![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê nie!
Slyp jou 5- tot 8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en
lekkerlees-stories!
VOORSKOOL PRE SCHOOL 3
Dit kan ’n uitdaging wees om daaglikse stiltetyd ’n gewoonte te maak vir kinders. Maar om die Bybel te lees, of ons dit saam doen of alleen, en of ons jonk of oud is, help ons om God te leer ken en te weet wat sy wil vir ons is. Familie Storiebybel-oordenkings maak Bybellees ’n fees vir kinders tussen 6 en 10. Al word die Bybelstories oorvertel vir ’n jonger gehoor, is dit gebaseer op amptelike, vertroude Bybelvertalings, en daar is deurgaans verwysings na waar die storie in die Bybel gekry kan word. Die 365 stories het elkeen ’n prikkelende gedagte of vraag, asook ’n gebed om kinders en volwassenes te help om die boodskap van die Bybel hul eie te maak. Familie Storiebybel-oordenkings is ideaal vir huisgodsdiens, of kinders kan dit self in hul stiltetyd gebruik. As jy die oordenkings in Bybelvolgorde wil lees, kan die indeks agterin jou help om dit maklik op te spoor.
Die LEER MY LEES-reeks is nie net pret om te lees nie, dit bevorder ook
woordeskat en leesbegrip. Tippie het nou 'n Vlak 2 kurrikulumstel vir
nog verdere interaktiewe SPEEL, LEER en ONTDEK. Die Leer my lees (Vlak
2) kurrikulumstel sluit die volgende in: • 2 draaispeletjies met 40
wisselende draaiwiele met woorde, sinne en prentjies, • 12
aktiwiteitsvelle vir letter- en woordvorming, • 8 woordbouvelle, • 80
letterkaartjies om te gebruik saam met die woorbouvelle, • 110
dubbelkant flitskaarte met Vlak 2 woorde, dubbel- en drieklanke, en
prentjies, • 50 kaarte vir storiebegrip en kreatiewe skryfwerk, • 6
dubbelkant bingovelle • 78 prentkaartjies om saam met die bingo- en
woordbouvelle te gebruik, en • 1 persoonlike prentjiewoordeboek, alles
verpak in ʼn maklik-om-te-drabokstassie.
In die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die
Afrikaanse kinder- en jeugboekmark. Daar het oor die jare reeds 10
boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige
titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture
het selfs tot ’n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde
Thomas@-stories in nou in ’n reeks waarde-vir-geld-omnibusse
beskikbaar. Hierdie omnibus bevat vier titels:
Sy liefde is soos die eerste lenteblom. Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie. Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees? Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.
Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.
Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van "Die afwesigheid van berge vorm" slaan die leser met die een kragtige golf van poetiese besinning na die ander: die Bedevaartslied (“Op die reis blyk die reisiger / onverwags ongereed te wees . . . ”), Hooglied (met stralende liefdespassasies) en Danklied. Dit is die spreker (’n alleman) se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasiee waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hierdie land. Trouens, hierdie land sing dikwels saam in die liedere, in refreine wat die slagspreuke, cliches en jargon is van nie net ’n nuwe Suid-Afrika nie, maar van ’n nuwe tegnologiese era. ’n Persoonlike bundel, maar ook ’n aktuele een.
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, 'n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het... Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.
Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.
Jan van Tonder betree in hierdie roman die magies wêreld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is.
Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek. Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee. Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld. Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.
Twee broers, seuns van ’n skatryk volstruisboer, wil vir beeldskone Margaretha hê. Sy kies Michael, die erfgenaam, en John gaan veg in die Boereoorlog. Later stort die veremark in duie en hulle is bankrot. Margaretha kry die geleentheid om te wys dat sy nie net ’n mooi gesig het nie.
Projekte vir nuuskierige kinders! Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle oor hoe dinge werk? Het hulle al daarvan gedroom om kreatiewe projekte aan te pak? As die antwoord “ja” is op al die vrae, is jou kind dalk 'n ingenieur-in-wording. Hierdie is die perfekte boek om kinders nuuskierig oor die ingenieurswese te maak. Die boek bevat allerlei projekte wat kinders help verstaan hoe die wêreld werk. Die materiaal vir die projekte kan tuis gevind word en die projekte is maklik om self te voltooi. Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk is ook by die boek ingesluit.
’n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. ’n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
Hoe is die piramides gebou? Wie was die Romeinse swaardvegters? Wat was die Trojaanse perd? As jy ooit antwoorde op hierdie en ander belangrike vrae gesoek het, is hierdie boek vir jou. Dit bevat meer as 70 van die vrae waarop jy die graagste antwoorde wil he, en antwoorde wat van jou ’n kenner van die antieke wereld gaan maak. Opwindende kleurfoto’s en tekeninge. Jou topgids oor die antieke wereld!
In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander. |
You may like...
|