0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (14)
  • R50 - R100 (38)
  • R100 - R250 (74)
  • R250 - R500 (38)
  • R500+ (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur

Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback): Joe Dauth Dirk Ligter - Skim Van Die Tankwa-Karoo (Afrikaans, Paperback)
Joe Dauth
R199 Discovery Miles 1 990 In Stock

Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou.

Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie.

Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.

Pharos Afrikaans-English Klein Woordeboek / Little Dictionary (Afrikaans, English, Paperback, 14th Revised Edition): Jan... Pharos Afrikaans-English Klein Woordeboek / Little Dictionary (Afrikaans, English, Paperback, 14th Revised Edition)
Jan Kromhout
R427 Discovery Miles 4 270 In Stock

Die handige klein tweetalige woordeboek is reeds dekades lank 'n wenner. Die herverpakte uitgawe van Klein woordeboek bevat talle hedendaagse woorde en uitdrukkings, afkortings en akronieme wat in omloop gekom het vanwee die veranderende situasie in Suid-Afrika, asook tegnologiese ontwikkelings. 'n Nuttige bylae bevat die name van Suid-Afrika se nege provinsies en elf ampstale.

Verbode Drif (Afrikaans, Paperback, 2de Heruitgawe): Irma Joubert Verbode Drif (Afrikaans, Paperback, 2de Heruitgawe)
Irma Joubert 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) In Stock

Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie.

Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd.

Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.

Contract law casebook / Kontraktereg vonnisbundel (English, Afrikaans, Paperback, 3rd ed): L. Hawthorne, C-J. Pretorius Contract law casebook / Kontraktereg vonnisbundel (English, Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
L. Hawthorne, C-J. Pretorius
R1,008 R887 Discovery Miles 8 870 Save R121 (12%) In Stock

This bilingual casebook is intended as a study aid for students of the general principles of the law of contract. Extracts from leading cases, supplemented by explanatory notes, are set out in traditional textbook style, which should provide students with easy access to cases.

Stalmaats Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Lize Roux Stalmaats Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Lize Roux
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) In Stock

Die gewildste perdestories in Afrikaans!

Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus!

Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help.

Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop.

Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats!

Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:

1. Perdedrome

2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007)

3. Anri se plan

4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008)

5. Die beroemde ruiter

Vet Vark Se Boek (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd Vet Vark Se Boek (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd
R141 Discovery Miles 1 410 In Stock

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Kollig Op Sosiale Wetenskappe Graad 8 Leerdersboek: Graad 8: Leerdersboek (Afrikaans, Paperback): J. Allwood, A. Hambly Kollig Op Sosiale Wetenskappe Graad 8 Leerdersboek: Graad 8: Leerdersboek (Afrikaans, Paperback)
J. Allwood, A. Hambly
R285 Discovery Miles 2 850 In Stock

Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.

Die Antwoord-Reeks Graad 12 lewenswetenskappe deel 2 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Liesl Sterrenberg, Helena... Die Antwoord-Reeks Graad 12 lewenswetenskappe deel 2 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Liesl Sterrenberg, Helena Fouche, Grace Elliot
R255 R129 Discovery Miles 1 290 Save R126 (49%) In Stock

Hierdie boek is DEEL 2 van ‘n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geimplementeer is, breedvoerig dek. Dit bevat die 2 Kennisvelde wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geeksamineer word: Lewe op die Molekulere, Sellulere en Weefselvlak en Diversiteit, Verandering en Kontinuiteit. Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae en ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’sHierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoens en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe. Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. ‘n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor. Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.

Goue Reeks Vlak 3: Die sewe maats (Afrikaans, Book): Goue Reeks Vlak 3: Die sewe maats (Afrikaans, Book)
R159 Discovery Miles 1 590 In Stock
Via Afrika Afrikaans Huistaal Graad 12 Leerderboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback): O.E. Channing, I. Kritzinger, T.P. Hanekom Via Afrika Afrikaans Huistaal Graad 12 Leerderboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
O.E. Channing, I. Kritzinger, T.P. Hanekom
R323 Discovery Miles 3 230 In Stock

Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assessering beleidsverklaring (KABV) te voldoen. Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ’n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys. Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik. Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het. 'n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer. Die Formele Assesserings taak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir die wat in die klas voltooi moet word. Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening. ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet. Gratis studiegids.

