In Eiland in die son begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n
geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n
tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van
’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was,
maar nou nêrens te vinde is nie.
Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel in Señor die
seerower – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n
aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike
situasies sal beland . . .
In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n
soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin
Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim
Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende
emosies in haar hart.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!