![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Hierdie studiegids is volgens die KABV-vereistes saamgestel. Dit bevat: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae en ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’s. Hierdie gids is ‘n noodsaaklike inleiding tot die basiese konsepte wat leerders in Graad 10 teëkom en wat die grondslag vir Lewenswetenskappe in Graad 11 en 12 vorm. Die vakmateriaal is in logiese afdelings met duidelike kolpuntlys-opsommings ingedeel sodat die kurrikuluminhoud tot toeganklike, maklik verstaanbare eenhede vereenvoudig word. Die vrae en antwoorde stimuleer die ontwikkeling van die leerder se wetenskaplike vaardighede en dit dra by tot ‘n begrip van hoe Lewenswetenskappe en hul omgewing met mekaar skakel. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.
Hierdie studiegids is noodsaaklik om die Rekeningkunde-kurrikulum in Graad 10 – 12 aan te durf. Die boek is in logiese afdelings ingedeel; elke afdeling verduidelik basiese terminologie, konsepte en prosesse aan die leerder sodat hierdie uitdagende vak bemeester kan word. Dit sluit in: Omvattende Notas met Uitgewerkte Voorbeelde vir elke Onderwerp, Vrae & Antwoorde vir elke Onderwerp en Eksamenvraestelle en Antwoorde sowel as handige wenke. Hierdie studiegids is propvol spesifiek gekose, gegradeerde vrae en oplossings wat die teorie toepas en so daartoe lei dat elke onderwerp deeglik verstaan word. Leerders sal vinnig deur die afdelings vorder en selfvertroue sowel as kundigheid opbou soos wat hulle elke oefening suksesvol voltooi. Die geheim van hierdie vak is om te OEFEN en dit is wat hierdie boek jou in staat stel om te doen! Dit sal vir die leerder voel asof ’n ervare onderwyser teenwoordig is om elke wenk en stukkie raad wat regdeur die boek voorkom, aan te bied. Die opsommings en verduidelikings maak die studiemateriaal as ’n geheel verstaanbaar en dit motiveer die leerder om in die vak uit te blink.
Learn to Read with Tippie the Elephant!
Sokkies, die ou buurman se perd, se dae is getel, maar nie as dit van Helena afhang nie. Al weier haar ma dat sy haar eie perd kry, is sy druk besig om planne te maak om Sokkies te red. Haar vriend Ouman help haar, asook haar ou vriendin by die ouetehuis. Sal Sokkies gered word en sal Helena se droom om haar eie perd te he waar word?
Wynand Harmse se beskouing van die politieke ontwikkelings in Suid-Afrika teen die agtergrond van die profetiese gedig deur NP van Wyk Louw, plaas beide in 'n nuwe perpsktief. Na tagtig jaar - `n interessante, maklik leesbare en boeiende uitleg van Raka deur `n bekende uitsaaier. Dit is moeilik om hierdie boek neer te sit. Kobus van Rooyen - Voorsitter van die Appelraad oor Publikasies (1980-1990).
Hierdie 3 in 1 studiegids, wat aan die vereistes van die KABV-kurrikulum voldoen, is ‘n topverkoper, volgepakte uitgawe wat al die oplossings wat jy nodig het om hierdie uitdagende vak te bemeester, bied. Die gids is in ONDERWERPE ingedeel en bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde, Oefeninge & Eksamenvrae en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & handige wenke. Hierdie studiegids dek al die basiese konsepte, wette, definisies en berekeninge wat op ‘n maklik verstaanbare manier verduidelik word en stel leerders in staat om onafhanklik en teen hulle tempo te vorder. Leerders kan hul wetenskaplike vaardighede ontwikkel en hul begrip van die vak verbeter deur sistematies deur elke onderwerp met gepaardgaande vrae te werk. Die duidelik-uiteengesette antwoorde bied omvattende ondersteuning regdeur die leerproses. Alhoewel Fisiese Wetenskappe ‘n uitdagende vak is, kan topresultate in beide die KABV- en IEB finale eksamens, met die hulp van hierdie studiegids behaal word.
Dokter Isabelle Cronjé geniet haar loopbaan as vlugdokter, al bevind sy haar dikwels in die skadu van haar pa, die hospitaalgroep se grootbaas. Dan rig een van haar ekskêrels sy visier op haar pa se pos en skielik is Isabelle se loopbaan en lewe in gevaar. Haar enigste bondgenoot is die lugambulans se dodelik aantreklike instaanvlieënier, Benjamin, maar hy het sy eie bagasie. Gaan Benjamin haar deur hierdie onstuimige vlug kan stuur of is hy inderwaarheid die oorsaak van haar probleme?
Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek. Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee. Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld. Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.