Oxford suksesvolle lewensorientering (Afrikaans, Paperback): Oxford suksesvolle lewensorientering (Afrikaans, Paperback)
R282 Discovery Miles 2 820 In Stock
Slaap, Kindjie, Slaap (Afrikaans, Paperback): Ann Richardson, Megan Faure Slaap, Kindjie, Slaap (Afrikaans, Paperback)
Ann Richardson, Megan Faure
R185 R171 Discovery Miles 1 710 Save R14 (8%) In Stock

Sinvolle, eenvoudige oplossings om jou én jou baba van ’n goeie nagrus te verseker deur gesonde slaapgewoontes te vorm.

Lees hier hoe jy dit doen deur:

  • Realistiese verwagtings
  • Gepaste sensoriese ervarings bedags
  • Die regte slaapomgewing
  • Die uitskakel van honger of mediese oorsake as jou baba snags wakker word
  • Genoeg slaap bedags
  • Goeie slaapasossiasies sodat jou baba op sy eie verder sal slaap as hy snags wakker word
  • Oplossings vir skeidingsangs.

Benewens hierdie riglyne, bied Slaap, kindie, slaap! ’n kitsverwysingseksie waar desperate ouers vinnig oplossings vir ouderdomsverwante slaapkwessies sal vind.

Learn To Read With Tippie The Elephant Curriculum Kit Level 1 (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Learn To Read With Tippie The Elephant Curriculum Kit Level 1 (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard
R1,000 R799 Discovery Miles 7 990 Save R201 (20%) In Stock

Learn to Read with Tippie the Elephant!

The LEARN TO READ series is not only fun to read, it also promotes vocabulary and reading comprehension.

Tippie now has his own curriculum set for interactive PLAYING, LEARNING and DISCOVERING.

This curriculum set includes the following content from the first ten books in the Leer my lees series:

• 70 Flashcards of sight words, with pictures
• 50 Sequence and creative writing cards for story comprehension
• 78 Alphabet cards for an alphabet game
• 26 Alphabet wall posters (A5)
• 20 Playdough mats for letter and word forming
• 10 Double sided write-and-wipe activity cards to practice writing sight words
• 1 Personal Tippie dictionary with pictures and spaces to write the sight words next to each picture, all neatly organised in an easy to carry box suitcase

Die Antwoord-Reeks Graad 10 wisikundige geletherheid 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Susan Nicol, L. Van Rensburg Die Antwoord-Reeks Graad 10 wisikundige geletherheid 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Susan Nicol, L. Van Rensburg
R263 Discovery Miles 2 630 In Stock

Hierdie 3 in 1 studiegids bied, vir leerders en onderwysers, ’n omvattende en innoverende benadering tot Wiskundige Geletterdheid. Dit bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe, Oefeninge en ‘Toets jou Begrippe’ vir elke onderwerp en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke. Hierdie boek bied ’n konkrete oplossing vir leerders wat hierdie vak neem. Dit ontwikkel hul vaardighede en selfvertroue in die oplos van enige soort wiskundige probleem wat spesifiek op die kurrikulum van toepassing is. Die stimulerende maklik-om-te-volg teks, duidelike diagramme en illustrasies motiveer leerders om redelik moeiteloos deur elke onderwerp te vorder. Nuwe konsepte en tegnieke word dwarsdeur die boek sistematies vasgele en geassesseer. ’n Noodsaaklike studiegids vir sukses in Wiskundige Geletterdheid.

