Beskut teen vrese is heg gekomponeer en ryk aan vars en verrassende
beelde. Dit is 'n eiesoortige bydrae tot die Afrikaanse poesie. Die
bundel is meer as aktueel. Dit is in en vir hierdie tyd van vrese
waarin ons leef geskryf. Dit word ingelei deur Verse teen vrese.
Corona het ons almal se insigte, vooruitsigte en drome oorgeneem.
Daarom kan ons ons vereenselwig met die bedreigdes. Ons hede en
toekoms word deur Corona bedreig. Alles is onseker. Die vraag is:
hoe kan en moet ons leef in die tyd van Corona? Is daar nie tog
sprankies hoop nie? Hoe lyk en waarheen lei die omwee van die
liefde ons? Waar Corona is, is daar ook elegiee - uit die antieke
en huidige werelde. Kan die towerfluit ons help teen Corona? Is die
mens (ons) nie net 'n waagstuk nie? Hierdie bundel wemel van
ontroerende verse in die tyd van Corona. Met die verse in die hand
en hart mag ons Corona in die gesig kyk, al sien ons niks nie. Die
gedigte laat ons die onsienlike van Corona sien.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!