![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
In 1902 het 'n jong Boeretelegrafis en offisier, Filip Pienaar, uit ballingskap in Portugal een van die eerste boeke oor die Boereoorlog geskryf: With Steyn and de Wet. 'n Maand na publikasie is die boek verban – waarskynlik vanwee verwysings in die boek na die juiste feite oor die omstrede figuur van generaal F.J. Pienaar, asook leidrade oor wat met die sogenaamde "Krugergoud" kon gebeur het. Hierdie interessante relaas is die vroee voorgeskiedenis en wat met die skrywer in die oorlog en in ballingskap in Portugal gebeur het.
Charles J. Fourie se Vrededorp handel oor die geboorte van die Nuwe Suid-Afrika in 1990 en 1994. Dit is egter nie net 'n poltieke drama nie. Die oortuigende en diepgaande karakteruitbeelding sorg dat dit 'n algemeen menslike trefkrag het. Die drama bestaan onder meer uit 'n toneelstuk binne 'n toneelstuk. Samuel Beckett se Waiting for Godot word deur drie van die karakters opgevoer. Die absurde situasie van Beckett se stuk kry 'n besondere sinvolheid in Fourie se verwerking daarvan. Die stuk eindig met 'n fiktiewe, gespeelde vooruitflits na 2004. Dit plaas die voorafgaande gebeure in 'n nuwe, skrynende perspektief. Vrededorp is bekroon met die 2005 KKNK / Nagtegaal toekenning vir Beste Nuwe Drama. Kobus Burger, Beeld se teaterresensent, het van die stuk gese: "Fourie vermeng die persoonlike, sosiale, politieke en maatskaplike meesterlik in 'n verhoogwerk wat 'n mens diep raak."
“Not sex please,” sê die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?” Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik. Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.
Briewe van Peter Blum bevat briewe wat die digter tussen 1955 en 1966 aan literere persoonlikhede van sy tyd geskryf het. Die briewe van die digter Peter Blum, wat beskou word as die voorloper van Breyten Breytenbach, is geskryf aan bekende letterkundiges soos D J Opperman, W E G Louw, Van Wyk Louw, Ernst Lindenberg, Jan Rabie, Uys Krige, Barend Toerien.
In hierdie debuutbundel word ’n liefdesgeskiedenis vertel soos dit deur verskillende stadiums beleef word deur die spreker. Aan die begin soek die spreker na ’n manier om sy liefde duidelik genoeg uit te druk; dan volg die ontnugtering en die belewenis van die geliefde as ’n lee dop, en uiteindelik volg die misnoegde ervaring van mislukking. Die hele bundel staan in gesprek met Oscar Wilde se roman, The picture of Dorian Gray, waarin die jong Dorian Gray wens dat sy afbeelding in ’n skildery sal verouder, terwyl hyself jonk bly.Die gedigte verwoord in hierdie bundel die aftakelingsproses en boots die briefvorm van die Wilde-roman implisiet na. Soos in die roman word die grense tussen werklikheid, verbeelding en kuns in die gedigte dikwels oorskry. Die atmosfeer van verval van die Wilde-roman word ook in talle van die gedigte opgeroep.
Aan die hand van eietydse dokumentasie het Karel Schoeman in hierdie titel die lewe herkonstrueer van sy Suid-Afrikaanse stamvader, die Duitser Hendrik Schoeman uit Sleeswyk-Holstein, wat in 1724 as matroos in diens van die VOC die Kaap bereik het, 'n prekere bestaan gemaak het as veeboer in die binneland van Suid-Afrika, en in 1765 in armoede in die huidige Klein-Karoo oorlede is. Soos Schoeman opmerk, is hierdie man in verskeie opsigte geskik om as "tipiese" stamvader uit die Kompanjiestyd beskou te word.