Die Antwoord-Reeks Graad 12 wiskunde 2 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Anne Eadie, Gretel Lampe Die Antwoord-Reeks Graad 12 wiskunde 2 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Anne Eadie, Gretel Lampe
R212 Discovery Miles 2 120 In Stock

Hierdie 2 in 1 studiegids bied aan Graad 12-leerders ’n unieke metode om matriekwiskunde te bemeester en daarin uit te blink. Leerders word deel gemaak van ’n sorgvuldig saamgestelde vraag-en-antwoord-‘leer’ van ontwikkeling en ondersteuning.  Hierdie boek bevat ’n uiters omvattende, metodies gerangskikte samestelling van eksamenvrae en – antwoorde, geskik vir beide die NASIONALE en die IEB-wiskunde-eksamens. Die sorgvuldig opgeboude vrae dek ook beide die Graad 11- en 12-inhoud wat in die eindeksamen ingesluit word. Daar is TWEE duidelik onderskeibare afdelings in die boek: Onderwerpgerigte Vrae & Oplossings – om ’n deeglike begrip van teorie, tegnieke & konsepte in elke onderwerp te ontwikkel. 14 Eksamenvraestelle en Memo’s wat uit vorige vraestelle saamgestel is. In die eerste afdeling van die studiegids is vrae in aparte ONDERWERPE gerangskik, wat leerders in staat stel om een onderwerp op ‘n slag te bemeester. Die vrae is gegradeer en gegroepeer om leerders in begrip, selfvertroue en kundigheid te help groei. Dit dek nie net die Graad 12-inhoud nie, maar ook alle vorige (Graad 10 & 11) konsepte wat noodsaaklik is vir begrip en sukses. In die tweede afdeling is die 7 eksamenvraestelle volgens die Nasionale Eksamenriglyne saamgestel en kognitiewe vlakke en gewigstoekenning per onderwerp is in ag geneem. Vrae is met omsigtigheid uit die 7 eksamenvraestelle gekies sodat dit alle aspekte en tegnieke van alle onderwerpe volledig dek. Nuttige notas, opsommings en teksraampies met raad word regdeur die publikasie gegee. Hierdie topverkoper bied regdeur die jaar uitstekende voorbereiding vir KABV- en IEB-matrikulante en het al baie leerders gehelp om bo hul verwagtinge in hierdie belangrike vak, sukses te behaal.

RAKA en die Verloop van die Politiek van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Wynand Harmse RAKA en die Verloop van die Politiek van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Wynand Harmse
R10 Discovery Miles 100 In Stock

Wynand Harmse se beskouing van die politieke ontwikkelings in Suid-Afrika teen die agtergrond van die profetiese gedig deur NP van Wyk Louw, plaas beide in 'n nuwe perpsktief. Na tagtig jaar - `n interessante, maklik leesbare en boeiende uitleg van Raka deur `n bekende uitsaaier. Dit is moeilik om hierdie boek neer te sit. Kobus van Rooyen - Voorsitter van die Appelraad oor Publikasies (1980-1990).

Sokkies (Afrikaans, Staple bound): B. Bester Sokkies (Afrikaans, Staple bound)
B. Bester
R159 Discovery Miles 1 590 In Stock

Sokkies, die ou buurman se perd, se dae is getel, maar nie as dit van Helena afhang nie. Al weier haar ma dat sy haar eie perd kry, is sy druk besig om planne te maak om Sokkies te red. Haar vriend Ouman help haar, asook haar ou vriendin by die ouetehuis. Sal Sokkies gered word en sal Helena se droom om haar eie perd te he waar word?

