![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Afrikaans sonder grense Eerste addisionele taal is noukeurig gestruktureer en geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen. Die kursus neem jou kwartaal-vir-kwartaal deur die kurrikuluminhoud en poog om by die behoeftes in jou klaskamer aan te pas. Die lesreekse is rondom 'n verskeidenheid interessante leestekste soos gedigte, kortverhale, koerantberigte, advertensies, tydskrifartikels, strokiesverhale, dialoe, prente en foto's opgebou, om 'n verskeidenheid taalgebruike te illustreer en die leerder se verbeelding voortdurend te prikkel. Sterk klem word op luister en praat, leesvaardighede en skryfontwikkeling geplaas om aan te pas by die tydstoekenning per taalvaardigheid. Die leerderboek sluit af met 'n taalafdeling met taalreels, voorbeelde en oefeninge vir vaslegging, asook 'n voorbeeldvraestel.
Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.
Die storie van Jono, die alleenloper-visserman, wat een dag ‘n wonderwerk vang. Jono is ’n alleenloper-visserman wat met harde werk sy skuld moet terugbetaal. Uncle Mike is ’n fabriekbaas wat worstel om kop bo water te hou. Die Baai is ’n klein plekkie waarvan die inwoners al vir generasies op dieselfde manier hengel. En nou’s daar nie meer vis nie. Wanneer uitlanders met reuse vissersbote opdaag, steier dié eenvoudige gemeenskap onder die fratsgolwe van ’n veranderende wêreld. Hoe gaan die Baai dit oorleef? Maar die seun het ’n sonderlinge talent: hy kan die visse se gedagtes hoor. En in die dieptes skuil ’n groot geheim, iets wat slegs Jono met sy lyn kan uitkatrol…
Dit kan ’n uitdaging wees om daaglikse stiltetyd ’n gewoonte te maak vir kinders. Maar om die Bybel te lees, of ons dit saam doen of alleen, en of ons jonk of oud is, help ons om God te leer ken en te weet wat sy wil vir ons is. Familie Storiebybel-oordenkings maak Bybellees ’n fees vir kinders tussen 6 en 10. Al word die Bybelstories oorvertel vir ’n jonger gehoor, is dit gebaseer op amptelike, vertroude Bybelvertalings, en daar is deurgaans verwysings na waar die storie in die Bybel gekry kan word. Die 365 stories het elkeen ’n prikkelende gedagte of vraag, asook ’n gebed om kinders en volwassenes te help om die boodskap van die Bybel hul eie te maak. Familie Storiebybel-oordenkings is ideaal vir huisgodsdiens, of kinders kan dit self in hul stiltetyd gebruik. As jy die oordenkings in Bybelvolgorde wil lees, kan die indeks agterin jou help om dit maklik op te spoor.
Die LEER MY LEES-reeks is nie net pret om te lees nie, dit bevorder ook
woordeskat en leesbegrip. Tippie het nou 'n Vlak 2 kurrikulumstel vir
nog verdere interaktiewe SPEEL, LEER en ONTDEK. Die Leer my lees (Vlak
2) kurrikulumstel sluit die volgende in: • 2 draaispeletjies met 40
wisselende draaiwiele met woorde, sinne en prentjies, • 12
aktiwiteitsvelle vir letter- en woordvorming, • 8 woordbouvelle, • 80
letterkaartjies om te gebruik saam met die woorbouvelle, • 110
dubbelkant flitskaarte met Vlak 2 woorde, dubbel- en drieklanke, en
prentjies, • 50 kaarte vir storiebegrip en kreatiewe skryfwerk, • 6
dubbelkant bingovelle • 78 prentkaartjies om saam met die bingo- en
woordbouvelle te gebruik, en • 1 persoonlike prentjiewoordeboek, alles
verpak in ʼn maklik-om-te-drabokstassie.
VOORSKOOL PRE SCHOOL 3
Sy liefde is soos die eerste lenteblom. Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie. Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees? Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.
Twee wêrelde is op die punt om te bots ... Mitch het ’n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was ’n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Al is die planeet besig om aangeval te word … Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en ’n soeke na die plek waar elkeen behoort.
Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.
Die Leer my lees (Vlak 1) kurrikulumstel bevat opvoedkundige
speelkaarte en aktiwiteite met woordeskat uit die eerste tien boeke in
die LEER MY LEES-reeks.
Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van 'n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in 'n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in 'n bynes vas. Die brutale aanval op 'n Duitse toeris ontketen 'n rits gebeure wat 'n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry 'n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, 'n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur 'n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by 'n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met 'n vreemde straatkindjie aan die hand. Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, 'n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het... Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.
Projekte vir nuuskierige kinders! Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle oor hoe dinge werk? Het hulle al daarvan gedroom om kreatiewe projekte aan te pak? As die antwoord “ja” is op al die vrae, is jou kind dalk 'n ingenieur-in-wording. Hierdie is die perfekte boek om kinders nuuskierig oor die ingenieurswese te maak. Die boek bevat allerlei projekte wat kinders help verstaan hoe die wêreld werk. Die materiaal vir die projekte kan tuis gevind word en die projekte is maklik om self te voltooi. Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk is ook by die boek ingesluit.
’n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. ’n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
Hoe is die piramides gebou? Wie was die Romeinse swaardvegters? Wat was die Trojaanse perd? As jy ooit antwoorde op hierdie en ander belangrike vrae gesoek het, is hierdie boek vir jou. Dit bevat meer as 70 van die vrae waarop jy die graagste antwoorde wil he, en antwoorde wat van jou ’n kenner van die antieke wereld gaan maak. Opwindende kleurfoto’s en tekeninge. Jou topgids oor die antieke wereld!
“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.” Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid. ’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie. Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis. |
![]() ![]() You may like...
Proceedings of IncoME-V & CEPE Net-2020…
Dong Zhen, Dong Wang, …
Hardcover
R8,504
Discovery Miles 85 040
Kirstenbosch - A Visitor's Guide
Colin Paterson-Jones, John Winter
Paperback
Leonhard Euler's Letters to a German…
Ronald S. Calinger, Ekaterina, …
Hardcover
R2,626
Discovery Miles 26 260
Natural Reflections - Human Cognition at…
Barbara Herrnstein Smith
Hardcover
R1,877
Discovery Miles 18 770
Black Diamonds, or, Humor, Satire, and…
Julius Caesar 1822-1857 Hannibal
Hardcover
R976
Discovery Miles 9 760
|