0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (3)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (76)
  • R250 - R500 (61)
  • R500+ (11)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur

Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9 Leesboek
Volksverhale; Kortverhale; Gedigte en Drama - Eerste addisionele... Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9 Leesboek Volksverhale; Kortverhale; Gedigte en Drama - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
K. Geldenhuys
R182 Discovery Miles 1 820 In Stock

Die Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leesboek is ontwikkel volgens die vereistes van die NKVK vir die skooljaar. Die leesboek bevat volksverhale, gedigte, kortverhale en dramatekste, sowel as aktiwiteite wat elke teks vergesel. Die Leesboek sluit ook ? inleiding oor elke genre wat in die boek verteenwoordig word, in. Die Onderwysersgids verkaf generiese leiding oor hoe om elke genre in die klas te behandel asook inligting oor hoe om elke leesteks te benader. Antwoorde vir al die aktiwiteite in die Leesboek kom in die Onderwysersgids voor. Die Leesboek moet saam met die Leerderboek en Onderwysersgids vir elke graad gebruik word.

Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Huistaal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback): Ezilda Fouche, Andrea Dednam Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Huistaal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback)
Ezilda Fouche, Andrea Dednam
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) In Stock

Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Huistaal Graad 10-12 ideaal maak:

Dit is ’n taalhersieningsboek vir Afrikaans Huistaal met oefeninge vir taalstrukture en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende taalaspekte: woordkeuses, sinsbou, spelling, punktuasie, woordeskat-uitbreiding en kritiese taalbewustheid. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamen-vraestel 1 vir Afrikaans Huistaal (NSS en IEB) opgestel.

Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as aanvulling vir all taalhandboeke.

Antwoorde word op ‘n QR-kode verskaf.

Toe Gebeur Vegas (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Toe Gebeur Vegas (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) In Stock
Kominpas met Afrikaans: Eerste Addisionele Taal Graad 4-7 (Afrikaans, Paperback): C. de Villiers Kominpas met Afrikaans: Eerste Addisionele Taal Graad 4-7 (Afrikaans, Paperback)
C. de Villiers
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) In Stock

Die kleurvolle en gebruikersvriendelik handleiding is vir Afrikaans Huistaalleerders van graad 4-7 opgestel. Die handleiding som die teorie van taalleer sowel as literêre begrippe vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee.

• Afdeling A bevat ’n opsomming van die verskillende afdelings van taalleer. Elke aspek van die taalleer vorm ’n eenheid.
• Afdeling B bestaan uit wenke wat tydens die beantwoording van begripstoetse en visuele geletterdheidsoefeninge toegepas kan word.
• Afdeling C is ’n opsomming van die letterkundige en poëtiese aspekte wat as naslaanbrongebruik kan word.

Die Antwoord-Reeks Graad 10 wisikundige geletherheid 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Susan Nicol, L. Van Rensburg Die Antwoord-Reeks Graad 10 wisikundige geletherheid 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Susan Nicol, L. Van Rensburg
R263 Discovery Miles 2 630 In Stock

Hierdie 3 in 1 studiegids bied, vir leerders en onderwysers, ’n omvattende en innoverende benadering tot Wiskundige Geletterdheid. Dit bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe, Oefeninge en ‘Toets jou Begrippe’ vir elke onderwerp en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke. Hierdie boek bied ’n konkrete oplossing vir leerders wat hierdie vak neem. Dit ontwikkel hul vaardighede en selfvertroue in die oplos van enige soort wiskundige probleem wat spesifiek op die kurrikulum van toepassing is. Die stimulerende maklik-om-te-volg teks, duidelike diagramme en illustrasies motiveer leerders om redelik moeiteloos deur elke onderwerp te vorder. Nuwe konsepte en tegnieke word dwarsdeur die boek sistematies vasgele en geassesseer. ’n Noodsaaklike studiegids vir sukses in Wiskundige Geletterdheid.

Die Antwoord-Reeks Graad 12 wiskunde 2 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Anne Eadie, Gretel Lampe Die Antwoord-Reeks Graad 12 wiskunde 2 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Anne Eadie, Gretel Lampe
R212 Discovery Miles 2 120 In Stock