Die digter ondersoek die slopingsproses wat op sowel fisiese as emosionele vlak voltrek word. Dit affekteer onder andere huise en tuine maar ook menslike verhoudings en die kort bestek van die mens se lewe. Die tou is hier 'n betekenisvolle simbool wat hede en verlede verbind. Teenoor aftakeling en afslyting staan die herstel van die gees in menslike verhoudings, groei, die behoud van herinnering en beweging deur ruimtes en ervaring om nuwe moontlikhede oop te maak.
Coach Loffie is 'n alles-in-een-handleiding vir alle aspiranten reeds gevestigde afrigters, sportlui en sportliefhebbers. Dis geskoei op die koestering van drome, Loffie se persoonlike belewenisse tydens sy grootword- en weermagjare en sy ervaring as speler en afrigter. Hy fokus op genot en veiligheid binne die sportstrukture en rugsteun sy benadering met waardevolle bydraes deur 'n biokinetikus, 'n mediese dokter, 'n fisioterapeut, 'n dieetkundige, 'n tegniese spesialis, 'n sportagent, 'n lewensafrigter en 'n geestelike leier
Hennie Aucamp het in 'n huldeblyk na Toerien se dood opgemerk dat Om te onthou beslis meer aandag verdien as wat dit by verskyning gaande gemaak het: "[Barend was] 'n man vir alle seisoene, veral vir die herfs en die winter. Maar weerkerende motiewe is daar tog: die natuur, die liefde, die kunste. En hierin is hy, ondanks sy ironie en satires, 'n aartsromantikus."
In Heilna du Plooy se derde digbundel besin sy veral oor verskillende soorte verhoudings: die verhouding met Suid-Afrika en die stamlande van Afrikaanssprekendes, verhoudings met familie en geliefde vriende, die verhouding met die persoonlike en kollektiewe verlede en verskillende vorms van magsverhoudings. ’n Besonder treffende reeks in die bundel handel dan ook oor die verhouding tussen jagter en prooi, die skuld van die maghebber en die offerande van die ondergeskikte, wat in die vorm van ’n gesprek met ’n reeks beeldhouwerke van Maureen Quin gegiet word. By hierdie reeks sluit verdere gedigte oor die skepping van kuns aan, wat teenoor ’n reeks oor ’n oppervlakkige verbruikerskultuur gelees kan word. Die bundel word afgesluit met ’n aantal elegiese verse en twee verse oor die eenvoudige waardigheid van sorg en mededeelsaamheid.
Kan wat vandag deurgaan as "kabaret" die toets met die verlede deurstaan? In Koffer in Berlyn ontleed Aucamp die talle fasette van kabaret: die integrasie tussen beeld, musiek en woord – met 'n tema en struktuur waarin ironie sentraal staan. Lesings, resensies, koerant- en tydskrifartikels ander letterkundige bydraes, sowel as uittreksels van sommige van Aucamp se kabarette word hier meesterlik byeengebring.
Hierdie bundel het nie verniet die subtitel "'n Reisjoernaal" nie, want hier word poeties verslag gedoen van ’n reis na Europa. Byna soos in 'n dagboek word die voorbereidings, die heen- en terugvlugte, die besoek aan vier lande en die afloop van die reis aan die leser voorgehou. Die verslag bestaan egter nie net oor beskrywings van toeriste-aantreklikhede nie, maar sluit ook boeiende interaksies met die inwoners van die ooste van Engeland, Vlaandere, Nederland en Tsjeggie in. Die verteller is deurentyd bewus van die lae van die geskiedenis oor hierdie plekke en die neerslag wat dit in verskillende kunsvorme gevind het. Nuus uit Suid-Afrika staan dikwels ook in ironiese kontras met wat die reisigers in die vreemde ervaar. Duiwe vorm ’n deurlopende motief: Die enigmatiese figuur van die duiwedanser stuur die verteller en sy reisgenoot weg, maar hulle weet dat hulle soos die duif wat Noag uitgestuur het, weer sal terugkeer. Aan die einde van die bundel neem die duiwedanser ’n onheilspellende gedaante aan, en die verteller besin oor die ligtheid en kortstondige vreugde van die reis, soos ’n donsveer wat in die wolke weggeblaas word.
