Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger
sibbe op die Myburghs se plaas, Vlakpoort, ’n klipgooi ver van
Keimoes. Siena is bekommerd oor Frans wat te veel tyd oor naweke
saam met hul buurman, Jan Olyn, langs die bierpotte deurbring en
dan laataand besope soos ’n besetene kom moles maak by hulle
rietdakhuis.
Tydens die Kersvakansie van 1982, terwyl Siena besig is om planne
te maak om van Frans te skei, word die gesin onvermydelik en
tragies uitmekaar geruk. Flora voel verantwoordelik vir haar jonger
broers en suster se welstand, maar in die herberg op Doringvlei word
die kinders se lewens verder omvergegooi wanneer hulle van mekaar
geskei word.
Flora, Engela Ovies se tweede roman, is ’n hartroerende verhaal oor
’n dapper twaalfjarige se liefde vir haar sibbe en die opofferings langs
die pad om haar ma se droom te laat waar word. Eerlik, deernisvol en
opreg soos die oop vlaktes van die Noord-Kaap.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!