Hierdie 2 in 1 studiegids bied aan Graad 12-leerders ’n unieke metode om matriekwiskunde te bemeester en daarin uit te blink. Leerders word deel gemaak van ’n sorgvuldig saamgestelde vraag-en-antwoord-‘leer’ van ontwikkeling en ondersteuning.  Hierdie boek bevat ’n uiters omvattende, metodies gerangskikte samestelling van eksamenvrae en – antwoorde, geskik vir beide die NASIONALE en die IEB-wiskunde-eksamens. Die sorgvuldig opgeboude vrae dek ook beide die Graad 11- en 12-inhoud wat in die eindeksamen ingesluit word. Daar is TWEE duidelik onderskeibare afdelings in die boek: Onderwerpgerigte Vrae & Oplossings – om ’n deeglike begrip van teorie, tegnieke & konsepte in elke onderwerp te ontwikkel. 14 Eksamenvraestelle en Memo’s wat uit vorige vraestelle saamgestel is. In die eerste afdeling van die studiegids is vrae in aparte ONDERWERPE gerangskik, wat leerders in staat stel om een onderwerp op ‘n slag te bemeester. Die vrae is gegradeer en gegroepeer om leerders in begrip, selfvertroue en kundigheid te help groei. Dit dek nie net die Graad 12-inhoud nie, maar ook alle vorige (Graad 10 & 11) konsepte wat noodsaaklik is vir begrip en sukses. In die tweede afdeling is die 7 eksamenvraestelle volgens die Nasionale Eksamenriglyne saamgestel en kognitiewe vlakke en gewigstoekenning per onderwerp is in ag geneem. Vrae is met omsigtigheid uit die 7 eksamenvraestelle gekies sodat dit alle aspekte en tegnieke van alle onderwerpe volledig dek. Nuttige notas, opsommings en teksraampies met raad word regdeur die publikasie gegee. Hierdie topverkoper bied regdeur die jaar uitstekende voorbereiding vir KABV- en IEB-matrikulante en het al baie leerders gehelp om bo hul verwagtinge in hierdie belangrike vak, sukses te behaal.

Die Perfekte Brander en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Die Perfekte Brander en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) In Stock

Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees.

Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouché, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Jan Vermeulen, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is.

Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) en Skreeu (2010). Albei bloemlesings het wyd lof ingeoes en is landwyd deur skole voorgeskryf. Hul nuutste bloemlesing bevat 28 splinternuwe stories deur van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Dit is gemik op lesers in graad 10 en 11 en is net so vars, vernuwend en toeganklik soos sy voorgangers.

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R81 R51 Discovery Miles 510 Save R30 (37%) In Stock
Afrikaans Sonder Grense KABV - Eerste Addisionele Taal Graad 7 Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): M. Latti, S. Gouws, C.... Afrikaans Sonder Grense KABV - Eerste Addisionele Taal Graad 7 Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
M. Latti, S. Gouws, C. Le Roux 2
R379 Discovery Miles 3 790 In Stock

Afrikaans sonder grense Eerste addisionele taal is noukeurig gestruktureer en geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen. Die kursus neem jou kwartaal-vir-kwartaal deur die kurrikuluminhoud en poog om by die behoeftes in jou klaskamer aan te pas. Die lesreekse is rondom 'n verskeidenheid interessante leestekste soos gedigte, kortverhale, koerantberigte, advertensies, tydskrifartikels, strokiesverhale, dialoe, prente en foto's opgebou, om 'n verskeidenheid taalgebruike te illustreer en die leerder se verbeelding voortdurend te prikkel. Sterk klem word op luister en praat, leesvaardighede en skryfontwikkeling geplaas om aan te pas by die tydstoekenning per taalvaardigheid. Die leerderboek sluit af met 'n taalafdeling met taalreels, voorbeelde en oefeninge vir vaslegging, asook 'n voorbeeldvraestel.

Slimkoppe Prentewoordeboek (Afrikaans, Paperback): K. Sorour, A. Koopman Slimkoppe Prentewoordeboek (Afrikaans, Paperback)
K. Sorour, A. Koopman
R135 R87 Discovery Miles 870 Save R48 (36%) In Stock

Die Slimkoppe Prentewoordeboek bevat meer as 500 woorde gemik om a kind se woordeskat vanaf Graad R tot 2 te ontwikkel. Prettige, kleurvolle illustrasies van die oulike Slimkoppe karakters versier die bladsye in 14 tematiese kontekste. Hierdie woordeboek mag saam met ander Slimkoppe produkte gebruik word, of kan as 'n alleenstaande hulpmiddel gebruik word.

