![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees. Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouché, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Jan Vermeulen, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is. Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) en Skreeu (2010). Albei bloemlesings het wyd lof ingeoes en is landwyd deur skole voorgeskryf. Hul nuutste bloemlesing bevat 28 splinternuwe stories deur van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Dit is gemik op lesers in graad 10 en 11 en is net so vars, vernuwend en toeganklik soos sy voorgangers.
Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ‘n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ‘n nagmerrie gaan ontaard... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.
Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg. Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet. In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.
Ná die trauma van ʼn onstabiele verhouding bedank Laynie as onderwyseres en verkoop haar woonstel. Sy gebruik ʼn deel van die opbrengs om ʼn lang vakansie te neem op Klippiesbaai waar sy ʼn krimi wil skryf. Met haar aankoms kruis haar paaie met haar buurman, Stefan Koeglenberg. Die stormagtige ontmoeting tussen Laynie en Stefan is nie die ideale afskop vir goeie buurmanskap nie en in Laynie se gedagtes is hy ná hierdie voorval “die willewragtig langsaan”. ʼn Wapenstilstand en versigtige vriendskap ontwikkel tussen hulle, maar Stefan sukkel om die dood van sy vrou en hul seuntjie te verwerk en sluit sy hart vir ʼn kans op nuwe geluk. Die liefde loop egter sy eie pad en het die vermoë om selfs die diepste seer te genees.
Jare gelede het Amelia Henning haar hart gesluit vir enige vorm van die liefde. By Enigma, die wildreservaat waar sy werk, staan sy bekend as die katvrou met haar kennis en liefde vir luiperds. Amelia vind dit moeilik om vriende te maak totdat sy vir Justin Mills ontmoet. Met sy grasgroen oë en terglustige glimlag help hy haar om uit haar dop te kruip. Hoe meer tyd hulle saam deurbring, hoe sterker word haar gevoelens vir hom. Sy veg daarteen, maar tog kan sy nie ontken dat sy begin verander nie. Sy is nie meer die kwaai, stroewe mens van voorheen nie en weet Justin is deel van die verandering. Haar verlede bly egter in die pad staan van haar emosies. Gaan sy toelaat dat die verlede haar toekomstige geluk steel, of gaan sy haar hart oopmaak teenoor Justin?
Ná Elmien haar verlowing verbreek, stuur haar pa haar vir ʼn wegbreek na ʼn geheimsinnige bestemming om die hartseer van die mislukte verhouding te verwerk. Vanaf die eerste oomblik word sy betower deur die Wildekus en Sewes Streicher, ʼn man met blou oë en krullerige bruin hare wat sy onweerstaanbaar vind. Daar is 'n sterk aantrekkingskrag tussen hulle, maar daar is iets waarop sy nie haar vinger kan lê nie. Hoekom kry sy die gevoel dat sy al voorheen hier was? Hoekom voel Sewes en sy ma vir haar so bekend? En hoe pas haar pa by alles in?
Beeldskone Elzibi Nel, eks eerste prinses in ’n Mejuffrou Suid-Afrika kompetisie, het absoluut geen gemis in haar lewe nie. Sy is heeltemal gelukkig met haar vriende en haar gimnasium wat sy van haar huis af bedryf. Tot dokter Luca Cronje en sy twee seuntjies langs haar intrek. Haar hart klop dadelik vinniger, maar dis nie vir die aantreklike en arrogante pa nie, maar vir die twee seuntjies wat sonder ’n ma grootword. Opinies verander. Skielik is daar ’n gemis. ’n Leemte. Sy wens die kinders was hare. Dit raak erger toe Luca haar soen. Dit gaan nie meer oor die hondjie nie, maar oor die halsbandjie. Om Luca te besit is egter ’n onmoontlike droom, want haar beste vriendin het ook gevoelens vir Luca. Kies sy jare lange vriendskap of kies sy liefde?
