0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (14)
  • R50 - R100 (42)
  • R100 - R250 (73)
  • R250 - R500 (39)
  • R500+ (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur

Die Antwoord-Reeks Graad 12 fisiese wetenskappe 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Retha Louw Die Antwoord-Reeks Graad 12 fisiese wetenskappe 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Retha Louw
R263 Discovery Miles 2 630 In Stock

Hierdie 3 in 1 studiegids, wat aan die vereistes van die KABV-kurrikulum voldoen, is ‘n topverkoper, volgepakte uitgawe wat al die oplossings wat jy nodig het om hierdie uitdagende vak te bemeester, bied. Die gids is in ONDERWERPE ingedeel en bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde, Oefeninge & Eksamenvrae en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & handige wenke. Hierdie studiegids dek al die basiese konsepte, wette, definisies en berekeninge wat op ‘n maklik verstaanbare manier verduidelik word en stel leerders in staat om onafhanklik en teen hulle tempo te vorder. Leerders kan hul wetenskaplike vaardighede ontwikkel en hul begrip van die vak verbeter deur sistematies deur elke onderwerp met gepaardgaande vrae te werk. Die duidelik-uiteengesette antwoorde bied omvattende ondersteuning regdeur die leerproses. Alhoewel Fisiese Wetenskappe ‘n uitdagende vak is, kan topresultate in beide die KABV- en IEB finale eksamens, met die hulp van hierdie studiegids behaal word.

Die Ware en Unieke Jy - Vry van Vergelyking (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Die Ware en Unieke Jy - Vry van Vergelyking (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R249 R129 Discovery Miles 1 290 Save R120 (48%) In Stock

In 'n samelewing waar fronte voorgehou word en ons soos almal wil wees om in te pas, is dit tyd om ontslae te raak van die behoefte om jou met ander te vergelyk en aan ander se eise te voldoen.

God het aan jou unieke talente gegee sodat jy sy doel vir jou lewe kan vervul. Miskien het jy nog nie jou unieke talente ontdek nie. Neem die eerste stap en vra God om dit wat jou spesiaal en uniek maak aan jou uit te wys. Elke mens verskil immers: vir sommiges het hy leierskapseienskappe gegee; vir ander die gawe om musiek te komponeer. Laat God dan toe om jou unieke talente te gebruik en jou van binne te omvorm om iets kragdadig te doen. Jy sal boonop rus vind in dié wete: God het jou lief net soos jy is.

Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R260 R227 Discovery Miles 2 270 Save R33 (13%) In Stock

In Eiland in die son​ begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde is nie.

Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel in Señor die seerower – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland . . .

In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.

Die Antwoord-Reeks Graad 10 besigheidstudie 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Alex Pinnock Die Antwoord-Reeks Graad 10 besigheidstudie 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Alex Pinnock
R233 Discovery Miles 2 330 In Stock

Hierdie gewilde boek dek die KABV-kurrikulum en bied die volgende: Omvattende Notas per Kwartaal, Vrae per Kwartaal en Volledige Antwoorde plus ’n Eksamenvraestel & memo. Hierdie studiegids stel Besigheidstudies bekend as ’n relevante vak en bied duidelike, leersame verduidelikings wat vir leerders van alle vermoens toeganklik is. Die eenvoudige, maar omvattende onderrigstyl motiveer hulle om teen hul eie pas te werk en in die vak uit te blink.

Die Antwoord-Reeks Graad 11 wiskunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Anne Eadie, Gretel Lampe Die Antwoord-Reeks Graad 11 wiskunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Anne Eadie, Gretel Lampe
R209 R174 Discovery Miles 1 740 Save R35 (17%) In Stock

Hierdie 3 in 1 publikasie ondersoek die dieper vlakke van al die noodsaaklike komponente van die KABV-kurrikulum. Leerders wat hierdie indiepte studiegids aanpak, sal toekenning verdien soos hulle stap-vir-stap vorige onsekerhede te bowe kom en ‘n suksesvolle pad vorentoe verseker. Dit bied: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde per onderwerp. Oefeninge wat gegradeer is om die logika en tegnieke wat vereis word, te bevorder. Gedetailleerde Oplossings vir alle oefeninge, plus ’n omvattende eksamen (vraestel 1 & vraestel 2) met volledige verduidelikings vir deeglike vaslegging en finale eksamenvoorbereiding. Hierdie effektiewe studiegids hersien al die noodsaaklike beginsels wat in vorige grade gedek is. Die leerder se begrip word deur stap-vir-stap notas uitgebrei en uitgewerkte voorbeelde word gebruik om nuwe werk bekend te stel. Die opsommings en handige wenke dra daartoe by dat die leerders die studiemateriaal as geheel verstaan en sodoende word selfvertroue en vaardigheid by die Graad 11-leerder bevorder. Hierdie boek waarborg die ontwikkeling van ’n stewige grondslag vir elke leerder wat vir die Graad 11 en 12 Wiskunde-eksamens voorberei en wat vasbeslote is dat hulle wil uitblink, ’n besliste weg na oop deure vir hul toekoms!