Afrikaans Sonder Grense KABV - Eerste Addisionele Taal Graad 9 (Afrikaans, Paperback): M. Latti, S. Gouws, R. Gouws, I.... Afrikaans Sonder Grense KABV - Eerste Addisionele Taal Graad 9 (Afrikaans, Paperback)
M. Latti, S. Gouws, R. Gouws, I. Grobler, K. Grobbelaar, … 1
R283 Discovery Miles 2 830 In Stock

Afrikaans sonder grense Eerste addisionele taal is noukeurig gestruktureer en geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen. Die kursus neem jou kwartaal-vir-kwartaal deur die kurrikuluminhoud en poog om by die behoeftes in jou klaskamer aan te pas. Die lesreekse is rondom 'n verskeidenheid interessante leestekste soos gedigte, kortverhale, koerantberigte, advertensies, tydskrifartikels, strokiesverhale, dialoe, prente en foto's opgebou, om 'n verskeidenheid taalgebruike te illustreer en die leerder se verbeelding voortdurend te prikkel. Sterk klem word op luister en praat, leesvaardighede en skryfontwikkeling geplaas om aan te pas by die tydstoekenning per taalvaardigheid. Die leerderboek sluit af met 'n taalafdeling met taalreels, voorbeelde en oefeninge vir vaslegging, asook 'n voorbeeldvraestel.

Sal 'n Skilpad Op Jou Piepie? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae Oor Die Natuur (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Sal 'n Skilpad Op Jou Piepie? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae Oor Die Natuur (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) In Stock

EEUW! JIG! SIES! BLEG! Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!

Wat is ’n snotblom? Hoe groot was ’n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies – en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies?

Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!

Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9 Leesboek
Volksverhale; Kortverhale; Gedigte en Drama - Eerste addisionele... Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9 Leesboek Volksverhale; Kortverhale; Gedigte en Drama - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
K. Geldenhuys
R182 Discovery Miles 1 820 In Stock

Die Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leesboek is ontwikkel volgens die vereistes van die NKVK vir die skooljaar. Die leesboek bevat volksverhale, gedigte, kortverhale en dramatekste, sowel as aktiwiteite wat elke teks vergesel. Die Leesboek sluit ook ? inleiding oor elke genre wat in die boek verteenwoordig word, in. Die Onderwysersgids verkaf generiese leiding oor hoe om elke genre in die klas te behandel asook inligting oor hoe om elke leesteks te benader. Antwoorde vir al die aktiwiteite in die Leesboek kom in die Onderwysersgids voor. Die Leesboek moet saam met die Leerderboek en Onderwysersgids vir elke graad gebruik word.

Via Afrika Lewensoriëntering Graad 12 Leerderboek (Afrikaans, Paperback): N.F. Litshani, F. Hendricks, A.H. Bhayat, W D... Via Afrika Lewensoriëntering Graad 12 Leerderboek (Afrikaans, Paperback)
N.F. Litshani, F. Hendricks, A.H. Bhayat, W D Alexander, J.A. Mashinini
R316 Discovery Miles 3 160 In Stock

Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assessering beleidsverklaring (KABV) te voldoen. Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ’n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys. Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik. Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het. 'n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer. Die Formele Assesserings taak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir die wat in die klas voltooi moet word. Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening. ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet. Gratis studiegids.

Platinum Afrikaans Huistaal Graad 7 Leesboek (Afrikaans, Paperback): A. Vermaak, J. van Lill, N. Faasen Platinum Afrikaans Huistaal Graad 7 Leesboek (Afrikaans, Paperback)
A. Vermaak, J. van Lill, N. Faasen
R205 Discovery Miles 2 050 Ships in 5 - 10 working days

Platinum Afrikaans huistaal is noukeurig gestruktureer om aan die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) te voldoen. Die kursus neem jou kwartaal-vir-kwartaal deur die kurrikulum. Pas dit verder aan vir jou klasse se behoeftes. Die lesreekse is gebaseer op 'n verskeidenheid leestekste soos gedigte, kortverhale, koerantberigte, advertensies, tydskrifartikels, strokiesverhale, dialoe, prente en foto's om 'n verskeidenheid taalgebruike te illustreer en die leerder se verbeelding te prikkel. Aangesien lees en kyk, asook skryf en aanbied die meeste aandag moet kry, plaas ons sterk klem op leesvaardighede en skryfontwikkeling. Platinum - eenvoudig briljant!: Briljante KABV-dekking (CAPS) en geskryf deur kundige outeurs; briljante illustrasies en aktiwiteite sal uitslae verbeter en leerders motiveer; briljante onderwyserondersteuning, o.a. fotokopieerbare werkvelle maak voorbereiding vinnig en onderrig maklik; briljant + gehalte = sukses!