Die storie van Jono, die alleenloper-visserman, wat een dag ‘n wonderwerk vang. Jono is ’n alleenloper-visserman wat met harde werk sy skuld moet terugbetaal. Uncle Mike is ’n fabriekbaas wat worstel om kop bo water te hou. Die Baai is ’n klein plekkie waarvan die inwoners al vir generasies op dieselfde manier hengel. En nou’s daar nie meer vis nie. Wanneer uitlanders met reuse vissersbote opdaag, steier dié eenvoudige gemeenskap onder die fratsgolwe van ’n veranderende wêreld. Hoe gaan die Baai dit oorleef? Maar die seun het ’n sonderlinge talent: hy kan die visse se gedagtes hoor. En in die dieptes skuil ’n groot geheim, iets wat slegs Jono met sy lyn kan uitkatrol…
Waar begin mens weer soek vir hoop ná hartbreek? Ná haar ouers se skielike afsterwe vestig Monya haarself op Franskraal om te probeer vrede vind. Maar selfs naby die see ervaar sy dat niks haar meer opgewonde maak nie. Tot die aand wat sy vir Lukas vir die eerste keer op die strand sien. Terwyl hy kruisbeen op die sand sit en mediteer, met die volmaan wat bo hom uitstyg, herinner hy haar aan 'n maanengel. Nou kom verf dié maanengel haar hart en siel lig, en sy raak gou onherroeplik verlief op hom. Maar dan ontmoet sy vir Vicky, Lukas se beeldskone eks wat steeds deel is van sy lewe. Nou wonder Monya hoe ernstig hulle verhouding is en waar háár plek in hierdie prentjie is. Kan twee mense wat albei moes leer om verlies te verwerk mekaar se harte weer heel maak? Dalk meer belangrik: Is hulle dapper genoeg om die kans te waag? Die skrywer se liriese skryfstyl en voorliefde vir die natuur skemer deur in prentjiemooi tonele. Temas wat aangespreek word sluit in die verwerking van verlies en die krag van liefde om hoop te herstel.
Dit kan ’n uitdaging wees om daaglikse stiltetyd ’n gewoonte te maak vir kinders. Maar om die Bybel te lees, of ons dit saam doen of alleen, en of ons jonk of oud is, help ons om God te leer ken en te weet wat sy wil vir ons is. Familie Storiebybel-oordenkings maak Bybellees ’n fees vir kinders tussen 6 en 10. Al word die Bybelstories oorvertel vir ’n jonger gehoor, is dit gebaseer op amptelike, vertroude Bybelvertalings, en daar is deurgaans verwysings na waar die storie in die Bybel gekry kan word. Die 365 stories het elkeen ’n prikkelende gedagte of vraag, asook ’n gebed om kinders en volwassenes te help om die boodskap van die Bybel hul eie te maak. Familie Storiebybel-oordenkings is ideaal vir huisgodsdiens, of kinders kan dit self in hul stiltetyd gebruik. As jy die oordenkings in Bybelvolgorde wil lees, kan die indeks agterin jou help om dit maklik op te spoor.
Die LEER MY LEES-reeks is nie net pret om te lees nie, dit bevorder ook
woordeskat en leesbegrip. Tippie het nou 'n Vlak 2 kurrikulumstel vir
nog verdere interaktiewe SPEEL, LEER en ONTDEK. Die Leer my lees (Vlak
2) kurrikulumstel sluit die volgende in: • 2 draaispeletjies met 40
wisselende draaiwiele met woorde, sinne en prentjies, • 12
aktiwiteitsvelle vir letter- en woordvorming, • 8 woordbouvelle, • 80
letterkaartjies om te gebruik saam met die woorbouvelle, • 110
dubbelkant flitskaarte met Vlak 2 woorde, dubbel- en drieklanke, en
prentjies, • 50 kaarte vir storiebegrip en kreatiewe skryfwerk, • 6
dubbelkant bingovelle • 78 prentkaartjies om saam met die bingo- en
woordbouvelle te gebruik, en • 1 persoonlike prentjiewoordeboek, alles
verpak in ʼn maklik-om-te-drabokstassie.
VOORSKOOL PRE SCHOOL 3
Sy liefde is soos die eerste lenteblom. Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie. Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees? Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.
Twee wêrelde is op die punt om te bots ... Mitch het ’n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was ’n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Al is die planeet besig om aangeval te word … Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en ’n soeke na die plek waar elkeen behoort.
Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.
Die Leer my lees (Vlak 1) kurrikulumstel bevat opvoedkundige
speelkaarte en aktiwiteite met woordeskat uit die eerste tien boeke in
die LEER MY LEES-reeks.
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, 'n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het... Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.
Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou. Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie. Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly. |
![]() ![]() You may like...
Corpus Design and Construction in…
Dawn Knight, Steve Morris, …
Hardcover
R1,875
Discovery Miles 18 750
When Translation Goes Digital - Case…
Renee Desjardins, Claire Larsonneur, …
Hardcover
R3,384
Discovery Miles 33 840
Pauline Conversations in Context…
Janice Capel Anderson, Philip Sellew, …
Hardcover
R5,962
Discovery Miles 59 620
|