![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans. In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een uit die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie. Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar steifpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.
Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink? Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur. Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees. As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!
100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die
Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie
feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én
Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde
skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek,
terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en
die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.
Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies? In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan. Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.
Jan Braai Junior is ’n boek vir die volgende geslag braaiers in
Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en
vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan
kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet.
Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien
as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders,
mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, en
leerders kan dit met vrug vir selfstudie gebruik.
Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe op die Myburghs se plaas, Vlakpoort, ’n klipgooi ver van Keimoes. Siena is bekommerd oor Frans wat te veel tyd oor naweke saam met hul buurman, Jan Olyn, langs die bierpotte deurbring en dan laataand besope soos ’n besetene kom moles maak by hulle rietdakhuis. Tydens die Kersvakansie van 1982, terwyl Siena besig is om planne te maak om van Frans te skei, word die gesin onvermydelik en tragies uitmekaar geruk. Flora voel verantwoordelik vir haar jonger broers en suster se welstand, maar in die herberg op Doringvlei word die kinders se lewens verder omvergegooi wanneer hulle van mekaar geskei word. Flora, Engela Ovies se tweede roman, is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper twaalfjarige se liefde vir haar sibbe en die opofferings langs die pad om haar ma se droom te laat waar word. Eerlik, deernisvol en opreg soos die oop vlaktes van die Noord-Kaap.
Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as
ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense
wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as
ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense
wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag? In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg. Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.
Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir hulle
Namibiese plaaswerf waar 'n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam
met die gesin woon. Meerkatte, grondeekhorings, vlakvarke, ystervarke
en Cindy die bobbejaan, die beroemdste gesinslid naas Ruben, kan kom en
gaan soos hulle wil. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in
hokke nie. Ontmoet die oulike meerkatte Minki en Jerry, die vlakvarke
of "Kalahari Walkie Talkies" Betsie en Bennie en Cindy die bobbejaan -
op 30 jaar oud Ruben en sy tweelingbroer se "ousus" - in hierdie boek
met ses stories vir kinders. Foto's en illustrasies sorg vir
volkleur-dieremanewales op elke bladsy!
’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo.
Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is
’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se
werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland
bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy
van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste
bastions in haar lewe wankel.
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit
opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie.
Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur
'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250
onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe
wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die
boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe
maniere van dink en doen te kweek.
Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy
neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te
vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken,
is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om
teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom
te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op
sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .
Wat doen jy wanneer jou kind uit die bloute ’n vraag vra waarop jy nie
dadelik die antwoord het nie? Of dalk dink jy dat jy die antwoord het,
maar jou kind is nie heeltemal tevrede met jou verduideliking nie?
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat
opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer
op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se
blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
George en Harold het al vir amper almal in Leergierig Laer ’n poets of twee gebak. Wanneer hulle nuutste poets veroorsaak dat die skool se kostannies bedank, stel mnr. Mor drie ongewone tannies aan – wat boonop baie soos aliens lyk! Sal Kaptein Onderbroek, die held met die rooi mantel, die skool en kinders kan red? Of sal die drie kostannies uit die ruimte hom vir middagete verslind?
George en Harold is in graad vier en hulle is mal oor poetse bak.
Wanneer hulle nuutste poets hulle wetenskaponderwyser tot raserny dryf,
kry hulle skoolhoof, mnr. Mor, dadelik iemand in sy plek: Professor
Poepenpoel.
Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe ’n spogbuurt
intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is
onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die
spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige
huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak
voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te
keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie,
Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek.
In die vyfde boek van die Hondman-reeks moet die "Megamakkers" met
nuwe skurke afreken! Wanneer die skelms hulle verskyning maak,
moet ons helde saam met 'n onwaarskynlike bondgenoot werk. Kan Ramkat
van sy wrokke vergeet en vir Hondman, Kleinkat en 'n merkwaardige robot
help om die vyande uit sy verlede te laat les opsê? Bekroonde skrywer
en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van
alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.
In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy
force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie
sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem,
het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse
en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective
Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner
vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.
Hierdie woordeboek is ontwerp om jou te help om beter Afrikaans, indien jy n leerder van Afrikaans is, of beter Engels, indien jy n leerder van Engels is, te skryf en te praat. Dit bied ondersteuning in vier sleutelareas, soos hieronder aangetoon. This dictionary has been designed to help you write and speak better Afrikaans, if you are a learner of Afrikaans, or better English, if you are a learner of English. It offers support in four key areas, as shown below. Features: help leerders om die regte vertaling te kies; bied slegs dikwels gebruikte vertalings aan; wys hoe woorde werklik gebruik word; sluit nuwe woorde vanuit die hele kurrikulum in; helps learners choose the right translation; gives frequently used translations only; shows how words are really used; and includes new words from across the curriculum. |
You may like...
Kom Ons Praat Oor Die Huwelik
Heinz Winckler, Alette Winckler
Paperback
(2)
|