Die Antwoord-Reeks Graad 12 geografie 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Susan Rushton Die Antwoord-Reeks Graad 12 geografie 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Susan Rushton
R304 Discovery Miles 3 040 In Stock

Hierdie toenemend gewilde studiegids dek die Graad 12 KABV-kurriklum en motiveer leerders om hul vaardighede in hierdie opwindende vak te ontwikkel. Dit sluit die volgende in: Omvattende Notas gerangskik in Modules & Eenhede, Eksamenvrae per Module en Memo’s vir alle Eksamenvrae plus ’n kaartwerkafdeling wat notas en voorbeelde van verskillende tipes vrae en berekeninge insluit, plus eksamenvraestelle en antwoorde. ’n Topografiese kaart in kleur en ortofoto word ingesluit. Hierdie boek het duidelike sketse, bondige verduidelikings en ’n wye verskeidenheid vrae met memo’s. Dit bied aan leerders ’n kompakte gids om al die konsepte in die kurrikulum te bemeester. Onlangse KABV-eksamenvrae en antwoorde is ook ingesluit. Hierdie 3 in 1 studiegids is vir alle Graad 12-Geografieleerders geskik, van die wat sukkel om basiese konsepte onder die knie te kry, tot die wat vasberade is om topsimbole te behaal.

Slimkoppe Presteer Afrikaans Gr 7 (Afrikaans, Paperback): C. Coetzee, M. Dudley, H. Findlay, K Gibbs, V. McKechnie, C. Janse... Slimkoppe Presteer Afrikaans Gr 7 (Afrikaans, Paperback)
C. Coetzee, M. Dudley, H. Findlay, K Gibbs, V. McKechnie, …
R171 Discovery Miles 1 710 In Stock

Hierdie Slimkoppe Presteer-werkboek vir graad 7 dek die Suid-Afrikaanse kurrikulum vir Afrikaans. Elke boek is propvol kleurryke aktiwiteite wat kinders speel-speel hul taalvaardighede help oefen. Bevat waardevolle notas, wenke en antwoorde vir ouers.

Afrikaans Sonder Grense KABV - Eerste Addisionele Taal Graad 7 Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): M. Latti, S. Gouws, C.... Afrikaans Sonder Grense KABV - Eerste Addisionele Taal Graad 7 Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
M. Latti, S. Gouws, C. Le Roux 2
R379 Discovery Miles 3 790 In Stock

Afrikaans sonder grense Eerste addisionele taal is noukeurig gestruktureer en geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen. Die kursus neem jou kwartaal-vir-kwartaal deur die kurrikuluminhoud en poog om by die behoeftes in jou klaskamer aan te pas. Die lesreekse is rondom 'n verskeidenheid interessante leestekste soos gedigte, kortverhale, koerantberigte, advertensies, tydskrifartikels, strokiesverhale, dialoe, prente en foto's opgebou, om 'n verskeidenheid taalgebruike te illustreer en die leerder se verbeelding voortdurend te prikkel. Sterk klem word op luister en praat, leesvaardighede en skryfontwikkeling geplaas om aan te pas by die tydstoekenning per taalvaardigheid. Die leerderboek sluit af met 'n taalafdeling met taalreels, voorbeelde en oefeninge vir vaslegging, asook 'n voorbeeldvraestel.

Beskut Teen Vrese (Afrikaans, Paperback): Cas de Vos Beskut Teen Vrese (Afrikaans, Paperback)
Cas de Vos
R10 Discovery Miles 100 In Stock

Beskut teen vrese is heg gekomponeer en ryk aan vars en verrassende beelde. Dit is 'n eiesoortige bydrae tot die Afrikaanse poesie. Die bundel is meer as aktueel. Dit is in en vir hierdie tyd van vrese waarin ons leef geskryf. Dit word ingelei deur Verse teen vrese. Corona het ons almal se insigte, vooruitsigte en drome oorgeneem. Daarom kan ons ons vereenselwig met die bedreigdes. Ons hede en toekoms word deur Corona bedreig. Alles is onseker. Die vraag is: hoe kan en moet ons leef in die tyd van Corona? Is daar nie tog sprankies hoop nie? Hoe lyk en waarheen lei die omwee van die liefde ons? Waar Corona is, is daar ook elegiee - uit die antieke en huidige werelde. Kan die towerfluit ons help teen Corona? Is die mens (ons) nie net 'n waagstuk nie? Hierdie bundel wemel van ontroerende verse in die tyd van Corona. Met die verse in die hand en hart mag ons Corona in die gesig kyk, al sien ons niks nie. Die gedigte laat ons die onsienlike van Corona sien.

