewe bied ‘n beeld van hom as mens, staatsman, bevelvoerder en politikus.

Dis ’n visuele reis deur die lewe van een van ons grootste staatsmanne.

Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R325 R305 Discovery Miles 3 050 Save R20 (6%) In Stock

Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord.

In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord.

Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.

Klasgids: Hoërskool - Gedigte, Gedigte, Gedigte! (Afrikaans, Paperback): Klasgids: Hoërskool - Gedigte, Gedigte, Gedigte! (Afrikaans, Paperback)
R180 R168 Discovery Miles 1 680 Save R12 (7%) In Stock

Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.

Die inhoud van die Klasgidse behels artikels geskik vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies.

Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole, IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan word en as verryking en ekstra oefening kan dien.

Vrae & Antwoorde vir die Klaskamer - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Vrae & Antwoorde vir die Klaskamer - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) In Stock

Hierdie boek is ideaal vir onderwysers en ouers! Onderwysers sal die tekste in die klaskamer kan gebruik omdat daar meer as 50 tekste in ’n verskeidenheid afdelings is, soos begripstoetse, visuele tekste, luistertoetse en opsommings. Ouers kan ook die boek vir kinders aankoop – dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in tuisskool.

Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback): Hendrik Marais Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Marais
R380 R290 Discovery Miles 2 900 Save R90 (24%) In Stock

Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wou bied.

Keto Lifestyle: Maklik is presies dit: ’n Gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet en periodieke vas – met maaltydplanne wat eenvoudig is om te volg – wat sinvol asook begroting- en beurtkragvriendelik is, en met al die truuks om tyd te bespaar. Jy sal mal wees oor die geurige resepte en selfs maniere vind om jou vriende te onthaal met spyskaarte wat by hierdie leefstyl inpas. Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, en raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf.

Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback): Joline de Klerk, Mia Singels Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback)
Joline de Klerk, Mia Singels
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) In Stock

Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10-12 ideaal maak: Dit is ’n taalhersieningsboek vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal met oefeninge vir taalstrukture en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses, sinsbou, spelling en punktuasie. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamenvraestel 1 vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS en IEB) opgestel.

Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as aanvulling vir all taalhandboeke.

Antwoorde word op ‘n QR-kode verskaf.

Oor Jou Dooie Liggaam (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Oor Jou Dooie Liggaam (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R245 Discovery Miles 2 450 Save R75 (23%) In Stock

Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime

Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met ’n vriendin af na die Overberg. Kort voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te maak. As lyke …

Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. ’n Berekende blik agter ’n gemoedelike plattelandse glimlag.

Kan die bose vastrapplek in so ’n idilliese landskap kry? En sal Ludo oorleef om die waarheid oop te krap?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Conversations About Astrophysics…
Howard Burton Hardcover R904 Discovery Miles 9 040
Pacha Dance: The Workout - (Free CD…
DVD R105 Discovery Miles 1 050
The Huckabirds Face Their Fears
J. R. Huckaby Hardcover R740 R659 Discovery Miles 6 590
Just Six Numbers
Martin Rees Paperback R339 R307 Discovery Miles 3 070
Weapons That Changed the World
John Moses Browning DVD  (1)
R88 Discovery Miles 880
Fun Astrology - Teach Yourself the Signs…
Rosa Bingham Hardcover R774 Discovery Miles 7 740
Frozen - Blu-Ray + DVD
Blu-ray disc R375 Discovery Miles 3 750
Aloria's Angels - Social Emotional…
Lisa Tolbert-Williams Hardcover R867 Discovery Miles 8 670
Grandma is a Star
Ligia Carvalho Hardcover R647 Discovery Miles 6 470
Your Home in Heaven
Lynn E Davis Hardcover R874 Discovery Miles 8 740

 

Partners