Hierdie debuutbundel is sterk geanker in die wereld van die Wes-Rand en die Magaliesberg waar die digter grootgeword het. Hy skryf met deernis oor mense wat hy in sy kindertyd geken het, familielede, gesinslede en die mense van die buurt, ’n vergange werklikheid waarvan hy in die reeks “Moenie jou verlede Google Earth nie’ se: Daar is geen wreder klank as voetstappe van lewens wat wegdraai uit lee huise nie. In ander gedigte word die saambestaan van verskillende lewensvorme – bome, grassoorte, voels en klein diertjies – geteken. Dit is egter geen idilliese landelike wereld nie, veel eerder ’n wereld wat sowel bedreig as bedreig word deur verwaarlosing, veranderinge in die samelewing en aankruipende verstedeliking. Reeds in die openingsgedig, “Stapgids tot Blougat”, word wrang gewaarsku dat selfs in ’n natuurreservaat die stapper nie aan die werklikhede van die groter samelewing kan ontkom nie. Bo-op (of onder) die laag van die werklikheid le egter ook ’n laag waarin daar met taal geeksperimenteer word (bv. in die afdeling “ondersonsganger”) en waarin woorde soms verwring of in nuwe kontekste bymekaar gevoeg word sodat die leser baie fyn moet kyk om agter die betekenis van die verse te probeer kom. Ook die by- en opmekaarplasing van objekte en beelde (soos in “Luipaardsvlei Stortingsterrein” dra by tot ’n sterk surrealistiese element in die bundel.
Met Oewerbestaan lewer Melt Myburgh ’n debuutdigbundel wat beslis aandag gaan trek. ’n Groot aantal van die gedigte het te make met die landskap van die Noord-Kaap aan die oewers van die Oranjerivier waar die digter groot geword het. In die eerste afdeling word die tema "refleksies" ontgin en verwys na sowel die weerkaatsings van die lewe in dié droë, warm wêreld as na die besinning oor die betekenis wat die gebied en sy mense vir die digter ingehou het. In die afdeling “om federico” is ’n aantal gedigte oor Spanje, waar die landskap sterk herinner aan dié van die Noord-Kaap, maar wat terselfdertyd ook onmiskenbaar die wêreld van die Spaanse digter Federico García Lorca is. In die afdeling “gesigte” is gedigte oor visioene, onverwagse insigte en ook ontluistering, soos die gedig “’n beeld raak los” waarin een van die sementbeelde in die Uilhuis op Nieu-Bethesda afgetakel word tot net die skelet van bloudraad oorbly.Die laaste afdeling, “inkdood”, bevat gedigte oor dood en verval wat die digter met sy skryfwerk probeer besweer.
//Kabbo op die ysterspoor bied ’n voorstelling van die titelkarakter, 'n sjamaan, se verplasing na die groot god Eloib se werklikhei. Die eenman-drama handel oor die spirituele wysheid van die Boesmans en herinner die gehoor daaraan dat voorstellings van diaspora in die Afrikaanse drama nie slegs Afrikaners en hul bande met ’n tuisland, gasheerland en postkolonie betrek nie.
Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny is die vyf lede van Fokofpolisiekar. Sedert hul eerste optrede in 2003 het dié band dikwels die koerante gehaal: Musiekjoernaliste was opgewonde oor hulle klank, maar hul omstrede uitlatings het dikwels groter opslae gemaak. Maar wie skuil agter die uitdagende naam? Sommige lesers sal verbaas wees om te hoor dat die meeste van die lede in 'n charismatiese kerk bevriend geraak het, dat hulle 'n bemarkingsveldtog uitgedink het nog voordat hulle enige liedjies geskryf het en dat hulle eens op 'n tyd skaars sjampoe kon bekostig. In Biografie van 'n Bende kan nuuskieriges lees van Fokofpolisiekar se lewe in die huis wat hulle 'The Barracks of Rebellion' gedoop het, asook van die ander suksesvolle splintergroepe wat ontstaan het uit dié kerngroep. In hierdie biografie word vertel hoe dié uiteenlopende individue boesemvriende geword het en die eerste suksesvolle Afrikaanse punkrockgroep gestig het deur bloed, sweet en 'n paar goeie sakebesluite. Dié boek is Fokofpolisiekar se eerste goedgekeurde biografie.