Slimkoppe Prentewoordeboek (Afrikaans, Paperback): K. Sorour, A. Koopman Slimkoppe Prentewoordeboek (Afrikaans, Paperback)
K. Sorour, A. Koopman
R135 R87 Discovery Miles 870 Save R48 (36%) In Stock

Die Slimkoppe Prentewoordeboek bevat meer as 500 woorde gemik om a kind se woordeskat vanaf Graad R tot 2 te ontwikkel. Prettige, kleurvolle illustrasies van die oulike Slimkoppe karakters versier die bladsye in 14 tematiese kontekste. Hierdie woordeboek mag saam met ander Slimkoppe produkte gebruik word, of kan as 'n alleenstaande hulpmiddel gebruik word.

Die Perfekte Brander en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Die Perfekte Brander en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) In Stock

Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees.

Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouché, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Jan Vermeulen, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is.

Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) en Skreeu (2010). Albei bloemlesings het wyd lof ingeoes en is landwyd deur skole voorgeskryf. Hul nuutste bloemlesing bevat 28 splinternuwe stories deur van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Dit is gemik op lesers in graad 10 en 11 en is net so vars, vernuwend en toeganklik soos sy voorgangers.

Groen eiland (Afrikaans, Staple bound): R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie Groen eiland (Afrikaans, Staple bound)
R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie
R110 R65 Discovery Miles 650 Save R45 (41%) In Stock

Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.

Donkertyd - My Naam Is Tina (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Donkertyd - My Naam Is Tina (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) In Stock

Die donker het 'n manier om jou in te haal.

Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”.

Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. In stede van haat, sal sy heling bring.

Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie, en die donker het 'n manier om jou in te haal.

Loop Lag-Lag Deur Die Wetenskapklas (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman Loop Lag-Lag Deur Die Wetenskapklas (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) In Stock

25 getoorde resepte wat jou gaan laat lag terwyl jy leer!

Verveel jou gewone skoolhandboeke jou? Maar is jy nuuskierig en wonder jy hoe die wêreld rondom jou werk? Dan is hierdie die boek vir jou!

Len, Lara en Leon is die nuuskierigste kinders op aarde. Hulle vra gedurig vrae en wonder hoekom dinge werk soos dit werk. Hulle doen eksperimente en leer baie oor lugdruk, swaartekrag en energie.

Hulle doen dit lag-lag, want hulle kan nie help om mekaar poetse te bak soos hulle speel-speel slim word nie!

Kollig Op Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Kernleesboek: Graad 8: Kernleesboek (Afrikaans, Paperback): E. van Wyk Kollig Op Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Kernleesboek: Graad 8: Kernleesboek (Afrikaans, Paperback)
E. van Wyk
R250 R129 Discovery Miles 1 290 Save R121 (48%) In Stock

Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.

Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover): Philip de Vos Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover)
Philip de Vos; Illustrated by Piet Grobler
R190 R119 Discovery Miles 1 190 Save R71 (37%) In Stock

Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige, soms tong-in-die-kies avonture en vrolike verse is.

Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet.

Die tantes van Atlantis is ’n boek wat oud en jonk nie net sal laat glimlag nie, maar ook laat besef hoe vermaaklik limericke kan wees. Hierdie boek is ’n fees vir almal wat hou van lag en lees!

Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback): Johan Cilliers Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback)
Johan Cilliers
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) In Stock

Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg.

Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet.

In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.

Tegnologie vandag KABV: Gr 7: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): H. Johnstone, A. Mitchley, B. Schreuder, R. Sherwood, K.... Tegnologie vandag KABV: Gr 7: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
H. Johnstone, A. Mitchley, B. Schreuder, R. Sherwood, K. Ter-Morshuizen
R408 Discovery Miles 4 080 In Stock

What makes the Tegnologie Vandag course unique? The design process is emphasised as a crucial part of teaching technology; full-colour artwork and photographs clearly illustrate important concepts; carefully formulated enabling tasks give learners the opportunity to practise and apply the content they have learnt; summaries and revision sections at the end of each chapter allow learners to consolidate their knowledge and evaluate their own progress; comprehensive assessment rubrics for all mini practical assessment. Trust Today to be up-to-date and fresh for the classroom: Opportunities for revision, exam practice and assessment throughout; develops language skills alongside subject knowledge; all content is fully CAPS-compliant. Your easy-to-use complete classroom solution! Today, for successful teaching tomorrow.