EEUW! JIG! SIES! BLEG! Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL! Wat is ’n snotblom? Hoe groot was ’n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies – en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies? Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
Afrikaans sonder grense is 'n volledige taalreeks vir Afrikaans as Tweede Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV). Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
Die 54 gedigte in Toulopers is almal splinternuut en is geskryf met tieners van 13 tot 15 jaar in gedagte. Van ernstiger temas tot glimlagverse, van rebelse gedigte tot dolverliefde SMS-poësie – al die bydraes in hierdie bundel is met een doel voor oë gekies: om tot moderne tieners se leefwêreld te spreek.
Hierdie toenemend gewilde studiegids dek die Graad 12 KABV-kurriklum en motiveer leerders om hul vaardighede in hierdie opwindende vak te ontwikkel. Dit sluit die volgende in: Omvattende Notas gerangskik in Modules & Eenhede, Eksamenvrae per Module en Memo’s vir alle Eksamenvrae plus ’n kaartwerkafdeling wat notas en voorbeelde van verskillende tipes vrae en berekeninge insluit, plus eksamenvraestelle en antwoorde. ’n Topografiese kaart in kleur en ortofoto word ingesluit. Hierdie boek het duidelike sketse, bondige verduidelikings en ’n wye verskeidenheid vrae met memo’s. Dit bied aan leerders ’n kompakte gids om al die konsepte in die kurrikulum te bemeester. Onlangse KABV-eksamenvrae en antwoorde is ook ingesluit. Hierdie 3 in 1 studiegids is vir alle Graad 12-Geografieleerders geskik, van die wat sukkel om basiese konsepte onder die knie te kry, tot die wat vasberade is om topsimbole te behaal.
Hierdie 3 in 1 studiegids bied ’n gegronde oorgang tussen die basiese konsepte wat in Graad 10 Wiskundige Geletterdheid behandel is en die vaardighede wat nodig is vir die Graad 12-eindeksamen. Dit bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe, Oefeninge en ‘Toets jou Begrippe’ vir elke onderwerp en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke. Hierdie boek is volgepak met inhoud, toepassings en assessering en sal tuis en in die klaskamer baie goed gebruik kan word. ’n Toeganklike, logiese benadering maak die leerervaring makliker. Die rangskikking en aanbieding van die materiaal gekombineer met verduidelikende notas, motiveer leerders om hul vaardigheid in hierdie kernvak te verbeter. Die uitgebreide reeks vrae fokus daarop om vaardighede te ontwikkel om wiskundige probleme in die werklike lewe, binne die raamwerk van die KABV-kurrikulum, aan te pak. Leerders word toegerus om uitdagende vrae met selfvertroue en insig te benader. Al verskil hul vermoens en leerstyle, sal alle Graad 11-leerders hierdie boek as ’n treffer ervaar.
Hierdie gewilde boek dek die KABV-kurrikulum en bied die volgende: Omvattende Notas per Kwartaal, Vrae per Kwartaal en Volledige Antwoorde plus ’n Eksamenvraestel & memo. Hierdie studiegids stel Besigheidstudies bekend as ’n relevante vak en bied duidelike, leersame verduidelikings wat vir leerders van alle vermoens toeganklik is. Die eenvoudige, maar omvattende onderrigstyl motiveer hulle om teen hul eie pas te werk en in die vak uit te blink.
Hoopvol is die verhaal van 'n 16-jarige jong man, Ben de Koker, wat 'n soektog onderneem na sy pa, wat hy nooit ontmoet het nie, nadat sy ma en suster omkom in 'n brand in Mayfair, Johannesburg. Parallel aan die narratief ontvou die verhaal van die 18-jarige Natalie, 'n weeskind wat op die Karoo-dorpie Hoopvol woon by die plaaslike pastoor en sy vrou.
Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, se nie eers “More, klas” soos die ander onderwysers nie. Hy se net: “Vandag maak ek Maalvleis van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!” Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!
X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
Twee broers, seuns van ’n skatryk volstruisboer, wil vir beeldskone Margaretha hê. Sy kies Michael, die erfgenaam, en John gaan veg in die Boereoorlog. Later stort die veremark in duie en hulle is bankrot. Margaretha kry die geleentheid om te wys dat sy nie net ’n mooi gesig het nie.
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê nie!
Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel. |
![]() ![]() You may like...
How To Think And Reason In…
Frederick C. V. N. Fourie, Philippe Burger
Paperback
![]()
Pseudo-Differential Operators…
Shahla Molahajloo, Stevan Pilipovic, …
Hardcover
Direct and Inverse Finite-Dimensional…
Manfred Moeller, Vyacheslav Pivovarchik
Hardcover
R3,663
Discovery Miles 36 630
Synchronization of Integral and…
Rafael Martinez-Guerra, Claudia A. Perez-Pinacho, …
Hardcover
|