Platinum Afrikaans Huistaal Graad 7 Leesboek (Afrikaans, Paperback): A. Vermaak, J. van Lill, N. Faasen Platinum Afrikaans Huistaal Graad 7 Leesboek (Afrikaans, Paperback)
A. Vermaak, J. van Lill, N. Faasen
R205 Discovery Miles 2 050 Ships in 5 - 10 working days

Platinum Afrikaans huistaal is noukeurig gestruktureer om aan die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) te voldoen. Die kursus neem jou kwartaal-vir-kwartaal deur die kurrikulum. Pas dit verder aan vir jou klasse se behoeftes. Die lesreekse is gebaseer op 'n verskeidenheid leestekste soos gedigte, kortverhale, koerantberigte, advertensies, tydskrifartikels, strokiesverhale, dialoe, prente en foto's om 'n verskeidenheid taalgebruike te illustreer en die leerder se verbeelding te prikkel. Aangesien lees en kyk, asook skryf en aanbied die meeste aandag moet kry, plaas ons sterk klem op leesvaardighede en skryfontwikkeling. Platinum - eenvoudig briljant!: Briljante KABV-dekking (CAPS) en geskryf deur kundige outeurs; briljante illustrasies en aktiwiteite sal uitslae verbeter en leerders motiveer; briljante onderwyserondersteuning, o.a. fotokopieerbare werkvelle maak voorbereiding vinnig en onderrig maklik; briljant + gehalte = sukses!

Verbode Drif (Afrikaans, Paperback, 2de Heruitgawe): Irma Joubert Verbode Drif (Afrikaans, Paperback, 2de Heruitgawe)
Irma Joubert 1
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) In Stock

Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie.

Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd.

Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.

Platinum Afrikaans Huistaal Graad 1 Grootboek Pakket (4 grootboeke) (Afrikaans, Staple bound): S. Gouws, I. Gouws, M. Latti, M.... Platinum Afrikaans Huistaal Graad 1 Grootboek Pakket (4 grootboeke) (Afrikaans, Staple bound)
S. Gouws, I. Gouws, M. Latti, M. Punt
R1,030 R967 Discovery Miles 9 670 Save R63 (6%) In Stock
Die Antwoord-Reeks Graad 11 wiskunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Anne Eadie, Gretel Lampe Die Antwoord-Reeks Graad 11 wiskunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Anne Eadie, Gretel Lampe
R209 R174 Discovery Miles 1 740 Save R35 (17%) In Stock

Hierdie 3 in 1 publikasie ondersoek die dieper vlakke van al die noodsaaklike komponente van die KABV-kurrikulum. Leerders wat hierdie indiepte studiegids aanpak, sal toekenning verdien soos hulle stap-vir-stap vorige onsekerhede te bowe kom en ‘n suksesvolle pad vorentoe verseker. Dit bied: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde per onderwerp. Oefeninge wat gegradeer is om die logika en tegnieke wat vereis word, te bevorder. Gedetailleerde Oplossings vir alle oefeninge, plus ’n omvattende eksamen (vraestel 1 & vraestel 2) met volledige verduidelikings vir deeglike vaslegging en finale eksamenvoorbereiding. Hierdie effektiewe studiegids hersien al die noodsaaklike beginsels wat in vorige grade gedek is. Die leerder se begrip word deur stap-vir-stap notas uitgebrei en uitgewerkte voorbeelde word gebruik om nuwe werk bekend te stel. Die opsommings en handige wenke dra daartoe by dat die leerders die studiemateriaal as geheel verstaan en sodoende word selfvertroue en vaardigheid by die Graad 11-leerder bevorder. Hierdie boek waarborg die ontwikkeling van ’n stewige grondslag vir elke leerder wat vir die Graad 11 en 12 Wiskunde-eksamens voorberei en wat vasbeslote is dat hulle wil uitblink, ’n besliste weg na oop deure vir hul toekoms!

Afrikaans sonder grense: Gr 10: Onderwysersgids - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Afrikaans sonder grense: Gr 10: Onderwysersgids - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
R205 Discovery Miles 2 050 In Stock
CAPS Gevaarlike lopies: Afrikaans huistaal (Afrikaans, Paperback, School ed): Jaco Jacobs CAPS Gevaarlike lopies: Afrikaans huistaal (Afrikaans, Paperback, School ed)
Jaco Jacobs
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) In Stock

Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ‘n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ‘n nagmerrie gaan ontaard... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback): Johan Cilliers Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback)
Johan Cilliers
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) In Stock

Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg.

Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet.

In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.

Slimkoppe Presteer Afrikaans Gr 7 (Afrikaans, Paperback): C. Coetzee, M. Dudley, H. Findlay, K Gibbs, V. McKechnie, C. Janse... Slimkoppe Presteer Afrikaans Gr 7 (Afrikaans, Paperback)
C. Coetzee, M. Dudley, H. Findlay, K Gibbs, V. McKechnie, …
R171 Discovery Miles 1 710 In Stock

Hierdie Slimkoppe Presteer-werkboek vir graad 7 dek die Suid-Afrikaanse kurrikulum vir Afrikaans. Elke boek is propvol kleurryke aktiwiteite wat kinders speel-speel hul taalvaardighede help oefen. Bevat waardevolle notas, wenke en antwoorde vir ouers.

Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe - Graad 9 Onderwysersgids (KABV) (Afrikaans, Paperback): Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe - Graad 9 Onderwysersgids (KABV) (Afrikaans, Paperback)
R273 Discovery Miles 2 730 In Stock

Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe is ‘n KABV-gerigte kursus wat deur onderwysers regoor Suid-Afrika gebruik word.

Onderwysers vertrou die ryk inhoud en omvattende riglyne daarvan vir Sosiale Wetenskappe. Wanneer onderwysers en leerders eers Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe gebruik het, bly dit hulle keuse vir sukses in die klaskamer.

'n Blonde Bom (Afrikaans, Paperback): Dihanna Taute 'n Blonde Bom (Afrikaans, Paperback)
Dihanna Taute 1
R165 R155 Discovery Miles 1 550 Save R10 (6%) In Stock

In die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.

Kollig Op Natuurwetenskappe Graad 7 Onderwysersgids en Gratis Plakaat Pak (Afrikaans, Paperback): S. Smith, J. Thurlow, N. Curry Kollig Op Natuurwetenskappe Graad 7 Onderwysersgids en Gratis Plakaat Pak (Afrikaans, Paperback)
S. Smith, J. Thurlow, N. Curry
R466 Discovery Miles 4 660 In Stock

Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.

Die Antwoord-Reeks Graad 12 wiskunde geletterdheid 3 in 1 studiegids (Afrikaans, Paperback): Susan Nicol Die Antwoord-Reeks Graad 12 wiskunde geletterdheid 3 in 1 studiegids (Afrikaans, Paperback)
Susan Nicol
R263 Discovery Miles 2 630 In Stock

Hierdie 3 in 1 studiegids is met uiterste noukeurigheid ontwikkel vir die groot aantal leerders wat vir hierdie gewilde vak inskryf. Dit bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe, Oefeninge en Toets jou Begrippe vir elke onderwerp en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke. Dit bied bondige, toeganklike notas, duidelik uitgewerkte voorbeelde en vaslegging van konsepte deur gegradeerde oefeninge en toetse. Hierdie boek word ten sterkste aanbeveel en waarborg sukses, maak voorsiening vir ‘n wye verskeidenheid leerders deur die kurrikuluminhoud op ‘n interessante en genotvolle manier aan te bied. Hierdie boek is al wat jy nodig het om vir die eindeksamen in Wiskundige Geletterdheid voor te berei.

Die Antwoord-Reeks Graad 11 lewenswetenskappe 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Liesl Sterrenberg, Helena Fouche Die Antwoord-Reeks Graad 11 lewenswetenskappe 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Liesl Sterrenberg, Helena Fouche
R212 Discovery Miles 2 120 In Stock

Hierdie gids dek die Graad 11 KABV-kurrikulum soos in 2013 geimplementeer. Dit bevat: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae, ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’s. Die notas, vrae en antwoorde in hierdie studiegids omskep die uitgebreide Graad 11-kurrikulum in hanteerbare en toeganklike studiemateriaal. Die verduidelikings is maklik om te verstaan. Leerders verkry insig in hoe alle interaksies van lewende wesens met mekaar verband hou. Kolpuntlys-opsommings en duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe. Die gegradeerde vrae (en antwoorde) wat vir elke eenheid verskaf word, verseker dat die uitdagings wat hierdie vak bied, deeglik bemeester word. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. Uitgebreide vrae verbeter leerders se eksamenvaardighede sowel as hul waarnemings van die biologiese wereld. Hierdie studiegids stel leerders met uiteenlopende prestasievermoens in staat om hul beste te lewer.

Afrikaans Plus - Everything You Need To Obtain Top Marks (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Afrikaans Plus - Everything You Need To Obtain Top Marks (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) In Stock

Achieve better marks in Afrikaans (Grade 7-12)

Afrikaans+ is a learner-friendly guidebook which caters for additional language learners who want to achieve better marks in Afrikaans. This practical guide contains explanations in English and is filled to the brim with examples. It explains tests and exams used for both the DBE and IEB and was written by a panel of educational experts who understand the needs of additional language learners.

This book is completely up to date. The Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) has just been re-issued, blindsiding many a teacher with the changes in Afrikaans grammar rules. While the AWS is seen as the touchstone for Afrikaans language practitioners, it could be a daunting book to use in the classroom. Afrikaans+ was written with the most recent changes to the AWS in mind, and presents these grammar rules in a clear, practical manner.

