Ben Viljoen sal in die eerste plek onthou word as die
Boeregeneraal, die oorwinnaar in die Slag van Vaalkrans en, danksy
FW Reitz se bekende gedig, die veroweraar van die Lady Roberts.
Viljoen was flambojant van geaardheid, romanties, ’n sterk leier,
behulpsaam en lojaal. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word hy
bevorder van kommandant tot assistent-kommandant-generaal. Sy
individualisme het hom egter verhinder om effektief in ’n groter
georganiseerde eenheid te funksioneel. Hy verkies om sy eie kop te
volg en sy besluite was dikwels omstrede. Kort voor die einde van
die oorlog word hy krygsgevange geneem en na St. Helena verban. Na
die oorlog vestig hy hom in Nieu-Mexiko in die VSA en Mexiko en
word daar militere raadgewer van die Mexikaanse president.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!