![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees. Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies. Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.
Wanneer Mosela se stat vernietig word deur wreedaardige seerowerpikkewyne, moet sy ’n gevaarlike reis aandurf om die Muiskoning te waarsku. Sy moet die Uitverkorene vind wat bestem is om Rodentia te red. Khova, die magtige Toweruil, het al die regte kenmerke. Daar's net een probleem: Khova is die irriterendste, mees arrogante dier wat Mosela nog ooit ontmoet het! Sal hulle die koninkryke kan oortuig om saam te staan teen die vyand?
X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
Ek sal elke dag 'n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. So lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar's geen motief nie, geen leidrade nie, net 'n reeks naakfoto's, 'n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoenlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.
'n Splinternuwe, skitterende versameling kortverhale deur Nataniël. 20 in Afrikaans en 8 in Engels. Skreeusnaaks, aangrypend, wys, onvoorspelbaar en -- soos altyd -- hoogs vermaaklik. Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare -- oor sy ouers, sy ouma -- maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor 'n vreemdeling wat hom een aand in sy huis help om sy vrese te besweer, en hoe 'n mens jou eerste reus oorwin . . .
Studente sal hierdie boek van groot waarde vind by hulle studie van die Strafprosesreg. Dit maak lesers vertroud met die fundamentele beginsels en waardes onderliggend aan hierdie gebied van die reg en lei hulle stelselmatig deur die proses wat op strafsake van toepassing is. Professor J P Swanepoel (voormalige staatsadvokaat met beduidende praktiese ondervinding in die strafhowe) en Professor J J Joubert is beide afgetrede lede van die Departement Straf- en Prosesreg van die Universiteit van Suid-Afrika. Professor S S Terblanche (voorheen ’n landdros) is ’n lid van die Departement Straf- en Prosesreg van die Universiteit van Suid-Afrika en het al ruim bygedra tot die literatuur met betrekking tot vonnisoplegging. Professor S E van der Merwe was professor in Publiekreg aan die Universiteit Stellenbosch en is steeds ’n produktiewe skrywer oor hierdie vakgebied. Professor G P Kemp is ’n lid van die Departement Publiekreg van die Universiteit Stellenbosch en sy publikasies oor die strafregspleging verwys gereeld na sy spesialiseringsgebied, die internasionale strafreg. Professor D Ally is Hoof van die Departement Regte van die Tshwane University of Technology en het ’n aantal artikels geskryf met die strafproses as onderwerp, en met besondere verwysing na die impak van die Grondwet op die strafproses. Dr M T Mokoena is Hoof van die Departement Straf- en Prosesreg van die Universiteit van Suid-Afrika en lewer publikasies oor die strafprosesreg, insonderheid borgtog.
‘n Sterk sintuiglike aanslag en oorspronklike beeldgebruik. Hierdie bundel roep temas in die lewe wat nie dikwels in die Afrikaanse digkuns voorkom nie.
Chrisalis is die indrukwekkende debuut van ‘n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. In hierdie fyn afgewerkte gedigte word die grens tussen teks en werklikheid telkens getoets. Dit is verse waarin realiteit self op sy kop gekeer word en waar die alledaagse vreemd gemaak word. Soos’n skoenlapper uit sy papie breek, so kom die digter self te voorskyn uit die chrisalis van sy vers.
Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.
Gedigte met ongewone benaderings wat op mekaar inspeel. Insigte in ‘n wye reeks onderwerpe. Verskeie terreine vir die eerste keer in Afrikaans ontgin. Dit sal ‘n leser verryk en genot verskaf.
Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe op die Myburghs se plaas, Vlakpoort, ’n klipgooi ver van Keimoes. Siena is bekommerd oor Frans wat te veel tyd oor naweke saam met hul buurman, Jan Olyn, langs die bierpotte deurbring en dan laataand besope soos ’n besetene kom moles maak by hulle rietdakhuis. Tydens die Kersvakansie van 1982, terwyl Siena besig is om planne te maak om van Frans te skei, word die gesin onvermydelik en tragies uitmekaar geruk. Flora voel verantwoordelik vir haar jonger broers en suster se welstand, maar in die herberg op Doringvlei word die kinders se lewens verder omvergegooi wanneer hulle van mekaar geskei word. Flora, Engela Ovies se tweede roman, is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper twaalfjarige se liefde vir haar sibbe en die opofferings langs die pad om haar ma se droom te laat waar word. Eerlik, deernisvol en opreg soos die oop vlaktes van die Noord-Kaap.
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Dié boek kry dit reg om peripheral characters en vertellers oppie voorgrond te plaas. Die tailor-dokter met sy briefcase vol sample-lappe, maatband en pen. Die pyn vanne vrou wat haar pasgebore tweeling moet begrawe. Ennie stryd vannie pligsgetroue, prim en proper Mareldia. En dan is daar oek Ghoemeira wat tradisionele waardes mettie modern moet versoen. Hier hoor jy die klanke vannie gemeenskap, musky en soet soes ryke uit die Jannat.
Met hierdie unieke boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is en oor ’n jong seun met ’n oorweldigende vrees vir die gewone. Kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir.
Hierdie lewendige boek stel kinders voor aan meer as 60 van die voëlgroepe wat in suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweel-agtige suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer. Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag – hoe hulle kos soek, ’n maat kies, ’n nes bou, kuikens grootmaak en roofdiere vermy. ’n Volledige inleiding verduidelik konsepte soos hofmakery, migrasie en ververing. Meer as 500 treffende foto’s is ingesluit, waarvan baie aantekeninge het om interessante eienskappe aan te toon.
In 'n samelewing waar fronte voorgehou word en ons soos almal wil wees
om in te pas, is dit tyd om ontslae te raak van die behoefte om jou met
ander te vergelyk en aan ander se eise te voldoen.
Hierdie woordeboek is ontwerp om jou te help om beter Afrikaans, indien jy n leerder van Afrikaans is, of beter Engels, indien jy n leerder van Engels is, te skryf en te praat. Dit bied ondersteuning in vier sleutelareas, soos hieronder aangetoon. This dictionary has been designed to help you write and speak better Afrikaans, if you are a learner of Afrikaans, or better English, if you are a learner of English. It offers support in four key areas, as shown below. Features: help leerders om die regte vertaling te kies; bied slegs dikwels gebruikte vertalings aan; wys hoe woorde werklik gebruik word; sluit nuwe woorde vanuit die hele kurrikulum in; helps learners choose the right translation; gives frequently used translations only; shows how words are really used; and includes new words from across the curriculum. |
You may like...
Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans…
Joline de Klerk, Mia Singels
Paperback
|