Every chapter in the book also offers free online support - exercises, answers and examples - which will be kept up to date by the panel.

The book contains six sections:

1. Comprehension - Begrip: This explains how you should approach a comprehension test, how to look for the answers, and provides tips on how to understand the questions. It also explains how to make summaries. Visual texts, such as cartoons, graphs and maps, are also explained.

2. Grammar - Taal: This is a step-by-step guide to understanding the “how” and the “why” of Afrikaans grammar. You will be guided with English explanations and Afrikaans examples on things like word order, tenses, adjectives, adverbs, time, numbers, plural and diminutive forms, the negative, active and passive voice, pronouns, participles and abbreviations. There are sections offering basic knowledge to help the struggling learner through the exam. But there are also more advanced sections for the learner who wants to get an A and for the teacher who wants to become familiar with all the changes in the AWS.

3. Literature - Letterkunde: Everything you need to know about prose, drama, short stories and poetry. What is the difference between a metaphor and a simile? Who is the protagonist and who the antagonist? We use simple explanations and good examples of all these and other literature terms.

4. Oral - Mondeling: The book contains practical pointers on how to prepare for different kinds of oral, such as interviews, prepared speeches, introducing and thanking a speaker, roleplay, how to make a vlog and how to discuss the booklist you have to read for grade 12. Examples of all these are given, and more are provided online.

5. Vocabulary - Woordeskat: You will always need vocabulary for essays and orals. With the most recent vocabulary on food, technology, life after school, sport and lots more, you will be well prepared.

6. Written work - Skryfwerk: This section starts with a step-by-step approach to writing: how to choose a topic, how to do your planning, what not to use in an essay and how to end your story. The examples of all the different types of written work (essays, long and short transactional writing) and tips on each, will help you to master each one. Online you will be able to read through more examples.

Thomas@: Omnibus (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Thomas@: Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R300 R192 Discovery Miles 1 920 Save R108 (36%) In Stock

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeugboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in ’n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat vier titels:

[email protected]

Thomas en sy vriende gaan op ? rugby- en netbaltoer na Namibië en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig ’n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer.

[email protected]

Thomas se lewe suig harder as ’n stofsuier. Hy is (alweer) in die moeilikheid by die skoolhoof. Nou moet hy mure verf en allerhande goor werk by die skool doen om te keer dat ou Oros-man hom uit die skool skop. Boonop voel dit ook asof sy vriende hom in die rug steeks wanneer hulle ’n band begin sonder om hom eens daarvan te sê. Maar toe sy vriende hulle band inskryf vir ’n rock-kompetisie, raak dit duidelik dat hulle nie die enigste groep is wat die kompetisie wil wen nie. En iemand besluit hy sal enigiets doen om te wen – selfs al beteken dit dat iemand anders kan seerkry …

[email protected]

Nadat Thomas laat een aand ’n geheimsinnige gesprek afluister, is hy doodseker sy pa is bang vir iets of iemand. Wie is die geheimsinnige Rus van wie hulle gepraat het? En waarom het Thomas en sy gesin skielik ekstra beskerming nodig?

[email protected]

Thomas hoor toevallig hoe twee mans planne beraam om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te kry. Thomas word in die onderwêreld van Kaapstad vasgekeer – en niemand wat weet waar hy is nie …

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Memoir of the Life of Josiah Quincy…
Josiah Quincy Paperback R674 Discovery Miles 6 740
Unlocking the Brain - Volume 2…
Georg Northoff Hardcover R4,534 Discovery Miles 45 340
Slope Stability Analysis and…
Y. M. Cheng, C.K. Lau Hardcover R7,962 Discovery Miles 79 620
The Mendelian Revolution - The Emergence…
Peter J. Bowler Hardcover R4,957 Discovery Miles 49 570
School Zone Maths Basics 4 An I Know It…
Hinkler Pty Ltd Book R79 R72 Discovery Miles 720
A History of Immunology
Arthur M. Silverstein Hardcover R2,384 Discovery Miles 23 840
The Flamedancers' Fire - A fire…
Gitte Winter Graugaard Hardcover R588 Discovery Miles 5 880
11+ Essentials English: Spelling…
Paperback R324 Discovery Miles 3 240
Ovid, Amores (Book 1)
William Turpin Hardcover R1,302 Discovery Miles 13 020
Suit for Space walking Grade 3 - Home…
Jill Eggleton Paperback R99 R92 Discovery Miles 920

 

Partners