![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?
Buig die boompie ...
Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories — 5 in
Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit
Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring Van Vuur,
Nineveh Song, Cake Topper en Duif.
Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir hulle
Namibiese plaaswerf waar 'n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam
met die gesin woon. Meerkatte, grondeekhorings, vlakvarke, ystervarke
en Cindy die bobbejaan, die beroemdste gesinslid naas Ruben, kan kom en
gaan soos hulle wil. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in
hokke nie. Ontmoet die oulike meerkatte Minki en Jerry, die vlakvarke
of "Kalahari Walkie Talkies" Betsie en Bennie en Cindy die bobbejaan -
op 30 jaar oud Ruben en sy tweelingbroer se "ousus" - in hierdie boek
met ses stories vir kinders. Foto's en illustrasies sorg vir
volkleur-dieremanewales op elke bladsy!
Headstart Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Leerderboek is 'n gebruikersvriendelike boek met 'n eenvoudige, stapsgewyse benadering wat verseker dat die KABV volledig gedek word. Dit is 'n vaste fondamente en lei leerders deur middel van toeganklike taalgebruik en 'n deurdagte werkstempo soos hulle deur die Intermediere Fase vorder
So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe
van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022
geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die
blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat
opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer
op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se
blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om
vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis
nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke
en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal
bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps
beleef?
Jan Braai Junior In die kombuis is ’n boek vir die volgende geslag. Dis
geskryf in Jan Braai se kenmerkende styl en die hele gesin kan die
maklik volgbare, stapvir-stap-resepte geniet. Gemik op jong kinders om
hulle te help om heerlike kos suksesvol te maak en vertroue in hul
vaardighede in die kombuis te ontwikkel, pak jy ’n lewenslange reis aan
waar jy spesiale etes met gemak en selfvertroue sal kan maak.
Wat doen jy wanneer jou kind uit die bloute ’n vraag vra waarop jy nie
dadelik die antwoord het nie? Of dalk dink jy dat jy die antwoord het,
maar jou kind is nie heeltemal tevrede met jou verduideliking nie?
Fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie word verweef in Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en ewokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde. ’n Debuutbundel wat bekroonde skrywer Tom Dreyer onomwonde as digter vestig.
Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy
neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te
vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken,
is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om
teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom
te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op
sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .
’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo.
Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is
’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se
werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland
bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy
van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste
bastions in haar lewe wankel.
Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as
ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense
wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as
ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense
wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien
as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders,
mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, en
leerders kan dit met vrug vir selfstudie gebruik.
Unlock the chest and discover the wonderful world of treasure cove stories. These timeless books will nurture a child’s imagination and help develop a lifelong love of reading.
Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy
gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n
swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te
dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.
In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy
force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie
sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem,
het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse
en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective
Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner
vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.
In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag? In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg. Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.
George en Harold het al vir amper almal in Leergierig Laer ’n poets of twee gebak. Wanneer hulle nuutste poets veroorsaak dat die skool se kostannies bedank, stel mnr. Mor drie ongewone tannies aan – wat boonop baie soos aliens lyk! Sal Kaptein Onderbroek, die held met die rooi mantel, die skool en kinders kan red? Of sal die drie kostannies uit die ruimte hom vir middagete verslind?
George en Harold is in graad vier en hulle is mal oor poetse bak.
Wanneer hulle nuutste poets hulle wetenskaponderwyser tot raserny dryf,
kry hulle skoolhoof, mnr. Mor, dadelik iemand in sy plek: Professor
Poepenpoel.
Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In
die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste
uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk
toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman
uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en
mensewêreld vind?
Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe ’n spogbuurt
intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is
onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die
spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige
huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak
voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te
keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie,
Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek.
In die vyfde boek van die Hondman-reeks moet die "Megamakkers" met
nuwe skurke afreken! Wanneer die skelms hulle verskyning maak,
moet ons helde saam met 'n onwaarskynlike bondgenoot werk. Kan Ramkat
van sy wrokke vergeet en vir Hondman, Kleinkat en 'n merkwaardige robot
help om die vyande uit sy verlede te laat les opsê? Bekroonde skrywer
en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van
alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas. |
You may like...
Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te…
PJ Botha, Geo Botha
Paperback
|