Martjie Bosman se debuutbundel, wat in 2003 met die Ingrid Jonkerprys vir poesie bekroon is. Die verse in hierdie versameling getuig van sterk beheer oor verstegniek, sober eenvoud en uitgebreide kennis van die breer literatuurlandskap. Dit spreek ook van intense meelewing met die geskiedenis en die natuur.
Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van oorlewing van elke modern ma. Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.
Ben Viljoen sal in die eerste plek onthou word as die Boeregeneraal, die oorwinnaar in die Slag van Vaalkrans en, danksy FW Reitz se bekende gedig, die veroweraar van die Lady Roberts. Viljoen was flambojant van geaardheid, romanties, ’n sterk leier, behulpsaam en lojaal. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word hy bevorder van kommandant tot assistent-kommandant-generaal. Sy individualisme het hom egter verhinder om effektief in ’n groter georganiseerde eenheid te funksioneel. Hy verkies om sy eie kop te volg en sy besluite was dikwels omstrede. Kort voor die einde van die oorlog word hy krygsgevange geneem en na St. Helena verban. Na die oorlog vestig hy hom in Nieu-Mexiko in die VSA en Mexiko en word daar militere raadgewer van die Mexikaanse president.
In Susan Smith se eerste bundel, in die afwesigheid van sin, het reeds ’n hele aantal gedigte oor die omgewing verskyn. In die nuwe bundel word die omgewingsgesprek voortgesit. Die gedigte handel egter nie oor bewaringsvraagstukke nie, maar oor die mens se verhouding tot die aarde en die lewende wesens daarop. Soos die titel aandui, word die aarde gesien as ’n soort vaartuig wat deur die heelal reis. Dit is ook die boot waarmee die mens op sy lewensreis vaar deur verskillende waters. Plante, veral bome, is verwysingspunte op hierdie reis. Die woorde van die digter is instrumente wat die vaart moontlik maak, dit beskryf en die bedreigde lewendes help bewaar: die aarde is ’n eierblou ark wat deur die melkweg veer waarin ons waterdeurdronge deur soutreen en sleepmistonge hiermaals vaar en as bede om vergiffenis en genade daagliks silwer woordspane deur water stuur.
Met die twee dramatekste in hierdie bundel het die talentvolle Nicola Hanekom die teaterganger in die holte van haar hand. In Trippie word die gehoor "passassiers" op 'n busrit deur die Karoo en word 'n warboel van emosies op 'n boeiende en onvoorspelbare wyse oopgevlek. Hol, 'n uitdagende eenvroutoneelstuk, neem die wegholtempo van 'n moderne vrouelewe in oenskou. |
![]() ![]() You may like...
Computational Intelligence for…
Arun Kumar Sangaiah, Zhiyong Z,Zhang, …
Paperback
Electro-optic Photonic Circuits - From…
Giuseppe Di Domenico
Hardcover
R2,873
Discovery Miles 28 730
Modern Trends in Controlled Stochastic…
Alexey Piunovskiy, Yi Zhang
Hardcover
R5,629
Discovery Miles 56 290
Nonlinear and Adaptive Control of…
A. L. Fradkov, I.V. Miroshnik, …
Hardcover
R3,183
Discovery Miles 31 830
Software Engineering for Robotics
Ana Cavalcanti, Brijesh Dongol, …
Hardcover
R3,456
Discovery Miles 34 560
|