![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Hierdie woordeboek is ontwerp om jou te help om beter Afrikaans, indien jy n leerder van Afrikaans is, of beter Engels, indien jy n leerder van Engels is, te skryf en te praat. Dit bied ondersteuning in vier sleutelareas, soos hieronder aangetoon. This dictionary has been designed to help you write and speak better Afrikaans, if you are a learner of Afrikaans, or better English, if you are a learner of English. It offers support in four key areas, as shown below. Features: help leerders om die regte vertaling te kies; bied slegs dikwels gebruikte vertalings aan; wys hoe woorde werklik gebruik word; sluit nuwe woorde vanuit die hele kurrikulum in; helps learners choose the right translation; gives frequently used translations only; shows how words are really used; and includes new words from across the curriculum.
Uit stof, ster, planete word daar poësie gemaak. Die digter verken die geskape Univers met fyn aanvoeling en vernuf. Hier is ’n poëtiese fisikus op sy allerbeste. Hennie Smith se aanleg vir wiskunde en wetenskap het hom tot ’n doktorsgraad in fisika geneem en ’n suksesvolle navorsingsloopbaan in Suid-Afrika en Frankryk. Sy aanvoeling vir poësie het hom egter deurgaans besiel en hy het telkens woorde gevind om emosiebelaaide insigte in verse neer te pen. Die fisika en kosmologie word vir hom ’n teleskoop om van die einders van die kosmos in te kyk op die binneruimte van menslike emosie. Hier is van die kragtigste gedigte in Afrikaans wat die leser as ’n gedagtegolf tref en met nuwe denke oor die poësie laat. Die intense gedigte oor die roering en spanning tussen die manlike en vroulike het ook ’n kosmiese inslag wanneer hy soos Goethe in sy Faust ervaar dat die ewig vroulike hom motiveer en die volheid van die syn laat beleef. ’n Aantal verse reik uit na die grense van religie en filosofie. Hier is ’n bundel wat die grense van dig-denke roer en verbreed.
Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende die titelverhaal en sy baie gewilde vervolgverhaal "Stiltetyd".
Preparatory writing, reading & mathematics/ Voorbereidende wiskunde, lees & skrif (English, Afrikaans)
Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word? In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel. Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.
In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assessering beleidsverklaring (KABV) te voldoen. Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ’n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys. Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik. Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het. 'n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer. Die Formele Assesserings taak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir die wat in die klas voltooi moet word. Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening. ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
Krap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie Botha. Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die 2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur, homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon insluit. Die see is ’n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en dier vervloei op surrealistiese wyse.
Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika bied aan die jong leser Æn fassinerende blik op die ryke verskeidenheid spinagtiges wat in die streek voorkom. Met behulp van volkleur fotoÆs en maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene spesies in Suider-Afrika identifiseer.
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus! Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help. Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: 1. Perdedrome 2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007) 3. Anri se plan 4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008) 5. Die beroemde ruiter
This bilingual casebook is intended as a study aid for students of the general principles of the law of contract. Extracts from leading cases, supplemented by explanatory notes, are set out in traditional textbook style, which should provide students with easy access to cases.
Sinvolle, eenvoudige oplossings om jou én jou baba van ’n goeie nagrus te verseker deur gesonde slaapgewoontes te vorm. Lees hier hoe jy dit doen deur:
Benewens hierdie riglyne, bied Slaap, kindie, slaap! ’n kitsverwysingseksie waar desperate ouers vinnig oplossings vir ouderdomsverwante slaapkwessies sal vind.
Hierdie boek is DEEL 2 van ‘n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geimplementeer is, breedvoerig dek. Dit bevat die 2 Kennisvelde wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geeksamineer word: Lewe op die Molekulere, Sellulere en Weefselvlak en Diversiteit, Verandering en Kontinuiteit. Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae en ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’sHierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoens en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe. Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. ‘n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor. Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.
If you drive through Mpumalanga with an eye on the landscape flashing by, you may see, near the sides of the road and further away on the hills above and in the valleys below, fragments of building in stone as well as sections of stone-walling breaking the grass cover. Endless stone circles, set in bewildering mazes and linked by long stone passages, cover the landscape stretching from Ohrigstad to Carolina, connecting over 10 000 square kilometres of the escarpment into a complex web of stone-walled homesteads, terraced fields and linking roads. Oral traditions recorded in the early twentieth century named the area Bokoni - the country of the Koni people. Few South Africans or visitors to the country know much about these settlements, and why today they are deserted and largely ignored. A long tradition of archaeological work which might provide some of the answers remains cloistered in universities and the knowledge vacuum has been filled by a variety of exotic explanations - invoking ancient settlers from India or even visitors from outer space - that share a common assumption that Africans were too primitive to have created such elaborate stone structures. Forgotten World defies the usual stereotypes about backward African farming methods and shows that these settlements were at their peak between 1500 and 1820, that they housed a substantial population, organised vast amounts of labour for infrastructural development, and displayed extraordinary levels of agricultural innovation and productivity. The Koni were part of a trading system linked to the coast of Mozambique and the wider world of Indian Ocean trade beyond. Forgotten World tells the story of Bokoni through rigorous historical and archaeological research, and lavishly illustrates it with stunning photographic images.
Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou. Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie. Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.
Die handige klein tweetalige woordeboek is reeds dekades lank 'n wenner. Die herverpakte uitgawe van Klein woordeboek bevat talle hedendaagse woorde en uitdrukkings, afkortings en akronieme wat in omloop gekom het vanwee die veranderende situasie in Suid-Afrika, asook tegnologiese ontwikkelings. 'n Nuttige bylae bevat die name van Suid-Afrika se nege provinsies en elf ampstale. |
You may like...
Methods for Petroleum Well Optimization…
Rasool Khosravanian, Bernt S. Aadnoy
Paperback
R3,729
Discovery Miles 37 290
|