Die Antwoord-Reeks Graad 10 rekeningkunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Ann Botha Die Antwoord-Reeks Graad 10 rekeningkunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Ann Botha
R260 R243 Discovery Miles 2 430 Save R17 (7%) In Stock

Hierdie studiegids is noodsaaklik om die Rekeningkunde-kurrikulum in Graad 10 – 12 aan te durf. Die boek is in logiese afdelings ingedeel; elke afdeling verduidelik basiese terminologie, konsepte en prosesse aan die leerder sodat hierdie uitdagende vak bemeester kan word. Dit sluit in: Omvattende Notas met Uitgewerkte Voorbeelde vir elke Onderwerp, Vrae & Antwoorde vir elke Onderwerp en Eksamenvraestelle en Antwoorde sowel as handige wenke. Hierdie studiegids is propvol spesifiek gekose, gegradeerde vrae en oplossings wat die teorie toepas en so daartoe lei dat elke onderwerp deeglik verstaan word. Leerders sal vinnig deur die afdelings vorder en selfvertroue sowel as kundigheid opbou soos wat hulle elke oefening suksesvol voltooi. Die geheim van hierdie vak is om te OEFEN en dit is wat hierdie boek jou in staat stel om te doen! Dit sal vir die leerder voel asof ’n ervare onderwyser teenwoordig is om elke wenk en stukkie raad wat regdeur die boek voorkom, aan te bied. Die opsommings en verduidelikings maak die studiemateriaal as ’n geheel verstaanbaar en dit motiveer die leerder om in die vak uit te blink.

Die Twaalfde Letter (Afrikaans, Hardcover): Daniel Hugo Die Twaalfde Letter (Afrikaans, Hardcover)
Daniel Hugo
R52 Discovery Miles 520 In Stock

Die twaalfde letter is die bekende digter, akademikus en radioman Daniel Hugo se sestiende digbundel. Die liefdesvers, die erotiek, die speelse gedig, die spel met ander digters, die obsessie met die dood keer in hierdie bundel terug. Oor die gedigte in hierdie bundel se Joan Hambidge: “Waarskynlik was al die ander bundels net repetisies vir Die twaalfde letter, wat in sy vaardigheid en suiwerheid die kroon span op ’n lang en produktiewe digterskap.

Gevaarlike lopies: Afrikaans huistaal - KABV (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Gevaarlike lopies: Afrikaans huistaal - KABV (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R170 R75 Discovery Miles 750 Save R95 (56%) In Stock

Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ‘n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ‘n nagmerrie gaan ontaard... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Leer my lees met Tippie die olifant (Vlak R Boekpak): Boek 1 - 10 (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Leer my lees met Tippie die olifant (Vlak R Boekpak): Boek 1 - 10 (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R490 R459 Discovery Miles 4 590 Save R31 (6%) In Stock
Platinum Afrikaans huistaal: Graad 3: Graad 3 - Grootboek pakket (4 grootboeke) (Afrikaans, Staple bound): S. Gouws, I. Gouws,... Platinum Afrikaans huistaal: Graad 3: Graad 3 - Grootboek pakket (4 grootboeke) (Afrikaans, Staple bound)
S. Gouws, I. Gouws, S. Burgess, M. Latti, M. Punt, …
R838 Discovery Miles 8 380 In Stock
Kollig Op Sosiale Wetenskappe Graad 9 Leerdersboek: Graad 9: Leerdersboek (Afrikaans, Paperback): J. Allwood, A. Hambly Kollig Op Sosiale Wetenskappe Graad 9 Leerdersboek: Graad 9: Leerdersboek (Afrikaans, Paperback)
J. Allwood, A. Hambly
R301 Discovery Miles 3 010 In Stock

Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.

Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) In Stock

Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het.

Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg.

In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Safety of Web Applications - Risks…
Eric Quinton Hardcover R2,330 Discovery Miles 23 300
Boy Underground
Isabelle Marinov Paperback R236 R216 Discovery Miles 2 160
Information Security Policies and…
Hardcover R2,143 Discovery Miles 21 430
No Rain, No Flowers
Karon Dextra Hardcover R498 Discovery Miles 4 980
Quintessence
Jess Redman Paperback R227 Discovery Miles 2 270
Blade of Secrets
Tricia Levenseller Paperback R303 Discovery Miles 3 030
Henry, Breaking the Pattern
P. D. Workman Hardcover R1,156 R1,020 Discovery Miles 10 200
A History Of South Africa - From The…
Fransjohan Pretorius Paperback R724 Discovery Miles 7 240
Like Sodium In Water - A Memoir Of Home…
Hayden Eastwood Paperback  (1)
R734 Discovery Miles 7 340
Broken To Heal - Deceit, Destruction…
Alistair Izobell Paperback  (3)
R250 R215 Discovery Miles 2 150

 

Partners