Klaskameraad Studiegids: Wolk (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Klaskameraad Studiegids: Wolk (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard; Compiled by Hannes Barnard
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) In Stock

Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is perfek vir klaskamergebruik. Die gids sal leerders help om die roman Wolk se letterkundige aspekte beter te verstaan en die roman in geheel te geniet. Dit kan in beide Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal-klasse gebruik word. Literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, moontlike temas word uitgewys, interessante en moeilik woordeskat word uitgelig, en besprekingspunte en navorsingsonderwerpe word gegee.

Afrikaans sonder grense tweede addisionele taal: Graad 11: Leerderboek (Afrikaans, Paperback): M. Latti, S. Gouws Afrikaans sonder grense tweede addisionele taal: Graad 11: Leerderboek (Afrikaans, Paperback)
M. Latti, S. Gouws
R306 Discovery Miles 3 060 In Stock

Afrikaans sonder grense is 'n volledige taalreeks vir Afrikaans as Tweede Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV). Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

Die Antwoord-Reeks Graad 12 fisiese wetenskappe 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Retha Louw Die Antwoord-Reeks Graad 12 fisiese wetenskappe 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Retha Louw
R263 Discovery Miles 2 630 In Stock

Hierdie 3 in 1 studiegids, wat aan die vereistes van die KABV-kurrikulum voldoen, is ‘n topverkoper, volgepakte uitgawe wat al die oplossings wat jy nodig het om hierdie uitdagende vak te bemeester, bied. Die gids is in ONDERWERPE ingedeel en bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde, Oefeninge & Eksamenvrae en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & handige wenke. Hierdie studiegids dek al die basiese konsepte, wette, definisies en berekeninge wat op ‘n maklik verstaanbare manier verduidelik word en stel leerders in staat om onafhanklik en teen hulle tempo te vorder. Leerders kan hul wetenskaplike vaardighede ontwikkel en hul begrip van die vak verbeter deur sistematies deur elke onderwerp met gepaardgaande vrae te werk. Die duidelik-uiteengesette antwoorde bied omvattende ondersteuning regdeur die leerproses. Alhoewel Fisiese Wetenskappe ‘n uitdagende vak is, kan topresultate in beide die KABV- en IEB finale eksamens, met die hulp van hierdie studiegids behaal word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Flipping The Narrative - A Pragmatic…
Veronykah Spencer Hardcover R809 R713 Discovery Miles 7 130
The Disordered Cosmos - A Journey Into…
Chanda Prescod-Weinstein Hardcover R548 Discovery Miles 5 480
A Citizen's Disclosure on UFOs and Eti…
Terence M Tibando Hardcover R1,916 Discovery Miles 19 160
Philip's Stargazing 2022 Month-by-Month…
Nigel Henbest Paperback R205 R150 Discovery Miles 1 500
Above and Below - Modern Physics for…
Jack Challoner Paperback R269 Discovery Miles 2 690
Lumen
Camille Flammarion Hardcover R507 Discovery Miles 5 070
Cosmic Force Cosmology - 21st Century…
Solatle Lu Hardcover R772 Discovery Miles 7 720
M E G A V E R S E - The Universe of…
Stephen Blaha Hardcover R1,773 Discovery Miles 17 730
Universe in Creation - A New…
Roy R. Gould Hardcover R669 Discovery Miles 6 690
Supersymmetry and the Unified…
Stephen Blaha Hardcover R560 Discovery Miles 5 600

 

Partners