Charles J. Fourie se Vrededorp handel oor die geboorte van die Nuwe
Suid-Afrika in 1990 en 1994. Dit is egter nie net 'n poltieke drama
nie. Die oortuigende en diepgaande karakteruitbeelding sorg dat dit
'n algemeen menslike trefkrag het. Die drama bestaan onder meer uit
'n toneelstuk binne 'n toneelstuk. Samuel Beckett se Waiting for
Godot word deur drie van die karakters opgevoer. Die absurde
situasie van Beckett se stuk kry 'n besondere sinvolheid in Fourie
se verwerking daarvan. Die stuk eindig met 'n fiktiewe, gespeelde
vooruitflits na 2004. Dit plaas die voorafgaande gebeure in 'n
nuwe, skrynende perspektief. Vrededorp is bekroon met die 2005 KKNK
/ Nagtegaal toekenning vir Beste Nuwe Drama. Kobus Burger, Beeld se
teaterresensent, het van die stuk gese: "Fourie vermeng die
persoonlike, sosiale, politieke en maatskaplike meesterlik in 'n
verhoogwerk wat 'n mens diep raak."
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!