Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny is die vyf lede van Fokofpolisiekar. Sedert hul eerste optrede in 2003 het dié band dikwels die koerante gehaal: Musiekjoernaliste was opgewonde oor hulle klank, maar hul omstrede uitlatings het dikwels groter opslae gemaak. Maar wie skuil agter die uitdagende naam?
Sommige lesers sal verbaas wees om te hoor dat die meeste van die lede in 'n charismatiese kerk bevriend geraak het, dat hulle 'n bemarkingsveldtog uitgedink het nog voordat hulle enige liedjies geskryf het en dat hulle eens op 'n tyd skaars sjampoe kon bekostig. In Biografie van 'n Bende kan nuuskieriges lees van Fokofpolisiekar se lewe in die huis wat hulle 'The Barracks of Rebellion' gedoop het, asook van die ander suksesvolle splintergroepe wat ontstaan het uit dié kerngroep.
In hierdie biografie word vertel hoe dié uiteenlopende individue boesemvriende geword het en die eerste suksesvolle Afrikaanse punkrockgroep gestig het deur bloed, sweet en 'n paar goeie sakebesluite. Dié boek is Fokofpolisiekar se eerste goedgekeurde biografie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!